South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria >> 2012 >> [2012] ZAGPPHC 23

| Noteup | LawCite

Davel NO and Others v KTSD Training Centre and Others (A479/09) [2012] ZAGPPHC 23 (15 February 2012)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE NOORD GAUTENG HOe HOF.,

PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA)


SAAKNR. A479/09

DATUM:15/02/2012


In die saak tussen:


MICHAEL HENDRIK DAVEL N.O.................................................................. 1STE APPLIKANT

THEA CHRISTINA LOURENS N.O................................................................. 2DE APPLIKANT

RYNETTE PIETERS........................................................................................3DE APPLIKANT


en

KTSD TRAINING CENTRE.......................................................................1STE RESPONDENT

REGNR. 2002/017346/03

MICHAEL NCHAZENI KHUMALO..............................................................2DE RESPONDENT

LUITENANT GENERAAL MAMELA MORETI MOTAU...............................3DE RESPONDENT

DIE MINISTER VAN VERDEDIGING......................................................... 4DE RESPONDENT


UITSPRAAK


UVORSTER WR

[1] Die Appeilante appelleer na hierdie Hof met verlof van die Hof a quo teen die gehele uitspraaken bevel van die Hof a quo (Pretorius R) gelewer op 12 Desember 2010 ingevolge waarvan die Applikante se aansoek van die hand gewys is met koste. Die Appeilante in hierdie appel was ook die Applikante in die Hof a quo en die Respondente in hierdie appel was ook die Respondente in die Hof a quo.


[2] Die Appeilante het in hulle hoedanighede van likwidateurs van die insolvente boedel van Sonel Personeel BK (in likwidasie) aansoek gedoen vir bevele waarkragtens geldbedrae gevorder is van die Respondente. Die regsgrondslag van daardie vorderings is die onregmatige uitbetaling van geld deur of namens Sonel Personeel BK en onregmatige vervreemding van bates van Sonel Personeel BK aan die Respondente.


[3] Die feite soos vervat in die funderende eedsverklaring en bestrydende eedsverklarings wat voor die Hof a quo gedien het, was in alle wesenlike opsigte gemenesaak. Die dispuut tussen die partye het gegaan oor die toepassing van die reel plus valet quod agitur quam quod simulate concipitur asook die vraag of dit 'n gepaste saak is waarin die korporatiewe kleed deurpriem moes word ten einde die funksionarisse en ampsdraers van die voormaltge beslote korporasie (Sonel Personeel BK) persoonlik aanspreeklik te stel vir die eise van die Appeilante. Dit was gemenesaak tussen die partye dat Sonel Personeel BK befonds is deur die Departement van Verdediging en gebruik is as 'n front vir die bedryf van koverte bedrywjghede deur of in samewerking met die Direktoraat Miiitere Inligting. Die Hof a quo het bevind dat die feite 'n gepaste geval daarstel vir die aanwending van die regsmeganisme van deurprieming van die korporatiewe kleed en gevolglik dat die eise van die Appeilante nie kan slaag nie en gevolglik die eise van die hand gewys met koste. Ons is van oordeel dat die bevinding dat die eise nie kan slaag nie, en op grond van die aanwending van die regsmeganisme van deurprieming van die korporatiewe kleed, aanvegbaar is, en dat die gevolgliktrekking van die Hof a quo waarskynlik eerder korrek is op grond van die toepassing van die plus valet-ree\ waarna hierbo verwys is. Dit is egter nie nodig om in besonderhede daarop in te gaan nie, vir die redes wat hieronder sal volg.


[4] Sedert die saak voor die Hof a quo geargumenteer en beslis is, het daar die volgende plaasgevind, wat grotendeels die debat tussen die partye voor ons in beslaggeneem het:


4.1 Dit is vasgestel dat Sonel Personeel BK op 24 Februarie 2011 gederegistreer is. Die deregistrasie is aangeteken in die rekords van die Registrateur van Maatskappye en Beslote Korporasies en op dieselfde datum is 'n publikasie in die Staatskoerant gedoen kragtens Artikel 26(3) van die Wet op Beslote Korporasies, Nr 69 van 1984. Die Respondente het hierdie feite by wyse van ln eedsverklaring deur Jacobus Smith Erasmus voor ons geplaas.


4.2 Na aanleiding van die eedsverklaring van Erasmus, waarna verwys is in die Respondente se hoofde van betoog het die Appellante 'n eedsverklaring deur Andries Gerhardus de Villiers beteken en liasseer. Daarin word gese dat Erasmus navraag gedoen het by die Companies and Intellectual Property Commission se kantore en dat hy daar met 'n sekere Emily gepraat het en aan haar die finale likwidasiebevel van Sone! Personeel BK getoon het. Sy het horn na bewering meegedeel dat daar geen aanduiding op die rekords van die Kommissie was tot die effek dat die beslote korporasie voorheen gelikwideer was nie en dat dit volgens haar klaarbiyklik 'n fout was dat die deregistrasie van die beslote korporasie plaasgevind het en dat dit reggestel sou word. Die Kommissie is die regsopvolger-in-titel van die voormalige Registrateurvan Maatskappyeen Beslote Korporasies, welke regsopvolging plaasgevind het vanwee die bepalings van die Maatskappyewet, Nr 71 van 2008.


[5] Die Respondente se betoog is dat, vanwee die deregistrasie van Sonel Personeel BK, die Appellante (Applikante in die Hof a quo) hulle locus standi verloor het om as likwidateurs in die insolvente boedel van die betrokke beslote korporasie op te tree en enige handelinge as sodanig te verrig, ondermeer die invordering van skulde wat na bewering verskuldig is aan die beslote korporasie. Die Appellante het hierdie standpunt heftig betwis. Beide die Appellante, aan die een kant, en die


Respondente aan die ander kant, het staatgemaak op ln analise van bepahngs van die Wet op Beslote Korporasies en die nuwe Maatskappyewei van 2008 ora hulle standpunte te regverdig. Dit is nie nodig vir doeleindes van 'n beslissing van die vraag of die Appeilante hulle locus standi verloor het by deregistrasie van die beslote korporasie, om 'n oordee! te fel ten aansien van die geldigheid van die deregistrasie nie. Ons rede vir daardie gevolgtrekking is soos hieronder uiteengesit.


[6] By deregistrasie van die beslote korporasie, soos ook in die geval van !n maatskappy, hou die beslote korporasie of maatskappy regtens op om te bestaan en vestig a\le bates daarvan in die Staat as bona vacantia. Vgi. Rainbow Diamonds (Edmsl Bpk & andere v Suid-Afrikaanse Nasionale L e wc ny-a33u?anaiam aatskapkv 1984(3) SA 1 (A); Waiker Engineering CC t/a Atiaptjc Steam Services v First Garment Rerifcaf (Pty) Ltd (Cape) 2011 (5) BA 14 (WCC).


[7] Die betoog voor ons narnens die Appeilante is dat die deregistrasie van Sonel Personeel BK foutiewelik geskied het en dat dit daarom nie 'n beletse! sou wees vir die locus standi van die Appeilante om hulle werk te doen as likwidateurs van die insdvente beslote korporasie nie> kan na ons mening die Appeilante nie help nie. Dit is gevestigde reg dat ongeldige administratiewe handelinge asook handelinge wat geneern word gegrond op daardie ongeldige administratiewe handelinge, regskrag het tot tyd en wyl die ongeldige administratiewe handelinge tersyde gestel word. Vgl. Oudekraal Estates fPtv) Ltd v City of Cape Town & others 2004(6) SA 222 (SCA) op 224 I - 225 A. Die deregistrasie van Sonel Personeel BK het as 'n feit plaasgevind en die vestiging van die bates van die beslote korporasie in die Staat as bona vacantia is noodwendig regsgevolge wat ipso iure plaasgevind het na aanleiding van die feit van deregistrasie van die beslote korporasie. Dit is, in die belang van regsekerheid, die resultaat wat bestaan en sal voortbestaan tot tyd en wy! die deregistrasie tersyde gestel word in 'n Hof, indien dit sou blyk dat die deregistrasie verkeerdelik plaasgevind het. Gevolglik is die posisie op hierdie stadium dat die noodwendige gevolgtrekking is dat die Appellante nie die nodige locus standi het nie. Dit volg dat die Appellante in dieselfde posisie verkeer as wat Eisers in aksieprosedure verkeer in omstandighedewaar'n bevel van absolusie van die instansie die aangewese bevel sou wees. Die Appellante het hulle locus standi verfoor nadat die saak oorspronklik ingestel en uiteindelik geargumenteer is voor die Hof a quo en nadat uitspraak in daardie Hof gegee is. Op hierdie stadium is daar gevolglik nie rede om enigsins in te meng met die beslissing van die Hof a quo nie. Ons maak gevolglik die volgende bevel:

a) Die appel word van die rol geskrap;

b) Die Appellante word beveel om die Respondente se koste van die appel te betas! de bonis propriis, welke koste die koste van twee advokate insluit.


LI VORSTER WR


Ek stem saam.


RABIE R


Ek stem saam.


THLAPI R