South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria >>
2012 >>
[2012] ZAGPPHC 272
| Noteup
| LawCite
Van der Merwe NO and Others v Kriegler NO and Others (23140/12) [2012] ZAGPPHC 272 (13 November 2012)
Download original files |
NEE PAPPORTEERBAAR
IN THE HOOGGEREGSHOF VAN SUID
AFRIKA (NOORD GAUTENG HOE HOF, PRETORIA)
Saak Nommer: 23140/12
Datum:13/11/2012
In die saak tussen:
ESTELLE KATHLEEN VAN DER MERWE N. O........................................1 ST APPLIKANT
CORNELIS JANSEN VAN DER MERWE N. O...........................................2DE APPLIKANT
ESTELLE KATHLEEN VAN DER MERWE N. O........................................3DE APPLIKANT
GERHARDUS FRANCOIS ROSSOUW N. O..............................................4DE APPLIKANT
ESTELLE KATHLEEN VAN DER MERWE N. O........................................5DE APPLIKANT
CORNELIS
JANSEN VAN DER MERWE N. O. ….....................................6DE
APPLIKANT
en
J. C. KRIEGLER N. O.....................................................................................1st RESPONDENT
K. VAN DIJKHORST N. O. …........................................................................2DE RESPONDENT
P. A. SOLOMON SC. N. O. …........................................................................3DE RESPONDENT
DESERT KNIGHT MARKETING (PTY) LTD.................................................4DE RESPONDENT
UITSPRAAK
Gelewer op: 13 November 2012
POTTERILL J,
1. Die ses applikante doen aansoek vir 'n verklarende bevel dat die toekennings wat die Eerste, Tweede en Derde Respondente gemaak het as Arbitrasie Appel tribunaal op 28 April 2010 nietig is ab initiio. Daar is ook 'n alternatiewe bede dat die Appeltribunaal se toekenning vanaf die woorde..."en vervang met die toekenning in paragraaf 28 hierbo uiteengesit "in paragraaf 3 van die Appeltribunaal se toekenning op Appel gedateer 28 April 2010 nietig en onafdwingbaar is.
2. Die Appeltoekenning het gevolg op die die volgende gebeure:
2.1 Die Vierde Respondent het die Applikante gedagvaar in die Hooggeregshof en die aksie was reeds geplaas vir verhoor op 15 Mei 2009. Die Applikante het in die pleitstukke 'n teeneis ingestel teen die Vierde Respondent. Die Vierde Respondent het 'n eksepsie geliasseer teen die teeneis.
2.2 Op 13 Mei 2009 sluit die Applikante en die Vierde Respondent n arbitrasieooreenkoms. By ooreenkoms word bepaalde geskilpunte apart bereg in die arbitrasie.
2.3 Die Arbiter maak ln toekennig in die guns van die Applikante. Die Arbiter is ook in terme van artikel 20 van die Arbitrasiewet, Wet 42 van 1965,[ Arbitrasie Wet] op aansoek versoek om die eksepsie na die hof te verwys vir ln opinie. Southwoord R het bevind dat die Vierde Respondent se eksepsie teen die teeneis in geheel gehandhaaf moet word.
2.4 Die Vierde Respondent het 'n kennisgewing van appel afgelewer teen die arbiter se toekenning.
2.5 Die Eerste. Tweede en Derde Respondente is aangestel om die appel te bereg.
2.6 Die Appeltribunaal maak op 28 April 201 die volgende bevel:
1. "Die appel slaag met koste op die Hooggeregshofskaal.
2. Die koste sluit in die koste van die appeltribunaal, die appellant, die oorkonde,die arbitrasielokaal en die opname. Die gelde van twee advokate word gemagtig. Indlen die partye nie kan ooreenkom oor die koste nie, word die Takseermeester van die Hooggeregshof in Pretoria versoek om die koste te takseer.
3. Die toekenning van die arbiter word ter syde gestel en vervang met toekenning in paragraaf 28 hierbo uiteengesit."
3. Die kruks van die Applikante se aansoek word uiteengesit in paragraaf 14 van die aansoek wat as volg lui:
"Die appeltribunaal het bygevolg geen bevoegdheid om benewens tersydestelling van die toekenning, verklarende bevele uit te reik of om die tersyde gestelde toekenning te vervang met n ander toekenning nie, soos wat gedoen is nie. Die toekenning is dus ab initio nietig."
In die repliserende verklaring volhard die Applikante dat die Appeltribunaal nie net die bevel van die Arbiter "gewysig" het nie maar dit 'ter syde gestel" het en vervang het met 'n nuwe bevel.
4. Die drie lede van die Appeltribunal het uiteraard nie opponeer nie. Die Vierde Respondent het in die opponering van die aansoek uiteengesit dat met 'n vergelyking van die toekenning tussen die Arbiter en die Appeltribunaal die Appeltribunaal niks meer gedoen het as om die toekenning van die Arbiter te wysig nie. In terme van klousule 11.3 van die arbitrasie ooreenkoms was die Appeltribunaal by magte om die Aribiter se bevel te wysig
5. In die Aribtrasie Ooreenkoms kan die klousules relevant tot die geding voor my as volg opgesom word:
5.1. Die dispute is na arbitrasie verwys ingevolge die bepalings van die Arbitrasiewet.[Klousule 1]
5.2. Dat die Suid-Afrikaanse reg by die arbitrasie voormeld van toepassing sal wees en die prosedure beheer word deur die Hooggeregshofpraktyk en die Hooggeregshofreels behalwe in soverre anders ooreengekom word. [Klousule 4]
5.3. Dat die arbiter al die bevoegdhede van 'n Regter van die Hooggeregshof het vir doeleindes van die beslissing van alle interlokutere aansoeke en die reel van prosedure.[Klousule 5]
5.4. u'n Party ontevrede met die arbiter se beslissing en toekenning sal V? reg van appel he na 'n appeltribunaal bestaande uit sy Edele Regter Kriegler en Van
Dijkhorst (beide afgetree) en Peter Solomon SC. tndien enigeen van die paneel nie beskikbaar sou wees nie sal die partye op ln vervangende lid van die paneel ooreenkom en by versuim om ooreenkoms te bereik binne 10 dae sal die oorblywende lede van die paneel die vervangende lid aanwys." [Klousule 11.1]
5.5. "Die Hooggeregshofreels en praktyk sal op so appel van toepassing wees met die kwalifikasie dat verlof om te appelleer nie vereis sal word nie, maar wel 'n kennisgewing van appel wat binne twee (2) weke na die arbiter se toekenning afgelewer moet word. [Klousule 11.2]
5.6. "D/e appeltribunaal sal die bevoegdhede he van 'n Hot van Appel van die Hooggeregshof om die toekenning te bekragtig, te wysig of tersyde te stel en om 'n gepaste koste bevel te maak. [11.3]
6. Die toekenning van die arbiter het as volg gelui:
"149. Geen skriftelike kredietooreenkoms uit hoode van aanhangsel "XV en "V het tussen die Eiser en die PJS Familietrust tot stand gekom nie.
150. Geen skriftelike borgstelling uit hoofde van aanhangsel "Y" ingevolge waarvan die Sesde Verweerder aanspreeklik is as borg en medehoofskuldenaar vir die skulde van die PJS Familietrust teenoor die Eiser het tot stand gekom nie.
151. Die standaardterme en - voorwaardes op die agterkant van die afleweringsnotas ten aansien van goedere deur die PJS Familietrust by die Eiser aangekoop en aan horn gelewer, deur of namens die Eiser, is nie van toepassing op sodanige aankope nie.
152. Die PJS Familietrust is geregtig op 'n korting van 5% op goedere wat by die Eiser aangekoop is.
153. Die krediet ten aansien van die gif deur PJS Familietrust aan die Eiser gelewer beloop die bedrag van R1,090.020.00.
154. Die bedrag van R540,000.00 deur die PJS Familietrust aan die Eiser betaal. is betaal ter afkorting van die PJS Familietrust se produksierekening met die Eiser vir die 2004/2005 seisoen en nie die oorlaatskuld nie.
155. Die Eiser se eis, uitgeslote die aankoopprys van die High Flyer mieliesaad, beloop die bedrag van R5,678,672.55.
156. Die aankoopprys van die High Flyer saad beloop die bedrag van R2.072,980.00.
157. Dit was 'n term van die kontrak vir die aankoop van die High Flyer mieliesaad dat die saad bestand sou wees teen Noordelike Blaarskroei.
158. Die Eiser het ten alle tye voorgegee aan die PJS Familietrust en die publiek dat hy 'r? deskundige handelaar is met kennis ten aansien van saad en die werking daarvan.
159. Die Eiser het ten alle relevante tye opgetree en himself aan die publiek voorgehou as deskundige saadhandelaar wat oor die deskundige kennis van saad en die saad de gehalte en eienskappe beskik.
160. Dit was ten alle tye binne die kontemplasie van die partye dat. indien die saad wat deur die Eiser verkoop word, nie bestand is teen Noordelike
Blaarskroei nie, die PJS Familietrust se oes beskadig en benadeel sou word en diePJS Familietust skade sal ly".
Die toekenning van die Appeltribunaal soos uiteengesit in paragraaf 28 lui soos volg:
"28. Die toekenning van die arbiter met gevotglik tersyde gestel en vetvang word met die volgende:
149. 'n Skriftelike kredietooreenkoms het uit hoofde van Aanhangsels X1 en Y tot die dagvaardiging tot stand gekom tussen Eiser en die PJS Familie Trust ("die trust").
150. 'n Skriftelike borgstelling het uit hoofde van Aanhangsel Y tot stand gekom ingevolge waarvan Cornells Jansen van der Merwe (6de verweerder) aanspreeklik is as borg en medehoofskuldenaar teenoor die eiser en die skulde van die trust.
151. Die standaard terme en - voorwaardes op die agterkant van die afleweringsnotas ten aansien van die goedere deur die trust by die eiser aangekoop en aan horn gelewer deur of namens die eiser. is van toepassing op sodaninge aankope slegs in soverre die terme en voorwaardes ooreenstem met die vervat in aanhangsels X1 en Y.
152. Die trust is nie geregtig op korting op goedere wat by die eiser aangekoop is nie.
153. Die krediet ten aansien van die gif deur die trust aan die eiser gelewer beloop R628 000-00.
154. Die bedrag van R540 000-00 deur Paul Jan Stoffel Famiiie Trust aan die eiser betaai, is betaal ten aansien van die trust se produksierekening by die eiser vir die 2004/5 seisoen en nie die oorlaatskuld nie.
155. Die eiser se eis beloop R8 547 971-11. Dit sluit die aankoop prys van die saad in.
156. Die aankoopprys van die High Flyer Saad beloop R2 072 980-00.
157. Dit was nie 'n term van die kontrak vir die aankoop van die High Flyer mieliesaad en daar was geen voorstelling deur die eiser dat die saad bestand sou wees teen Noordelike Blaarskroei (witroes) nie.
158 en 159 is tans irrelevant.
160. Die partye het nie gekontempieer dat die saad teen Noordelike Blaarskroei (witroes) bestand sou wees nie.
161. Die verweerdes moet gesamentlik an afsonderlik die koste van die arbitrasie betaal soos tussen party en party op die Hooggeregshofskaal. Die koste sluit in die arbiter se koste; die koste van die eiser se tweede advokate en prokureur; die huur van die arbitrasielokaal; die koste van die opname en transkribering van die oorkonde. Indien die partye nie oor die koste ooreenkom nie word die Takseermeester van die Hooggeregshof te Pretoria versoek om die koste te takseer".
8.1 Daar is namens die Applikante betoog dat die Tribunaal se bevoegdhede voortvloei uit die arbitrasie ooreenkoms en dus kontraktueel ooreengekom is. Die tribunaal het dus geen inherente bevoegdhede nie. Die tribunaal het egter buite-om klousule 11.3 hul die bevoegheid toegeien om die toekenning nie net ter syde te stel nie, maar te vervang met 'n nuwe toekenning.
8.2 Indien n hot nie jurisdiksie het om 'n saak te bereg nie kan die uitspraak straffeloos verontagsaam word. As gesag vir hierdie stelling is ek verwys na The Master of the High Court (North Gauteng High Court), Pretoria v Motala NO And Others 2012(3) SA 325 waarin verwys is na:
"[12] As long ago as 1883 Connor CJ stated in Willis v Cauvin 4 NLR 97 at 98-99:
The general rule seems to be that a judgment, without jurisdiction in the Judge pronouncing it. is ineffectual and null....
[14] In my view, as I have demonstrated, Kruger AJ was not empowered to issue, and therefore it was incompetent for him to have issued, the order that he did. The learned judge had usurped for himself a power that he did not have. That power had been expressly left to the Master by the Act. His order was therefore a nullity...Being a nullity a pronouncement to that effect was unnecessary. Nor did it first have to be set aside by a court of equal standing. For as Coetzee J observed in Trade Fairs and Promotions (Pty) Ltd v Thomson and Another 1984(4) SA 177 (W) at 183E:
'It would be incongruous if parties were to be bound by a decision which is a nullity until a Court of an equal number of Judges has to be constituted specially to hear this point and make such declaration."
8.3 Hierdie beginsel is ook van toepassing op arbitrasies waarin toekennings gemaak is buite om die verwysingsraamwerk en magte en bevoegdhede van die arbiter. Estate Milne v Donohoe Investments (Pty) Ltd and Others 1967(2) SA 359 AD op 373H
8.4 Alhoewel die Applikante dus nie hierdie aansoek hoef te bring nie weens die gesag supra dat dit straffeloos geinoreer kan word; extra territorium jus deicenti inpune non paretur, voel hul genope om die aansoek te bring omdat die Vierde Respondent 'n hof sal nader om die toekenning van die Tribunaal 'n bevel van die hof te maak vir eksekusie daarvan.
8.5 As verdere steun vir hierdie standpunt is ek ook verwys na artikel 22 (b) van die Wet op Hoogeregshof 59 van 1959[Hooggeregshofwet] wat as volg lees:
"om die uitspraak of bevel wat die onderwerp van die appel is, te bevestig. te wysig of tersyde te stel. en om enige uitspraak te gee of bevel uit te vaardig wat die omstandighede vereis. [My beklemtoning],
Ter ondersteuning van die beklemtoonde gedeelte het die Applikante sterk gesteun op die beslissing in Neethling v Weekly Mail And Others 1995(1) SA 292 AD. Op p297 C bevind die hof as volg:
"In what follows reference will be made to the words emphasised in para (b) in the above quotation as the auxiliary provision [my beklemtoning supra]'. In the instant case the trial Court decided that the appellant was not entitled to damages. In consequence there was no judgment or order in regard to damages which was the subject of appeal' which could be confirmed, amended or set aside by this Court on appeal. What now falls to be decided is whether in the present situation the auxiliary provision invests this Court with the competence itself to determine the amounts of damages to be awarded to the appellant. If as a matter of substantive law, this Court does indeed have such competence then it is bound to remit the matter to the trial Court for damages to be fixed by it. If, on the other hand, this Court does indeed have such competence, then the further question arises whether in all the circumstances of the case it should exercise the power rather than remit the matter."
In Klousule 11.3 was daar nie gekontrakteer dat die Tribunaal "enige uitspraak [kon] gee of bevel uit te vaardig wat die omstandighede vereis nie" en het die Tribunaal hul jurisdiskie oorskry en moet die toekenning in paragraaf 28 op die beste vir die Vierde Respondent ter syde gestel word.
8.6 Die Tribunaal het nie bloot die toekenning gewysig nie maar in hul eie bewoording dit "tersyde gestel" er\ vervang met 'n nuwe bevel.
9.1 Daar is namens die Respondent aangevoer dat die aribtrasie verwys is in terme van die bepalings van die Arbitrasie Wet en dat die Applikante die aansoek moes geloods het in terme van artikel 33 van die Wet. Ingevolge artikel 33(2) moet n aansoek om hersiening teen 'n arbitrasiebevel binne 6 weke na die bekendmaking van die toekenning gemaak word. Dit is gemeensaak dat vanaf die bekendmaking van die toekenning tot die loods van hierdie aansoek daar 19 maande verloop het. Die Applikante het geen aansoek om kondonasie gebring nie en gevolglik moet die aansoek op hierdie basis alleen van die hand gewys word, 'n Hersieningsaansoek moet in terme van artikel 33(1 )(b) gebring word wanneer 'n party beweer dat 'n Arbitrasiehof horn aan growwe onreelmatigheid skuldig gemaak het in die voer van die verrigtinge of sy bevoedgheid oorskry het. Die Applikante beweer dat die Appeltribunaal hul magte oorskry het en die aansoek moes in terme van Artikel 33 van die Arbitrasie Wet geloods gewees het.
9.2 Die verdere argument namens die Respondent was dat die Appeltribunaal se toekenning niks anders as 'n wysiging van die Arbiter se bevel was nie. Die Arbiter het elke geskilpunt soos ooreengekom tussen die partye beslis. Die Vierde Respondent het appel aangeteken teen die bevindings op die geskilpunte. Indien 'n vergelyking gedoen word tussen die toekennings van die Appeltribunaal en die Arbiter het die Appeltribunaal niks meer gedoen as om die toekenning van die Arbiter te wysig nie.
9.3 Die Appeltribunaal het nie ultra vires hul magte soos vervat in klousule 11.3 opgetree nie Gewysdes soos Hos+med Medical Aid Scheme v Thebe Ya Bopelo Healthcare 2008(2) SA 608 (SCA), Gutche Family Invetments (Pty) Ltd v Mettle Equity Group 2007(5) SA 491 en Steeldale Cladding (Pty) Ltd v Parsons N.O. and Another 2001(2) SA 663 (D& CLD) toon welke situasies en handelinge ultra vires optrede van 'n Arbiter of Appeltribunaal daarstel. Dit is duidelik onderskeibaar van die toekenning van die Appeltribunaal wat beslis het op die geskilpunte soos voor die Arbiter en die spesifieke toekeninngs van die Arbiter gewysig het.
10.1 Die Applikante is dominus litis en het die keuse uitgeoefen om n verklarende bevel te versoek in terme van die stelreel extra territorium jus deicenti inpune non paretu. "n Verklarende bevel is nie n onbevoegde uitspraak al is daar 'n ander remedie vir die applikante beskikbaar in Artikel 33 van die Arbitrasie Wet; Munn Publishing (Pvt) Ltd v Zimbabwe Broadcasting Corporation 1995(4) SA 675 (ZSC) at 680 C. Daar is 'n geskil tussen die partye wat nie bloot akademies is nie en ek kan gevolglik die aansoek aanhoor.
10.2 Klousule 11.3 van die Arbitrasie ooreenkoms gee aan die Appeltribunaal uitdruklik die bevoegdhede van n Hof van Appel van die Hoggeregshof om n toekennig te bekragtig, te wysig of tersyde te stel.
Die Appeltribunaal bevind dat die appel slaag, maak n kostebevel en beveel dat "die toekenning van die arbiter word ter syde gestel en vevang met die toekenning in paragraaf 28 hierbo aangehaal."
Dit is nie die saak van die Applikante dat die inhoud van paragraaf 28 buite die ooreengekome geskilpunte is nie. Dit is ook nie die saak van die Applikante dat die Appeltribunaal buite om die toekennigs van die Arbiter toekennigs gemaak het nie. Hul saak is eenvoudig dat die Appeltribunaal bloot die bevoegdheid gehad het om reg te spreek deur te veklaar dat hul die Arbiter se toekenning bekragtig, wysig of tersyde stel. Die Appeltribunaal het self verklaar dat hul die toekennigs "tersydesteF en vang met nuwe toekennnigs; hul het dus buite om klousule 11.3 een stap verder gegaan en mero motu nuwe toekennigs gemaak.
10.3 Die "bevoegdhede van 'n Hof van Appel van die Hooggeregshof [11.3] hou in dat die Appeltribunaal 'n uitspraak of bevel kan wysig. Wanneer 'n Hof die bevoedheid van wysiging uitoefoen kan die Hof slegs gedeeltes van 'n uitspraak of bevel verander, of die hele bevel verander.
Wanneer dit by tersydestelling kom kan gedeeltes van 'n bevel of uitspraak tersyde gestel word, of die hele bevel kan tersyde gestel word. As die hele uitspraak of bevel, of dele, tersyde gestel word verg bykans alle appelle voor die Hof van Appel dat die Hof 'n verdere bevel ter vervanging van dit wat tersyde gestel is moet beveel. 'n Tersydestelling verg van die Hof van Appel 'n verdere bevel om regsekerheid daar te stel, want 'n tersydestelling van 'n bevel laat gewoonlik 'n vakuum; die bevel is weggeneem. Geen Hof van Appel gaan bloot bevind:" "Bevel ter syde gestel nie." Die Hof sal in terme van sy bevoegdhede die bevel tersydestel en vervang met n plaasvervangende bevel. Die vereiste is natuurlik dat die vervangende bevel die onderwerp van die appel moet aanspreek. Die viva voce getuienis of eedsverklarings en argument voor die Hof a qou moet die onderwerp van appel wees voor die Hof van Appel. [Uiteraard word die uitsonderlike gevalle waar nuwe of verdere getuienis voor die Hof van Appel geplaas word nie nou aangespreek nie.] Die vervangende bevel of bevele moet dus aanspreek wat die onderwerp van die appel was. Hierdie funksie van die Hof van Appel word nie uitgeoefen in terme van die laaste deel van die bewoording van artikel 22(b) "en om enige uitspraak te gee of bevel uit te vaardig wat die omstandighede vereis" nie. Dit vind plaas in die uitoefening van die Hof van Appel se bevoegdheid om 'n bevel tersyde te stel of te wysig.
10.4 Die Neethling-saak supra is heeltemal onderskeibaar van die aangeleentheid in casu en illustreer juis die onderskeid soos getrek in par 10.3 supra. Dit word by monde van Hoexter JA in die Neethling-saak self die beste op P297 C-E verwoord:
"In the instant case the trial Court decided that the appellant was not entitled to damages. In consequence there was no judgment or order in regard to damages which was the subject of appeal, "[my beklemtoning] Die Hof moes toe besluit of in terme van die laaste gedeelte van Artikel 22(b) die Hof van Appel die skade kon vasstel. Die hof het bevind dat in die omstandighede voor hulle die saak terug verwys moet word sodat die hof a quo die skade moes vasstel. In casu het die Appeltribunaal net beslis op dit wat wel die onderwerp van die appel was. Die Appeltribunaal hoef dus nie staat te maak op die tweede gedeelte van artikel 22(b) nie, want hul het binne hul magte opgetree om ter syde te stel of te wysig.
10.5 Die Appeltribunaal het die toekennings in paragrawe 149,150,151,152,157en 160 bloot in dieselfde woorde van die Arbiter, of so naby as moontlik daaraan. van 'n positiewe bevinding na 'n negatiewe bevinding verander. Die bedrae in toekennings 153 en 155 is gewysig en die toekennings in 154 en 156 is onaangeraak. Die bevindings in 158 en 159 is irrelevant vir doeleindes van hierdie aansoek. Die argument van die respondent is dus korrek, die Appeltribunaal het 'n wysiging van die bestaande bevele bewerkstellig deur 'n streep deur daardie bevele te trek, maar elkeen aan te spreek deur daaraan te verander. Of die Appeltribunaal nou die bevele gewysig het, of dit tersyde gestel het, hul het dit binne die bevoegdhede soos deur die Arbitrasie ooreenkoms aan hul verleen uitgeoefen.
11.1 Die Applikante het betoog dat die koste van twee advokate vir die respondente nie redelike koste daarstel nie. Die aansoek se opponenring verg nie twee advokate se kostes nie.
11.2 Die Respondent versoek dat die koste van die aansoek afgewys word op die skaal soos tussen prokureur en klient. Die rede is dat die aansoek niks anders is as 'n misbruik van die hofprosedure nie en bloot 'n kwelsugtige poging is om die toekenning van die Appeltribunaal aan bande te le. Daar is geen meriete in die aansoek nie en die Hof behoort sy misnoe met die optrede van die applikante te kenne gee met sodanige kostebevel.
11.3 Die aansoek word gebring 19 maande na die toekennings bekend gemaak is met die doel om die geldigheid van die bevel te toets voor die onafwendbare eksekusie daarvan. Die aansoek moet afgewys word, maar was argumenteerbaar; soveel so dat die respondente twee advokate aangestel het.
11.4 Ek is die mening toegedaan dat die aansoek weens die feit dat dit argumenteerbaar was nie 'n prokuruer en klient koste bevel regverdig nie. Die aansoek was egter ook nie so ingewikkeld dat die repondent geregtig is op die koste van twee advokate nie.
12. Ek maak gevolglik die volgende bevel:
12.1 Die aansoek word van die hand gewys met koste, slegs die koste van een advokaat van die respondent word gelas.
S. Potterill Regter van die Hooggeregshof
Aangehoor op: 25 October 2012
Gelewer op: 13 November 2012
Prokureur vir Applikante: JACQUES VAN DER MERWE
PROKUREURS Park Straat
719 Clydesdale
Pretoria.
Tel: 012 343 5331
(Verwysings: J VD MERWE/pvA/49/2012)
Prokureur vir die 4de Respondent: CLIFFE DEKKER & HOFMEYR PROKUREURS p/a SAVAGE JOOSTE & ADAMS INC.
Boshoff Straat
141 New Muckleneuk
Pretoria
Tel: 012 452 8200
(Verwysings: MNR. FORRESTER/TB/BD/WS712)