South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria >>
2012 >>
[2012] ZAGPPHC 81
| Noteup
| LawCite
Saaiman and Others v Saaiman and Another (70566/10) [2012] ZAGPPHC 81 (24 April 2012)
Download original files |
IN DIE NOORD GAUTENG HOOGGEREGSHOF,
PRETORIA (REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA)
SAAKN0MMER: 70566/10
DATUM:24 April 2012
MAGDALENA ALETTA SAAIMAN.............................................................EERSTE APPLIKANT
MAGDALENA ALETTA SAAIMAN N.O....................................................TWEEDE APPLIKANT
MAGDALENA ALETTA SAAIMAN N.O.......................................................DERDE APPLIKANT
JACOBUS HENDRIK WOLMARANS N.O.................................................VIERDE APPLIKANT
V
ANETTE ELIZABETH SAAIMAN.........................................................EERSTE RESPONDENT
ANETTE ELIZABETH SAAIMAN N.O................................................TWEEDE RESPONDENT
UITSPRAAK
VORSTER WR:
1. Die applikante eis van die respondente die volgende:
(1) Dat die eerste respondente gelas word om onmiddelik die bedrag van
R1 393 222,00 aan die tweede applicant te betaal, alternatiewelik aan die derde en vierde applikante te betaal;
(2) Dat die eerste respondent gelas word om rente op die gemelde bedrag te betaal teen 'n koers van 15,5% per jaar, bereken vanaf 5 Desember 2007 tot datum van betaling;
(3) Dat die tweede respondent verwyder word as 'n trustee van die Saaiman Trust, 1T2911/95.
Daar is geen bede vir die betaling van koste in die kennisgewing van mosie nie. Hierdie oorsig is opgemerk deur die partye. Beide die applikante sowel as die respondente het geargumenteer dat 'n kostebevel gemaak moet word ten gunste van die suksesvolle party.
2. Die eerste applikant, Magdalena Aletta Saaiman, tree op in haar persoonlike hoedanigheid asook die hoedanigheid van 'n medetrustee van die Saaiman Trust en mede-eksekuteer in die boedel van wyle NJL Saaiman. Die vierde applikant tree op in sy hoedanigheid van mede-eksekuteer in die bestorwe boedel van wyle NJL Saaiman.
3. Die eerste respondent is Anette Elizabeth Saaiman in haar persoonlike hoedanigheid en sy is ook as tweede respondent gevoeg in haar hoedanigheid as medetrustee van die Saaiman Trust.
4. Die eerste applikant en die eerste respondent is onderskeidelik die oorlewende eggenote en dogter van wyle Nicolaas Johannes Lambertus Saaiman. Hy is oorlede op 1 November 2007.
5. Die geskil in hierdie saak handel oor die opbrengs van 'n lewenspolis wat uitgeneem is op die lewe van die oorlenene en waarvan die opbrengs uitbetaal is in 'n bankrekening van die eerste respondent. Dit is gemene saak. Dit is ook gemene saak dat die bedrag gevorder in bede 1 van die kennisgewing van mosie die opbrengsbedrag van die betrokke pons is wat aan die bankrekening van die eerste van die oorledene uitgeneem is op aandrang van die eerste respondent en dat sy die premies betaalbaar ten aansien van die polis uit haar eie inkomste betaal het van die aanvang van die polis totdat die oorledene gesterf het. Die polis is uitgeneem op 1 Augustus 1998. Dit het gebeur onder die volgende omstandighede:
Die eerste respondent het 'n erflating ontvang van 'n vriend van haar. Sy het met (n finansiele raadgewer geskakel en is geadviseer dat die skepping van 'n trust die beste sou wees om die bate of geld van die erflating te administreer tot haar voordeel. Sy het die betrokke trust opgerig en is *n trustee daarvan. Na aanleiding van daardie ondervinding het sy besluit om die oorledene, haar vader, te oorreed om 'n trust te laat oprig en 'n lewenspolis op sy lewe te laat uitneem sodat die lewenspolisbedrag, wanneer dit uitbetaal word by sy dood, kan toekom aan die trust vir die voordeel van sy naasbestaandes. Die bevoordeelde in die polis word aangetoon as "Saaiman Familie Trust". Dit is gemene saak tussen die partye dat daardie beskrywing verkeerd was en dat die betrokke trust wat bedoel was, die Saaiman Trust was waarvan die eerste applikant en die eerste respondente aangestel is as trustees. Daardie aanstelling is aangeheg by die funderende eedsverklaring as aanhangsel MAS1. By die verhoor het die eerste respondent se advokaat 'n magtigingsbrief ingehandig waarin aangetoon word dat die naam van die eerste applikant nie meer voorkom op die skriftelike aanstelling nie maar wel die naam van die eerste respondent en 'n sekere Petrus Jacobus Van Schalkwyk. Ek handel hierin later met die implikasie van hierdie aanstellingsbrief.
6. Dit is ook gemene saak dat, toe die polisbedrag uitbetaal moes word deur die versekeraar, die Saaiman Trust nie 'n bankrekening gehad het nie. Die polisbedrag is direk aan die eerste respondent in haar bankrekening betaal, nadat 'n magtiging om so te doen verkry is van die eerste applikant. Die eerste respondent beweer dat sy op die bedrag geregtig is en dit word betwis deur die applikante. Die verweer van die respondente in hierdie verband kan kortliks soos volg gestel word:
Die versekeringspremies is deur die eerste respondent uit haar eie sak betaal en sy maak staat op 'n reeling of ooreenkoms met die oorledene dat die betrokke premies by sy oorlye, wanneer die polis uitbetaal, aan haar terugbetaal sou word met rente. Sy het ook ander polisse op die lewe van die oorledene uitgeneem. Daardie polisse is uitbetaal en dit is gemene saak dat die opbrengs daarvan in die boedelrekening van die bestorwe boedel van die oorledene inbetaal is. Sy het ook 'n berekening gemaak van die premies wat ten aansien van daardie polisse deur haar betaal is en tesame met rente 'n totaal bereken. Die totaal wat sy bereken het tesame met die totaal van die premies wat sy op die lewenspolis, waaroor hierdie saak gaan, betaal het met rente beloop volgens haar meer as die uitkeerbedrag van die polis. Gevolglik is haar standpunt dat sy daarop geregtig is.
7. Op die meriete van hierdie saak is die kernvraag of die eerste respondent geregtig is om die premies wat sy betaal het op die betrokke lewenspolis en rente daarop in skuldvergelyking te bring met haar aanspreeklikheid om daardie bedrag aan die trust, synde die bevoordeelde ingevolge die polis te betaal. Skuldvergelyking is alleenlik moontlik indien die skuldverhouding tussen twee persone bestaan en daar wederkerige skulde tussen daardie twee persone direk teenoor mekaar bestaan. Die skuld van elkeen teenoor die ander word afgesit teenoor die geldige eise van elkeen teenoor die ander. Die resultaat lewer 'n bedrag wat dan by wyse van skuldvergelyking betaalbaar word, of 'n verminderde bedrag wat betaalbaar word nadat skuldvergelyking toegepas is. Dit is gevestigde reg. Ek is van oordeel dat die beroep op skuldvergelyking deur die eerste applikant nie kan opgaan nie. Volgens haar weergawe is 'n verstandhouding of ooreenkoms met die oorlede bereik deur haar waar kragtens sy die premies van die lewenspolis sou betaal en sy maak staat op daardie verstandhouding of ooreenkoms vir die reg om daardie premies terug te vorder met rente wanneer die polis uitbetaal. Die eenvoudige probleem met daardie benadering is dat die oorledene nie geregtig sou wees op uitbetaling van die lewenspolisbedrag nie, maar wel die bevoordeelde wat benoem is, naamlik die Saaiman Trust. Die oorledene was in lewe nooit 'n trustee van die Saaiman Trust nie. Hy was wel 'n inkomstebegunstigde van daardie trust. Hy kon nie die Saaiman Trust verbind tot 'n verpligting om die lewenspolispremies terug te betaal aan die eerste applikant nie. In elkgeval het die ooreenkoms of verstandhouding, soos beweer deur die eerste respondent, plaasgevind voordat die Saaiman Trust opgerig is. Sy stel dit soos volg in paragraaf 46.6 van die antwoordende eedsverklaring:
"Dit was 'n bono fide besluit wat my vader, nadat hy advies van Mnr. Lombaard ontvang het, $eneem het om die poUsse uit te neem en ek het te goeder trou, onderhewig daaraan dat alle premies wat deur my betaal word aan my terug betaal sou word, plus rente, ingestem om dit te betaal."
8.
Die aangehaalde bewering van die eerste respondent in haar
antwoordende
eedsverklaring bewys, na my oordeel, geen ooreenkoms
soos waarop sy staatmaak
nie, en wel vir die volgende redes: Sy
verwys na 'n bona fide besluit van die
oorledene op advies van
Mnr. Lombaard om die polisse uit te neem. Daarna gaan sy
voort om
te se:
"Ek het te goeder trou, onderhewig daaraan dat die premies wat deur my betaal word aan my terug betaal sou word, plus rente ingestem om dit te betaal."
Daar word nerens gese dat dit 'n uitdruklike ooreenkoms of selfs *n stilswyende ooreenkoms tussen die eerste applikant en die oorledene was nie. Selfs al sou dit so wees, is dit nie te verklaar waarom die eerste respondent te goeder trou sou instaan om die premies te betaal as daar 'n duidelike ooreenkoms was dat die premies aan haar terug betaal sou word nie. By 'n bindende kontrak is goeder trou nie ter sake nie. Die kontraktuele verbintenis is dit waarop ooreengekom is en niks meer of niks minder nie. Op die gesigswaarde van wat die eerste respondent beweer is die goeder trou waarop sy staatmaak dat die premies aan haar terug betaal sou word, 'n reservatio mentalis wat nie duidelik gestel is en wat nie uitdruklik deel gevorm het van die konsensus tussen haar en die oorledene tydens die betrokke gesprek nie. Ek bevind gevolglik dat daar geen feite geskil is op die kardinale vraag of daar so 'n ooreenkoms bestaan het soos waarop die eerste respondente staat maak of nie. Al sou daar so 'n ooreenkoms bestaan het (wat ek bevind nie die geval was nie), sou daardie ooreenkoms haar in elkgeval nie in staat stel om skuldvergelyking toe te pas teenoor die trust, synde die polis bevoordeelde en haarself nie omdat die Saaiman Trust nooit 'n party was tot daardie ooreenkoms soos deur haar beweer nie.
9.
Die locus standi van die tweede applikant as trustee is deur die
respondente aangevalin paragraaf 19 van die antwoordende
eedsverklaring
se die eerste respondent dat sy
in proses was om
die eerste applikant as trustee te laat vervang deur 'n sekere Pieter
Van Schalkwyk. Tydens die verhoor is 'n magtigingsbrief
van die
Meester ingedien
waarin dit blyk dat die huidige trustees van
Saaiman Trust die eerste respondente en Petrus Johannes Van Schalkwyk
is. Dit het die
vraag laat ontstaan of die eerste
applikant in
enige van haar twee hoedanighede locus standi het om die regshulp in
die kennisgewing van mosie te vorder. Ek meen
dat sy wel daardie
locus standi het as
'n inkomste bevoordeelde van die Saaiman
Trust. Ek meen dat daar gesag is vir hierdie standpunt in die
beslissing van Gross and
Others v Pentz 1996(4) SA 617 A. Sy sou op
dieselfde gronde ook na my mening locus standi he om te vra vir die
verwydering van
die eerste applikant as trustee van die Saaiman
Trust, indien daar bewys is dat die optrede van die eerste respondent
onbehoorlik
was of neerkom op 'n belange botsing tussen haarself as
medetrustee en die trust. Ek meen dit is duidelik dat daar wel 'n
belange
botsing tussen die eerste respondent en die trust is. Hierdie
aansoek en die standpunt van die eerste respondent in haar
bestrydende
eedsverklaring is afdoende bewys daarvan. Sy ontvang die
polisgeld wat uitbetaal na die oorledene se dood in haar eie
bankrekening
terwyl die polisgeld die trust toekom en maak staat op
'n misplaasde beroep op skuldvergelyking om daardie polisgeld vir
haarself
te hou. Gevolglik bevind ek dat die eerste applikante 'n
saak uitgemaak het vir die verwydering van die eerste respondent as
trustee
van die Saaiman Trust. Wat koste aanbetref, word geen koste
gevorder in die kennisgewing van mosie nie. Dit was tydens argument
aan my meegedeel dat die partye 'n kostebevel wil he ten gunste van
die suksesvolle party in hierdie saak. Ek maak die volgende
bevel:
1. Die eerste respondent word gelas om onmiddellik die bedrag van R1 393 222.00 aan die Saaiman Trust Nommer IT2911 /95 te betaal;
2. Die eerste respondent word gelas om rente op die vermelde bedrag te betaal teen 'n koers van 15,5% per jaar, bereken vanaf 5 Desember 2007 tot datum van betaling;
3. Die tweede respondent word verwyder as trustee van die Saaiman Trust, IT2911/95;
4. Die eerste respondent word gelas om die applikante se koste te betaal.
LI. VORSTER
WAARNEMENDE REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF
Verskyninq:
Applikant se Prokureur: Tim du Toit Et Kie ingelyf
Applikant se Advokaat: Adv. MP van der Merwe
Respondent se Prokureur: Burden & Swart Prokureurs
Respondent se Advokaat: Adv. C Erasmus
Datum aangehoor: 17 April 2012
Datum van Uitspraak: 24 April 2012