South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: North Gauteng High Court, Pretoria >> 2016 >> [2016] ZAGPPHC 464

| Noteup | LawCite

Herman Stols Rekenmeesters BK v Rademeyer (A266/14) [2016] ZAGPPHC 464 (15 March 2016)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA

GAUTENG AFDELING, PRETORIA

Saak no:A266/14

Datum: 15/3/2016

In die saak: tussen:

HERMAN STOLS REKENMEESTERS BK                                                        APPELLANT

EN

F S RADEMEYER                                                                                         RESPONDENT

UITSPRAAK

NKOSI (Waarnemende Regter)

[1] Op 13 Januarie 2014 het die Landdroshof te Pretoria by die sluiting van die Appellant se saak, absolusie van die instansie met koste ten gunste van die respondent verleen. Die appellant kom nou in hoer beroep teen voormelde beslissing.

PLEITSTUKKE

[2] Appellant dagvaar die respondent om betaling van die bedrag van R97 085 82 ten aansien van professionele dienste by ooreenkoms gelewer en die uitgawes wat daarmee verband hou. Die samestelling van hierdie eisbedrag blyk uit die fakture en rekeningstaat aangeheg tot die Besonderhede van Vordering.

[3] In terme van die die ooreenkoms sou die appellant sy normale professionele fooie en uitgawes alternatiewelik die redelike en billike professionele fooie en uitgawes vir sodanige dienste hef.

[4] In sy verweerskrif pleit die respondent:

i. eerstens dat die appellant die professionele dienste gelewer het aan VALARD BEARINGS CC en VALARD BEARINGS 1 CC en nie aan die Respondent in sy persoonlike hoedanigheid nie; en

ii. tweedens, dat die bedrae gehef "buitensporig is en nie redelike en billike fooie is nie ".

VERHOOR

[5] By die aanvang van die verhoor was dit nie in geskil dat:

1. die werk gedoen is, en

ii. die rekening gelewer is; nie.

[6] Dit was gemeensaak dat die geskilpunte vir beslegting deur die agbare Landdros die volgende was:

i. of die werk vir die respondent persoonlik gedoen is of nie; en

  1. die redelikheid en billikheid van die fooie wat gehef is.

    [7] Die appellant het die volgende getuies geroep:

i. FREDERICK ALEXANDER SCOTT-TURNER wat getuig het dat hy en die respondent saam lede was in die twee beslote korporasies ter sprake, dat VALARD BEARINGS I bloot eiendom besit het en dat VALARD BEARINGS BK nie die ooreenkoms met die appellant aangegaan het nie.

ii. GERHARDUS PETRUS STOLS wat getuig het dat die ooreenkoms met die respondent persoonlik aangegaan is en dat die respondent 'n oudit wou gehad het omdat hy sekere ongerymdhede met betrekking tot die besigheid VALARD BEARINGS vermoed het.

iii. GERHARDUS STEPHANUS SCHEEPERS, 'n prokureur, wat namens die respondent n brief insake die tersaaklike beslote korporasies geskryf het.

iv. JAN HERMAN MATTHYS STOLS wat getuig het dat dit die Respondent was wat die tersaaklike opdrag aan die appellant gegee het om die werk vir horn te doen.

v. Ofskoon die appellant aanvanklik aangevoer het dat dit bloot die normale fooie gehef het is daar getuienis  deur die deskundige B M NEL oor die redelikheid van die fooie tog mettertyd aangebied.

vi. STEPFANUS JOHANNES VAN DEN BERG, die prokureur van die beslote korporasies wat ontken het dat VALARD die aanstelling gedoen het en wat getuig het dat hy die respondent meegedeel het dat VALARD nie hierdie rekening sal betaal nie.

vii. Verskeie werknemers van die appellant by name VAN DER MERWE, BEESLAAR, J G JACOBS, PEPLER en R JACOBS wat almal getuig het oor die aard en omvang van die werk wat deur hulle namens die appellant gedoen is.

ABSOLUSIE VAN DIE INSTANSIE

[8] Soos reeds voormeld uiteengesit, het die respondent na sluiting van die appellant se saak aansoek gedoen om absolusie van die instansie, welke aansoek toegestaan is.

[9] Absolusie van die instansie by die afsluiting van die eiser se saak word nie verleen in gevalle waar die getuienis wat deur die eiser (in die ondergawige geval die appellant) aangebied is, sodanig is dat n redelike hof moontlik ten gunste van die eiser kan (in teenstelling met sal) bevind nie.

[10] Die toets is as volg in Claude Neon Lights (SA) (Pty) Ltd v Daniel 1976(4) SA 403 (A) op 409 G -H opgesom:

"... ....the test to be applied is not whether the evidence led by the plaintiff establishes what would finally be required to be established, but whether there is evidence upon which a Court, applying its mind reasonably to such evidence, could or might (not should, nor ought to)find for plaintiff"

[11] In De Klerk v Absa Bank Ltd 2003 (4) SA 315 (HHA) het die Hoogste Hof van Appel die vraag as volg geformuleer te 32lA:

"The question in this case is whether the plaintiff has crossed the low threshold of proof that the law sets when aplaintiff's case is closed but the defendant's is not".

[12] Die aansoek om absolkusie was gesleoi op die vraag of die fooie appellant gehef is redelik en billik is.wat deur die

[13] Dit is op hierdie tydstip belangrik om te let op die geskilpunte soos uitgekristaliseer deur die pleitstukke.

[14] Die respondent het bloot die redelikheid en bilikheid van die fooie wat gehef is in geskil geplaas en nie die omvang van die werk wat deur die appellant gedoen is nie.

[15] Indie saak van FPS Ltd v Trident Construction (Pty) Ltd 1989 (3) SA 541 AD het die hof, by monde van Eksteen AR, die volgende ten aansien van pleitstukke gese:

"One of the prime fanctions of pleadings is to clarifY the issues between the parties. A defendant must therefore give a fair and clear answer to every point of substance raised by the Plaintiff in his particulars of claim by frankly admitting or explicitly denying every material matter alleged by him".

[16] By die sluiting van die appellant se saak was daar ten minste prima facie getuienis ten aansien van die redelikheid an billikheid van die fooie deur die appellant gehef.

[17] Die agbare Landdros het egter bevind dat daar nie prima facie getuienis is oor wat 'n forensiese ondersoek behels nie. Ten einde voormelde vraag te kan beantwoord sou deskundige getuienis aangebied moes word oor presies wat 'n forensiese ondersoek behels.

[18] Die uitdrukking forensiese ondersoek kom nerens in die pleitstukke voor nie. Dit word ontleen aan die getuienis van GP STOLS wat in die loop van sy getuienis vermeld het dat die respondent gevra het dat 'n forensiese oudit ten aansien van die beslote korporasie uitgevoer moes word.

[19] Die aansoek om absolusie is derhalwe eerstens oor die boeg van wat 'n forensiese oudit behels gegooi en tweedens wat dan die redelike en billike fooie vir sodanige forensiese oudit sou wees.

[20] Dit is nie een van die geskilpunte wat by die aanvang van die verhoor uitgewys is of wat gepleit is nie. Gedurende kruisondervraging is dit ook nooit aan die getuies gestel, dat die werk wat verrig is, nie nodig was vir 'n forensiese oudit nie. Dit slaan weereens terug na die vraag of bloot die uurlikse tarief of fooi gehef deur die appellant en/of ook die omvang van die werk in geskil geplaas is.

[21] Die agbare Landdros het bevind dat die geskilpunte deur die getuienis uigebrei is tot so 'n mate dat die omvang van die werk ook bewys moes word. Die antwoord tot voormelde vraag mag moontlik 'n rol speel by die finale beregting van die saak, maar vir doeleindes van die aansoek om absolusie, het die appellant, myns insiens, voldoende getuienis ten aansien van die redelikheid en billikheid van die fooie wat gehef is aangebied om 'n absolusie aansoek af te weer.

[22] Gevolglik behoort die appel te slaag.

BEVEL

Ek stel die volgende bevel voor:

I. Die appel slaag met koste

2. Die hof a quo se beslissing word tersyde gestel en vervang met die volgende:

"Dieaansoek om absolusie word met koste van die hand gewys."



Geteken op hierdie 15 dag van March 2016



----------------------------------

V.R.S.N NKOSI

Waarnemende Regter van die Noord Gauteng Hooggeregshof

Ek stem saarn



-----------------------------------

N Janse Van Nieuwenhuizen

Regter van die Noord Gauteng Hooggeregshof

Appearances:

Raad vir die Appelant                          : A Geach

Instructed by

Raad vir die Verweerder                     : W Gibbs

Instructed by