South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1985 >>
[1985] ZASCA 70
| Noteup
| LawCite
Marais and Others v Ruskin NO (88/85) [1985] ZASCA 70; [1985] 2 All SA 533 (A) (5 September 1985)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
LOUIS BAREND MARAIS
MARIUS LEONIDAS BENADE N.N.O.
ERICA JANE SUTTON MOLL Appellante
en
ALBERT RUSKIN N.O. Respondent
Coram: RABIE, HR., JANSEN, JOUBERT, CILLIé, et
BOSHOFF, ARR.
Verhoordatum: Leweringsdatum:
15 Augustus 1985. 5 September 1985
UITSPRAAK
RABIE, HR:
Dit/ ...........
2
Dit is 'n appèl teen 'n bevel van die Transvaalse
Provinsiaie Afdeling (Le Roux, R) wat die eerste twee
appeilante, Louis Barend Marais en Marius Leonidas Benade,
in hulle hoedanigheid van trustees van die Christiaan Lodewyl
Mo.ll Trust, gelas om die bedrag van R88 730-40, met rente
daarop, aan respondent, in sy hoedanigheid van kurator
van die insolvente boedel van Christo Theo Moll (hierna
"Moll" genoem), te betaal. Die derde appeliant is Erica
Jane Sutton Moll , wat voorheen me Moll getroud was. Ek
sal na haar as"mev. Moll" verwys. Respondent het haar in
sy aansoek waarin hy betaling van die bogemelde bedrag
van die eerste twee appellante geëis het, as 'n respondent
gesiteer, maar hy het geen bevel teen haar aangevra nie,
behalwe/.........
3
behalwe 'n bevel 'n koste indien sy die aansoek sou
bestry
Sy het 'n beëdigde verklaring ingedien waarin sy, net soos
die eerste twee appellante, gevra het dat respondent se
aansoek met koste afgewys moet word. Le Roux, R., het
haar nie beveel orn enige koste te betaal nie.
Die feite van die saak en die aard van die
geskil tussen dic partyc word h.i.eroníJer1 uiteengeH.it.
Die Christiaan Lodewyk Mo.L.l. Trust (hierna kortweg
"die Trust" genoem) is in Junie 1981 opgerig. Moll het
kort daarna 'n bedrag van R88 730-40 aan die Trust geleen.
Daar is nie 'n dag vir die terugbetaling van die lening be-
paal nie. In April 1982 het Moll R16 000-00 by Marais, in
sy persoonlike hoedanigheid, geleen, en as sekuriteit vir die
betaling/ ........
4
betaling van die skuld het hy, op Marais se versoek, 'n doku-
ment,
gedateer 2 April 1982, onderteken wat soos volg lui:
"Ek, die ondergetekende C.T. MOLL verklaar hier-
mee dat ek verskuldig is
aan LOUIS BAREND MARAIS
'n bedrag van R16 000 sestien duisend rand plus
'n
verdere bedrag gelykstaande aan die finansiële
rand korting soos op 30
April 1982, Die som
vir die gernelde bedrag is terugbetaalbaar op
30 April
1982.
As sekuriteit vir die behoorlike terugbetaling
vir bogenoemde bedrag
sedeer en maak ek oor aan
LOUIS BAREND MARAIS alle reg en titel wat ek
mag
hê in my leningsrekening van die CHRISTIAAN
LODEWYK MOLL TRUST, welke
trust geadministreer
word dtíur LOUIS BARIEND MARAIS en MARIUS
LEONIDAS
BENADE in hul hoedanigheid as trustees.
Indien die bedrag nie terugbetaal word op 30/4/
82 nie sal dit onderhewig
wees aan rente bereken
teen 20% per jaar."
Moll en mev. Moll is op 3 Oktober 1982 van mekaar geskei.
In 'n ooreenkoms wat hulle met mekaar aangegaan het , en
wat/ ........
5
wat by die egskeidingsbevel ingelyf is, verskyn die vol-
gende bepaling:
As additional provision. for the financial
needs of the wife the husband
hereby cedes
to the wife all claims which he presently
has against the
Christiaan Lodewyk Moll
Trust."
Moll is op 19 April 1983 insolvent verklaar en respondent
is op 21 Junie
1983 as kurator van sy insolvente boedel
aangestel. Respondent het in
September 1983 die be-
drag van R20 418-63, synde die bedrag van R16 000-00
wat
Moll aan Marais verskuldig was, tesame met die rente
daarop, aan
Marais betaal, en Marais het toe, op versoek
van respondent, die regte wat
Moll op 2 April 1982 aan
hom gesedeer het aan respondent teruggesedeer.
Die
sessie-dokument, gedateer 16 September 1983, lui o.m.
soos volg:
"Ek/ .........
6
"Ek, die ondergetekende,
LOUIS BAREND MARAIS,
1. Bevestig
dat kragtens 'n skriftelike
Skulderkenning gedateer 2 April 1982
geteken
deur ene C.T. MOLL, gesegde
Moll aan my sedeer het -
(As sekuriteit vir die behoorlike terug-
betaling vir bogenoemde bedrag
sedeer en
maak ek oor aan LOUIS BAREND MARAIS alle
reg en tite1 wat ek mag hê in my lenings-
rekening van die CHRISTIAAN LODEWYK MOLL
TRUST, welke Trust geadministreer word
deur LOUIS DARKND MARAIS en MARIUS
LEONIDAS
BENADE in hul hoedanigheid as Trustees.)
2. Hiermee sedeer ek aan ALBERT RUSKIN, in
sy hoedanigheid as behoorlik
aangestelde
Trustee in die insolvente boedel van voor-
melde MOLL, al my
reg, titel en belange
in en tot gemelde eis deur gemelde MOLL
teen die CHRISTIAAN LODKWYK MOLL
TRUST."
Respondent het daarna die eerste twee appellante, as
trustees van die
Trust, gevra om die bedrag van R88 730-40
aan hom as kurator van Moll se
insolvente boedel, te
betaal/
7
betaal . Hulle het geweier om dit te doen. Hulle
houding is dat respondent nie op betaling van die
bedrag kan aanspraak maak nie, maar dat mev. Moll, van-
weë die uitwerking van die sessie wat Moll op 3 Oktober
1982 aan haar gegee het, daarop geregtíg is orn betaling
van die bedrag van die Trust te ontvang.
Appellant se betoog in hierdie hof, soos dit
skynbaar ook in die hof a quo was, kom op die volgende
neer, Volgens die saak National Bank of South Africa,
Ltd. v. Cohen's Trustee, 1911 A.D. 235, waarin beslis
is dat 'n sessie in securitatem debiti as 'n verpanding
van vorderingsregte van die sedent gesien moet word,
het Moll , toe hy op 2 April 1982 al sy vorderingsregte
teen/ ........
8
teen die Trust aan Marais gesedeer het, nogtans
die
dominium van daardie regte bly behou. Uit hoofde van
hierdie dominium, waarna daar in die gemelde saak as
"bare ownership" verwys word (deur Innes, R. , op bl.
254), en wat in verskeie latere sake as bloot 'n
"reversionary right" beskrywe is (kyk bv. Moola v.
Estate Moola, 1957(2) S.A. 463 (N) op bl . 464C), het
Moll geregtig geword op 'n terugsessie van die regte
wat hy aan Marais gesedeer het wanneer die skuld aan
Marais betaal word. Hierdie "reversionary right",
aldus die betoog, het ontstaan toe Moll die sessie aan
Marais gegee het, hoewel die presiese inhoud daarvan
eers by betaling van die skuld bepaal sou word. Die
"reversionary right" wat 'n sedent behou, iui die betoog
(met/ ..........
9
(met 'n beroep op die saak Big Sixteen (Pty) Ltd. v
Trust Bank of Africa Ltd and Another, 1978(3) S.A. 1032
(K) op bl. 1035 H), is 'n reg wat gesedeer kan word, en
MOLL het sy "reversionary right" met díe sessie van
3 Oktober 1982 aan mev. Moll gesedeer. Toe respondent
Moll se skuld aan Marais in September 1983 betaal het,
het mev. Moll alreeds uit hoofde van die sessie wat
sy op 13 Oktober 1982 van Moll ontvang het, op betaling
van die bedrag van R88 730-40 deur die Trust
geword. Respondent kan gevolglik nie op betaling
van die bedrag geregtig wees nie. Aldus die betoog
Daar is verder namens appellant betoog dat 'n
mens tot dieselfde gevolgtrekking kom as wat so pas
genoem is indien die sienswyse wat in Lief, N.0. v.
Dettman/.........
10
Dettman, 1964(2) S.A. 252(A) op bl. 271 E-G oor
die
aard van 'n sessie in securitatem debiti uitgespreek
is,
in die onderhawige geval gevolg sou word.
Volgens hierdie sienswyse, lui die
betoog, sou Moll
se sessie aan Marais op 2 April 1982 'n volledige
sessie
van al sy vorderingsregte teen die Trust gewees
het en sou hy niks daarvan
oorgehou het nie, maar
sou hy ingevolge 'n pactum fiduciae wat ten
tyde van
die sessie tot stand gekom het die reg op 'n terugsessie
van die
voorheen gesedeerde regte verkry het wanneer
die skuld aan Marais betaal
word. Hierdie reg op
terugsessie, lui die betoog, is, net soos die
bogemelde
"reversionary right", sedeerbaar, en'die hof moet
bevind dat Moll hierdie reg met die sessie van 13 Oktober
1982/
11
1982 aan mev. Moll gesedeer het indien hy sou bevind
dat daar nie 'n sessie van Moll se "reversionary right"
plaasgevind het nie.
In die hof a quo, kan hier kortliks gesê word,
het Le Houx, R . , beslis dat 'n sedent se "reversionary
right", soos hierbo genoem, eers ontstaan vvanneer die
skuld ten opsigte waarvan die sessie gegee is , betaal
word, en dat aangesien die skuld aan Marais in die
onderhawige geval eers in September 1983 deur respondent
betaal is, Moll op 13 Oktober 1982 geen "reversionary
right" gehad het wat hy aan mev. Moll kon gesedeer
het nie.
Ek stem nie met appe.Llant se betoog saam nie,
maar/.......
12
maar voordat ek aandui waarorn ek meen dat dit
verkeerd
is, wys ek kortliks op die onlangse beslissing van
hierdie hof in die saak
Leyds N.O. v. Noord-Westelike
Kooperatiewe Landboumaatskappy Bpk en
Andere, 1985(2)
S.A. 769, waar die aard van 'n sessie in
securitatem
debiti ter sprake was . Die hof het beslis om
die
benadering wat in die bogemelde Cohen-saak gevolg is,
te
volg, al is daar al in sekere gewysdes en deur
sekere skrywers twyfel oor die
vraag of dit dogmaties
suiwer is, uitgespreek . Die hof het daarop gewys
dat
hierdie benadering oor 'n baie lang tydperk gevolg is
en dat dit in
die prak tyk billik werk, en het gevolglik
geweier om die beslissing in
daardie saak in heroor—
weging te neem . Kyk bl. 780 B-G van die
hofverslag.
In/
13
In die 1ig van wat so pas gesê is, beperk ek
my bespreking van appe.lln.nte se betoog tot wat namens
hulle aangevoer is met betrekking tot Mo11 se "reversionary
right" en die inhoud en uitwerking van die sessie wat
hy op 13 Oktober 1982 aan mev. Moll gegee het.
In die lig van die gevolgtrekking waartoe ek
gekom het, sal ek vir die doeleindes van hierdie
uitspraak aanvaar, sonder om enigsins daaroor 'n be-
slissing te gee , dat Moll se "reversionary interest"
'n reg was wat sedeerbaar was. My mening is dat nie
redelikerwys bevind knn word dat Moll en mev. Moll
bedoel het dat hy hierdie "reversionary interest" aan
haar sou sedeer nie. Moll se leningsrekening by die
Trust/
14
Trust het ten tyde van die sessie blykbaar minstens
R88 730-40 beloop, en mev. Moll het m. i . in alle waar-
skynlikheid gemeen dat die sessie aan haar die reg
verleen het om te eniger tyd op daardie bedrag aan-
spraak te maak. Sy het op daardie tydstip nie ge-
weet dat Moll reeds op 2 April 1982 al sy "reg en
titel" ten opsigte van sy leningsrekening aan Marais
gesedeer het nie, en die woorde "all claims which he
(d.w.s. Moll) presently has against the Christiaa
Lodewyk Moll Trust" wat in haar ooreenkoms met Moll
voorkom sou derhalwe vir haar kwalik iets anders kon
beteken het as dat sy die reg verkry om aanspraak te
maak op die bedrag van Moll se leningsrekening ten
tyde/
15
tyde van die sessie. Dit is eintlik ook wat sy in
haar beëdigde verklaring in verband met die sessie sê ,
n.l . "he ceded to me in the divorce proceedings between
himself and myself the amounts owing to him by the
Christiaan Lodewyk Moll Trust." En verder, daar ver-
skyn niks in die stukke wat my enigsins daarvan oor-
tuig dat mev. Moll kennis sou gedra het van iets soos
die "reversionary right" wat 'n sedent behou wanneer hy
vorderingsregte in securitatem debiti gesedeer het nie
Sy sê natuurlik ook nie dat so 'n reg aan haar gesedeer
is nie. Wat hierbo in verband met mev. Moll gesê is,
geld m. i . ook vir Moll . Die sessie slaan , volgens
die bewoording daarvan, op die vorderingsregte ("claims")
wat/.........
16
wat Moll op 13 Oktober 1982 teen die Trust gehad het,
en
dit is na my mening onrealisties om te sê dat dit
bedoel was om op 'n
begrip soos 'n "reversionary right"
ten opsigte van daardie vorderingsregte
betrekking te
hê. Ek meen derhalwe dat die bewoording van die
sessie
en di e algemene waarskynlikhede van die geval nie grond
bied vir
'n gevolgtrekking dat Moll sy "reversionary
right" , soos hierbo genoem, aan
mev . Moll wou gesedeer
het of dat sy bedoel het om so 'n reg te ontvang
nie.
Appellant se betoog met betrekking tot Moll
se "reversionary right" en die
uitwerking wat die sessie
daarvan sou gehad het, is, soos ek dit sien, ook
van-
weë ander oorweginigs (soos hierna genoem) ongegrond.
Moll het al sy vorderingsregte teen die Trust aan
Marais/
17
Marais gesedeer: ".... alle reg en titel wat ek
mag
hê in my leningsrekening van die Christiaan Lodewyk
Moll,
Trust." Hierdie sessie het aan Marais die reg
verleen om, indien Moll nie sy
skuld aan hom betaal nie,
die Trust aan te spreek vir die volle hedrag wat
die
Trust aan Moll verskuldig was. Die reg wat aan Marais
gesedeer is, was
dus nie net 'n reg om die bedrag van
Moil se skuld aan Marais (R16 000-00)
van die Trust
te eis nie. Indien Moll nie insolvent verklaar is
nie en sy
skuld aan Marais betaal het, sou hy aan
Marais kon gesê het om die
regte wat hy (Moll) ter
versekering van die skuld aan hom (Marais)
gesedeer
het aan hom (Moll) terug te sedeer, en hy (Moll) sou
dan/
18
dan daardie regte teen die Trust kon afgedwing het.
Toe respondent, as kurator van Moll se insolvente
boedel, Moll se skuld aan Marais betaal het, het hy
die reg verkry om aan Marais te sê om die vorderings-
regte wat Moll aan hom gesedeer het , aan hom (respondent)
terug te sedeer, waarna hy dan daardie regte teen die
Trust kon afdwing. Dit moet na my mening so wees,
tensy 'n mens kan sê dat daar iets plaasgevind het wat
Moll (of respondent) die reg ontneem het om by betaling
van Moll se skuld aan Marais te eis dat Marais die
vorderingsregte wat Moll ter versekering van die skuld
aan hom gesedeer het, moet terugsedeer. Appellante
betoog in hierdie verband dat aangesien die sessie
van/........
19
van Moll se "reversionary right" aan mev. Moll reeds
op 13 Oktober 1982 geskied het, terwyl respondent eers
in September 1983 Moll se skuld aan Marais betaal het,
daar nie vir respondent 'n reg op terugsessie oorgobly
het wat hy kon uitoefen nie. Die sessie wat Marai.s
aan respondent gegee het, lui die betoog, is 'n irrelevante
feit aangesien hy (Marais) in daardie stadium niks
gehad het wat hy aan respondent kon sedeer nie. Die
betoog is ongegrond. Die sessie wat Moll aan mev .
Moll gegee het, het niks weggeneern van die regte wat
hy tevore aan Marais gesedeer het nie, en, wat die
weerde sessie van Moll se "reversionary right" aan mev
Moll betref, moet in gedagte gehou word dat hierdie
"reversionary right" 'n reg is wat Moll {as sedent)
teen/......
20
teen Marais (as sessionaris) gehad het om, by betaling
van die skuld aan Marais, 'n terugsessie te ontvang
van die vorderingsregte wat hy aan Marais gesedeer het
Dit was nie 'n reg wat Moll teen die Trust gehad het
nie. Die regte wat Moll aan mev. Moll gesedeer het
was sy regte teen die Trust , nie teen Marais nie ,
en hierdie sessie kon dus nie respondent se reg op
'n terugsessie deur Marais van die regte wat Moll aan
hom gesedeer het , aangetas het nie. Dit volg dus
dat respondent , wat so 'n terugsessie van Marais ontvang
het, geregtig is om Moll se vorderingsregte teen die
Trust af te dwing en om betaling van die betrokke be-
drag te ontvang.
Die/.........
21
Die appèl word met koste afgewys, welke koste
deur die Christiaan Lodewyk Moll Trust en mev. Erica
Jane Sutton Moll gesamentlik en afsonderlik betaalbaar
is .
P J RABIE
HOOFREGTER
JANSEN, AR.
JOUBERT, AR.
Cillié,
AR.
BOSHOFF, AR.
Stem saam