South Africa: Cape Town Labour Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Cape Town Labour Court, Cape Town >>
2017 >>
[2017] ZALCCT 72
| Noteup
| LawCite
Basson v Breedevallei Plaaslike Munisipaliteit en Anders (C751/2016) [2017] ZALCCT 72 (29 August 2017)
Download original files |
IN DIE ARBEIDSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAPSTAD)
SAAKNOMMER: C751/2016
DATUM: 29 Augustus 2017
In die saak tussen:
MANNIE BASSON APPLIKANT
en
BREEDEVALLEI PLAASLIKE
MUNISIPALITEIT EERSTE RESPONDENT
A SINGH-BHOOPCHAND TWEEDE RESPONDENT
SUID-AFRIKAANSE PLAASLIKE
REGERING BEDINGINGSRAAD DERDE RESPONDENT
UITSPRAAK
STEENKAMP, R:
Hierdie is ʼn aansoek om hersiening van ʼn kondonasiebevel wat deur Kommissaris A Singh-Boopchand[1] gegee is op 8 Augustus 2016. Die applikant, Mnr Basson, is Afrikaanssprekend en die verrigtinge het in Afrikaans plaasgevind om hom tegemoet te kom. Di uitspraak is derhalwe en om sy onthalwe ook in Afrikaans.[2]
Die applikant, mnr Mannie Basson, het ʼn grief ingedien teen sy werkgewer, die Breedevallei Munisipaliteit[3], wat onsuksesvol was, en hy het daarna ʼn geskil verwys na die Bedingingsraad. Die geskil het ontstaan in Oktober 2014 en hy het dit eers in Junie 2016 verwys na die Bedingingsraad[4]. Die verwysing was omtrent 547 dae laat.
Die Kommissaris het klaarblyklik korrek bevind dat dit ʼn uitsonderlike lang tydperk is en teen daardie agtergrond het sy die redes daarvoor oorweeg. Die rede was hoofsaaklik dat mnr Basson se vakbond, IMATU, nie betyds opgetree het nie. Die Munisipaliteit het op 5 Mei 2015 op sy grief gereageer. Daarna het hy, in plaas daarvan om ‘n geskil te verwys, aangehou om met behulp van IMATU verdere griewe met die Munisipaliteit gelug. Hy het eers op 27 Junie 2016 ‘n geskil na die Bedingingsraad verwys.
Die Arbiter het verwys na Royal Auto Spares v NUMSA [2001] BLLR 1164 (LC) en na die uitspraak van die Arbeidsappèlhof in Universal Product Network Pty Limited v MABASO (2006) 27 ILJ 991 (LAC) paragrawe 18 tot 20 waar die Appèlhof gesê het:
“As has often been stated the Court is hesitant to debar a litigant from relief, particularly where it is an attorney who has been at fault. There are limits, however, even where the attorney is largely to blame for the delay, beyond which the Courts are not prepared to assist an applicant.”
Die Arbiter het bevind dat hierdie so ʼn geval was en daarom die kondonasie aansoek van die hand gewys. Die Arbiter het behoorlik die getuienis en die regsbeginsels voor haar in ag geneem en op grond daarvan ʼn diskresie uitgeoefen wat ʼn ander Arbiter ook sou kon uitoefen. Dit was nie onredelik nie.
Die AANSOEK OM HERSIENING WORD VAN DIE HAND GEWYS.
STEENKAMP, R
[1] Die tweede respondent.
[2] This ex tempore judgment was handed down in Afrikaans for the sake of the applicant, who is Afrikaans speaking. I shall gladly provide a translation in English upon request.
[3] Die eerste respondent.
[4] Die derde respondent.