South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1984 >> [1984] ZASCA 145

| Noteup | LawCite

S v Kamfer (140/84) [1984] ZASCA 145 (28 November 1984)

Download original files

PDF format

RTF format


FREDERIK KAMFER
EN
DIE STAAT

DIE HOOFGERSHOF VAN SUID-AFRIKA

APPèLAFDELING

In die saak tussen:

FREDERIK KAMFER Appellant

EN

DIE STAAT Respondent

Coram: CILLIé, HEFER, ARR et SMALBERGER, Wn AR

Verhoor: 5 November 1984

Gelewer: 28 November 1984

UITSPRAAK
CILLIé, AR :

Die appellant het die oorledene op die
oggend van 23 September 1983, in Elanistraat, Uping-
ton, om die lewe gebring. Ongeveer ses maande

later .... / 2

2
later het hy in die Rondgaande Hof aldaar op 'n aan-
klag van moord tereggestaan. Hy is skuldig bevind
en ter dood veroordeel. Met verlof van die ver-
hoorhof kom hy nou teen sy skuldigbevinding in hoër
beroep. Om tot 'n beslissing in hierdie appèl
te kom, is dit nodig om al die relevante getuienis
en omstandighede in oënskou te neem.
Die voorval wat tot die dood van die
oorledene gelei het, was nie die eerste ontmoeting
tussen die oorledene, as 'n geregsdienaar, en die
appellant, as 'n vermeende daggabesitter, nie.
Sowat drie weke tevore het die oorledene en 'n mede-
konstabel, ene Tywili, met 'n vangwa in die straat

langs die appellant en 'n vriend stilgehou. Die

vriend .... / 3
3

vriend het weggehardloop; Tywili het hom agter-

nagesit en gevang; dagga is in sy besit gevind.

Tywili het die vriend in die vangwa gelaai en toe

die oorledene gehelp om die appellant aan te hou

want hy het hom verset. Nadat hy bedwing is, is

'n dagga-sigaret gevind op die plek waar hy en die

oorledene gestoei het. Toe hy uiteindelik in

die vangwa gesit word, het die appellant gesê dat,

voordat die oorledene hom weer oor dagga sou vang.

hy die oorledene sou doodsteek. Dit is nie nodig

om verder na die dagga-saak teen die appellant en

sy vriend te verwys nie; terwyl die appellant op

borg uitgelaat was, het hy die oorledene doodge-

steek.

Gedurende .... / 4

4
Gedurende die middag van 22 September,
die dag voor die noodlottige aanval, het die appel-
lant die Oranje Stap Kafee wat naby die nie-blanke
woonbuurt en 'n bushalte geleë is , binnegegaan en
gevra waar die oorledene was. Eben Sinyengu, 'n
werknemer in die kafee, het geantwoord dat hy nie
dáár was nie. Hierop het die appellant Sinyengu
versoek om aan die oorledene te sê die oorledene en
'n sekere konstabel Themba "moet wegbly agter hom
want hy gaan hulle tiere wys, hy gaan hulle koppe af-
haal." Die volgende oggend het die oorledene vir
Sinyengu in die kafee kom vra om na die bushalte te
gaan en te kyk of die appellant nog daar staan en of

hy 'n "parcel", vermoedelik met dagga, by hom het.

Sinyengu .... / 5
5
Sinyengu het gaan kyk en aan die oorledene kom ver-
slag doen dat die appellant reeds weg was.

Na oorweging van al dié aangeleent-
hede is ek van mening dat die verhoorregter die ge-
tuienis van konstabel Tywili en Eben Sinyengu om
goeie redes aanvaar het. Nogtans is die appellant
se dreigemente, selfs saam met die ander beskikbare
en relevante getuienis, nie genoegsaam om 'n vermoede
te skep dat die appellant beplan het om die oorledene
te vermoor nie. Wat die getuienis wel toon is dat
dagga 'n vername rede was waarom die oorledene in die
doen en late van die appellant belang gestel het, en
dat die appellant nie met hierdie belangstelling ge-
diend was nie. Die oggend van die noodlottige

voorval .... / 6

6
voorval was die oorledene op die appellant se spoor
en wou weet of hy dagga in sy besit gehad het. Hy
het inderdaad dagga in sy besit gehad.

Hoewel die appellant sodanige besit
ontken het, blyk die volgende uit die getuienis.
Hy het self verklaar dat hy van die misdaadtoneel
af na die huis van Olga Kolasi gehardloop het.
Sy en haar dogter, Thembeka, was die appellant goed-
gesind. Hy het hulle vertrou en by hulle skuiling
en hulp gaan soek en dit gevind. Albei die vroue
het met die verhoor getuig, en hulle getuienis is
tereg aanvaar, dat die appellant kort na sy aankoms
by die huis aan Thembeka 'n pakkie dagga, wat in sy

besit was, gegee het om vir hom te bewaar. Later

het ..... /7
7
het hy die pakkie teruggevra en van die dagga
gerook, het die twee vrouens verklaar. Sy getuie-
nis dat 'n besoeker die dagga gebring en saam met
hom gerook het, is ook tereg nie deur die verhoorhof
aanvaar nie. 'n Gevolgtrekking dat hy die pakkie
dagga by die toneel van die aanval in sy besit ge-
had het, is ten volle geregverdig. Verder was daar
tekens van dagga en dagga-poeier gevind in die baad-
jie wat hy die betrokke oggend aangehad het. Hier-
die teenwoordigheid van dagga in sy klere het hy
probeer verklaar deur te sê dat iemand anders die
dagga in sy baadjiesakke kon gegooi het, of dat dit
net oorblyfsels en tekens was van dagga wat hy 'n

paar dae tevore gerook het. Die bewering dat

iemand ...... / 8
8
iemand anders die dagga in sy sak sou gegooi het,

is in die lig van al die omstandighede, so onwaar-

skynlik dat dit buite rekening gelaat kan word.

As die dagga oorblyfsels was van dagga wat hy voor-

heen gerook het, was dit nogtans dagga wat gevind

is in die sakke van die baadjie wat hy die oggend

gedra het.

Daar kan derhalwe aanvaar word dat

die appellant dagga in sy besit gehad het toe hy en
die oorledene mekaar die oggend ontmoet het; hy het
self geweet hy besit dagga en die oorledene het dit
vermoed. Wilfred Kalipa, een van die ooggetuies
van die aanval op die oorledene, het verklaar dat
hy naby die T-aansluiting van Weston- en Elanistraat

gestap .... /9
9
gestap het toe hy 'n voertuig agter hom hoor stilhou

het. Hy het omgekyk en gesien hoe 'n polisievangwa

tot stilstand kom en die oorledene uitklim. Die

oorledene het na die appellant toe gestap en "pro-

beer om vir hom te 'search'". Die getuie het ver-

tel dat die oorledene sy hande na die sakke van die

appellant uitgesteek het. Die ander ooggetuie van

die aanval, Nombulelo Job, het hierdie beweging nie

opgemerk nie. Die appellant ontken so 'n beweging

maar erken dat die oorledene hom wou visenteer.

In hierdie verband het die appellant

getuig dat die oorledene by hulle ontmoeting gevra

het of hy hom kon visenteer. Sy woorde is verder

"Ek het die polisieman gesê ek weier nie

dat .... / 10

10

dat hy my moet visenteer nie, maar ek
vra hom net of hy my nie kan in 'n private
plek vat of by my huis gaan visenteer nie."

Toe hy later gevra is waarom hy hierdie versoek aan
die oorledene gerig het was sy antwoord:

" .... ek weet by die polisiestasie word
jy kaal uitgetrek en dis daarom wat ek nie
wil vir my in die publiek uitgetrek en
blootgestel het en kaal voor hom te staan
nie, daarom het ek hom gevra om my na my
huis toe te vat of in 'n private plek om my
daar te visenteer, ek het nie juis geweier
vir dit nie. "

Om te oordeel of hierdie verduideliking aanvaar moet
word, is dit nodig om op die volgende te let.

Die appellant het toegegee dat die
oorledene as 'n polisieman hom op enige plek, selfs in

die straat, kon visenteer, mits hy dit betaamlik

doen .... / 11

11

doen en dat hy nog nooit gesien het dat die polisie

iemand nakend in die straat visenteer nie.Die
appelant het ook erken dat die oorledene die ver-
soek ordentlik gerig het en hom nie gevra het on uit
te trek of laat verstaan het dat hy sal moet uittrek
nie. Hy het nogtans, so lui sy getuienis, aanvaar
dat die oorledene van hom verwag dat hy sy klere

daar in Elanistraat sou moes uittrek en hy het die
oorledene nie gevra of hy dit sou moes doen nie.
Volgens sy getuienis het die oorledene met die voor-
val drie weke van-te-vore, ook ordentlik gevra of
hy hom kan visenteer; hy, die appellant, het toe
alles wat hy in sy sakke gehad het, uitgehaal, in sy
pet gegooi en vir die oorledene gewys. (Hulle het

later .... / 12

12
later gestoei omdat die oorledene hom wou aanhou
en hy niks sou gedoen het nie.) Sy getuienis oor
sy besware teen sy visentering was besonder onoor-
tuigend en hy kon nie bevredigende redes verstrek
waarom hy nie die inhoud van sy sakke self geopenbaar
het of tot 'n gewone visentering toegestem het nie.
Ten slotte, hy het in kruisondervraging toegegee
dat indien hy dagga in sy besit sou gehad het, hy
hom teen visentering sou verset het.
Al hierdie besonderhede toon dat die
appellant nie die waarheid gepraat het oor sy ver-
moede en die ander besonderhede met betrekking tot
die visentering nie. 'n Afleiding dat hy geweier
het om hom te laat visenteer omdat hy dagga in sy

besit .... / 13

13

besit gehad het, is myns insiens geregverdig. Die

verhoorhof het ook tereg bevind dat dit bo redelike

twyfel bewys is dat die oorledene redelike gronde

gehad het om die appellant te wil visenteer en dat

hy te alle tye regmatig opgetree het.

Daar is reeds op gewys dat die weer-

gawes van die twee ooggetuies, Wilfred en Nombulelo,

nie enersluidend is oor die aangeleentheid of die

oorledene die appellant met uitgestrekte arms gena-

der het nie. Ook oor ander dele van die gebeurte-

nisse was hulle getuienis nie ewe volledig, of ewe

akkuraat nie; hulle het selfs hier en daar van me-

kaar verskil. Daar moet egter in gedagte gehou

word dat die voorval vinnig afgespeel en gou afgehandel

was .... / 14

14

was, en dat die twee getuies van verskillende af-
stande en uit verskillende hoeke die gebeurde waar-
geneem het. Die verskille wat daar wel was, was
nie wesenlik nie en het nie verhinder dat die ver-
hoorhof met die aanhoor van die getuienis en hierdie
Hof met die deurleep daarvan 'n geheelbeeld van die gebeurde kon saamstel nie. Ook was die verskille
en moontlike botsings nie sodanig dat die getuienis
van die een of die ander of van albei as onbetrou-
baar en onaanvaarbaar beskou moet word nie.

Die getuienis van die twee ooggetuies

en die van die appellant stem ooreen dat die oorledene
en die appellant gestoei het. Hulle is dit egter nie

eens oor die omvang van die stoeiery nie. Terwyl

die ...... / 15

15

die een slegs van 'n rondplukkery aan mekaar se klere
praat, praat die ander van vuishoue wat geslaan is
maar wat meesal nie getref het nie. Volgens die
appellant het hy, nadat hy geweier het om daar ge-
visenteer te word, begin wegstap toe die oorledene
sy skouer gegryp en na hom geslaan het; hy het
toe teruggeslaan en moontlik die oorledene in sy
maag getref. Hierdie hou was waarskynlik die oor-
saak van een van die beserings wat aan die oorledene
gevind was, naamlik 'n "ruptuur" of breuk van die maag.
Dit is nie die ernstigste wond wat deur Dr Schwar
met sy nadoodse ondersoek gevind is nie. Daar was
ook twee meswonde aan die kop van die oorledene.

Dr Schwar het bevind dat die oorledene

se ...... /16

16

se dood veroorsaak is deur 'n messteekwond aan die
linkerkant van sy kop. Dié messteek het uitge-
breide breinbesering tot gevolg gehad. Die lem
van die mes het in die kop van die oorledene afge-
breek en daar agtergebly. Daar was ook 'n meswond
van twintig millimeter lank aan die linkeroorbel.
Dit het nie deur die oorbel gedring nie maar was
'n snywond "waar die mes oor die oorbel beweeg het."
Tydens sy ondervraging is die mes aan die geneesheer
getoon en hy verklaar dat die sny aan die oorbel nie
met die uittrek van die gebreekte mes veroorsaak is
nie en dat daar derhalwe twee bewegings met die mes
na die liggaam moes gewees het. Die belangrikste

gevolgtrekking van dié getuienis is dat daar twee-

keer .... / 17

17

keer na die oorledene gesteek is, en dat die eerste

hou sy oorbel getref het en die tweede sy brein binne-

gedring het.

As gevolg van hierdie afleidings moet

die getuienis van Nombulelo dat sy net een steekhou
gesien het, as onvolledig beskou word. Die getuie-
nis van die appellant dat hy slegs een hou na die
arm van die oorledene gemik en gesteek het, en dat
die oorledene gekoes het sodat die mes sy kop ge-
tref het, kan derhalwe ook nie aanvaar word nie.
Daarteenoor pás die getuienis van Wilfred in by die
bevinding van die geneesheer. Hy het soos volg ge~
tuig:

"Hy het probeer om die hande van die

konstabel .... / 18

konstabel weg te stoot .... Die be-
skuldigde het toe 'n mes wat oop was aan
(uit?} sy regterkantse sak uitgehaal,
Edele, en na die konstabel gesteek, maar
die konstabel het die eerste hou ontduik
en 'n bietjie teruggestaan. Daarna het
die konstabel probeer om sy vuurwapen uit
te pluk, maar voor hy dit nog kon doen,
was die beskuldigde alreeds by hom ....
Hy het toe 'n hou teen die kop van die oor-
ledene gesteek, Edele, en daarna het hy
na my rigting gehardloop."

Die verhoorregter het na my mening
tereg bevind dat Wilfred se relaas oor hierdie aspek
van die saak as waar bo redelike twyfel bevind moet
word. Hierby moet gevoeg word dat Wilfred blykbaar
nie gesien het dat die eerste hou die oorledene op

die oor getref het nie. Verder beteken die bevind

ing dat die appellant se getuienis oor hoe die

stoeiery ontstaan het, hoe die oorledene ëerste na

hom .... / 19
18

19

hom sou geslaan het en hoe hy, in vrees vir sy eie
lewe, uiteindelik die oorledene doodgesteek het, as
vals verwerp moet word.

Die appellant het ontken dat hy 'n
oop mes uit sy sak uitgetrek het; hy het beweer
dat hy dit uitgetrek en toe oopgemaak het. Sowel
Wilfred and Nombulelo het getuig dat hy 'n mes uitge-
trek en gesteek het sonder om die mes oop te maak.
Na my mening moet die getuienis van die laaste twee
getuies aanvaar word en die van die appellant ver-
werp word. So 'n bevinding wys slegs op die onbe-
troubaarheid van die appellant as getuie.

Die appellant wou voorgee dat dit 'n

onregmatige handeling van die oorledene was om sy

rewolwer .... / 20

20

rewolwer te probeer uithaal en dat hy, die appellant,
in vrees dat sy lewe in gevaar was, toe probeer het
om die oorledene in sy arm te steek sodat hy nie sou
skiet nie. In hierdie verband moet eerstens genoem
word dat dit volgens die aanvaarde getuienis duidelik
is dat hy tot 'n mesaanval oorgegaan het nog voordat
die oorledene sy rewolwersak probeer oopmaak het.
Albei die ooggetuies stem saam dat die oorledene
niks in sy hande gehad het toe die appellant hom
gesteek het nie. Hy het in alle waarskynlikheid aan
die rewolwersak gevat weëns die eerste messteek na hom
Die appellant het dus nie in noodweer opgetree soos
hy voorgegee het nie. Ten tweede is dit ook uit die
getuienis duidelik dat die oorledene nie eens so ver

gekom .... / 21

21

gekom het om die sak oop te maak nie; na sy dood is
gevind dat die sak nog toe was. Ten derde het die
verhoorregter op goeie gronde bevind dat die oorledene
in alle opsigte regmatig opgetree het; dit geld myns
insiens ook vir sy poging op homself teen die appel-
lant se aanval te verdedig.

Daar is aangevoer dat iemand wat 'n

ander om die lewe wil bring, hom nie in die kop sou
probeer steek nie omdat dit so'n moeilike plek is om
'n dodelike wond toe te dien. Dr Schwar se getuienis
oor hierdie aangeleentheid was die volgende:

"Die enigste kommentaar wat ek kan lewer is
dat hy wel nie so baie geweld gebruik het
soos wanneer die steekwond byvoorbeel bo
deur die kop moes gegaan het. Dat daar
tog 'n aansienlike hoeveelheid geweld

nodig .... /22

22

nodig is om deur 'n skedelbeen te dring, raet
ander woorde dat dit nie net so 'n klein ou
stekie was nie, dit moes 'n relatief harde
hou gewees het."

Oor sy ondervinding met noodlottige steekwonde het die
geneesheer getuig:

" ... ek kan net sê wat ek gewoonlik met
nadoodse ondersoeke vind, naamlik dat steek-
wonde van die kop nie algemeen is nie.
Steekwonde van die borskas is die algemeen-
ste, maar ons sien wel 'n hele aantal
steekwonde ook deur die skedelbeen."

Die betoog dat die appellant nie kon besef het hy
gaan die oorledene doodmaak nie en daarom nie die
opset gehad het om die oorledene om die lewe te bring
nie kan dus ook nie slaag nie. Hy het die oorledene
gesteek met die doel om hom dood te maak, of hy het
gesteek na 'n gevaarlike plek op sy liggaam sonder om

om .... / 23

23

om te gee of hy die oorledene sou doodmaak nie ter-

wyl hy die redelike moontlikheid van die oorledene

se dood voorsien het.

Na oorweging van al die getuieni-s en

om die redes aangehaal is ek van mening dat die appèl

teen die appellant se skuldigbevinding nie kan slaag

nie.

Die appèl word afgewys.

P.M". CILLIé, AR

HEFER, AR )

stem saam

SMALBERGER, Wn AR )