South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria >> 2012 >> [2012] ZAGPPHC 143

| Noteup | LawCite

Stockstories 15 BK en Ander v Erf 2292, Highveld x 12 Beleggings BK (12557/2012) [2012] ZAGPPHC 143 (1 August 2012)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE NOORD GAUTENG HOE HOF, PRETORIA

(REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA)


SAAK No. 12557/2012

DATUM:01/08/2012


In die saak van:


STOCKSTORIES 15 BK........................................................................................Eerste Applikant

...............................................................................................................................(Eerste Respondent in verrigtinge a quo)o)

ARNO PAUL BRANDT...........................................................................................Tweede Applikant

..............................................................................................................................(Tweede Respondent in verrigtinge a quo)

en

ERF 2292, HIGHVELD X 12................................................................................ Respondent

BELEGGINGS BK..................................................................................................(Applikant in verrigtinge a quo)


UITSPRAAK: AANSOEK OM VERLOF OM TE APPELLEER


Van der Byl, Wn. R:-


[1] In hierdie saak het ek op 6 Junie 2012, benewens die gewone kostebevel, 'n bevel uitgereik ingevolge waarvan die Eerste Applikant (Eerste Respondent in die verrigtinge a quo) gelas is om die besigheidsperseel gelee te Winkels 2 en 3 Highveld Sentrum, hoek van Logan en Charles de Gaulle Singel, Highveld Uitbreiding 12, Centurion ("d/e perseef) voor of op 1 Julie 2012 moet ontruim.



[2] Soos blyk uit 'n Kennisgewing van Aansoek om te Appelleer gedateer 21 Junie 2012 ("die Kennisgewing"), verlang die Eerste Applikant verlof om teen die geheel van my uitspraak te appelleer.


[3] Die Kennisgewing bestaan in effek uit twee dele, naamlik -

(a) 'n deel waarin daar aangevoer word dat ek met betrekking tot sekere bevindings uiteengesit in 15 paragrawe fouteer het; en

(b) 'n deel waarin daar aangevoer word dat ek sekere bevindings uiteengesit in 17 paragrawe moes gemaak het.


[4] Dit is opvallend dat geen redes in enige van die paragrawe van die Kennisgewing verstrek word op grond waarvan daar beweer word dat ek fouteer het soos daarin beweer word nie of waarom ek die bevindinge moes gemaak het wat daarin aangedui word nie.


[5] Met betrekking tot die toepassing van Reel 49(1 )(b) van die Eenvormige Hofreels is dit gevestigde reg dat 'n party wat wens teen 'n uitspraak of bevel te appelleer ingevolge die dwingende bepalings van daardie Reel duidelike en bondige redes waarop die aansoek om verlof om te appelleer, gegrond is in sy of haar kennisgewing moet aantoon.


In hierdie verband het die Hof in Songomo v Minister of Law and Order 1996 (4) SA 384 (OK) op 3851 soos volg beslis:


It seems to me that, by a parity of reasoning, the grounds of appeal required under Rule 49(1 )(b) must similarly be clearly and succinctly set out in clear and unambiguous terms so as to enable the Court and the respondent to be fully and properly informed of the case which the applicant seeks to make out and which the respondent is to meet in opposing the application for leave to appeal."

Die Hof gaan dan voort en beslis op 386B dat 'n kennisgewing wat nie aan die vereistes van Reel 49(1 )(b) voldoen nie fataal gebrekkig is.


In Van der Walt v Abreu 1999 (4) SA 85 (W) het die geleerde Regter die vereistes vir 'n geldige kennisgewing van appel ingevolge Reel 51 van die Landdroshofreels op 94E soos volg beskryf:



"(1) It must specify the details of what is appealed against (ie the particular findings of fact and rulings of law that are to be criticised on appeal as being wrong); and

(2) it must also state the grounds of appeal (ie it must indicate why each finding of fact and ruling of law that is to be to criticised as wrong is said to be wrong, for example because the finding of fact appealed against is inconsistent with some documentary evidence to the contrary; or because it is inconsistent with the oral evidence of one or more witnesses;....

Only when both of these requirements have been set out in a notice of appeal has a valid ground of appeal been disclosed according to the language of the Rule.


(Sien ook: Tzouras v SA Wimpy (Pty) Ltd 1978 (3) SA 204 (W), 205E).


[6] Soos ek die Kennisgewing lees, is ons heeltemal in die duister gelaat oor wat die presiese redes is waarop elkeen van die sogenaamde gronde in die Kennisgewing gemaak word.


[7] Dit kom my dus voor dat, vir sover geen redes vir die gronde vervat in die Kennisgewing aangevoer word nie, die Kennisgewing inderwaarheid 'n nietigheid is.


[8] Selfs indien ek ten opsigte van my beoordeling van die geldigheid van die Kennisgwing verkeerd is, is ek in elk geval van oordeel dat daar geen goeie gronde is op grond waarvan ek kan oordeel dat "n ander Hof tot 'n ander gevolgtrekking kan kom nie.


[9] Soos blyk uit my uitspraak, was dit, benewens die punt in limine (wat nie nou herhaal word nie) en die submissie aangaande die sogenaamde "perpetuity" van die ooreenkoms (wat ook nie herhaal word nie), die Respondent se saak hoofsaaklik daarop gegrond dat daar tussen die partye 'n nuwe ooreenkoms tot stand gekom het.


[10] Nou, soos dit in argument by die aanhoor van hierdie aansoek aangevoer is, is die Applikant se aansoek om verlof primer gegrond op 'n standpunt dat ek fouteer het deur nie, as 'n regskwessie, bevind het nie dat, gelet veral op klousules 2.1 en 3.1, die voortsetting van die ooreenkoms ook aan die 21 maande beperking vervat in klousule 2.1 onderworpe is en derhalwe nie op 11 Oktober 2011 beeindig kon word nie.


[11] Behalwe vir die feit dat so 'n grond nie deel van paragrawe 1 tot 15 van die Kennisgewing uitmaak nie, is dit op 'n behoorlike vertolking van die ooreenkoms 'n ongegronde vertolking van die ooreenkoms. 'n Behoorlike vertolking van die ooreenkoms is eenvoudig nie vatbaar vir 'n vertolking dat die klaousule 'n voortsetting van die bestaande ooreenkoms beoog wat eenvoudig nie aan die aanvanklike 21 maande tydperk onderworpe kan wees nie. Klousule 3.2 maak dit duidelik dat die voortgesette kontrak met drie maande kennisgewing beeindig kan word.


[12] Na my oordeel is daar, vir die redes wat uit my uitspraak blyk, op enige van die "gronde", soos daar in argument daarop uitgewei is, geen vooruitsigte op sukses op appel is nie.


[13] Wat betref die bewering van die totstandkoming van 'n nuwe ooreenkoms, bestaan die aansoek uit niks anders as 'n herhaling van wat tydens die verrigtinge a quo geopperis. Geen nuwe argumente is tydens die aanhoorvan hier aansoek geopper wat nuwe lig op die saak gewerp het nie.


[14] Die aansoek is na my oordeel niks anders nie as 'n deursigtige poging (deur 'n party wat, terloops, die betrokke perseel nou al vir meer as 11 maande okkupeer sonder om enige huur te betaal) bloot om sy onvermydelike uitsetting te vertraag.


[15] In die vooropstelling word die aansoek om verlof om te appelieer met koste van die hand gewys.


P C VAN DER BYL

WAARNEMENDE REGTER VAN DIE HOE HOF

Namens die Applikante:ADV W WANNENBURG

In opdrag van:OTTO KRAUSE ING

Verw: LM du Toit/nvw/MAT8759

Tel: 011 675 2881

p/a BARES BASSON PROKUREURS Woltemadegebou,

Grondvloer Paul Lrugerstraat

118 PRETORIA Verw: Jako Basson


Namens die Respondent: ADV S MENTZ


In opdrag van:CHRISTO BEKKERING

Maraisstraat 147 Brooklyn PRETORIA Verw: C Bekker/AD/H00545

Tel: 012 346 6220

Datum aangehoor:30 Julie 2012

Datum uitspraak gelewer: 1 Augustus 2012