South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria >> 2014 >> [2014] ZAGPPHC 64

| Noteup | LawCite

Venter v Minister van Polisie (13652/2013) [2014] ZAGPPHC 64 (3 February 2014)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE NOORD GAUTENG HOË HOF , PRETORIA

REPUBLIEK VAN SUID AFRIKA



SAAK NOMMER: 13652/2013

DATUM: 3 FEBRUARIE 2014



In die saak tussen:

VENTER E.....................................................................................Applikant

en

DIE MINISTER VAN POLISIE.....................................................Respondent

UITSPRAAK

DE KLERK AJ



Die Applikant versoek onder andere dat die Respondent gelas word om die Applikant se vuurwapens aan hom terug te gee asook die koste van hierdie aansoek op prokureur en kliënt  skaal te betaal.

Die Respondent opponeer die aansoek.

Die volgende relevante feite is gemeen saak naamlik:

Op 23 Junie 2012, het lede van die Suid- Afrikaanse Polisie, in die uitvoering van hulle pligte op die Applikant se drie gelisensieerde vuurwapens asook in sekere hoeveelheid ammunisie beslag gel.

As rede hiervoor is aangevoer dat die Applikant ʼn ontoelaatbare hoeveelheid ammunisie in sy besit gehad het.

Nieteenstaande verskeie versoeke daartoe weier die Respondent om die Applikant se vuurwapens aan hom terug te gee.

Die Applikant se weergawe:

Die Applikant beweer dat die aanklaer op 25 Junie 2012 geweier het om die saak op die rol te plaas, en dat sy borg aan hom terug betaal is.

Die Applikant beweer voorts dat hy “niks weer van die saak gehoor het nie.”

Die Respondent se weergawe:

Die Respondent beweer dat die rede vir sy weiering om die vuurwapens aan die Applikant terug te lewer is dat ʼn Kriminele saak (vir die onwettige besit van ʼn ontoelaatbare hoeveelheid ammunisie), teen die Applikant hangende is.

Regsposisie:

Artikel 20 van die Strafproseswet bepaal as volg: “The state may, in accordance with the provisions of this chapter, seize anything (in this chapter referred to as articles) –

(a) Which is connected in or is on reasonable grounds believed to be connected in the commission or suspected commission of an offence.

(b) Which may afford evidence of the commission or suspected commission of an offence.”



Artikel 31 (1) (a) van die Strafproseswet bepaal:

If no criminal proceedings are instituted in connection with any article referred to in Section 30 (c) or if it appears that such article is not required at the trial for purposes of evidence or for purposes of an order of court the article shall be returned to the person from whom it was seized, if such person may lawfully possess such article.”

In die saak van Dookie v Minister of Law and Order and Others 1991 (2) SACR 153N op 156 c-f is as volg in hierdie verband beslis:

He also agreed (once again, correctly, in my view) that the requirement would not be satisfied merely by proof that no proceedings were pending at the time of the institution of the application for return of the article, but that it was necessary for the applicant to establish that there was no reasonable likelihood of criminal proceedings being instituted in connection with the article in the foreseeable future”

Tydens die aanhoor van die aansoek is die Hof van die balie af meegedeel dat die Applikant intussen (gedurende Januarie 2014) in die Hof verskyn het.

Gevolgtrekking

Die Applikant se aansoek is daarop gebasseer dat die aanklaer geweier het om te vervolg en dat hy sedert dien niks weer van die saak gehoor het nie.

Die Applikant het geen ander gronde vir die teruggawe van sy vuurwapens aangevoer nie. In die lig van voormelde kan die Applikant se aansoek nie slaag nie.

Wat die aspek van koste aanbetref is ek van mening dat die Respondent onnodiglik lank [18 maande]gesloer het en het die Applikant letterlik dae voor die aanhoor van hierdie aansoek eers weer in die hof verskyn.

Die bevel wat die Hof verleen is as volg:

1. Die Applikant se aansoek word van die hand gewys.

2. Geen kostebevel word verleen nie.



Gedoen te _______________op die ____dag van__________________2014

Regter De Klerk AJ