South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1986 >> [1986] ZASCA 11

| Noteup | LawCite

Marais v Shield Insurance Company (263/85) [1986] ZASCA 11 (7 March 1986)

Download original files

PDF format

RTF format


263/85
/mb

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPeLAFDELING)

In die saak tussen

JOSEPH SHONGWE APPELLANT

en

DIE STAAT RESPONDENT

CORAM : VILJOEN, BOTHA et SMALBERGER, ARR

VERHOORDATUM : 28 FEBRUARIE 1986
LEWERINGSDATUM : 7 MAART 1986

UITSPRAAK

VILJOEN, AR

Met/

2.

Met verlof van die Verhoorhof kom die
appellant in hoër beroep teen die doodvonnis wat
oor hom uitgespreek is. Hy het op Witrivier,
Transvaal,voor die Rondgaande Hof tereg gestaan op
'n aanklag van moord op Flora Maimane (hierna die
oorledene genoem) en is verhoor deur Curlewis R
en twee assessore wat die appellant skuldig bevind
het. Die Hof kon nie versagtende omstandighede vind
nie en die doodvonnis het gevolg.

Die appellant is op die aand van 24 Maart

1983 na die oorledene en haar man, Izak Mpusani,se
hut. Izak Mpusani het getuig dat die appellant
vergesel was van twee ander persone wat hy nie geken
het nie. Die drie het, nadat hulle vir Izak aangerand

het/
3.
het, die oorledene met geweld daar weggeneem.
Izak Mpusani was egter onder die invloed van
drank en sy getuienis van wat daar gebeur het
by sy huis, is uiters vaag en onbevredigend.
Anna Mazibuko, die vrou met wie die appellant
destyds saamgeleef het, het getuig dat die
appellant met die oorledene by hulle hut aange—
kom het en dat hy vir haar 'n romp gevra het vir
die oorledene om aan te trek aangesien die oor—
ledene nakend was. Die oorledene wat bebloed
was het aan haar gesê dat die appellant haar
aangerand het. Die appellant het dit erken. Hy
was woedend en het beweer dat die oorledene se
man hom met 'n handbyl op sy arm geslaan het.

Hy/

4. Hy het gesê hy gaan die oorledene doodmaak. Hy het

'n stuk draad in sy hand gehad. Hy het die oorledene

daar weggeneem en Anna het gehoor dat sy huil. Anna

het 'n vriendin Mamsy gestuur om vir 'n buurman Sithole

te gaan roep om die oorledene te gaan help, maar nòg

Sithole nòg 'n ander buurman, Luka, wat ook daar teen—
woordig was, was bereid om vir die oorledene te gaan
help. Die appellant het die volgende oggend vroeg,
voordat Anna werk toe is, daar aangekom. Sy hemp
was vol bloed. Hy is reguit na die kamer toe
waar hy gaan slaap het. 'n Dag of wat later is
die oorledene se liggaam gevind waar sy in die
veld met draad om haar nek aan 'n boom opgehang was.

Dit is/

5.
Dit is gemene saak dat die oorledene
'n toordokter of 'n leerling—toordokter was. Vol—
gens die appellant was daar moeilikheid tussen
hom en twee broers, Rufus en Rafael Lubisi, oor
'n horlosie wat die appellant van Rafael sou ge—
steel het. Die appellant sê die broers het hom
daarvan beskuldig dat hy die horlosie gesteel het
en dat hy by 'n toordokter gaan aanklop het om hom
te dokter sodat hy gevrywaar sou wees teen enige
beskuldiging wat die Lubisi broers teen hom sou
inbring. Hulle het beweer dat die toordokter vir
hom kruie gegee het om te gebruik.

Die appellant se verweer was dat hy die

twee Lubisi broers op hulle versoek vergesel het

na die/
6.
na die huis van die oorledene en dat dit hulle
was wat vir die.oorledene met geweld van haar
hut weggeneem het. Hulle het sy en haar hande met
'n draad aanmekaargebind en vir hulle albei aan —
gerand. By sy huis waar hy die romp van Anna
Mazibuko ontvang het, het hulle die draad losgemaak.
Anna was dus nie bewus daarvan dat hulle voorheen
aan mekaar vas was nie. Anna het ook nie die twee
Lubisi broers gesien nie want hulle het agter die
lapa—muur weggekruip, sê hy. Vandaar na die plek
waar die oorledene opgehang is, is hulle weer aan
mekaar vasgemaak met die draad en is hulle aange—
rand. Hy is op sy mond beseer en die bloed het
op sy hemp gekom. Vandaar die bloed op sy hemp

wat/

7.
wat Anna vroeg die volgende oggend gesien het.
By die plek van teregstelling aangekom,
het hy getuig, het die Lubisi broers vir hom en
die oorledene losgemaak maar sy twee hande by die
polse aan mekaar vasgemaak. 'n Lus is gemaak deur
een van die Lubisi'sen hy, die appellant, is gê—
dwing om die lus om die oorledene se nek te plaas.
Die Lubisi's het haar toe daar opgehang. Hy het
'n verwarrende relaas verstrek van sy bewegings
daarna en die Verhoorhof het tereg bevind dat hy
'n leuenaar was.

Die Hof het vir Rafael Lubisi as getuie

geroep. Hy het ontken dat hy en sy broer saam met
die appellant by die oorledene se huis was. Hy

het/

8.

het getuig dat die appellant op n dag toe hy, Rafael,

dronk was,sy horlosie van sy arm verwyder het en

ook 'n radio wou steel. Die appellant het die radio

laat val toe Rafael se vrou hom op heterdaad betrap

het. Die radio is beskadig. Met die horlosie het

die appellant egter weggekom. Hulle het later voor
die indoena op die plaas 'n skikking bereik, waaraan
die appellant nie heeltemal voldoen het nie.

Die Hof het bevind dat Rafael 'n goeie

getuie was en dat, soos reeds genoem, die appellant
'n leuenaar was. Die Hof het vir Rafael geglo en
diê getuienis van die appellant verwerp dat hy en
die Lubisi broers saam was daardie aand. Dit is
wel moontlik, meen die Hof, dat die appellant met

twee/

9.

twee vriende by die huis van die oorledene was,
maar bevind dat die appellant alleen die afgrys—

like daad gepleeg het om die oorledene op te
hang.

Wat versagtende omstandighede betref,

het die Hof 'n kort uitspraak gelewer,soos volg:

"The accused was under the influence of
liquor when she saw him and there was a
guestion raised during the course of the
evidence about his smoking dagga. We
have considered all these matters. We
have considered what the State has said,
and correctly so, that this was not a
case where the liquor or the dagga or
youth led to something being done on the
spur of the moment, not that this of
course excludes the possibility of ex—
tenuating circumstances, but the
Prosecutor is correct in that sense.
We have come to the conclusion that
taking all these factors together there

are/

10.
are no extenuating circumstances."

Die bevinding dat die appellant onder
die invloed van drank was, berus op die getuienis
van Anna Mazibuko wat getuig het dat volgens haar
waarnemings, toe die appellant met die oorledene
daar by haar aangekom het, hy gedrink was, maar
nie dronk was nie. Die appellant het self, toe
hy gevra is of hy dagga rook, gesê dat hy dit
wel op 'n stadium gerook het, maar geruime tyd
voor daardie aand reeds opgehou het. Hy het
egter later getuig dat hy wel dagga gereeld elke
oggend voor hy gaan werk rook en dat hy ook die
oggend van die dag waarop die oorledene dood is,

dagga/

11.

dagga gerook het. Dit het hom egter nie aangetas

nie, sê hy. Dit blyk verder dat die appellant

twintig jaar oud was toe hy die daad begaan het.

Voor hierdie Hof is aangevoer dat die

appellant weens sy jeugdige ouderdom, drankinname

en woedebui beheer oor homself verloor het en dat
dit dus onvanpas is om hom die uiterste vonnis
op te lê. Hierdie Hof is ook daarop gewys dat
die appellant geheel en al irrasioneel en teen alle
redelike verwagtings in opgetree het deur 'n romp
vir die oorledene te kry wat sy moes aantrek ter—
wyl hy van plan sou wees om haar te gaan doodmaak.
Daar was ook geen motief soos roof en ook geen
getuienis dat beskuldigde vanweë 'n moorddadige of

bose/

12.

bose persoonlikheid tot die gruweldaad aangespoor

is nie.

Hoewel dit in 'n groot mate bespiegeling

is, wil dit voorkom of die appellant tog 'n motief
gehad het om die oorledene om die lewe te bring.

Sy het vir hom medisyne gegee om hom te vrywaar
teen die gevolge van sy diefstal—oortreding en
dit het nie gehelp nie. Dat hy baie kwaad was kan
aanvaar word, maar hy het nie impulsief gehandel nie.
Hy het berekend te werk gegaan deur die oorledene
van haar hut met geweld te ontvoer en haar 'n hele
afstand daarvandaan in die veld te gaan ophang.
In die proses wat seker 'n tydperk van etlike ure
beslaan het, kon hy homself bedink het en haar

lewe/

13.

lewe gespaar het. Hy het net eenvoudig toegegee

aan sy woede. Sy opset het hy eenvoudig deurgevoer

tot die einde. Dat hy vir haar 'n romp gevra het

by Anna skyn wel 'n irrasionele daad te wees omdat

dit nie heeltemal te rym is met 'n opset om haar

te dood nie, maar selfs as hy op daardie stadium

nie seker was dat hy haar wel om die lewe gaan bring
nie, het die opset om dit te doen uiteindelik die
oorhand gekry. Hierdie geringe onbeslistheid of
weifeling verminder nie sy verwytbaarheid nie.
Daar is aangevoer dat dit moontlik is dat sy woede
toe te skryf is aan die provokasie wat daarin bestaan
het, soos Anna getuig het, dat die oorledene se
man, volgens die appellant, hom op die arm geslaan

het/
14.
het met 'n kapbyl. Anna Mazibuko het nie ag geslaan
of daar 'n wond aan sy arm was nie, maar al was
daar, is dit geen provokasie wat my sou beweeg om
sy handeling om die oorledene te dood, enigsins
met minder verwytbaarheid te bejeen nie. Dit kan
allermins die rede wees waarom hy haar van haar
hut weggevoer het om te gaan doodmaak. Nog voordat
hy die kapwond of kaphou opgedoen het (as hy dit
wel opgedoen het) het hy met die bol draad in sy
hand daar by die oorledene se huis opgedaag. Hy
het toe reeds die opset gehad om haar met die draad
op te hang.
Ek is nie oortuig dat die Verhoorhof enige
aspek, 6f alleenstaande 6f kumulatief saam met

andere/

15.
andere, wat hy in ag moes neem,oor die hoof
gesien het nie. Die Hof het 'n diskresie gehad
wat dit, na my oordeel, behoorlik uitgeoefen het.
Die appèl word van die hand gewys.

APPèLREGTER

BOTHA AR )
— Stem saam
SMALBERGER AR )