South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1985 >> [1985] ZASCA 43

| Noteup | LawCite

Heymans v Van Tonder (1) (406/83) [1985] ZASCA 43; [1985] 2 All SA 389 (A) (29 May 1985)

Download original files

PDF format

RTF format


Saaknommer: 406/83

WHN
PAUL JACOBUS HEYMANS
Appellant

en
BEATRICE ALETTA VAN TONDER
(gebore VAN DER WESTHUIZEN,
voorheen HEYMANS)

Respondente

JOUBERT, AR.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

APPELAFDELING

In die saak tussen

PAUL JACOBUS HEYMAN5 Appellant

en

BEATRICE ALETTA VAN TONDËR Respondente

(gebore VAN DER WESTHUIZEN,
voorheen HEYMANS)

Coram:' RABIE, HR et JANSEN, JOUBERT, VILJOEN, HEFER ARR

Verhoor: 9 Mei 1985

Gelewer: 29 Mei 1985

UITSPRAAK

JOUBERT, AR

/Die........

2

Die appellant is die seun van die egpaar

Paul Jacobus Heymans (die testateur) en Beatrice Aletta

Heymans (die testatrise) wat buite gemeenskap van goedere

met mekaar getroud was en wat op 15 Desember 1958 'n

gesarnentlike testament verly het. Daarin het hulle hul

onderskeie boedels as een gesamentlike boedel saamgesmelt

vir doeleindes van beskikking daaroor (klousule 2). Hulle

het ook die langslewende benoem as die enigste erfgenaam

van die gesamentlike boedel by die dood van die eerssterwende

onderhewig aan twee voorwaardelike fideicommissa ten

aansien waarvan die appellant die fideikommissêre

begunstigde of erfgenaam is {klousule 3 en 4). Die

/testateur.........

3

testateur is as eerssterwende op 8 Junie 1975 oorlede en

die testatrise het as langslewende die voordele onder die

gesamentlike testament geadieer. Op 26 Mei 1981 het

die testatrise hertrou met ene Van Tonder. Die appellant

het op 1 Desember 1981 in die Oranje Vrystaatse Provinsiale

Afdeling 'n aksie teen die testatrise as verweerderes (tans

respondente) ingestel vir 'n bevel:

( 1 ) wat haar gelas om 'n inventaris van alle boedelbates

in haar besit op die datum van haar hertroue met

die waardes daarvan, soos op gemelde datum, aan hom

te verskaf;

(2) wat debattering van die waardes van die boedelbates

gelas;

/3. wat ..........
4
(3) wat haar gelas om helfte van sodanige waardes plus

rente aan hom te betaal; en

(4) wat haar gelas om die koste te betaal.

Op die pleitstukke was haar standpunt dat sy slegs 'n

inventaris ten aansien van sommige boedelbates soos op

datum van die afsterwe van die testateur teen die waardes

op gemelde datum toepaslik moet opstel en aan die appellant

as eiser lewer. Toe DE WET R die saak op 7 Desember

1982 verhoor het, het die partye ooreengekom om geen

getuienis voor te lê nie. Hulle het die hof a quo versoek

om die volgende drie geskilpunte te besleg:

1. Watter bates vorm die gesamentlike boedel waarop

die eiser (appellant) volgens die bepalings van die
gesamentlike testament aanspraak het ?
/2. Op ..........

5
2. Op watter datum moet die waarde van die boedelbates

bepaal word d.w.s. die datum van die oorlye van die

testateur of die datum van hertroue van die testatrise

as langslewende ?

3. Is die verweerderes (respondente) verplig om helfte

van die waarde van die boedelbates, soos supra bepaal,

uit te betaal of is sy geregtig om sekuriteit te stel

en indien laasgenoemde moet die sekuriteit vrugtedraend

wees of nie ?

Op 23 Desember 1982 is die uitspraak van die hof a quo

gelewer wat in 1983(2) SA 242(0) gerapporteer is. Die

eerste geskilpunt is ten gunste van die appellant beslis,

nl. dat die boedelbates alle voorwaardelike vorderingsregte

/insluit........
6
insluit. Die tweede geskilpunt is ook ten gunste van

die appellant beslis nl. dat die testateurs in klousule

3 van. die gesamentlike testament bedoel het dat dit die

waarde van die boedelbates ten tyde van die hertroue van

die langslewende is. Die derde geskilpunt is ten gunste

van die respondente beslis nl. dat klousule 3 van die

gesamentlike testament verleen aan die langslewende 'n keuse

om by hertroue óf helfte van die waarde van die gesamentlike

boedel aan die appellant uit te betaal òf om aan hom

sekuriteit daarvoor te gee tot bevrediging van die Meester.

Omdat 'n bepaling ontbreek dat die sekuriteit rentedraend

moet wees, was díe bedoeling van die testateurs dat

sekuriteit gestel word sonder om rentedraend te wees.

/Geen ...........
7
Geen kostebevel is verleen nie.

Tans kom die appellant in hoër beroep

na hierdie Hof teen die uitspraak van die hof a quo t.o.v

die derde geskilpunt.

Klousules 3, 4 en 5 van die gesamentlike

testament lui soos volg:

"3. Ons stel aan as enigste erfgenaam van ons
gehele gesamentlike boedel en bate,
roerend en onroerend en waar ookal geleê
en of ons dit nou besit of wel in die toe=
koms mag besit deur terugvalling, verwagting
of toeval, die langslewende van ons, onder=
worpe egter aan die voorwaarde dat indien
die langslewende van ons hertrou, sal hy of
sy 'n bedrag gelykstaande aan een-helfte (½)
van die waarde van ons gesamentlike boedel
aan ons seun PAUL JACOBUS HEYMANS (gebore
op 5 Oktober 1951} uitbetaal of versekureer
tot bevrediging van die Meester van die

Hooggeregshof.

/4. Indien ....

8

4.Indien ons gelyktydig te sterwe kom, of
indien die langslewende van ons te sterwe
kom sonder om 'n Testament na te laat, dan
stel ons hiermee aan as die enigste en
universele erfgenaam van ons gehele ge=
samentlike boedel en bate of van wat
daarvan mag oorbly by die dood van die
langslewende van ons, ons seun, PAUL
JACOBUS HEYMANS (gebore op 5 Oktober 1951).
5.Ons stel die langslewende van ons as
Eksekuteur of Eksekutrise van ons Testament,
Beredderaar of Beredderaarster van ons
boedel, asmede Voog of Voogdes van ons
genoemde minderjarige seun, PAUL JACOBUS
HEYMANS en vergun aan mekaar wedersyds

alle sodanige mag soos deur die Wet toegelaat
word en veral die mag van assumpsie."

(My onderstreping).

Klousules 3 en 4 bevat die gesamentlike

beskikking van die testateurs oor hul gesamentlike boedel.
In klousule 3 stel die eerssterwende die langslewende aan

/as........

9
as enigste erfgenaam van die gesamentlike boedel by die
dood van die eerssterwende. In die alternatief stel die
testateurs gesamentlik hul seun (die appellant) aan as die
enigste erfgenaam van die gesamentlike boedel indien beide
testateurs gelyktydig te sterwe kom (klousule 4). Die
testateurs het dus wel rekening gehou met die moontlikheid
dat hul seun die hele gesamentlike boedel as hul enigste
erfgenaam kan erf indien hulle' gelyktydig te sterwe kom.
Wat erfstelling betref, is die posisie dan dat die langslewende
die enigste erfgenaam van die gesamentlike boedel is waar
een van die testateurs as eerssterwende voor die langslewende
sterf. Dog waar beide testateurs gelyktydig sterf, is hul

seun die enigste erfgenaam van die gesamentlike boedel.

/Die
10

Die erfstelling van die langslewende as

enigste erfgenaam van die gesamentlike boedel by die dood

van die eerssterwende (klousule 3) is egter onderhewig aan

twee voorwaardelike fideicommissa wat in klousules 3 en

4 beliggaam is.

Volgens klousule 4 is die erfstelling van

die langslewende as fiduciarius / fiduciaria onderhewig aan

'n voorwaardelike fideicommissum residui indien die langs=

lewende sonder 'n testament te sterwe kom in welke geval

hul seun die fideikommissêre erfgenaam is van wat oorbly van

die gesamentlike boedel by die dood van die langslewende

Volgens klousule 3 is die erfstelling van

die langslewende as fiduciarius / fiduciaria onderhewig aan

/'n ..........

11

'n voorwaardelike fideicommissum indien die langslewende

hertrou in welke geval die langslewende helfte van die

waarde van die gesamentlike boedel aan hul seun as

fideikommissêre begunstigde moet "uitbetaal of versekureer

tot bevrediging van die Meester". Die vraag is wat beteken

die sinsnede "uitbetaal of versekureer tot bevrediging van

die Meester" in klousule 3- Na my mening werp klousule

4 op sigself geen lig op die betekenis van hierdie sinsnede

in klousule 3 nie. Die gemelde sinsnede veroorsaak on=

duidelikheid oor wanneer die uitbetaling moet geskied deur

"uitbetaling" en "versekureer" met mekaar te kontrasteer.

Die vraag is wanneer vind dies venit plaas volgens klousule 3

/Dit ........

12

Dit was namens die respondente aangevoer

dat die bedoeling van die testateurs duidelik uit die

bewoording van klousule 3 blyk, naamlik dat die langslewende

by hertroue 'n keuse het om helfte van die waarde van die

gesamentlike boedel óf dadelik aan hul seun uit te betaal

òf om sekerheid aan die Meester te stel vir die eventuele

uitbetaling daarvan aan hom, soos die hof a quo beslis het

So 'n vertolking verg dat daar aan die einde van klousule

3 woorde soos "solank die langslewende besluit om nie uit

te betaal nie" of woorde met 'n soortgelyke betekenis

ingelees moet word. Die effek van klousule 3 is dan

dat die appellant as fideikommissêre begunstigde op die

/oomblik .........

13

oomblik van die hertroue van die respondente as fiduciaria

'n gevestigde reg verkry het om aanspraak te maak op helfte

van die waarde van die gesamentlike boedel. Dies cedit

vind derhalwe plaas op die oomblik van die hertroue van die

respondente, d.w.s. op 26 Mei 1981, maar die uitbetaling aan

die appellant kan na keuse van die respondente òf by haar

hertroue geskied òf uitgestel word solank sy dit goedvind -

desnoods tot haar oorlye. Dies venit word dus deur die

respondente bepaal en dit kan plaasvind by haar hertroue

6f gedurende haar lewe òf selfs by haar oorlye waar sy

versuim het om dit uit te oefen terwyl sy nog in lewe was

Die vasstelling van die tydstip wanneer dies venit aanbreek,

hang nie van objektiewe feite af wat in die gesamentlike

/testament ............

14

testament deur die testateurs aangedui is nie maar van

die respondente se willekeurige wilsbesluit. Dit kan

enige oomblik wees vanaf haar hertroue tot haar oorlye.

Dit bring mee dat dies venit 'n volkome onsekere tydstip

is wat geheel en al van die willekeurige wilsbesluit van

die respondente na haar hertroue afhang. Die appellant

mag selfs voor die respondente te sterwe kom nadat sy

hertrou het en dan moet sy boedel wag totdat die respondente

besluit om die datum van uitbetaling te bepaal. Na my

mening maak 'n dergelike vertolking klousule 3 nie vatbaar

vir 'n redelike vertolking nie. Vergelyk die uitspraak

van hierdie Hof in C.I.R. & Others v Sive's Estate

1955(1) SA 249(A) op bl 260 C, gelees met die uitspraak

/in ......

15

in Van der Merwe v Viljoen 1953(1) SA 60 (A) op bl 65

C-D, oor die beginsels wat geld by die inlees van woorde

in 'n testament, ewe-as in 'n kontrak, by wyse van noodsaaklike

implikasie ten einde 'n testament vatbaar te maak vir 'n

redelike vertolking.

Klousule 3 is ook vatbaar vir 'n ander

vertolking wat verg dat aan die einde daarvan die woorde

"solank ons seun minderjarig is" ingelees moet word.

Die effek van klousule 3 is dan dat die appellant as

fideikominissêre begunstigde op die oomblik van die hertroue

van die respondente as fiduciaria 'n gevestigde reg verkry

om aanspraak te maak op helfte van die waarde van die

/gesamentlike ..........

16

gesamentlike boedel ongeag of die appellant op daardie
tydstip meerderjarig of minderjarig is. Dies cedit
vind derhalwe plaas op die oomblik van hertroue van die
respondente, d.w.s. op 26 Mei 1981, ongeag die ouderdom
van die appellant. Wat die uitbetaling aan die appellant
betref, val dit saam met die hertroue van die respondente
indien hy op daardie tydstip meerderjarig is. Dies cedit
en dies venit val saam indien die appellant by hertroue
van die respondente meerderjarig is. Dog indien hy
minderjarig by die hertroue van die respondente is dan
vind dies cedit wel plaas maar die uitbetaling vind eers
plaas wanneer hy meerderjarigheid bereik (dies venit)
terwyl die respondente verplig is om hangende sy meerder=

jarigwording sekerheid tot bevrediging van die Meester

/vir
17

vir die uitbetaling te stel. Volgens hierdie vertolking

van klousule 3, waarop die appellant hom beroep het, vind

dies venit plaas by die hertroue van respondente indien

die appellant dan meerderjarig is terwyl uitbetaling uitge=

stel word totdat hy meerderjarigheid bereik indien hy

by die hertroue van die respondente nog minderjarig is

Dies venit word deur objektiewe feite bepaal nl die

meerderjarigheid van of bereiking van meerderjarigheid deur

die appellant waarby die respondente hoegenaamd geen keuse

het nie. Sy is verplig om by haar hertroue die uitbetallng

aan die appellant te doen indien hy meerderjarig is of

wanneer hy meerderjarig word indien hy minderjarig is.

/Steun .........
18
Steun vir hierdie benadering kan in die gesamentlike

testament gevind word deurdat daar in klousule 3 sowel as

in klousule 4 'n indicium is deurdat die testateurs uit=

druklik vermeld dat die appellant op 5 Oktober 1951 gebore

is. Hierdie feit dat hulle tweekeer sy geboortedatum

vermeld, is 'n baie sterk aanduiding dat hulle by die opstel

van hul gesamentlike testament steeds die jeugdigheid van

die appellant in gedagte gehad het. Die appellant was

toe 7 jaar oud. In klousule 5 het hulle die langs=

lewende as voog/voogdes van hul minderjarige seun aangestel

Hierdie vertolking van klousule 3 met die inlees aan die

einde daarvan van die woorde "solank ons seun minderjarig is"

is nie alleen meer logies nie maar dit is ook billiker en

/waarskynliker ..........

19

waarskynliker as die ander vertolking van klousule 3 wat

aan die langslewende by hertroue 'n keuse gee om uit te

betaal of sekerheid te stel vir 'n onbepaalde termyn wat

deur die langslewende se willekeurige wilsbesluit bepaal

word ongeag die leeftyd van die testateurs se seun. Volgens

die vertolking van klousule 3 wat die appellant voorstaan,

is die appellant by hertroue van die respondente geregtig

op uitbetaling indien hy dan meerderjarig is, en indien hy

minderjarig is sodra hy meerderjarig word. Hy kan dan

die geld wat aan hom uitbetaal word, aanwend soos hy

goedvind sonder om in 'n toestand van onsekerheid oor die

uitbetaling gehou te word wanneer die respondente uiteindelik

/haar .............

20

haar keuse gaan uitoefen om die uitbetaling aan hom te
doen indien die vertolking van klousule 3 sou geskied

op die wyse wat die respondente voorstaan. Tereg
maak Steyn, Law of Wills in South Africa, 2e druk,

bl 54 die volgende stelling:

"In dealing with the wills of parents
a construction which is benign and in
accordance with their natural affec=
tion towards their children must, in
cases of doubt, be preferred to one
that is harsh and repugnant."

In die lig van die voorgaande is ek van
oordeel dat die vertolking wat die appellant van klousule 3

/voorstaan

21

voorstaan en wat verg dat aan die einde daarvan die

woorde "solank ons seun minderjarig is" ingelees word

die juiste vertolking van klousule 3 is. In die

onderhawige geval was die appellant reeds meerderjarig

toe die respondente op 26 Mei 1981 hertrou het. Dies

cedit en dies venit het op gemelde datum saamgeval.

Die resultaat is dan soos volg :

1. die appèl slaag met koste.

2. die uitpsraak van die hof a quo word in die

volgende mate gewysig :

/"Die ......

22

"Die derde geskilpunt word ten gunste van

die eiser uitgewys deurdat die verweerderes

verplig is om helfte van die waarde van die

bates soos op die datum van haar hertroue op

26 Mei 1981 aan die eiser te betaal.

C.P. JOUBERT, AR

RABIE HR }
JANSEN AR )
HEFER AR )

Stem saam.