South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1984 >> [1984] ZASCA 57

| Noteup | LawCite

Scott NO v Sentraboer (Kooperatief) Bpk. (432/1982) [1984] ZASCA 57 (25 May 1984)

Download original files

PDF format

RTF format


LL Saak No. 432/1982

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING

In die

ANNA CATHARINA SCOTT N O Appellant
en

SENTRABOER (KOOPERATIEF) BEPERK Respondent

CORAM: JANSEN, JOUBERT, ARR et HEFER, WN AR

VERHOORDATUM: 18 MEI 1984

LEWERINGSDATUM: 25 MEI 1984

UITSPRAAK

/HEFER, WN AR ...

2. HEFER, WN AR:
Vroeg die oggend van 15 Julie 1978 het 'n bakkie wat deur appellant se eggenoot bestuur is en waarin ene Van Niekerk 'n passasier was, op die pad tussen Orkney en Bothaville van agter met 'n trekker gebots wat deur ene Sekata bestuur is en deur die respondent verseker was ooreenkomstig die bepalings van Wet No. 56 van 1972.
Appellant se eggenoot het beswyk aan beserings wat hy tydens die botsing opgedoen het. Haar eis om die skade te verhaal wat sy en haar minderjarige kinders gely het as gevolg van die dood van haar man, is deur die Hof a quo met koste van die hand gewys. Teen daardie bevel kom sy nou in hoër beroep.

/Die ...
3. Die enigste geskilpunt by die verhoor was of Sekata nalatig was en in besonder of hy, soos appel-lant beweer het, die trekker sonder ligte in die don-ker op die ryoppervlakte van die pad tot stilstand ge-bring het. Dit was die strekking van Van Niekerk se getuienis. Sekata, daarenteen, het getuig dat die trekker nie stilstaande was ten tye van die botsing nie en dat dit ook nie sonder ligte was nie; volgens hom het nie net die kopligte daarvan nie maar ook 'n
rooi agterlig wat op die een modderskerm aangebring was, gebrand.

Van Niekerk en Sekata was die enigste getuies. Nog die een nog die ander het die verhoorregter egter

/beindruk ...

4.

beindruk; in die uitspraak word hulle albei as stomp-sinnig en onbetroubaar bestempel. Aangesien die geleerde regter boonop van oordeel was dat daar geen objektiewe feite was wat 'n oorwig van waarskynlikhede in appellant se guns teweeggebring het nie, het die bevel van absolusie van die instansie vanselfsprekend gevolg.
Hoewel 'n aanval in die skriftelike hoofpunte van betoog namens appellant geloods is op die geleerde regter se beskouing van Van Niekerk se geloofwaardig-heid, het haar advokaat in hierdie Hof die onvermyde-like toegewing gemaak dat Van Niekerk inderdaad onbe-troubaar was en dat hy, soos die advokaat dit uitgedruk

/het ...

5.

het, nie gerehabiliteer kan word nie. Die enigste oorblywende betoog was dat die objektiewe feite 'n
oorwig van waarskynlikhede in appellant se guns geskep het. Van Niekerk en die bestuurder van die bakkie, so het die argument gelui, het pas met hulle reis begin toe die botsing plaasgevind het sodat hulle nog nie lomerig of moeg kon gewees het nie; hulle het ook nie veel gesels nie en albei se aandag was op die pad voor hulle gevestig; nogtans het hulle op n reguit pad met die trekker gebots, wat daarop dui dat die bestuurder van die bakkie die trekker nie betyds opgemerk het nie en die waarskynlikste verduideliking daarvoor is dat die trekker onverlig was.

/Ek ...

6.

Ek is egter nie oortuig dat die geleerde ver-hoorregter fouteer het nie. Dat die bestuurder van die bakkie die trekker waarskynlik nie betyds raakge-sien het nie, is gewis maar ek meen nie dat sy versuim die afleiding, as die mees aanvaarbare een, regverdig dat die trekker onverlig was nie. Daar is ander moontlike verklarings daarvoor wat nie buite rekening gelaat kan word nie en ek kan geen rede vind waarom voorkeur verleen moet word aan die een waarvoor namens die appellant betoog is nie. Kortom, oor die rede waarom die trekker nie betyds opgemerk is nie, kan slegs bespiegel word. Waar dit die geval is, is

'n bevinding nie geregverdig dat die appellant haar van

/die ...
7. die bewyslas gekwyt het nie.

Die appèl word afgewys met koste.

J.J.F. HEFER WN AR

JANSEN AR

STEM SAAM JOUBERT AR