South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1984 >> [1984] ZASCA 104

| Noteup | LawCite

S v Paulus (24/84) [1984] ZASCA 104 (20 September 1984)

Download original files

PDF format

RTF format


S W A 24/84

JONAS PAULUS APPELLANT
en
DIE STAAT RESPONDENT

J J F HEFER,AR.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

APPèLAFDELING

In die saak tussen

JONAS PAULUS APPELLANT

en

DIE STAAT RESPONDENT
CORAM; CILLIé , VAN HEERDEN et HEFER, ARR. AANGEHOOR : 17 SEPTEMBER 1984. GELEWER : 20 SEPTEMBER 1984.

UITSPRAAK

HEFER, AR :

Die appellant en ene Matheus het in die Hoog-geregshof van Suidwes-Afrika tereg gestaan op 'n aanklag

van 2

2.

van moord en etlike ander aankiagte. Hulle verskyning het voortgespruit uit 'n reeks voorvaMe waarby hulle be-trokke was by verskeie krale in die omgewi ng van Oshakati gedurende die nag van 2-3 ]anuarie 1983. Gewapen met semi-outomatiese gewere het hulle van kraal tot kraal beweeg en blindelings skote afgevuur op mense en geboue waarin daar, tot hulle wete, mense was. Hulle het ge-roof en geplunder, by een kraal 'n vrou verkrag en by 'n ander kraal het d i e appellant 'n ou man doodgeskiet. Dit het aanleiding gegee tot di e moordklag.

By die verhoor het beide van hulle onskuldig gepleit op laasgenoemde aanklag maar skuldig op meeste van die ander. Appellant is skuldig bevind aan moord

sonder 3
3. sonder versagtende omstandighedc, poging tot moord (3 klag-tes), roof met verswarende omstandighede (4 klagtes) en verkragting. Weens die moord is hy ter dood veroordeel maar verlof is aan hom verleen om te appelleer teen die bevinding dat daar geen versagtende omstandighede was nie en teen die opgelegde vonnisse op al die aanklagte.

Hoewel dit gemene saak was dat die appellant en Matheus die betrokke nag by di e oorledene se kraal op-gedaag het, dat hulle by sy vrou verneem het waar die eienaar van di e kraal was, dat hulle na die hut is waar-heen sy hulle beduie het, dat appellant d ie oorledene daar geskiet het en homself daarna saam met Matheus uit die voete gemaak het, het nog die appellant nog Matheus

enige 4
4. enige getuienis voor skuldigbevinding aangebied. Ap-pellant se skuldigbevinding aan moord het onvermydelik gevolg. Matheus is op daardie aanklag egter vryge-spreek aangesien die Verhoorhof nie oortuig was dat die ooriedene gedood is in die uitvoering van 'n gemeenskap-like doel tussen die twee beskuldigdes nie.
Na skuldigbevinding het die appeilant getuig (met die oog op die bewys van versagtende omstandighede) dat hy in Angola gebore is en daar skoolgegaan het tot standerd toe die skoie in daardie land gedurende 1974 by die beëindiging van die Portugese bewind, gesluit is. Op 14 jarige leeftyd het hy by Unita aangesluit en spoedig betrokke geraak by die burgeroorlog teen die

MPLA 5

5

M P L A en Kubaanse magte. Gedurende 1979 het hy die Suidwes-Afrikaanse grens oorgesteek en gedurende 1980 lid geword van 'n kontingent van die Suid-Afrikaanse en Suidwes-Afrikaanse Polisie genaamd Koevoet. Sedertdien het hy teen Swapo geveg.
Die gebruik in die eenheid was dat sy lede afwisselend 'n week aktiewe diens in die operasionele ge-bied gedoen het en dan 'n week in Oshakati gerus het. Op 2 Januarie 1983 was appellant weer tydens so 'n rusperiode op Oshakati. Die betrokke dag het hy saam met Matheus en andere gedrink en teen die aand was hy, soos hy dit gestel het, "dronk". Hy en Matheus het toe besluit om

meisies te gaan soek. Hoe dit gekom het dat hulle ook

begin 6

6.

begin roof het, blyk nie uit sy getuienis nie. Al wat
appellant daaroor getuig het, was " die drank het
ons oorwin, toe het ons hierdie ding gaan aanvang". Sy
getuienis oor die voorval by die oorledene se kraal was
ewe lakoniek. Dit lui soos volg:

"Die getuienis wat gelewer is deur die
Staat het gesê dat jy met 'n flitslig
geloop het na die ouman se hut om hom
te gaan beroof, is dit reg? Ja.

Die Staatsgetuies het ook gesê
dat jy met die flits in die ouman se
hut ingelig het, is dit reg? Ja.

Wat het-jy daarbinne-in die hut ge-

sien? Ek het die ouman daar in die

hut gesien.

Het die ouman gelê, of wat het hy

gedoen? Die ouman het van sy bed

afgespring en na die geweer toe beweeg.

Het hy geloop na die geweer toe,
of gehardloop? --Hy het net geloop

om 7

7.

om sy geweer te gaan vat.

Toe skiet jy hom? Ja.

Hoekom het jy hom geskiet? Ek

het gedink die ouman, soos hy na die ge-weer toe gegaan het, wou hy vir my ge-skiet het,en ek het toe eerste geskiet."

Hoewel dit hoegenaamd nie in ooreenstemming
was met appellant se bewerings in sy pleitverduideliking

nie, het die Verhoorhof hierdie getuienis aanvaar. Wat

appellant se beweerde dronkenskap betref, is bevind dat

hy vroeër die betrokke dag "'n groot hoeveelheid"drank

ingeneem het en dat hy "op 'n stadium" onder die in-

vloed van drank moes gewees het, Gesien o a die

redelike lang tydsverloop sedert sy laaste inname van

drank en sy opwagting by die oorledene se kraal, en die
feit dat hy 'n rasionele relaas van die gebeure die

betrokke 8

8.

betrokke aand kon gee, is egter bevind dat sy vroeëre

beskonkenheid nie 'n beduidende rol gespeel het nie en
nie op sigself 'n versagtende faktor was nie.

'n Faktor waarop by die verhoor sterk gesteun

is as versagting het voortgespruit uit die getuienis
van Dr Shubitz, 'n neuroloog-psigiater, wat ten behoewe
van die verdediging getuig het oor 'n totale geestesver-
andering wat enige persoon kan ondergaan as gevolg van

langdurige en volgehoue indoktrinasie wat daarop toege-

spits i s om sy denkwyse in 'n bepaalde rigting te stuur,
en wat hom in staat stel tot dade wat hy andersins nooit

sou gepleeg het nie. in appellant se geval, aldus
Dr Shubitz, is hy reeds sedert sy toetrede tot Unita

geïndoktrineer 9
9. geïndoktrineer met die gedagte van die uitwissing van die "vyand", en dit is nog dieper by hom ingeskerp toe hy tot die geledere van Koevoet toegetree het. Sedert hy 14 jaar oud was, was hy met niks anders gemoeid as díe praktiese volvoering van daardie allesoorheersende gedagte nie; as volwassene het hy geen ander lewe geken nie as die van 'n vegtende soldaat wat, in situasies waarin sy eie lewe dikwels op die spel was, voortdurend toegespits was op die bevegting en uitwissing van die. vyand. Di e gevolg was dat hy 'n oorlogsmasjien geword het wat geprogrameer is om dood te maak; hy het deel geword van 'n wrede oorlog waarin dood en verwoesting alledaags geword het; hy het sy makkers grusaam sien

sneuwel 10
10. sneuwel en op sy beurt self 'n onbepaalde aantal vyande om die lewe gebring. Dit alles het van hom 'n gevoellose wese gemaak met min agting vir sy eie lewe of dié van andere.

Toe hy gevra is om'n verduideliking vir ap-pellant se optrede teenoor die oorledene, het Dr Shubitz as volg getuig:

" in the bush, he says, it is

one against one. He says I have a gun, he has a gun and you do the best you can to survive and I think that if one were looking for explanations, that perhaps he felt that this was a bush experience, that he was exposed to somebody who might shoot him and I think, reflexedly and automatically and very rapidly he shot him first. This is the only explanation one can

offer 11

11.

offer. It would be just a matter
of survival "

Hy het egter toegegee dat

" he is able to distinguish be-

tween being in the bush and fighting
Swapo guerillas, and going off some-
where getting drunk and raping and
shooting somebody, he has a clear
ability to make a distinction. He
is not pscychotic "

Die Verhoorhof het Dr Shubitz se getuienis
grotendeels aanvaar. Die uitspraak lui soos volg in
hierdie verband:

"Dat 'n toestand soos beskrywe deur Dr Shubitz teweeggebring word op die wyse soos deur hom uiteengesit moet aan-vaar word en moet, op al die getuie-nis, na ons mening ook aanvaar word dat beskuldigde daardeur ook geestelik

beinvloed 12

12.

beinvloed is. Oat dit dus in 'n gepaste geval 'n versagtende omstandigheid kan wees wat tot gevolg het dat 'n beskul-digde se doodslag met minder verwyt be-jeën word is nie te betwyfel nie."

Die geleerde regter het egter, nadat hy verwys het na
Dr Shubitz se getuienis betreffende die appellant se
vermoë om te onderskei tussen 'n "oorlogsituasie" en 'n

"situasie waar hy in vreedsame kontak met die gemeen-

skap is", as volg voortgeredeneer:

"Die beskuldigde is dus nie iemand wat sonder diskresie doodmaak wat ookal voorkom nie. Die vraag ont-staan dus, gesien hierdie onderskei-dingsvermoë van die beskuldigde, het die feit van sy breinspoeling en in-doktrinasie 'n rol gespeei by die dood-slag van die oorledene in omstandig-hede waar die beskuldigde hom nie in 'n

oorlogsituasie....13

13

oorlogsituasie bevind het nie."
Wat hierdie vraag betref is in die uitspraak gewys op
appellant en Matheus se opeenvolgende gewelddade by die

verskillende krale. Die het die Hof genoop tot 'n be-

vinding dat

"Na ons mening het die beskuldigde nie daarin geslaag om op 'n oorwig van waar-

skynlikhede te bewys dat toe hy die oor-ledene geskiet het sy gemoedstoestand beïnvloed was deur die indoktrinasie en breinspoeling wat hy ondergaan het nie.

Op al die bewese feite en ge-tuienis is ons van mening dat die be-skuldigde wel deeglik bewus daarvan was dat hy homself nie in 'n situasie bevind het soorlgelyk aan 'n oorlog-situasie nie. Hy het oor die oor-deelsvermoë beskik om te kan onderskei en het dit inderdaad ook gedoen. Na

ons 14

14.

ons mening toon die getuienis dat die beskuldigde die betrokke aand daarop uit was om te roof en verkrag en hy het eenvoudig alle teenstand wat in sy weg gekom het met sy geweer uit die pad gevee."

In hierdie Hof is die bevinding dat appellant

oor die onderskeidingsvermoë beskik het waarna die ge-

leerde regter hier verwys, tereg nie aangeveg nie. Ap-

pellant se advokaat het nogtans aangevoer dat die Ver-

hoorhof fouteer het in sy verdere bevinding dat die
moord nie in verband gebring kon word met appellant se

geestestoestand, voortgebring deur indoktrinasie, soos

deur Dr Shubitz beskryf nie.. Inteendeel, so het die

betoog gelui, die getuienis dui juis daarop dat sy ge-

Tndoktrineerde geestestoestand waarskynlik die enigste

rede 15

15.

rede vir die moord was.
Ek kan egter nie saamstem nie. Die indok-trinasie waaroor Dr Shubitz getuig het (en wat in oor-eens terrming was met appellant se eie getuienis) het be-trekking gehad op die uitwissing van 'n vyand in 'n oor-logsituasie; vir sover dit gesê kan word dat appellant "geprogrameer"is om dood te maak, het dit betrekking op militêre optrede; Dr Shubitz het nooit gesuggereer dat appeliant geindoktrineer is om koelbloedig moord te pleeg nie. Nog minder kan die toneel wat hom die betrokke nag in die oorledene se hut afgespeel het(vol-gens appellant se getuienis), vergelyk word met 'n toneel êrens in die bos waar appellant te staan mag gekom het

voor 16
16. voor 'n teenstander wat na 'n wapen gryp. So 'n verge-sogte vergelyking sou, volgens Dr Shubitz, selfs die appellant nie gemaak het nie - al sy indoktrinasie en grusame ondervindings op die slagveld ten spyt.
Wat wel, meen ek, 'n moontlikheid is, is dat appellant se opleiding en ondervinding in guerilla-oorlogvoering onwillekeurig die oorhand gekry het toe hy gemerk het dat die oorledene na 'n vuurwapen beweeg het, in die sin dat hy homself bedreig gevoel het en daarop instinktief die roetine gevolg het wat hy onge-twyfeld meermale in die verlede moes gevolg het naamlik om te sorg dat hy die eerste skoot inkry. Maar aleer hierdie moontlikheid die appellant tot voordeel kan

strek......17

17.

strek moet dit verhef kan word tot waarskynlikheid bo
ander moontlikhede wat hulleself voordoen. En daar-
van is daar etlike ooglopendes. Die Verhoorhof was
tevrede dat appellant "aile teenstand wat in sy weg
gekom het met sy geweer uit die pad" wou vee en sy ad-
vokaat het geen poging aangewend om hierdie Hof te pro-
beer oortuig dat dit nie minstens 'n ewe sterk moontlikheid

is nie. Trouens, te oordeel aan appellant se roeke-

lose hantering van sy wapen vroeër die aand by ander
krale, die feit dat hy dit o a doelbewus gebruik het
om doodsdreigemente teenoor weerlose vroue wat hy be-

roof het te versterk, en om 'n vrou wat van hom wegge-

vlug het ten einde verkragting te voorkom koelbloedig

te 18

18.

te verwond, kan daar min twyfel bestaan oor die, juist-
heid van daardie siening.
Wat die inname van drank betref, het appel-lant se advokaat in die Verhoorhof sowel as in hierdie Hof toegegee dat dit geen noemenswaardige roi kon gespeel het, hetsy in samehang met sy indoktrinasie en oorlogs-ervaring, of as selfstandige faktor nie.
Myns insiens was die Verhoorhof derhalwe korrek in sy bevinding dat geen versagtende omstandig-hede bewys is nie.
Wat betref die ander aanklagte waarop ap-pellant skuldig bevind is, het ek vantevore aangedui dat verlof aan hom verleen is om teen die opgelegde

vonnisse 19

19. vonnisse te appelleer. Sy advokaat het egter toegegee dat hy nie kon aanvoer dat die vonnisse onvanpas was

nie. En ek stem met hom saam.

Die appèl word afgewys.

J J F HEFER,AR.

CILLIé, AR. )
STEM SAAM. VAN HEERDEN, AR. )