South Africa: South Gauteng High Court, Johannesburg

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: South Gauteng High Court, Johannesburg >>
2011 >>
[2011] ZAGPJHC 162
| Noteup
| LawCite
S v Vermaak (SS70/2010) [2011] ZAGPJHC 162 (4 October 2011)
Download original files |
NOT REPORTABLE
SUID GAUTENG HOOGGEREGSHOF
JOHANNESBURG
SAAK NO:SS70/20100
DATUM:04/10/2011
In die saak tussen
DIE STAAT
en
CHRISTIAN FRANS VERMAAK..................................................................Beskuldigde
U I T S P R A A K
(Verlof tot Appél)
VAN OOSTEN R: Hierdie is 'n aansoek om verlof tot appél teen vonnis en dan veral die vonnis van lewenslange gevangenisstraf wat die beskuldigde opgelê is op die aanklag van moord.
Ter ondersteuning van die aansoek om verlof tot appêl is dit betoog dat ek fouteer het deur die mees negatiewe afleiding teen die beskuldigde te maak veral wat betref die bevinding dat die volle waarheid nie deur die beskuldigde aan hierdie hof geopenbaar is nie. Daarbenewens is kritiek uitgespreek teen my bevinding dat die optrede van die beskuldigde ná die pleging van die misdrywe, inderdaad opregte berou weerspreek.
By heroorweging van al hierdie aspekte is ek steeds van mening dat die maksimum straf, in die omstandighede van hierdie saak, die gepaste vonnis daarstel en is ek nie tevrede gestel dat 'n ander hof redelikerwys 'n mindere vonnis sal oplê nie. Gevolglik bevind ek dat daar geen redelike vooruitsigte op ‘n suksesvolle appél aangetoon is nie.
Bygevolg word verlof om te appélleer geweier.
000//000