South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria >>
2014 >>
[2014] ZAGPPHC 73
| Noteup
| LawCite
Vogelsang v Vogelsang and Another (50980/2009) [2014] ZAGPPHC 73 (28 February 2014)
Download original files |
IN DIE HOE HOF VAN SUID AFRIKA GAUTENG AFDELING, PRETORIA
Saak nommer: 50980/2009
DATUM: 28 FEBRUARIE
In die saak tussen:
HENK VOGELSANG...........................................................................................Applikant
En
ARIE VOGE LSANG.......................................................................................Respondent
PETRUS JACOBUS MARYN VAN STADEN N.O.........................Tweede Respondent
USTSPRAAK
BAM R
1. Die geskil in hierdie aansoek het as oorsprong 'n vete tussen twee broers oor die beeindiging van hulle verhouding as vennote in 'n vennootskap en die kwelvraag wat presies die bates van die vennootskap is. Hierdie geskil het gelei tot litigasie wat in hierdie Hof beiand het. Die eerste respondent het applikant in hierdie aansoek gedagvaar vir die regshulp dat die vennootskap ontbind word en 'n likwidateur aangestel word om die bates van die vennootskap te beredder. As gevolg van sekere gebeure waarna ek later in meer besonderhede sal verwys, is daar op 2 November 2012, tewyl die applikant in verstek was, 'n bevel in hierdie Hof gemaak waarkragtens die verweerskrif van die applikant geskrap is en die teeneis afgewys is. Die applikant is ook beveel om die koste te betaal. Daarna, op 15 Februarie 2013, terwyl die applikant weereens in verstek was, het hierdie Hof die regshulp w;iarvoor die respondent die applikant aanvanklik gedagvaar het in hierdie Hof toegestaan. Di2 beve! het bevestig dat die vennootskap tot 'n einde gekom het en 'n likwidateur, tweede respondent, is aangestel met sekere pligte en bevoegdhede.
2. Dis applikant het nou aansoek gedoen dat voormelde twee hofbevele tersyde gestei word. Aternatiewelik tot genoemde regshulp vra die applikant dat daar sekere wysigings aan die tweede hofbevel aangebring word. Hierdie alternatiewe regshulp het hoofsaaklik betrekking op die verdeling van die vennootskapsbates en die kostebevel wat teen die applikant toegestaan is.
3. Dit staan vas dat die applikant, alvorens hy met 'n aansoek vir tersydestelling kan slaag, ee ’stens 'n redelike verduideliking moet verskaf vir sy verstek. In hierdie verband blameer die applikant die prokureur van rekord van die relevante tyd, ene Meyer, vir die versuim om be tyds, of enigsins aandag te gee aan, onder andere, kennisgewings en Hof Reels, wat betrekking gehad het op die iitigasie tussen die broers. Die applikant het in sy stawende verklaring aangevoer dat hy giadnie bewus was van die betrokke twee’aansoeke nie aa;igesien hy nooit deur sy prokureur van rekord daaroor ingelig is nie. Alhoewel die genoemde prokureur hoofsaaklik in 'n Epos-skrywe gedateer 17 April 2013, sy nalate, waarna die applikant verwys het beken het, kan dit nie teengespreek word dat die betrokke prokureur hom duidelik, om die minste te se, aan uiterste onprofessionele gedrag skuldig gemaak het. Alhoewel Mnr Stoop met redelike oortuiging aan die hand gedoen het dat die applikant self nie sonder blaam is nie, is ek van oordeel dat die betrokke prokureur hoofsaaklik vir die applikant se verstek verantwoordelik gehou moet word. Ek vind dit gevolglik onnodig om na al die feite en besonderhede in hierdie verband te verwys. Dit is egter wel verontrustend, en dit tel giadnie in die applikant se guns nie, soos uitgewys deur mnr Stoop, dat die applikant se repliek in hierdie aansoek ook laat was, sonder enige kondasie aansoek, en dat die applikant se betoogshoofde eweneens laat geliasseer was. Dit is inderdaad ’n onaanvaarbare teifidens wat enige koste oorweging mag beTnvloed.
4. Benewens 'n aanvaarbare verduideliking van sy versuim word daar ook van die applikant ve'wag om aan te dui dat hy oor 'n bona fide verweer beskik. In hierdie verband het die applikant duidelik te kenne gegee dat hy dit eens is dat die vennootskapsverhouding inderdaad tot 'n einde gekom het. Dit het die applikant in soveel woorde toegegee.
Gevolglik het die applikant geen verweer teen daardie gedeelte van die tweede hofbevel nie. Die probleem wat die applikant vooropstel is duidelik die vraag na wat presies die bates van die vennootskap is. In hierdie verband voer die applikant aan dat sekere van die bates wat skvnbaar deur die respondent beweer word wel vennootskapbates is, die persoonlike bates van die applikant is.
5. Met betrekking tot die laasgenoemde aspek opper die applikant egter verskeie besware teen die aanstelling van die tweede respondent. Van hierdie besware het betrekking op die tweede respondent se bevoegheid en bekwaamheid om as likwidateur op te tree. Hierdie besware is ongefundeerd. Die verdere besware dat die tweede respondent skynbaar nie behoorlike oorweging aan al die relevante aspekte van die verdeling van die vennootskapsbates sal gee nie is eweneens ongefundeerd en in ieder geval ook prematuur. Die tweede respondent pligte en bevoegdhede word deur die betrokke hofbevel uitgestippel. Hy is verplig om daaraan te voldoen. Die applikant sal regtens die gewone re;nedie he sou die tweede respondent nie sy pligte nakom nie of enigsins homself aan on|reelmatighede skuldig maak.
6. Die argument van Mnr Schoeman, wie vir die applikant verskyn het, dat die applikant sonder remedie sal wees indien die tweede respondent verkeerde besluite neem aangesien die tweede respondent se beslissings, volgens die hofbevel finaal sou wees, is nie korrek nie. In hierdie verband sal artikel 33 van die Arbitrasiewet, no 42 van 1965, wat onder andere betrekking het op onreelmatighede en toekennings wat op 'n onbehoorlike wyse verkry is, ook van toepassing wees.
7. Daar is namens die applikant ook gewag gemaak van die kostebevele teen die applikant wat in die betrokke hofbevele vervat is. Die submissie was dat hierdie bevele teen die applikant gemaak is direk as gevolg van die nalatigheid van sy prokureur van rekord gemaak is.
8. As gevolg van die feit dat die applikant geen vooruitsig het om op die meriete met sy verweer of moontlike teeneis te slaag nie, voldoen die applikant nie aan die tweede vereiste in daardie verband nie. Dit tref ook die aspek van die kostebevele.
BEVEL:
Die aansoek van die applikant word in die geheel afgewys met koste.
A J BAM REGTER VAN DIE HOE HOF
26 Februarie 2014