South Africa: Labour Court

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Labour Court >>
2001 >>
[2001] ZALC 187
| Noteup
| LawCite
Bosman v Nutricia SA Limited (J5091/00) [2001] ZALC 187 (25 October 2001)
Download original files |
UITSPRAAK
J5091/00-mc
Sneller Verbatim/mc
IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID-AFRIKA
BRAAMFONTEIN SAAKNOMMER: J5091/00
2001-10-25
In die saak tussen
H D BOSMAN Applikant
en
NUTRICIA S A LIMITED Respondent
___________________________________________________________
U I T S P R A A K
___________________________________________________________
LANDMAN R: Suster Bosman het ongeveer 10 jaar gelede in diens van Pharmacare Beperk getree. Sy het haar verpligtinge as beroepsgesondheid suster by klinieke by twee fabrieke uitgevoer. Die een fabriek het geressorteer onder Tech-ops wat 'n afdeling was van die Pharamacare maatskappy. Die ander fabriek het deel uitgemaak van 'n ander afdeling wat bekend gestaan het as Infracare. Nogtans was sy die werknemer van Pharmacare, al het Tech-ops en Infracare haar koste gedeel. Slegs Pharacare het haar salaris betaal.
Pharmacare het die Infracare fabriek aan Nutricia (Edms) Beperk en Nutricia International BV as 'n lopende besigheid verkoop. Die verkoping het op 3 April 2000 in werking getree.
Suster Bosman het in diens van Pharmacare gebly. Haar kontrak is tot die einde van Oktober verleng. Pharmacare het gedurende hierdie tydperk met personeel van die maatskappy gekonsulteer en suster Bosman is een van die werknemers wat weens werksmagbesnoeiing afgedank is. Sy het 'n pakket van R87 022.30 ontvang.
Suster Bosman beweer egter dat sy as gevolg van die uitwerking van artikel 197 van die Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995, ook 'n werknemer van Nutricia geword het (teen die helfte van haar salaris). Sy beweer voorts dat Nutricia haar onbillik afgedank het. As gevolg van dié afdanking het sy 'n aksie geloods in hierdie hof vir sekere regshulp.
Suster Bosman het geen dienskontrak met Nutricia gesluit nie. Sy word ook nie genoem in die lys van werknemers wat in die koopkontrak ingelyf is. Die werknemers wat in die koopkontrak genoem is, is die wat Nutricia bereid was om aan te stel, oftewel oor te neem van Pharmacare. Dus, regverdig dit die afleiding dat Nutricia nie belanggestel het om suster Bosman in diens te neem nie toe die koopkontrak gesluit is. Suster Bosman rig haar egter op artikel 197 om aan te toon dat sy 'n werknemer van Nutricia is.
Die uitwerking en juiste uitleg van artikel 197 is deur J Grogan, Workplace Law, Sesde uitgawe, bladsy 208 uiteengesit. Die geleerde skrywer sê:
"Section 197 of the LRA applies when the whole or part of a business, trade or undertaking is transferred from one employer to another as a going concern. It has two effects, in terms of subsection (1) contracts of employment between the transferor (the old employer) and the transferee ('the new employer') may be transferred without the employee's consent if the old employer and the new employer agree to such transfers. Subsection (1) is permissive if the new employer is not willing to take over the contracts of employment of the old employer, it cannot be compelled to do so."
Sien ook M S M Brassey Commentary on the Labour Relations Act A8: 88 tot 89. Du Toit et al. Labour Relations Law 3rd uitgawe bl 398 sê ook:
“Section 197 of the LRA now creates a right of this nature. It prohibits the unilateral transfer of a contract of employment from one employer to another unless the whole or part of the business, trade or undertaking is being transferred as a going concern, either by the employer [s 197(1)(a)] or under circumstances of insolvency [s 197(1)(b)]. In this event, unless otherwise agreed between the employer and trade union, workplace forum or employees whom it is obliged to consult in terms of section 189(1), all existing rights and obligations between the employer and the employees will continue between the new employer and the employees [s 197(2)(a)].”
Die gevolgtrekking waartoe ek geraak is dat suster Bosman 'n werknemer van Pharmacare gebly het. Sy het nie 'n werknemer van Nutricia geword nie. Derhalwe het sy nie bewys dat sy geregtig is op enige regshulp teenoor Nutricia South-Africa Beperk nie. Om die redes word die aansoek vir absolusie van die instansie met koste gehandhaaf.
__________________
A A Landman
Regter van die Arbeidshof van Suid-Afrika
---o0o---