South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria >> 2016 >> [2016] ZAGPPHC 1161

| Noteup | LawCite

Bezuidenhout en S (A532/2014) [2016] ZAGPPHC 1161 (23 November 2016)

Download original files

PDF format

RTF format


REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA

GAUTENG DIVISION, PRETORIA

                                                                                                            DATE: 23/11/16

CASE NO: A532/2014

OF INTEREST TO OTHER JUDGES: NO

REPORTABLE: NO

In die saak tussen:



SUSARAH BEZUIDENHOUT                                                                                      Appellant

en

DIE STAAT                                                                                                               Respondent

UITSPRAAK

AC BASSON, J

[1] Die appellant (Me Susarah Bezuidenhout) is aangekla en skuldig bevind op ses aanklagtes van diefstal van kontant van haar werkgewer (Witbank Plumbing) wat gepleeg is oor ‘n periode vanaf Maart 2001 to 6 Junie 2006.

[2] Die Staat het gesteun op ‘n algemene tekort in terme van artikel 100 van die Strafproseswet[1] (“die Wet”) asook op artikel 51(2) van die Algemene Strafreg Wysigingswet.[2]

[3] Die appellant het onskuldig gepleit en geen pleitverduideliking gegee nie.  Sy is op 13 Oktober 2010 aan al ses aanklagtes skuldig bevind.  Op 11 Julie 2011 word sy op aanklagtes 1, 3, 4, 5 en 6 gevonnis to 5 jaar gevangenisstraf op elke aanklagt.  Op aanklagt 2 word die appellant gevonnis tot 15 jaar gevangenisstraf.  Die hof het gelas dat die vonnis op aanklagtes 1, 3, 4, 5 en 6 saamloop met die 15 jaar vonnis.  Die appellant is gevolglik gevonnis tot ‘n effektiewe gevangenistermyn van 15 jaar.

[4] Die appellant het geappelleer teen die skuldigbevinding sowel as die vonnis.

[5] Uit die staanspoor moet daarop gewys word dat dit gemeensaak is dat die vonnis van 15 jaar op aanklag 2 verkeerdelik opgelê is vir redes waarna hieronder gewys sal word.

[6] Die Staat het altesaam 11 getuies geroep wat in besonderhede getuig het oor die wyse waarop kontantgeld in die werksplek mee gehandel is.  Ter ondersteuning van haar saak het die appellant self getuig en twee ander getuies geroep. ‘n Magdom dokumente het ook voor die verhoorhof gedien.

[7] In die loop van die verrigtinge is daar, onder andere, ook formeel erken dat vier verskuldigde betalings nie aan SARS ten opsigte van BTW betaal is nie. ‘n Bedrag van R 129 193.44 is wel later aan SARS oorbetaal.  Die appellant kon ook geen redelike verduideliking gee waarom die dokumentasie ten aansien van Belasting of Toegevoegde Waarde (“BTW”) by haar huis weggesteek is nie.

[8] Ek is nie van voorneme om die getuienis wat omvangryk was op te som nie. Alhoewel die Staat se saak berus het op omstandigheidsgetuienis, blyk dit dat dit gemeensaak was dat die bedrae kontantgeld wat gedeponeer is minder was as die bedrae geld wat ontvang is en waarvoor kwitansies deur die appellant uitgereik is.  Dit blyk ook uit die getuienis dat alhoewel dit nie moontlik was om presies te kon bepaal hoeveel geld weggeraak het nie, dit tog blyk dat dit ‘n aansienlike bedrag geld was.  Verskeie getuies het ook getuig dat die besigheid hoofsaaklik kontantaangedrewe was en dat dit die appellant se plig was om die kontant in die besigheid te ontvang.  Dit was verder gemeensaak dat dit die appellant se verantwoordelikheid was om na ontvangs van die kontant die depositostrokies uit te skryf waarna die geld gedeponeer is.

[9] Die verhoorhof het korrek opgesom dat die vraag voor die hof was wie die grootskaalse diefstal gepleeg het en of daar ‘n redelike moontlikheid was dat iemand anders as die appellant die geld kon gesteel het.  Die landdros het die getuienis oorweeg en in ag geneem dat die persoon wat verantwoordelik was vir die diefstal iemand moes gewees het wat die geld ontvang het, betrokke was by die deponering van die kontant en laastens uitgebreide kennis gehad het van die Pastel rekenaarprogram wat deur die besigheid waar die appellant gewerk het, gebruik is.

[10] Die verhoorhof het tot die gevolgtrekking gekom dat die appellant die enigste persoon was wat aan hierdie profiel voldoen het.  Verdermeer, alhoewel die appellant hard probeer het om Mnr Elliot (jr) te impliseer in die tekorte kon sy nie ‘n aanvaarbare verduidelik gee waarom sy nooit aan Mnr Elliot (sr) gerapporteer het dat geld oor ‘n baie lang tydperk weggeraak het tussen die periode nadat sy die kontant ontvang en ‘n kontantstrokie uitgereik het en die stadium waarop die geld daarna gedeponeer is nie. Sentaal tot al die aanklagtes was die feit dat ‘n verminderde bedrag gedeponeer is in die bank as wat die appellant het en dat die appellant daarvan bewus was.  Die verhoorhof het ook met die getuienis rondom die BTW tjeks wat in die appellant se klerekas gevind is, gehandel.

[11] Die hof kom dan tot die gevolgtrekking dat die appellant betrokke was by grootskaalse diefstal by Witbank Plumbing.

[12] Alhoewel die Staat hoofsaaklik op omstandigheidsgetuienis gesteun het, is dit ook so dat omstandigheidsgetuienis nie noodwendig swakker of minderwaardige getuienis is nie.[3]

[13] Die vraag voor hierdie hof is of daar genoegsame getuienis voor die verhoorhof was waarop tot die gevolgtrekking gekom kon word dat die appellant inderdaad bo redelike twyfel skuldig is aan die diefstal van die geld.

[14] In S v Hadebe and Others[4] het die hof die beginsels wat in ag geneem moet word by die oorweging van die meriete van ‘n appèl uiteengesit.  In daardie saak het die hof die beginsel bevestig dat daar slegs ingemeng sal word as daar ‘n wesenlike dwaling was of waar dit blyk dat die hof duidelik verkeerd was:

Before considering these submissions it would be as well to recall yet again that there are well-established principles governing the hearing of appeals against findings of fact. In short, in the absence of demonstrable and material misdirection by the trial Court, its findings of fact are presumed to be correct and will only be disregarded if the recorded evidence shows them to be clearly wrong.  The reasons why this deference is shown by appellate Courts to factual findings of the trial court are so well known that restatement is unnecessary.[5]

Die hof in Hadebe wys verder ook daarop dat daar na die getuienis in die geheel gekyk moet word en dat elke aspek van die getuienis nie in isolasie oorweeg moet word nie:

In assessing whether or not such is the case, the approach which commended itself in Moshephi and Others v R (1980-1984) LAC 57 at 59F - H seems appropriate in the particular circumstances of the matter: 

'The question for determination is whether, in the light of all the evidence adduced at the trial, the guilt of the appellants was established beyond reasonable doubt.  The breaking down of a body of evidence into its component parts is obviously a useful aid to a proper understanding and evaluation of it.  But, in doing so, one must guard against a tendency to focus too intently upon the separate and individual parts of what is, after all, a mosaic of proof.  Doubts about one aspect of the evidence led in a trial may arise when that aspect is viewed in isolation.  Those doubts may be set at rest when it is evaluated again together with all the other available evidence.  That is not to say that a broad and indulgent approach is appropriate when evaluating evidence.  Far from it. There is no substitute for a detailed and critical, examination of each and every component in a body of evidence.  But, once that has been done, it is necessary to step back a pace and consider the mosaic as a whole.  If that is not done, one may fail to see the wood for the trees.'[6]

[15] Ek is tevrede dat die verhoorhof die getuienis in sy totaliteit korrek oorweeg het en dat daar nie tot die gevolgrekking gekom kan word dat die hof in die oorweging van die getuienis wesenlike gedwaal het nie.  Die appèl op grond van die skuldigbevinding op al die klagtes word derhalwe van die hand gewys.

Vonnis

[16] Dit is ‘n aanvaarde beginsel dat ‘n appèlhof slegs sal inmeng met ‘n vonnis as die hof van mening is dat die vonnis onredelik, onregverdig of onvanpas was of waar die hof van mening is dat die hof gedwaal het.

[17] Wat aanklagte 2 aanbetref was die Staat ad idem met die appellant se saak dat daar wel genoegsame rede bestaan om in te meng met die opgelegte vonnis van 15 jaar en dat weens die dwaling van die hof hierdie hof genoodsaak is om die vonnis te heroorweeg.  Dit is gemeensaak dat daar nie genoegsame getuienis voor die hof was om die omvang van die diefstal binne die grense van artikel 51(2) van die Algemene Strafprosseswet te bring nie.  Die minimum vonnis van 15 jaar is dus nie van toepassing op aanklagte 2 nie en moet dus tersyde gestel word en vervang word met ‘n ander toepaslike vonnis.  Ek is van mening dat ‘n vonnis van 5 jaar ten opsigte van aanklagte 2 ‘n gepaste vonnis sal wees.

[18] Dit word dan ook gelas dat al die vonnisse samelopend uitgedien moet word. Die appellant word dan ‘n effektiewe termyn van vyf (5) jaar gevangenisstraf opgelê.

[19] Namens die appellant is geargumenteer dat hierdie hof moet oorweeg om ook in te meng met die vonnis as ‘n geheel en om ‘n vonnis op te lê wat in sy geheel opgeskort moet word.  Dit is ook geargumenteer dat die appellant die maksimum korrektiewe toesig opgelê moet word.  Dit het voorgekom asof die Staat nie werklik beswaar het teen hierdie benadering nie.

[20] Die vraag of daar gronde bestaan om in te meng met die vonnis opgelê ten opsigte van aanklagtes 1, 3, 4, 5 en 6 val in die diskresie van die hof.  Hierdie vraag moet oorweeg word in die lig van die aanvaarde beginsel dat die diskresie om ‘n vonnis op te lê binne die magte van die verhoorhof val en dat ‘n appèlhof nie sondermeer sal inmeng met die oplegging van ‘n vonnis deur die verhoorhof nie behalwe in sekere uitsonderlike gevalle.  In die onlangse saak van S v Motloung[7] het die appèlhof weereens die aanvaarde regsposisie as volg bevestig:

[6] The law is settled on when an appellate court may interfere with a sentence imposed by a lower court.  It can only do so when there is a material misdirection by the sentencing court. In S v Malgas [2001] ZASCA 30; 2001 (1) SACR 469 (SCA) Marais JA, dealing with the minimum sentence legislation, stated that when considering sentence, the emphasis must shift to the objective seriousness of the type of crime and the public's need for effective sanction against it.

[7] In Malgas para 12, Marais JA provided guidance as to when an appellate court can interfere with a sentence, as follows:

A court exercising appellate jurisdiction cannot, in the absence of material misdirection by the trial court, approach the question of sentence as if it were the trial court and then substitute the sentence arrived at by it simply because it prefers it. To do so would be to usurp the sentencing discretion of the trial court.'

But an appellate court may interfere with the exercise by the sentencing court of its discretion, even in the absence of a material misdirection, when the disparity between the sentence imposed by the trial court and the sentence which the appellate court would have imposed, had it been the trial court, is 'so marked that it can properly be described as shocking, startling or disturbingly inappropriate'.

[8] An appellate court can also interfere when there is no misdirection but the sentence is disproportionate to the crime.  Marais JA stated the test in S v Sadler [2000] ZASCA 13; 2000 (1) SACR 331 (SCA) para 10:

'[I]mportant to emphasise that for interference to be justified, it is not enough to conclude that one's own choice of penalty would have been an appropriate penalty.  Something more is required; one must conclude that one's own choice of penalty is the appropriate penalty and that the penalty chosen by the trial court is not.  Sentencing appropriately is one of the more difficult tasks which faces courts and it is not surprising that honest differences of opinion will frequently exist.  However, the hierarchical structure of our courts is such that where such differences exist it is the view of the appellate Court which must prevail.' 

See also S v Cwele & another [2012] ZASCA 155; 2013 (1) SACR 478 (SCA) para 33, where Mpati P stated:

It is in my view unnecessary to consider the question whether the trial court misdirected itself when it considered the existence or otherwise of substantial and compelling circumstances.  This is because I consider the disparity between the sentence imposed by the trial court and that which this court would have imposed, had it been the trial court, to be so marked that it can properly be described as disturbingly inappropriate.’

Die blote feit dat die appèlhof ‘n ander vonnis sou oplê is nie genoegsame rede om in te meng met die vonnis nie. Sien in hierdie verband: S v Sadler:[8]

[21] In die lig van die voorafgaande is dit duidelik dat ‘n appèlhof nie sonder meer sal inmeng met ‘n vonnis bloot omdat dit van mening is dat ‘n ander vonnis verkiesliker is nie.  Dit moet ook oorweeg word of die opgelegde vonnis skokkend onvanpas was. Dit moet ook oorweeg word of die vonnis disproporsioneel tot die oortreding is.

[22] Wat die vonnis van 5 jaar elk ten aansien van klagtes 1, 3, 4, 5 en 6 aanbetref is ek van mening dat daar geen gronde bestaan waarop ingemeng moet word met die verhoorhof se oplegging van vonnis nie.  ‘n Vonnis van 5 jaar op elke klagte is nie onvanpas nie en ook nie disproporsioneel tot die oortredings nie.  Dit kan nie uit die oog verloor word dat die appellant aan ernstige klagtes skuldig bevind is nie.  Verdermeer moet ook in ag geneem word dat die appellant oor baie jare die vertroue wat haar werkgewer (veral Mnr Elliot Sr) in haar gehad het gewetenloos misbruik het.  In hierdie verband het die hof in S v Prinsloo[9] breedvoerig gehandel met die skending van die vertrouensverhouding wat daar tussen ‘n werkgewer en ‘n werknemer bestaan en die plig wat daar op ‘n hof rus om ‘n boodskap uit te stuur aan die publiek dat sodanige misbruike nie ligtelik oorgesien sal word nie:

I adhere to the view that theft from an employer must be heavily penalised.  The employer is entitled to expect unswerving honesty from the employee in return for the wages he pays and the benefits he gives him.  Nothing but implicit acceptance of that obligation will keep the wheels of commerce turning smoothly.  For further cases where the victim had been the appellant's employer, see S v Moshlabane (T), case No 1425/89, 6 November 1989, where the Court refused to interfere with the substantial prison sentence in a case where platinum had been stolen from a mine in a single act of theft;  and S v Hugo (W), case No A1211/91, 12 February 1992, where building materials had been stolen over a period from an employer by a person supervising other employees and where the Court, of which I was part, refused to alter a sentence of five years' imprisonment.

I refer to these various cases because they illustrate that the employer is in a particularly vulnerable position in relation to employees who choose to deal dishonestly with the employer's assets.  I consider it the duty of the courts whenever this sort of misdemeanour is detected to send out the message that such conduct will be severely punished.

In the present case the loss may have been repaid but that was done only after the charges were laid.  While there may be sympathy for the appellant's personal circumstances, for there were some psychiatric problems to which a psychiatrist testified, there is no basis for relaxing the principles that I have expressed.  I continue to hold the view that it must be brought home to the public and to employees in particular that light-fingeredness with respect to employer's property will not be tolerated by the courts.  The sentence imposed by the magistrate in the present case seems to me to be in the circumstances of this case an appropriate one. 

In the result I conclude that not only is imprisonment the most appropriate sentence in the present case but I also consider that a period of imprisonment of six years is fitting to the crime, both because of the circumstances of the case and the substantial amounts involved in the offences.  It is true that the appellant is a woman of some education who has had, up till the time that she entered the bank, a hard road to hoe, a wife and a mother of a young child, and one is reluctant to condemn such a person to imprisonment. But while the child has been born since the offences were committed, detection, apprehension and punishment in the way of imprisonment are prospects which the person embarking on this sort of crime must always foresee.”[10]

[23] In die lig van die voorafgaande word die volgende bevel voorgestel:

1.         Die appèl ten aansien van skuldigbevinding op al die aanklagtes word van die hand gewys.

2.         Die appèl ten aansien van die vonnis van 15 jaar ten aansien van aanklag 2 slaag.  Die bevel van die verhoorhof word vervang met die volgende bevel:  Die beskuldigde word ‘n vonnis van 5 jaar gevangenisstraf opgelê teen aansien van aanklag 2.

3.         Daar word gelas dat die vonnis op aanklagte 1, 2, 3, 4, 5 en 6 samelopend uitgedien moet word met die gevolg dat die appellant ‘n effektiewe termyn van vyf (5) jaar gevangenisstraf opgelê word.


_________________________

AC BASSON 

REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF

Ek stem saam

                                                                        _________________________

                                                                        N KOLLAPEN

                                                                        REGTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF

 

Verskynings

 

Vir die appellant                    :           Adv. M Bouwer

In opdrag van                         :          Wynand Prinsloo Van Eeden ing

 

Vir die respondent                :           Adv. S Veenemans

In opdrag van                       :           Die Staatsprokureur

 



[1] Wet 51 van 1977.

[2] Wet 105 van 1997.

[3] S v Shabalala 1966 (2) SA 297 (A).

[4] 1997 (2) SACR 641 (SCA).

[5] Ibid op 645D – F.

[6] Ibid op 645H – 646B. Sien ook:  Rex v Dhlumayo and Another 1948 (2) SA 677 (A).

[7] 2016 (2) SACR 243 (SCA).

[8] 2000 (1) SACR 331 (SCA).

[9] 1998 (2) SACR 669 (W).

[10] Op bladsy 672B – I.