South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria >> 2014 >> [2014] ZAGPPHC 1006

| Noteup | LawCite

Brice v Blue Granite Investments NO 2 (Edms) Bpk (5081/2012) [2014] ZAGPPHC 1006 (6 October 2014)

Download original files

PDF format

RTF format




SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy



IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA

GAUTENG AFDELING. PRETORIA

SAAKNOMMER: 5081/2012

DATE: 6 OCTOBER 2014

NOT REPORTABLE

NOT OF INTEREST TO OTHER JUDGES

In die saak tussen:

CATHARINA BRICE.............................................................................Applikant/Verweerder

v

BLUE GRANITE INVESTMENTS NO 2 (Edms) Bpk...............................Respondent/Eiser

AANGEHOOR: 10 September 2014

GELEWER: 6 Oktober 2014

UITSPRAAK

A.A.LOUW R

[1] Die applikant het ‘n huisleningsooreenkoms met die respondent aangegaan. Sy het agter geraak met haar betalings op grond waarvan die respondent dagvaarding uitgereik het in Februarie 2012 en op 25 Mei 2012 summiere vonnis geneem het in die afwesigheid van die applikant. Die applikant het ‘n aansoek om tersydestelling daarvan gebring maar dit is van die hand gewys. Die applikant het wel verlof tot appél verkry vanaf die verhoorregter Wright R.

[2] Daar is met appêlstappe voortgegaan maar intussen het die prokureurs vir die onderskeie partye ook probeer om die saak te skik. Ná hierdie onderhandelinge, waarvan die detail hieronder uiteengesit sal moet word het die respondent (eiser) wel op 27 November 2013 ‘n kennisgewing afgelewer in terme waarvan die vonnis wat teen die applikant toegestaan is geabandonneer is, na bewering by ooreenkoms tussen die partye, en dat elke party sy eie koste sal dra. Dit is juis die kwessie van die koste wat tans in dispuut is, of anders gestel, of daar ‘n onvoorwaardelike ooreenkoms tussen die party aangegaan is in terme waarvan alle litigasie tussen die partye, insluitende die hangende appêl, geskik is op die basis soos in die kennisgewing uiteengesit.

[3] Die applikant se saak is dat ‘n abandonnering waarin nie koste getender word nie, haar geregtig maak om by wyse van ‘n aansoek soos hierdie ‘n kostebevel aan te vra.

[4] Dit is op hierdie stadium gepas om die betrokke kennisgewing gedateer 27 November 2013 aan te haal:

NOTICE IN TERMS OF RULE 41(1)(a) and RULE 41(2)

TAKE NOTICE that the Plaintiff hereby abandons in whole the order granted in its favour in this matter on 25 May 2012.

TAKE FURTHER NOTICE that the Plaintiff, having abandoned the order and with the consent of the defendant, herewith withdraws the proceedings against the defendant.

TAKE FURTHER NOTICE that by agreement between the parties each party will pay its own costs”

[5] In die volgende paragrawe van haar funderende eedsverklaring, 5.3.1(b), 5.3.2(b) en 6.1, maak die applikant dit duidelik dat daar geen ooreenkoms tussen die partye bereik is oor die koste nie. Ek haal uit aan para 5.3.2:

(a) In this notice the respondent withdraw (sic) its action against the applicant which is accepted.

(b) However the remainder of the notice is strongly denied. Myself nor my debt counsellor (sic) or the attorney of record has confirmed or agreed that each party should pay its own cost in this matter.

[6] Die gewraakte kennisgewing is voorafgegaan deur vier e-posse wat verwissel is binne ‘n periode van ongeveer een en ‘n halfuur op 26 Augustus 2013.

[7] Die eerste e-pos is deur applikant se prokureur gerig aan die respondent se prokureur soos volg:

Met verwysing na die telefoniese gesprek met u Mnr Gouws en ons Me Lamprecht op 22 Augustus 2013 is ons instruksie soos volg:

1. Standard Bank abandonneer sy vonnis geneem

2. Standard Bank stem toe tot die skuld beradings aansoek met in aggenome die paaiemente wat die klient tans betaal.

3. Standard Bank skryf die regskostes reeds op die huislening gedebiteer terug

4. Elke party dra hulle eie kostes ten opsigte van die tersydestellings aansoek asook die aansoek tot verlof tot appel

Vriendelike groete Per: Christelle Lamprecht”.

[8] Die tweede e-pos lees soos volg:

Hi Christell,

Sonder benadeiing van regte”

Baie dankie virjou terugvoer en ons telefoongesprek.

Ek is later die week by die bank en sal die beginsels uitklaar met die skuldhersienings-afdeling van die bank, asook mer die “foreclosure”-afdeling ten aansien van die regskoste wat reeds gedebiteer is teen die huisleningsrekening.

Sou Standard Bank inskiklik wees, stel ek voor dat ons die volgende roete volg:

- Ons abandonneer ons vonnis en trek die dagvaarding teen jou kliënt terug op die basis dat elke party sy eie kostes betaal;

- Tesame daarmee bevestig jy dat julle nie voortgaan met die aansoek om verlof tot appël en die tersydestellingsaansoek nie (ek weet dit is akademies maar my kliënt sal daarop aandring) en dat elke party aanspreeklik is vir sy eie kostes ten aansien van die tersydestellingsaansoek en die aansoek om verlof tot appël;

- Jou kliënt bring ‘n nuwe skuldhersieningsaansoek waarin slegs vir die herstrukturering van die Blue Granite huisleningsrekening gevra word op die termyn en paaiement waarop ons vooraf ooreenkom. Die maksimum termyn is 30 jaar en die paaiement behoort effens minder te wees as wat sy nou betaal indien die regskostes wat reeds gedebiteer is afkom van die huisleningsrekening;

- Die skuldhersieningsbevel word by ooreenkoms ‘n hofbevel gemaak.

Ek sal dit waardeer indien jy kan bevestig dat die voorgesteide roete vir jou aartvaarbaar is.

Groete,

Hannes Gouws”.

[9] Daarop antwoord Me Lamprecht namens die applikant soos volg binne die volgende 12minute:

Goeie dag

Ek bevestig en stem saam

Vriendelike groete/Kind regards

Per: Christell Lamprecht' (hierna verwys as die “derde e-pos”).

[10] Die vierde e-pos is egter hewiglik in dispuut. Me Lamprecht beweer dat sy op dieselfde datum en tyd naamlik “26 August 2013 03:02 PM” die volgende geskryf het aan die respondent se prokureur:

Goeie dag

Ek bevestig en stem saam, maar moet eers met ontvangs van die skikking met my kliënt bevestig.

Vriendelike groete

Per: Christell Lamprecht”.

[11] Dit is opvallend dat die twee e-posse dieselfde inhoud het maar dat die een bloot die stertjie by het dat die skikking eers met die kliënt bevestig moet word. In n verdere eedsverklaring gedateer 2 September 2014 ontken prokureur Lamprecht dat hy laasgemelde kommunikasie, dit wil sê die een met die kwalifikasie, ooit ontvang het. Hierdie is ‘n verdere eedsverklaring wat ek in die belang van geregtigheid toelaat en inderdaad het Lamprecht asook die skuldberader ook nog daarna verdere eedsverklarings gemaak.

[12] Volgens Gouws was die geskil tussen die partye finaal geskik deur die uitruiling van bogemelde e-posse op 26 Augustus 2013. Hy stel dit soos volg:

5.7. The above series of exchanges is the agreement reached in this regard.

5.8. I have specifically requested to confirm if the proposed route is acceptable. She confirmed that it was and it was subsequently given effect to. ”

[13] Soos gemeld is die vierde e-pos hewiglik in dispuut. Dit is die e-pos waarin Lamprecht sou beweer het dat enige skikking onderhewig is aan bevestiging met haar kliënt. Die geskil het sulke afmetings aangeneem dat gedurende September 2014 Gouws ‘n klagte teen Lamprecht gelê het by die Prokureursorde van die Noordelike Provinsies met die bewering dat sy ‘n party was tot die vervalsing van gemelde e-pos. Lamprecht sê in ‘n beëdigde verklaring van 4 September 2014 dat Gouws haar ook gedreig het met kriminele vervolging in 'n e-pos van 14 Julie 2014. Hierbenewens blyk dit dat beide partye die getuienis van IT-deskundiges wil verkry ten einde die die outensiteit van die e-pos, al dan nie, te bewys.

[14] Die geskil oor die e-pos is verregaande en lei tot gedrag wat nie die prokureursberoep in ‘n goeie lig stel nie. Vir die doeleindes van hierdie uitspraak is dit irrelevant of die vierde e-pos alternatiewelik slegs die derde e-pos gestuur en ontvang is. My redes volg hieronder.

[15] Dit is vir my duidelik dat nie een van die prokureurs op 26 Augustus die mandaat gehad het om die beweerde skikking aan te gaan nie. Lamprecht kon vanselfsprekend nie so ‘n skikking sonder die mandaat van haar kliënt aangaan nie. Dit spreek vanself dat sy eers die inhoud met haar kliënt moes bevestig. Sy skryf reeds op die oggend van die volgende dag, dit wil sê 27 Augustus, aan me Renee Marais, die skuldberader, dat Gouws eers instruksies by Standard Bank moes verkry en dat daar nog geen definitiewe skikking op die tafel is nie. Op 10 September 2013 skryf sy aan Gouws soos volg:

Goeie dag

Soos telefonies bespreek glo ek jy wag nog vir instruksie hierin.

Ons instruksie is egter om voort te gaan om solank aansoek te doen vir toekenning van ‘n datum van aanhoor van die appel.

Ons wag egter vir die appêl notule om getik en gebind te word.

Aangeheg ‘n ooreenkoms vir ondertekening in terme van Reei 49(7) dat ons die appel notule vir u op ‘n latere stadium kan aanstuur.

As u die ooreenkoms kan teken en net aan ons sal terug versend.

Vriendelike groete/Kind regards

Per: Christell Lamprecht”.

[16] By voormelde e-pos is ingesluit ‘n ooreenkoms vir die laat liaseering van die appel notule. Daarbenewens is ‘n aansoek vir die toekenning van ‘n verhoordatum in terme van reel 49(6) opgestel op 13 September 2013. Dit blyk nie dat hierdie aansoek beteken is nie want dit moes sekerlik vergesel gegaan het van die ooreenkoms vir die laat liassering.

[17] Daar is klaarblyklik stappe geneem om met die appël voort te gaan aangesien Gouws tot op daardie datum nog nie die instruksies verkry het soos voorsien in die tweede e-pos van 26 Augustus nie. Dit is eers op 20 September dat Gouws soos volg aan Lamprecht skryf:

Middag Christell

Ek het sopas bevestiging gekry dat die volgende aanvaarbaar sal wees;

acc number:2[...]

Interest rate: 7.150%

Instalment: R2850.00

Term: 280 months

Please ensure that the court order is granted accordingly.

[18] Hy volg dit op met ‘n kommunikasie van 24 September 2013 waarin hy soos volg aan Lamprecht skryf:

We confirm that we have received confirmation from the debt review department that this matter can be accommodated on the following basis:

ACCOUNT

NUMBER

OUTSTANDING

BALANCE

INTEREST

RATE

PAYMENT

TERM

MONTHLY

INSTALLMENT

2[...]

R564 699.75

7.15%

280

months

R2 850.00



Kindly advise the debt counsellor accordingly.

I suggest once you have confirmed your client’s acceptance of the abovementioned by return email, we will proceed with the abandonment of the judgment and other steps alluded to in my previous emails.

Kindly furthermore note that in order to obtain the debt review order, we first have to abandon the judgment obtained and we are therefore looking forward to hearing from you urgently." (my emphasis)

[19] ‘n Verdere belangrike brief is op 27 September 2013 deur Lamprecht aan Gouws geskryf:

Ons verwys na die verskeie telefoniese gesprekke asook die verskeie e-posse ontvang.

Ons kliënt is egter slegs bereid om die aansoek om appêl terug te trek en ‘n skikking hierin te bereik indien daar as volg ooreengekom kan word:

1. Blue Granite/Respondent stel sy vonnis reeds geneem teen ons ktiënt tersyde.

2. Blue Granite gee Sertifikaat van uitstaande skuld ten opsigte van die huislening.

3. Die regskostes reeds op die huislening gedebiteer (ongeveer ‘n bedrag van R60 000,00 word terug geskryf). Ons kliënt soek ‘n staat wat diensooreenkomstig die terugskrywing aantoon.

4. Ons kliënt het egter die rekening van haar advokaat gekry en is dit aansieniike bedrag. Ons kliënt versoek dat u kliënt regskostes tender altematiewelik ‘n bydrae lewer tot haar regskostes.

5. Blue Granite stem toe dat daar voort gegaan kan word met skuldberadingsaansoek.

6. Ons kliënt betaal die bedrag van R2850,00 @ 7.150% vir 280 maande.

Ons instruksie is egter om voort te gaan om aansoek te doen vir die toekening van 'n appêl datum.

Die appêl notule word tans getik en sal ons op u ‘n afskrif beteken sodra ontvang.

Ons vemeem steeds of u bereid is om die aangehegte ooreenkoms ten opsigte van die feit of u bereid is om op ‘n latere stadium die appêlnotule te ontvang sal teken.(sic)

[20] Gouws antwoord nie op hierdie brief nie.

[21] Nieteenstaande die feit dat dit in hierdie brief baie duidelik gestel word dat die applikant net sal skik indien haar regskostes deur die respondent betaal word, gaan Gouws bloot voort en lewer die kennisgewing in terme van reel 41(1)(a) en reel 41(2) af op 27 November 2013. Dit is nou die kennisgewing wat die essensie van die geskil voor hierdie hof is. Dit bevat ‘n abandonnering van ‘n vonnis, ‘n terugtrekking van die aksie asook die bewering dat dit geskied by ooreenkoms tussen die partye dat elkeen sy eie kostes sal betaal.

[22] Dat Gouws in die omstandighede ‘n kennisgewing kan aflewer waarin gemeld word dat elke party by ooreenkoms sy/haar eie kostes sal dra, is verstommend. Gouws het duidelik geweet dat die applikant se posisie is dat daar geen ooreenkoms oor koste bereik is nie en dat die applikant ten minste op ‘n bydrae tot koste aandring.

[23] Wat Gouws betref is die kwessie van koste gefinaliseer op 26 Augustus 2013. Ek het reeds hierbo aangetoon hoekom so ‘n posisie onhoudbaar is aangesien nie een van die prokureurs op daardie datum ‘n mandaat gehad het om te skik nie. Daarbenewens moes veral Gouws nog al die terme van ‘n skikkingsooreenkoms met sy kliënt uitklaar. Op die ou end het dit ongeveer ‘n maand gevat om dit te doen. Gouws se saak staan of val by wat gebeur het op 26 Augustus aangesien hy nie beweer dat daar op enige latere stadium ‘n ooreenkoms aangegaan is dat elke party sy eie kostes sal dra nie.

[24] Die applikant was dus geregtig om in gevolge reel 41 (1 )(c) aansoek te doen om koste. Die algemene beginsel is dat die party wat ‘n aksie terugtrek aanspreeklik is vir die koste aangesien die party die onsuksesvolle litigant is.1

[25] Die enigste rede wat die respondent opper om nie aanspreeklik te wees vir koste nie is die beweerde ooreenkoms. Dit het ek reeds bevind bestaan hoegenaamd nie. Dit kom daarop neer dat hierdie aansoek moet slaag met koste.

[26] Ek gelas dus soos volg:

1. Die respondent word gelas om die koste van die geding te betaal. Hierdie koste sluit in die kostes verbonde aan die aansoek om tersydestelling van die summiere vonnis, die verlof om te appelleer asook die koste aangegaan in die voortsetting van die appel.

2. Die respondent word gelas om die koste van hierdie aansoek te betaal.

A.A. LOUW

Judge of the High Court

1Sien Erasmus Superior Court Practice B1 - 305 en gesag na verwys in voetnota 4.