South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1985 >>
[1985] ZASCA 11
| Noteup
| LawCite
Volschenk v President van die Suid-Afrikaanse Geneeskundige en Tandheelkundige Raad NO (200/84) [1985] ZASCA 11; [1985] 2 All SA 182 (A) (28 March 1985)
Download original files |
GERT JEREMIAS DANIEL VOLSCHENK
en
DIE PRESIDENT VAN DIE SUID-AFRIKAANSE
GENEESKUNDIGE EN
TANDHEELKUNDIGE RAAD, NO
SMALBERGER, Wn AR :-
36/85
200/84
N v H
200/84
N v H
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING
In die saak tussen:
GERT JEREMIAS DANIEL VOLSCHENK
Appellant
en
DIE PRESIDENT VAN DIE SUID-AFRIKAANSE
GENEESKUNDIGE EN
TANDHEELKUNDIGE RAAD, NO
Respondent
CORAM:
JANSEN, Wn HR, JOUBERT, CILLIé,
VAN HEERDEN, ARR, et SMALBERGER, Wn AR.
VERHOORDATUM: 18 MAART 1985
LEWERINGSDATUM: 2 8 MAART 1985
UITSPRAAK
SMALBERGER, Wn AR:-
Die appellant, 'n geneesheer, wat as
sulks geregistreer is kragtens die bepalings van die Wet
op /.................
2
op Geneeshere, Tandartse en Aanvullende Gesondheids=
diensberoepe, No 56 van 1974 (die Wet), het by wyse van
hersiening in die Transvaalse Provinsiale Afdeling
aansoek gedoen om die tersydestelling van 'n besluit van
die Suid-Afrikaanse Geneeskundige en Tandheelkundige Raad
(die Raad) waarkragtens hy vir 'n tydperk van ses maande
in sy praktyk geskors is. Sy aansoek is deur die hof
a quo, bestaande uit PREISS en KIRK-COHEN, RR, van die
hand gewys. Met verlof van die hof a quo kom hy nou
in hoër beroep na hierdie Hof,
Die feite wat aanleiding gegee het tot die
appellant se aansoek is gemene saak. Ten gevolge van
sekere klagtes wat teen die appellant by die Raad inge=
dien is, het die Uitvoerende Komitee van die Raad Vi
tugkomitee /..............
3
tugkomitee aangewys om die klagtes te
ondersoek,
Die tugkomitee het bestaan uit vier lede van die Raad,
insluitende die destydse President van die Raad,
Op 23 Augustus 1983 het die appellant voor die tugkomitee
verskyn op twee klagtes van onbetaamlike of skandelike
gedrag voortspruitend uit sy behandeling van 'n sekere
pasiënt wat later oorlede is, en die regsgeneeskundige
lykskouing wat hy na die betrokke pasiënt se dood op sy
liggaam uitgevoer het. Die appellant was tydens die
ondersoek regsverteenwoordig. Na die aanhoor van ge=
tuienis en argument het die tugkomitee die appellant op
beide klagtes skuldig bevind. Daarna is verdere
getuienis en argument aan die tugkomitee voorgelê in
verband met straf alvorens die tugkomitee verdaag het
om / .............
4
om oor 'n gepaste straf te besin. By hervatting van
die verrigtinge
is die appellant as volg deur die
President meegedeel:-
"Dr Volschenk, die Komitee het besluit om 'n
rekord van hierdie ondersoek aan die Raad
voor te lê by sy volgende vergadering in
Oktober 1983 met die aanbeveling dat u
(1) ten opsigte van klagte 1 gewaarsku word,
en (2) ten opsigte van klagte 2 vir 'n tyd=
perk van ses maande geskors word maar dat
die tenuitvoerlegging van die straf vir
drie jaar opgeskort word op voorwaarde dat
u nie gedurende daardie tydperk aan enige
oortreding deur die Raad skuldig bevind word
nie. Ek wil dit net hier duidelik stel dat
daar moet besef word dat die Raad kan die
straf verswaar of versag. U mag skriftelike
vertoë aan die Raad rig aan die Registrateur
en dit moet hom voor 16 September 1983 bereik."
Die / ...........
5
Die appellant het nie van die geleentheid wat
hom aangebied is om skriftelike vertoë aan die Raad te
rig, gebruik gemaak nie. Daar is blykbaar ook geen
navraag deur of namens hom gedoen om uit te vind presies
wanneer die Raad sou vergader om oor sy straf te besin
nie, en is daar geen versoek aan die Raad gerig dat hy
by dié geleentheid toegelaat word om voor die Raad te
verskyn nie, hetsy persoonlik of deur 'n regsverteen=
woordiger. Dië aangeleentheid het tydens 'n sitting
van die Raad op 13 Oktober 1983 voor die Raad gedien.
Die volledige notule van die verrigtinge voor die tug=
komitee tesame met 'n verslag van die tugkomitee, wat
vooraf aan alle lede van die Raad beskikbaar gestel is,
is deur die Raad oorweeg. Die Raad het besluit "dat die
bevinding /.........
6
bevinding van die (tug)komitee bekragtig word maar dat
die aanbeveling in verband met die straf wat opgelê moet
word, nie aanvaar word nie, en dat dr G J D Volschenk
vir 'n tydperk van ses maande geskors word met ingang
13 Oktober 1983". Die appellant is dienooreenkomstig
verwittig. Dit is hierdie besluít van die Raad wat tot
die appellant se aansoek aanleiding gegee het.
Soos blyk uit wat reeds gesê is, waar die
tugkomitee die appellant op twee klagtes skuldig bevind
het en strawwe ten opsigte van elk aanbeveel het, het die
Raad net een straf opgelê. Dit is nie duidelik of
die Raad die klagtes vir die doeleindes van straf saam=
gevat het nie, en of die eerste klagte net in die niet
verdwyn het. Hierdie aspek was egter nie uitdruklik in
die /.................
7
die appellant se aansoek geopper nie. In beginsel maak
dit nie saak of die straf wat bepaal is betrekking het
op die twee klagtes gesamentlik, of net die tweede
klagte nie. Voorts word daar met die aangeleentheid
gehandel op die grondslag dat dit net die straf op die
tweede klagte is wat ter sprake is.
Kortliks saamgevat kom die betoog namens die
appellant op die volgende neer: Die Raad het sy
bevoegdheid kragtens die Wet om 'n ondersoek in te stel
na die klagtes teen die appellant aan die tugkomitee
gedelegeer; die tugkomitee tree namens die Raad op en
vervul al die funksies van die Raad met betrekking tot
die ondersoek; kragtens die Wet en die regulasies wat
betrekking het op so 'n ondersoek was die tugkomitee nie
alleenlik /................
8
alleenlik verplig om die skuld van die appellant te
bepaal nie, maar ook om hom 'n straf op te lê, die rede
hiervoor synde dat 'n tugondersoek 'n ondeelbare begrip
is en 'n gedeeltelike delegasie (dws een wat 'n bevindíng
ten opsigte van skuld veroorloof maar nie die oplegging
van straf nie) nie kan geskied nie; die tugkomitee se
aanbeveling ten opsigte van straf het in wese neergekom
op die oplegging van 'n straf (wat die appellant bereid
was om te aanvaar); die Raad is nie by magte om 'n straf
deur 'n tugkomitee opgelê te verswaar nie; waar die Raad
sy bevoegdhede ten opsigte van 'n ondersoek aan 'n tugkomitee
delegeer die Raad net een funksie behou, naamlik, om
ingevolge artikel 11(5) van die Wet die opgelegde straf
te bekragtig; indien die Raad wel by magte is om 'n
straf /.............
9
straf te verswaar daar in die onderhawige geval 'n
miskenning van die audi alteram partem reël was
Hierdie betoog moet oorweeg word aan die hand van die
reeds gemelde feite, en die bepalings van die Wet en die
betrokke regulasies daarkragtens uitgevaardig
As uitgangspunt moet daar op die bepalings
van artikel 11 van die Wet gelet word. Artikel 11(1)
en (2) maak voorsiening vir die verpligte instelling deur
die Raad van 'n onderwyskomitee en 'n spesialistekomitee,
die samestelling van sulke komitees en hulle bevoegdhede
en werksaamhede. Artikel 11(2A) het betrekking op die
instelling en samestel ling van 'n tariewekomitee
Artikel 11(3), (4) en (5) is tot die volgende effek:-
"(3) Die /.........
10
"(3) Die raad kan van tyd tot tyd die ander
komitees instel wat hy nodig ag, elkeen waar=
van bestaan uit soveel persone, deur die raad
aangestel, as wat die raad bepaal, maar wat
ten minste een lid van die raad, wat as voor=
sitter van die komitee dien, moet insluit, om
ondersoek in te stel na en aan die raad verslag
te doen aangaande enige aangeleentheid wat
binne die bestek van die raad se werksaamhede
kragtens hierdie Wet val.
(4) Behoudens die bepalings van subartikel (5)
kan die raad aan 'n kragtens subartikel (3) inge=
stelde komitee, benewens die bevoegdhede in
subartikel (3) aan sulke komitees verleen,
sodanige van sy bevoegdhede delegeer as wat
hy van tyd tot tyd bepaal, maar word nie onthef
van 'n bevoegdheid wat aldus gedelegeer is nie.
(5) Geen straf opgelê deur 'n komitee wat
ingevolge subartikel (1) of (3) ingestel is,
uitgesonderd 'n waarskuwing of 'n berisping of 'n
berisping en 'n waarskuwing, is van krag nie
totdat die raad die oplegging daarvan bekragtig
het."
(Vir soverre dit van
belang mag wees, is die Afrikaanse
teks van die Wet geteken.)
'n Tugkomitee /
11
'n Tugkomitee is nie een van die komitees genoem
in artikel
11{1) of (2) nie, maar is een van die "ander
komitees" waarna in artikel
11(3) verwys is, en word
kragtens daardie subartikel ingestel.
Luidens
artikel 41(1) van die Wet is die Raad
"bevoeg om 'n ondersoek in te stel na
'n klagte, beskuldig=
ing of bewering van onbetaamlike of skandelike
gedrag
teen 'n persoon wat kragtens hierdie Wet geregistreer is
en om by
skuldigbevinding van so 'n persoon aan sodanige
gedrag, enige van die strawwe
voorgeskryf in artikel 42(1)
op te lê". Die strawwe waarna in artikel
42(1) verwys
word is:-
"(a) 'n waarskuwing of 'n berisping of 'n berisping en 'n waarskuwing; of
(b) /
12
(b) skorsing, vir h vasgestelde tydperk, in
sy praktyk of die verrigting van hande=
linge wat by uitstek by sy beroep tuis=
hoort; of(c) skrapping van sy naam uit die register."
Die bevoegdhede van die Raad ten
opsigte van tugaange=
leenthede behels dus 'n ondersoek na beweerde
onbetaamlike
of skandelike gedrag deur 'n geneesheer en, indien 'n skul
=
digbevinding daarop volg, die oplegging van 'n gepaste straf
Dit is
gemene saak dat die tugkomitee in die
onderhawige geval luidens die bepalings
van artikel 11(3)
en 41(1) van die Wet deur die Raad aangewys was om
die
klagtes teen die appellant te ondersoek, en dat bevoegd=
hede van die
Raad ten opsigte van sodanige ondersoek aan
die tugkomitee gedelegeer is.
Die /
13
Die gevolg van delegasie is dat "as die gedele=
geerde 'n funksie namens of ten behoewe van die delegans
uitoefen, tree hy volledig in die plek van die delegans op
en hy verrig die funksie asof die delegans dit self verrig
het". (WIECHERS: Administratiefreg : 2de Uitgawe, p 57.)
In die onderhawige geval is die kardinale vraag egter welke
funksie aan die tugkomitee gedelegeer is, en tot welke mate
dit deur daardie liggaam uitgeoefen is. Artikel 11(4) van
die Wet verleen 'n baie wye diskresie aan die Raad aangaande
die delegasie van sy bevoegdhede. So wyd is die Raad se
diskresie dat daar in beginsel geen beswaar daarteen kan
wees nie sou die Raad, indien hy verkies, slegs gedeeltelik sy bevoegd=
hede aan 'n tugkomitee delegeer. Dus is die Raad bevoeg om 'n tug=
komitee aan te wys om 'n klagte van onbetaamlike of skandelike gedrag
teen / .............
14
teen 'n geneesheer te ondersoek, en 'n bevinding ten
opsigte van die klagte uit te bring, terwyl die Raad sy
strafbevoegdheid ingeval van skuldigbevinding behou
Daar is niks wat die Raad verplig om 'n strafbevoegdheid
aan 'n tugkomitee te delegeer nie. Die splitsing van
bevoegdhede is blykbaar in die geval van die Raad lank
reeds 'n gevestigde praktyk. (Vgl S A Medical and Dental
Council v McLoughlin 1948 (2) SA 355 (A).)
Met 'n beroep op S A DE SMITH: Judicial Review of
Administrative Action (4de Uitgawe) op p 220 is daar namens
die appellant betoog dat 'n gedeeltelike delegasie van
hierdie aard nie regtens moontlik is nie. In die rele=
vante passasie word daarop gewys dat in die algemeen n6g
'n persoon wat 'n regsfunksie uitoefen, nòg lede van 'n
administratiewe / ...........
15
administratiewe liggaam, deel kan hê aan 'n beslissing
waar daardie persoon of lede nie al die mondelinge
getuienis en betoë aangehoor het nie want "bias and
ignorance alike preclude fair judgment upon the merits
of a case". De Smith wys egter op uitsonderings op
hierdie algemene reël, en dit blyk duidelik aan die hand
van 'n latere passasie op p 220 asook van wat op pp 298/9
verskyn dat minstens waar statutêre magtiging daarvoor
bestaan (soos in die onderhawige geval) die splitsing van
bevoegdhede deur die delegasie van 'n ondersoek met voor=
behoud van die mag om straf op te lê 'n geoorloofde prose=
dure is. Die Raad.was dus by magte om slegs sy bevoegd=
heid om 'n ondersoek te hou, en tot 'n bevinding te kom.
aan die tugkomitee te delegeer.
Ten / ............
16
Ten opsigte van die ondersoek rakende die
appellant is daar geen spesifieke bevoegdhede deur die
Raad aan die tugkomitee gedelegeer nie. Die partye is
dit eens dat die tugkomitee gevolglik moes optree inge=
volge die bepalings van die Wet en die regulasies vir
die hou van ondersoeke wat kragtens artikel 61(1)(a) en
(r) van die Wet uitgevaardig is. Die betrokke regula=
sies betreffende die instelling van ondersoeke wat inge=
volge artikel 41 van die Wet gehou word (die Regulasies
is bevat in Goewermentskennisgewing R2268 van 3 Desember
1976.
Regulasies 1 tot 13 het betrekking op die same=
stelling van 'n tugkomitee, die prosesregtelike stappe
wat voor 'n
ondersoek gedoen moet word, en die prosedures
wat by die ondersoek self
gevolg moet word. Regulasie
14(1) /
17
14(1) tot (7) handel met beraadslaging na die aanhoor
van
getuienis en betoë; die prosedures wat volg op
skuldigbevinding of
ontslag op die betrokke klagtes,
na gelang van die geval; die bewys van
vorige skuldig=
bevindings, indien enige; en betoë ten opsigte
van
straf, asook getuienis ter versagting. Regulasie 14(8)
het betrekking
op beraadslaging omtrent die straf wat
opgelê moet word (wat die een of
die ander van die strawwe
moet wees wat in artikel 42(1) van die Wet
voorgeskryf
is). Daarna kom die volgende tersaaklike bepalings
voor:
" (9 ) 'n Straf deur die raad kragtens subregulasie
(8) opgelê, raoet op skrif gestel word, moet deur
die president onderteken word en moet deur die
registrateur op die persoonlike lêer van die
betrokke persoon in die kantoor van die raad
gehou word.
(10) /
18
(10) (a) Waar die raad of die tugkomitee 'n
beskuldigde skuldig bevind, kan hy
(i) die oplegging van die straf vir die
tydperk en op die voorwaardes wat deur hom
bepaal word, uitstel; of
(ii) 'n straf vermeld in subregulasie ( 8 ) (b)
of (c) oplê, maar beveel dat die tenuit=
voerlegging van die straf uitgestel word
vir die tydperk en op die voorwaardes wat
deur hom bepaal word.
(b)
(11) Indien die saak deur 'n tugkomitee verhoor
is, en die
beskuldigde skuldig bevind is en
daar besluit word dat die straf wat
opgelê moet
word 'n waarskuwing of 'n berisping of 'n berisping
en
'n waarskuwing moet wees, moet die bevinding
en die straf aan die beskuldigde
opgelê, onmid=
dellik daarna aan die betrokke partye meegedeel
word
deur die voorsitter wat op die vergadering
van sodanige komitee voorsit, of
op 'n later
datum per brief, al na die komitee gelas.
Die komitee moet sy
optrede aan die raad rappor=
teer.
(12) Indien die saak deur 'n tugkomitee verhoor
is, en die beskuldigde
skuldig bevind is en daar
besluit word om aan te beveel dat 'n ander
straf
as 'n waarskuwing of 'n berisping of 'n berisping
en /
19
en 'n waarskuwing opgelê word, moet die komitee
alle stukke met 'n
verslag van die getuienis en
sy bevinding en aanbeveling in verband met
die
straf wat opgelê moet word, aan die raad stuur,
wat dan sodanige
bevinding en aanbeveling kan
wysig of bekragtig, of kan weier om dit
te
bekragtig, of die saak na die tugkomitee kan
verwys vir verdere
oorweging en verslag.
In hierdie geval word die aanbeveling met
betrekking
tot die straf wat opgelê moet word,
ook onmiddellik daarna aan die
betrokke partye
meegedeel deur die voorsitter wat op die be=
trokke
vergadering voorsit, of op 'n later
stadium per brief, al na die komitee
gelas.
Die beskuldigde is geregtig om vertoë'tot die
raad te rig ten
aansien van die uitoefening van
die raad se diskresie met betrekking tot
die
bekragtiging van die oplegging van die straf.
Sodanige vertoë
geskied slegs by wyse van 'n
skriftelike memorandum gerig aan die
registrateur
vir voorlegging aan die raad. Die raad oorweeg
geen
vertoë ten aansien van die uitoefening van
die raad se diskresie met
betrekking tot die
bekragtiging van die oplegging van die straf nie
tensy
sodanige vertoë skriftelik deur die beskul=
digde self of sy
regsverteenwoordiger aan die
registrateur gerig word. Alle vertoë moet
deur
die registrateur ontvang word voor 'n datum wat
die /
20
die voorsitter ten tyde van die gemelde
mededeling moet aankondig, of wat in die ge=
melde brief vermeld moet word.
(13)
(14) Waar 'n straf opgelê is en, waar nodig,
deur die raad bekragtig is, stel die registra=
teur die Sekretaris van Gesondheid in kennis
van die naam van die persoon wat gestraf is,
asook van die aard van die beskuldiging(s)
waaraan hy skuldig bevind is en die straf wat
opgelê is . "
Ofskoon die aangehaalde subparagrawe van
regula=
sie 14 nie 'n toonbeeld van duidelikheid is nie, kan
die
bevoegdhede van 'n tugkomitee ten opsigte van die oplegging
van straf
geredelik daarvan afgelei word. Regulasie
14(10)(a) verplig nie 'n tugkomitee
om 'n straf op te lê
nie maar magtig die oplegging daarvan ( ...... kan hy ......)
In stede van om 'n straf op te lê, is daar vir 'n tugkomitee 'n
ander uitweg , naamlik, om kragtens regulasie 14(12) 'n
straf /.............
21
straf aan te beveel . Die keuse tussen 'n straf oplê
en
'n straf aanbeveel is dié van die tugkomitee waar, soos
in die
onderhawige geval, regulasie 14 geld. Waar die
tugkomitee 'n aanbeveling in
verband met straf maak, hoef
die Raad nie daaraan gevolg te gee nie. Dit
staan die
Raad vry om kragtens regulasie 14(12) òf die
aanbeveling
te bekragtig te om dit te wysig. In iedere geval word
die
opgelegde straf die van die Raad en geld die bepalings
van regulasie 14(9) .
Waar die tugkomitee 'n straf
oplê moet sodanige straf deur die Raad
kragtens artikel
11(5) van die Wet bekragtig word. Dat 'n tugkomitee
'n
keuse het om 'n straf op te lê of aan te beveel, en dat
in
laasgenoemde geval die Raad 'n straf oplê, is in
beginsel
ooreenstemmend met die bepalings van artikel 11(4) van
die /
22
die Wet, en nie strydig met enige ander bepalings van
die
Wet of die Regulasies nie. Dit is nie nodig vir
die doeleindes van hierdie
uitspraak om enige uitleg te
gee van die woorde "word nie onthef van 'n
bevoegdheid
wat aldus gedelegeer is nie" in artikel 11(4) nie.
Daardie
woorde hou waarskynlik 'n ander betekenis in as
hulle letterlike betekenis,
want 'n letterlike vertolking
sou oenskynlik in stryd wees met die beginsel
dat waar
'n delegans 'n bevoegdheid delegeer, en die gedelegeerde
daardie
bevoegdheid namens die delegans reeds uitgeoefen
het, die delegans functus
officio is. Dit is ook
nie nodig om in die onderhawige geval te besluit
of
Regulasie 14(12), vir soverre dit voorsiening maak vir
bekragtiging
deur die Raad van 'n tugkomitee se bevinding,
ultra vires is of nie,
soos namens die appellant betoog.
Al /
23
Al sou dit die geval wees (en daar is aanduidings tot
dien effek), raak dit nie Kegulasie 14(12) wat die aanbe=
veling van 'n
straf deur 'n tugkomitee, en die wysiging of
bekragtiging van die aanbevole
straf deur die Raad, betref
nie, aangesien die bepalings met betrekking tot
die bevin=
ding aan die een kant en die straf aan die ander kant
skei=
bare en onafhanklike bepalings is, en die ongeldigheid van
die een
affekteer nie die ander nie. (Vgl Johannesburg
City Council v
Chesterfield House (Pty) Ltd 1952(3) SA 809
(A) op 822 D; S v
Prefabricated Housing Corporation (Pty)
Ltd and Another 1974(1) SA
535 (A) op 514 F.)
Die slotsom waartoe ek derhalwe kom is dat die
tugkomitee in die onderhawige geval nie verplig
was om
die appellant 'n straf op te lê nie, maar geregtig was om
'n
straf aan te beveel, wat dit wel gedoen het. Gevolglik
was /
24
was die Raad by magte om die aanbeveling te bekragtig
of te wysig, wat daarop neerkom dat die Raad 'n gepaste
straf kon oplê, wat dan ook gebeur het. In dié opsig,
afgesien van die vraag of die audi alteram partem reël
nie nagekom is nie, wat aanstons behandel sal word, was
die Raad se optrede regmatig.
Aangesien dit duidelik blyk dat die tugkomitee
nie die appellant 'n straf opgelê het nie maar alleenlik
een aanbeveel het, is die bepalings van artikel 11(5
van die Wet nie van toepassing nie want hulle geld alleenlik
waar 'n straf opgelê is, en sodanige straf deur die Raad
bekragtig moet word. Dit is dus nie nodig om te besluit
watter betekenis die woord "bekragtig" inhou nie, en of
dit die Raad magtig om 'n opgelegde straf te verswaar nie
Die /...........
25
Die enigste oorblywende vraag is of daar 'n
miskenning van die audi alteram partem reël was omdat
die appellant nie, hetsy persoonlik of deur 'n regsver=
teenwoordiger, aangehoor was alvorens die Raad sy straf
bepaal het nie. Regulasie 14(12) maak voorsiening vir
die rig van skriftelike vertoë "ten aansien van die uit=
oefening van die raad se diskresie met betrekking tot
die bekragtiging van die oplegging van die straf".
Dit swyg egter aangaande die posisie wat geld as 'n straf
aanbeveel is deur 'n tugkornitee. Die tugkomitee was
skynbaar in dié verband onder die indruk dat geen onder=
skeid getref word tussen die geval waar 'n straf opgelê
en 'n straf aanbeveel word nie, want die appellant is in
kennis gestel dat hy skriftelik vertoë aan die Raad kon
rig / ......................
26
rig aangaande sy straf. Artikel 42(2) van die Wet
bepaal dat "Aan iedereen wie se gedrag die onderwerp
van 'n ondersoek kragtens artikel 41 uitmaak, moet die
geleentheid gegun word om, òf in eie persoon òf deur
sy regsverteenwoordiger, op die beskuldiging te antwoord
en sy verdediging aan te voer". As artikel 42(2)
meebring dat die reg tot persoonlike verskyning of regs=
verteenwoordiging voortduur tot finale strafbepaling
mag daardie deel van regulasie 14(12) waarna so pas verwys
is, vir soverre dit nie met artikel 42(2) te versoen is
nie, ultra vires wees. In SA Medical and Dental Council
v McLoughlin (supra), in ietwat soortgelyke omstandighede
as die onderhawige, waar 'n vroeëre statutêre bepaling
ooreenstemmend met artikel 42(2) van toepassing was, is
die /..............
27
die vraag oopgelaat of 'n mediese raad verplig is om
'n
beskuldigde voor die bepaling van 'n gepaste straf aan
te hoor, maar
daar is wel gesê (op bl 389): "Certainly it
is desirable for the
Council to do so". In Helgesen v
South African Medical and Dental
Council 1962(1) SA 800
(N) het die Raad geweier om 'n advokaat toe
te laat om
namens Helgesen te verskyn toe die Raad die verslag van
h
tugkomitee oorweeg het. In die loop van sy uitspraak het
WILLIAMSON, RP,
die volgende gesê op b 816 A - D:-
"Neither expressly by the Act nor impliedly by
any rules of natural justice does an accused
practitioner have the right, in my opinion,
to demand that he personally, or through his
legal representatives, must be present at
every single stage in the whole of the pro=
ceedings involved in an enquiry conducted by
a disciplinary committee under the regulations
right up to the consideration of the report and
recommendations /
28
recommendations of that committee by the
respondent itself. Neither the proviso to
sec 42{1) nor the terms of reg. 8 give him,
in my view, such a right. That he should be
able to be present and represented at the
hearing of all the evidence and that he should
be able to address or have his representative
address on all the evidence does not mean that
if all the representations then made by him or
on his behalf are recorded and placed before
the respondent when called upon to confirm or
otherwise the disciplinary committee's finding
and recommendations, then there must still be
a further right to repeat, elaborate or add to
the representations, already before the
respondent, in an additional appearance."
Dit is nie nodig om te besluit oor die
tref=
wydte van artikel 42(2) van die Wet, of die korrektheid
al dan nie
van die beslissing in Helgesen se saak nie.
Al sou daar aanvaar word
dat Helgesen se saak verkeerd
beslis is, dat artikel 42(2) van die Wet
aan die appellant
'n /.........
29
'n verskyningsreg voor die Raad voor strafoplegging
verleen, en dat vir soverre regulasie 14(12) met
artikel 42(2) strydig is die aangetaste deel daarvan
ultra vires is, kan daar in die omstandighede van die
onderhawige geval nie gesê word dat die audi alteram
partem reël misken is nie.
Die appellant was tydens al die verrigtinge
voor die tugkomitee regsverteenwoordig. Sy getuienis
ter versagting van straf, en die betoog van sy advokaat
betreffende straf, verskyn volledig op die oorkonde van
daardie verrigtinge. Die volledige oorkonde het voor
die lede van die Raad gedien, en hulle het insae daarin
gehad. Die appellant is bewus gemaak van die feit dat
die Raad die aanbevole straf van die tugkomitee kon ver=
swaar /..............
30
swaar of versag. Hy moes besef het dat die Raad oor
sy straf sou besin en dan 'n straf oplê, en dat dit nie
hier gegaan het bloot oor die bekragtiging van 'n opgelegde
straf nie. Hy is die geleentheid gebied om skriftelike
vertoë aan die Raad te rig maar het nie daarvan gebruik
gemaak nie. In die normale gang van sake, as 'n persoon
uitgenooi is om sy saak te stel en verseg om die uit=
nodiging te aanvaar, kan hy hom beswaarlik op die audi
alteram partem slagspreuk beroep. (Vgl Radloff v
Clocolan Ko-operatiewe Landbou Maatskappy Bpk 1955(3) SA
418 (A) op 423 B). Hier gaan dit egter nie soseer
oor die appellant se reg om sy saak te stel nie, maar
eerder sy reg tot verskyning voor die Raad. Ofskoon die
reg hom nie uitdruklik aangebied is nie, is hy die reg
nooit /.................
31
nooit ontsê nie. Die appellant het nooit gevra
om
toegelaat te word, hetsy persoonlik of deur 'n regsver=
teenwoordiger,
om voor die Raad te verskyn om vertoë
te rig aangaande sy straf nie.
Waar die appellant nie
op so 'n reg aanspraak gemaak het nie, en geen
versoek
in dié verband aan die Raad gerig het nie, kan hy
nouliks
kla dat die audi alteram partem reël misken is.
Die situasie is
tot 'n mate analoog met die geval van 'n
beskuldigde wat in 'n strafsaak nie
regsverteenwoordiging
aanvra nie. Ek is dit eens met wat MARGO, R, in
dié
verband in S v Baloyi 1978(3) SA 290 (T) gesê het
op
293 F, naamlik:- "However, where he does not seek
(legal
representation), and where no irregularity occurs
by /
32
by which he is deprived of it, there is no principle or
rule of practice of which I am aware which vitiates the
proceedings". In die onderhawige geval was daar myns
insiens geen miskenning van die audi alteram partem reël
nie, en gevolglik geen onreëlmatigheid nie.
Die appèl word van die hand gewys, met koste,
insluitend die koste van twee advokate.
J W SMALBERGER
WAARNEMENDE APPeLREGTER
JANSEN, Wn HR)
JOUBERT, AR)
CILLIé, AR)
VAN HEERDEN, AR)