South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1985 >> [1985] ZASCA 44

| Noteup | LawCite

Heymans v Van Tonder (2) (406/83) [1985] ZASCA 44; [1985] 2 All SA 389 (A) (29 May 1985)

Download original files

PDF format

RTF format


406/83 /mb

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPèLAFDELING)

In die saak tussen

PAUL JACOBUS HEYMANS APPELLANT

en

BEATRICE ALETTA VAN TONDER RESPONDENTE

Coram : RABIE, HR, JANSEN, JOUBERT, VILJOEN,

HEFER, ARR

Verhoordatum : 9 MEI 1985

Leweringsdatum : 29 MEI 1985

UITSPRAAK

VILJOEN, AR

Ek het die voorreg gehad om die uitspraak

van my kollega Joubert te lees. Ek stem egter nie

saam/
2.
saam dat die appèl moet slaag nie. Na my oordeel

misluk die appèl om die redes wat volg.
Dit is af te lei uit die bepalings van
die testament dat die erflaters die langslewende van
hulle veel meer wou bevoordeel as hul aangenome seun,
die appellant. Kragtens klousule 3 is die hoofbepaling
die aanstelling van die langslewende van hulle as die
enigste erfgenaam van hulle hele gesamentlike boedel.
Die appellant erf slegs die gesamentlike boedel, as.
albei van hulle gelyktydig te sterwe kom of as die
langslewende te sterwe kom sonder om 'n testament na
te laat; in laasgenoemde geval erf hy slegs dit wat
van die gesamentlike boedel oorbly (klousule 4).
Dit is dus 'n voorwaardelike fideicommissum residui

wat geskep word, die voorwaarde synde dat die langs-

lewende, /

3.

lewende, mits hy of sy nie hertrou nie, by wyse

van testament die gehele gesamentlike boedel aan

iemand anders kan laat vererf. Dit word dus aan

die goeddunke van die langslewende oorgelaat of die

appellant sal erf al dan nie. Onderworpe hieraan

raoet die voorwaarde in klousule 3 vervat gelees

word naamlik indien die langslewende hertrou, moet

hy of sy 'n bedrag gelykstaande aan een helfte van

die waarde van die gesamentlike boedel uitbetaal

of versekureer tot bevrediging van die Meester van

die Hooggeregshof

Die bedoeling skyn dus te wees dat die

testateurs besliste voorkeure gehad het. Eerstens

is die langslewende bevoordeel, daarna die appellant

en is/

4.

en is die voorwaarde ingevoeg klaarblyklik met die

oogmerk dat diegene wat uit hoofde van die hertroue

van die langslewende in 'n intieme verhouding tot

hom of haar te staan sou kom, nie, ten aansien van

ten minste helfte van die boedel, die appellant sal

benadeel nie. Die volgorde van voorkeur skyn dus

te wees eers die langslewende, dan die appellant,en

laastens derdes wat as gevolg van die hertroue van

die langslewende 'n belang in die gesarnentlíke

boedel mag verkry. Die hertroue van die langslewende

bring nie mee dat die ander helfte van die boedel

vir die appellant verlore is nie. As die langs-

lewende buite gemeenskap van goedere trou en geen

testament nalaat nie, sal daardie helfte van die

boedel/
5
boedel kragtens die testament ook aan die appellant

gaan

In díe lig van die voorgaande moet die

voorwaarde in klousule 3 uitgelê word. Die geskil

punt is of die woorde: "uitbetaal of versekureer

tot bevrediging van die Meester van die Hooggeregs-

hof," 'n reg aan die appellant verleen om by hertroue

die helfte van die waarde van die gesamentlike boedel

uitbetaal te word dan wel of die langslewende 'n keuse

het om bf uit te betaal 6f slegs die belang van die

appellant te verseker vir realisering op 'n later

datum, en indien laasgenoemde, op watter datum.

Ek meen nie dat, aangenome dat die langs-

lewende 'n keusereg het en dat hy/sy sou verkies om

by/
6.
by hertroue liewer te verseker as om uit te betaal,

daar enige onsekerheid bestaan ten aansien van die

datum waarop die appellant op die laaste op helfte

van die boedel geregtig sou word nie. Die aard van

die erflating, onderworpe aan die keuse om uit te

betaal, bly nog dié van 'n fideicommissum. Indien

die keuse nie uitgeoefen word om vroeër uit te

betaal nie, sal die appellant op sy versekerde aan-

deel in die boedel by die dood van die langslewende

geregtig wees, Indien, soos ek hierbo daarop gewys

het, die langslewende buite gemeenskap van goedere

hertrou het, en geen latere testament gemaak het

nie, sal die appellant by die dood van die langslewen-

de geregtig wees op die gehele gesamentlike boedel

wat/

7.

wat sal bestaan uit sy versekerde helfte en wat

daar mag oor wees van die ander helfte.

Gesien die bedoeling van die testateurs

om die langslewende bo die appellant te bevoordeel,

meen ek dat die rnoontlike ongerief vir die langs-

lewende om die helfte van die boedel te gelde te

maak by hertroue ook by hul le 'n oorweging rnoes

gewees het en dat dit die rede is vir die keusereg

wat aan die langslewende gegee is. Dat die langs-

lewende, indien hy/sy sou verkies om te versekureer

liewer as om uit te betaal, te eniger tyd voor sy/haar

dood kan besluit om die sekuriteit af te los wanneer

dit gerieflik mag wees om dit te doen, is na my mening

nie strydig raet dxe voorwaarde nie.

Indien/........

8.
Indien die appellant'se betoog reg is'moet

die woorde "uitbetaal of versekureer tot bevrediging

van die Meester van die Hooggeregshof" gelees word

om voorsi.ening te maak vír twee moontlike gebeurlik-

hede naarnlik, eerstens, as die hertroue sou plaasvind

terwyl die appellant nog minderjarig is moet die

uitbetaling verseker word totdat die appellant rneer-

derjarig word wanneer die uitbetaling moet geskied en,

tweedens, as die hertroae sou plaasvind nadat die

appellant reeds meerderjarig geword het moet die

uitbetaling onmiddellik geskied. Daar is betoog dat

so 'n uitleg aangedui word deur die vereiste wat

gestel word dat sekuriteit tot bevrediging van die

Meester gestel word, want, so is aangevoer, dit is

die/

9.

die Meester se funksie om na die belange van

minderjariges om te sien. Dit is sekerlik so dat

die Meester moet waak oor die belange van minder-

jariges maar dit is nie sy enigste funksie of

bevoegdheid nie. Aan hom is ook opgedra om, sover

dit die bereddering van boedels betref, die belange

van skuldeisers, erfgename, legatarisse en almal

wat 'n eis teen die boedel het, te beskerm. Kyk

Wessels v The Master of the High Court 9 SC 18 op 26

Die opeenvolgende Boedelwette 24 van 1913 en 66 van

1965 bevat uitvoerige bepalings in hierdie verband.

Ek meen nie dat die herhaling van die

ouderdom van die appellant in die testament enigiets

bedui nie. Waarom, indien hulle met die invoeging

van 'n/ ..........
10.
van 'n paar woorde in klousule 3 hulle bedoeling
duidelik kon maak, sou hulle verkies om hulle
bedoeling by wyse van die vermelding, selfs al sou dit herhaal word, van die ouderdom van die
appellant te verskuil .
Die orde van die woorde waarin die
voorwaarde gegiet is, is ook, na my oordeel, be-
langrik. Indien dit die bedoeling was dat sekerheid
gestel moes word wanneer die hertroue plaasvind terwyl
die appellant nog minderjarig is, sou verwag word dat
vir so 'n gebeurlikheid eerste voorsiening gemaak sou
word want meerderjarigheid volg op minderjarigheid
en dit sou meer logies wees om die alternatiewe moont-
like gebeure kronologies te stel.

Die uitoefening van die keuse om te betaal

by/

11.

by hertroue is nie onbestaanbaar met hertroue

terwyl die seun nog minderjarig is nie. Waar die

langslewende kragtens klousule 5 sowel die voog

of voogdes as die eksekuteur of eksekutrise van

die testament en beredderaar of beredderaarster

van die boedel is, sou die Meester in die geval

van so 'n gebeurlikheid waarskynlik 'n inbetaling

van die betrokke bedrag in die Voogdyfonds gelas

het.

Wat die vraag betref of, indien die langs-

lewende sou verkies om by hertroue te verseker en nie

uit te betaal nie, die sekuriteit vrugtedraend moet

wees, stem ek met eerbied met die Hof a quo saam.

Dit was die wesentlike bedoeling van die erflaters

dat/

12.

dat die appellant alleen by die dood van die langs-

lewende sou erf. Die keuse aan die langslewende

om by hertroue (of enige tyd daarna voor sy/haar

dood) uit te betaal was na my mening ingevoeg vir

doeleindes van gerief van die langslewende. Die

keuse is aan hom of haar gelaat om die boedel te

bevry van die las wat andersinds daarop sou rus

tot by sy of haar dood - 'n las wat ongerieflik kon

wees uit die oogpunt van beskikking oor sy of haar

deel van die boedel tydens sy/haar leeftyd of by

sy/haar dood

Ek sou die appèl afwys, met koste.

APPèLREGTER