South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1986 >>
[1986] ZASCA 30
| Noteup
| LawCite
Voorsitter, Nasionale Vervoerkommissie en 'n Ander v Sonnex (Edms) Bpk. (527/84) [1986] ZASCA 30; [1986] 2 All SA 275 (A) (25 February 1986)
Download original files |
527/84
N v H
DIE VOORSITTER VAN DIE NASIONALE
VERVOERKOMMISSIE
SUID-AFRIKAANSE VERVOERDIENSTE
en
SONNEX (EDMS) BEPERK
SMALBERGER, AR :-
527/84
N v H
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(APPèLDAFDELING)
In die saak tussen:
DIE VOORSITTER VAN DIE NASIONALE
VERVOERKOMMISSIE Eerste
Appellant
SUID-AFRIKAANSE VERVOERDIENSTE Tweede Appellant
en
SONNEX
(EDMS) BEPERK Respondent
CORAM: RABIE, HR, TRENGOVE, VILJOEN, HEFER,
et SMALBERGER, ARK
VERHOORDATUM: 4 MAART 1986
LEWERINGSDATUM: 25 Maart 1986
U I T S P R A A K
SMALBERGER, AR:-
Hierdie appèl is gerig teen die geslaagde
hersieningsaansoek wat die respondent teen 'n beslissing van
die /
2
die Nasionale Vervoerkommissie (die
Kommissie) in die
Hooggeregshof van Suidwes-Afrika ingestel het.
Die
respondent is 'n maatskappy wat sake doen
as 'n groothande]aar in
boumateriaal met afsetpunte te
Windhoek en Grootfontein. Die respondent
versprei
boumateriaal aan kliënte oor die hele gebied van
Suidwes-
Afrika, maar sy vernaamste afset geskied aan kliënte in
die
noordelike gebied wat Owambo, Kavango en Caprivi
insluit. Die respondent is
die houer van agt privaat=
padvervoerpermitte uitgereik kragtens die
bepalings van
die Wet op Padvervoer, No 74 van 1977 (die Wet).
Hierdie
permitte magtig die respondent om, onder andere,
sy eie boumateriaa] vanaf sy
bona fide p]ek van besigheid
te Windhoek direk na bouperse]e gelee in
sekere dele van
die /
3
die oostelike en sentrale gebiede van
Suidwes-Afrika
te vervoer; soortgelyke magtiging word verleen vanaf
Grootfontein na boupersele geleë in dele van die noorde=
like gebied. In albei gevalle is die aflewering van
boumateriaal aan enige besigheidsperseel ter aanvulling
van voorrade
uitges]uit.
In Augustus 1982 het die respondent kragtens die
bepalings van artikel 17(1) van die Wet by die plaaslike
padvervoerraad,
Windhoek, (die Raad) aansoek godoen om
privaatpermitte ten aansien van agt
voertuie vir die
vervoer van (luidens die aansoek) "own building material
from applicant's business premises in Windhoek and Groot=
fontein to places within South West Africa". Die Raad
het die aansoek
geweier. Die respondent het teen die
Raad /
4
Raad se besluit na die Kommissie
appèl aangeteken.
Die appèl is in Oktober 1983 deur die
Kommissie van die
hand gewys. Die tweede appellant het voor beide die
Raad
en die Kommissie as beswaarmaker opgetree. Die
hersieningsaansoek het gevolg
op die afwysing van die
respondent appèl. Daarin is versoek die
tersydestel=
ling van die Kommissie so afwysing van die respondent
se
appèl teen die Raad se beslissing en die uitreiking van
die
aangevraagde privaatpermitte. Die grondslag van die
aansoek, soos uiteengesit
in die uitspraak van die hof a quo
(MOUTON en STRYDOM, RR), was dat
die besluit van die
Kommissie "uiters onredelik is tot so 'n mate dat dit
gesê
kan word dat dit die diskresie waarmee dit beklee is, glad
nie
uitgeoefen het nie". Die hof a quo het die aansoek op
hierdie /
5
hierdie basis toogestaan en die Kommissie gelas om
privaatpermitte ten opsigte van ses voertuie uit te reik
met die volgende
magtiging:
"Die vervoer van eie boumateriaal vanaf die
applikant se besigheidspersele
in windhoek
na boupcrsele geleë in Suidwes-Afrika".
(Dit is nie duidelik waarom die hof a quo die uitreiking
van net
ses privaatpermitte gelas het nie ondanks die
feit dat agt aangevra is.)
Artikel 18(3) van die Wet, wat betrckking het
op
aansoeke in verband met privaatpermitte, bepaal soos
volg:
"(3) Die kommissie of 'n raad staan nic 'n aansoek
kragtens hierdie
artikel toe nie tensy hy
oortuig is (die bewyslas waarvan op die
aansoeker
rus) -
(a) dat die /
6
(a) dat die aansoeker die bedryf, hande]
of besigheid ten opsigte waarvan die
aansoek gedoen word, op die plek of
plekke uitoefen of dryf wat in die
aansoek vermeld word, soos in artikel
]7(]) beoog;(b) dat dit onder die omstandighede on=
redelik sou wees om van die aansoeker
te verwag
dat hy vir die vervoer van die
goedere waarop die aansoek betrekking
het,
van 'n beskikbare spoorwegdiens
gebruik moet maak, nieteenstaande dat
die
betrokke spoortariewe geag word
redelik te wees."
Dit was gemene saak voor die Kommissie dat die
respondent binne die bestek
van subartikel(3)(a) val.
(Ek bepaal my tot die verrigtinge voor die
Kommissie want
die appèl na die Kommissie was 'n herverhoor in die
volste
sin van die woord - National Transport Commission and
Another
v Chetty's Motor Transport (Pty) Ltd 1972(3) SA 726 (A)
op
735 B /
7
735 B. ) Daar is in hierdie Hof tereg betoog dat
die
bewyslas wat op die respondent rus om die Kommissie te
oortuig dat
daar voldoen is aan die vereistes van sub=
artikel(3)(b), alleenlik intree as
daar bewys is van die
bestaan van n beskikbare spoorwegdiens waarvan
gebruik
gemaak kan word (Reynolds Brothers Ltd v Chairman,
Local
Road Transportation Board, Johannesburg and Another
]985(2)
SA 790 (A) ). Ofskoon dit namens die respondont bo=
vraagteken is
of bewys van 'n boskikbare spoorwegdiens
gelewer is, was die bestaan van so
'n diens vanaf windhoek
na wydgestrekte dele van Suidwes-Afrika nie voor
die
Kommissie (en ook die hof a quo) in geskil nie. Daar is
ten
minste 'n beskikbare diens tot by Grootfontein en Tsumeb in die
noorde - en
die respondent se aansoek het in wese gegaan
oor /
8
oor vervoer na die noorde - waarvandaan die respondent
met die
privaatpermitte tot sy beskikking in staat is om
boumateriaal verder te vervoer. Dit blyk ook uit die
stukke dat die Kommissie attent gemaak is op, en kennis
gedra het van, die
bestaande spoorwegdienste in Suidwes-
Afrika en die frekwensie daarvan. Daar
was gevolglik
bewys in die algemeen van 'n beskikbare
spoorwegdiens
waarvan gebruik gemaak kon word. Dit is ook nie nodig
om op
die vraag in te gaan wat deur die respondent geopper
is of die vermoede van redelikheid van spoortariewe in
artikel 18(3)(b)
van die Wet vervat 'n weerlegbare of 'n
onweerlegbare een is nie. Die
redelikheid al dan nie
van spoortariewe in die algemeen was nòg voor
die
Kommissie nog voor die hof a quo in geskil, die aange=
leentheid/
9
leentheid is nie behoorlik ondersoek nie en daar bestaan
in elk geval
nie voldoende getuienis waarvan afgelei kan
word dat die spoortariewe
onredelik is nie.
Die enigste vraag waaroor die Kommissie moes
besin, was
of die respondent tot sy oortuiging bewys het
dat dit onder die omstandighede
onredelik sou wees om van
die respondent te verwag om van bestaande
spoorwegdienste
vir die vervoer van boumateriaal gebruik te maak. By
die
oorweging van hierdie vraag - wat teen die respondent uitge=
wys is -
moes die Kommissie 'n kwasi-judisiële diskresie uit=
oefen. Dit is
geykte reg dat die grondslag waarop so 'n
uitoefening van diskresie by 'n
hersiening aangeveg kan word,
uiters beperk is. Die bevoegdheid van die
Hooggercgshof
om die beslissing van 'n kommissie in 'n
aangeleentheid /
10
aangeleentheid soos die onderhawige te hersien is deur
HOLMES, AR, as volg
saamgevat in Johannesburg Local Road
Transportation Board and
Others v David Morton Transport
(Pty) Ltd 1976(]) SA 887 (A) op 895 A - G:
"There is no appeal from a decision of the
Commission to the Supreme Court. The
Legislature has appointed it as the final
arbiter in its special field. Hence, right
or wrong, for better or worse, reasonable or
unreasonable, its decision in this field stands
and is not justiciable in a court of law, unless
it is vitiated by proof on review in the Supreme
Court that it failed honestly to apply its mind
to the issues in accordance with the behests of
the statute and the tenets of natural justice;
in other words that, considered de jure, it
failed to decide the matter at all. Such
failure would, for example, be proved, if the
Commission's opinion is arbitrary, capricious,
mala fide, or the result of an unwarranted
adherence to a fixed principle. These matters
would seldom be provable by direct evidence, and
the question would become one of inference.
If the Commission's opinion under sec 13(3) of
Act 39 of 1930 is unreasonable, that is not
per se/
11
per se a ground [or review. Sometimes,
however, the applicant asks
the Court to draw
an inference, from the alleged unreasonableness
of the
Commission's opinion, that such opinion
must have been referable to matters
such as
arbitrariness or mala fides; and, therefore,
that it did
not honestly apply its mind to the
issues; and accordingly that its decision
is
judicially reviewable. In such a review the
applicant would have a hard
row to hoe. In the
first place, it is well settled, by decisions of
this
Court, that the unreasonableness per se
would have to be of a
disturbing degree in order
to warrant the inference contended for. This
is
so well settled that garnishment of this
judgment by citation of authority
would but add
to the mounting burden of annotations. In the
second place,
the drawing of such an inference may,
depending upon the circumstances, be
the more
difficult if the chairman of the Commission has
filed a helpful
affidavit consisting not merely
of the ipse dixit of a bare denial.
One does
not lightly infer dereliction of duty and un=
truthfulness from a
responsible body. Still,
the Court must not [linch from an examination
of
such affidavit, in the light of all of the cir=
cumstances, in order to
ascertain whether it is
reliable. Ihe degree of proof required of
an
applica on review is that of a preponderance
of probability."
(Sien/
.......
12
(Sien ook Theron en Andere v Ring van Wellington van
die
NG Sendingkerk in Suid-Afrika en Andere 1976(2) SA 1
(A).)
'n Hof is nie by magte om op hersiening die funksie van 'n
kommissie
aan homself toe te eien en die kommissie se
mening met dié van sy eie
te vervang nie. Mnr Honning,
namens die respondent, het uiteindelik by die
geykte her=
sieningsmaatstawwe berus, ofskoon hy aan die hand van
sekere
oorwegings - wat nie behandel hoef te word nie - ietwat
tentatief
voorgestel het dat blote onredelikheid, in die
samehang van artikel 18(3)(b),
voldoende is vir hersienings=
doeleindes.
Twee getuies, Gilge en Kotting, het voor die Raad
ter ondersteuning van die respondent se aansoek
getuig.
Gilge is die respondent se vervoerbestuurder, en in dus=
danige /
13
danige hoedanigheid belas met, en in beheer van,
die
ontvangs en verspreiding van boumateriaal. Dit blyk uit
sy getuienis
dat die respondent reeds vir baie jare sy
besigheid in Suidwes-Afrika bedryf
en 'n markaandeel van
ongeveer 20% in die totale groothandel-verspreiding
van
boumateriaal geniet. Van die goedere wat die respondent
versprei word
ongeveer 80% per spoor vanaf die Republiek
vervoer. Goedere wat vir die
respondent se tak te
Grootfontein bestem is, word gedeeltelik direk per
spoor
van die Republiek soontoe vervoer en aanvullend per spoor
vanaf
Windhoek. Goedere bestem vir Owambo, Kavango en
Caprivi gaan per spoor tot
Tsumeb of Grootfontein (die
twee eindpunte). Daar word dit afgelaai en verder
moet
daar gebruik gemaak word van padvervoer. Dit bring
na /
14
na bewering bykomende hantering van
vrag (dikwels deur
onopgeleide personeel) sowel as addisionele koste
mee.
Met betrekking tot die motivering vir die
respondent se aansoek, het
Gilge getuig dat die aansoek
gaan oor die vervoer van goedere vanaf Windhoek
direk na
kliënte op boupersele en dat die respondent nie
daarin
belang stel om goedere te vervoer na kleinhandelaars vir
verdere
verspreiding nie. Volgens Gilge is tyd van
wesenlike belang met die bediening
van kliente "om 'n
kliënt tevrede te stel, om sy aanvullende diens, of
sy
aanvullende goedere wat hy vir sy boupersele benodig, so
spoedig as
moontlik vir hom te voorsien". Gilge (en
Kötting) het getuig dat daar
verskeie redes is (diefstalle,
foutiewe sketse en berekenings, beskadiging
van goodere,
onvoldoende /
15
onvoldoende bergingsfasiliteite en dies meer) waarom
aanvullende bestellings in die boubedryf gewoonweg
dringend van aard is. Ofskoon die vervoerdienste in
staat is om na sekere sentra per spoor sneldienste te
lewer, is die dienste baie onbetroubaar, deurvoertye
wissel en daar is
dikwels lang vertragings. Dit kan lei
tot verlies van produksie en gevolglike vertraging van
bouwerke. Daar is getuig dat vervoertye per spoor vanaf
Windhoek na
Grootfontein kan wissel van 2 tot 25 dae.
Die bouaannemer is op 'n leweransier vir spoedige aflewering
aangewese, en
daar kan nie aan die bouaannemer se verwagtings
in dié verband voldoen word deur die gebruik van
bestaande
vervoergeriewe nie. Gevolglik was dit nodig om van
tydelike
vervoerpermitte gebruik te maak. Oor 'n tydperk van sewe
maande
is daar 'n totaal van 72 sulke permitte verkry, dws
gemiddeld/
16
gemiddeld 10 per maand. Verder is
daar deur Gilge
verwys na die beskadiging van goedere wat deur
die
vervoerdienste vervoer is (ofskoon die omvang daarvan
betreklik gering
is) en die gevolge daarvan. Gilge
het ook getuig dat die respondent se
Grootfontein-tak
geografies ongunstig geleë is; dat die vraag na
bou=
materiaal in die noordelike gebiede baie wisselend is;
dat dit
prakties moontlik dog uiters moeilik is om die
noordelike gebiede vanaf
Grootfontein te bedien; en dat
die behoefte gevolglik bestaan om daardie
streek vanaf
Windhoek te kan bedien. Tydens ondervraging deur die
tweede
appellant se verteenwoordiger het Gilge beaam dat
daar in die toekoms nog
altyd deur die respondent van die
bestaande spoorwegdiens gebruik gemaak sou
word vir aan=
vullende /
17
vullende voorraad van Windhoek na
Grootfontein al sou die
respondent oor magtiging beskik om dit self te
vervoer.
Kötting, 'n bouaannemer, het in die algemeen getuig
oor
omstandighede wat tot gevolg kan hê dat boumateriaal
spoedeisend
benodig word deur bouaannemers, en die probleme
wat met vertragings van
spoorbesendings ondervind word.
Hy het die mening uitgespreek dat daar in die
boubedryf
'n behoefte is aan privaat vervoer van boumateriaal na
bou=
persele.
Geen weerleggende of ander getuienis is deur die
tweede
appellant voorgelê nie. Gilge en Kötting se getuienis
was tot die
Kommissie se beskikking, en Gilge was tydens
die verrigtinge voor die
Kommissie beskikbaar vir verdere
ondervraging. Nog die Raad, nóg die
Kommissie het enige
redes /
18
redes vir die afwysing van die
respondont se aansoek en
appèl onderskeidelik verstrek, ofskoon die
eerste
respondent in sy beëdigde verklaring ter bestryding van
die
respondent se hersieningsaansoek sekere oorwegings
wat by die Kommissie
gegeld het, genoem het.
Op hersiening het die hof a quo bevind dat
die
respondent 'n sterk saak voor die Raad en die Kommissie
uitgemaak het;
dat die getuienis namens die respondent
aangebied, òf glad nie,
òf nie offektiewelik, deur kruis=
ondervraging aangeval is nie; en dat
daar geen weer=
leggende getuienis namens die tweede appellant
voorgelê
is nie. Hierdie oorwegings, tesame met die Kommissie
se
versuim om redes vir sy besluit te verstrek, het die hof
a quo
tot die gevolgtrekking genoop dat "die afleiding
onvermydelik /
19
onvermydelik (is) dat die
eerste respondent die getuienis
wat voor hom geplaas was geïgnoreer het,
en na my mening
het die applikant dus op 'n oorwig van
waarskynlikhede
bewys dat die eerste respondent nie oorweging geskenk
het
aan die vraag of die applikant hom gckwyt het van die
bewyslas om aan
te toon dat dit onredelik sou woes om te
verwag dat hy van die beskikbare
spoorwegdiens gebruik
moet maak om sy goedere te vervoer".
Wat die
getuienis betref, het die hof a quo
hoofsaaklik drie oorwegings ten gunste
van die respondent
in aanmerking geneem, naamlik, die omvattende gebruik
van
tydelike permitte en die koste daaraan verbonde, die
verdere of
dubbele hantering van vrag wat genoodsaak word
deur gebruikmaking van die
bestaandc spoorwcgdicnstc en dic
lang /
20
lang afleweringstye van spoorvervoer. Wat
laasgenoemde
oorweging betref, ofskoon daar in sekere
gevalle
verduidelikings daarvoor bestaan, dui die onbetwiste
getuienis
onteenseglik daarop dat met die versending van
goedere per spoor daar dikwels
lang vertragings geskied.
Die hof a quo het dus tereg ag geslaan op
hierdie oorweging.
Insiggewend is egter die feit dat ondanks lang
vervoertye
die respondent nog altyd beplan om van die spoorgeriewe
tussen
Windhoek en Grootfontein gebruik te maak al sou hy
oor privaatpermitte beskik
om sy goedere self tussen
daardie twee plekke te vervoer.
Die appellante
het betoog dat die oorweging dat
die gebruik van spoorvervoer verdere of
dubbele hantering
van vrag meebring, òf ongegrond is, òf dat
die hof a quo
die /
21
die probleme wat daarmee gepaard gaan,
oorbeklemtoon het.
Na my mening moet die appellante in dié opsig gelyk
gegee
word. Soos reeds gemeld, kry die respondent oorwegend
sy
boumateriaal per spoor vanaf die Republiek en gaan dit
òf na Windhoek
òf na Grootfontein. Op Grootfontein moet
vrag noodwendig op
padvoertuie oorgelaai word om verder
na boupersele vervoer te word. Dieselfde
situasie geld
egter as die vrag op Windhoek afgelaai word vir
verdere
vervoer deur padvoertuie. In dié opsig kan daar dus
nie
sprake van dubbele hantering van vrag wees nie. Dubbele
hantering van
vrag geskied egter wel wanneer boumateriaal
wat op Windhoek afgelaai word,
geberg word en later verder
per spoor versprei word na 'n bestemming waar dit
op 'n pad=
voertuig oorgelaai word vir vervoer na 'n bouperseel.
In so /
22
In so 'n geval kan dubbele hantering wel uitgeskakel word
as die
verspreiding per padvoertuig direk vanaf Windhoek
sou geskied. Dubbele
hantering is dus onvermydelik in
alle gevalle waar goedere wat geberg is per
spoor in stede
van per padvoertuig vanaf Windhoek gestuur word.
Die
situasie geld vir a]]e gebruikers van spoorwegdienstein 'n
soortgelyke
posisie, is vir baio jare reeds deur die
respondent aanvaar en kan op sigself
nie as 'n rede dien
waarom dit onredelik sou wees om van 'n bestaande
spoorweg=
diens gebruik te maak nie.
Die groot aantal tydelike permitte
wat uitgereik
is, is wel aanduidend van 'n behoefte aan die kant van
die
respondent. Die vraag is egter 'n behoefte waaraan? Die
voorvereiste
vir die toestaan van 'n tydelike permit verskil
van die /
23
van die vir die uitreiking van 'n privaatpermit (vgl artikels
18 en 20 van die Wet). Die toestaan van 'n groot aantal
tydelike permitte beteken nie noodwendig dat die respondent
op die aangevraagde privaatpermitte geregtig is nie. 'n
Tydelike permit is niks meer as 'n tydelike vergunning nie,
en die
toestaan daarvan verleen geen reg tot die latere ver=
kryging van 'n
privaatpermit nie. As daar behoorlik gelet
word op die getuienis (en die
skedule wat betrekking het op
die tydelike permitte wat toegestaan is) dan is
dit myns
insiens duidelik dat wat die respondent benodig, is 'n aan=
vullende diens
in krisisgevalle waar lewering spoedeisend
moet geskied, of moet geskied na
verafgeleë dele waar bestaande
spoorfasiliteite ontoereikend is. (Gilge
self het gesê die
behoefte is "onstabiel". ) Van bouaannemers kan
verwag word om in
normale /
24
normale omstandighede vroegtydig bestellings vir bou=
materiaal te
plaas om moontlike vertragings in lewering
per spoor die hoof te bied.
Tydelike permitte is juis
geskik om die aanvullende diens wat die respondent
beoog,
en die omstandighede waaronder dit benodig word, te dek.
Die
getuienis dui myns insiens nie noodwendig daarop dat
die bestaande
spoorfasiliteite onvoldoendo is vir die
respondent se normale benodighede en
bedrywighede
en dat die respondent dus op privaatpermitte aangewese is
om
sy besigheid behoorlik te kan dryf of reël nie.
Of daar in 'n bepaalde
geval 'n ongunstige
afleiding teen 'n liggaam soos die Kommissie gemaak kan
word
vanweë sy versuim om redes vir sy beslissing te gee, hang
ten
nouste saam met die feite en omstandighede van die
betrokke /
25
betrokke geval. Die regsposisie
wat geld is as volg in
W C Greyling en Erasmus (Pty) Ltd v Johannesburg
Local Road
Transportation Board and Others 1982(4) SA 427 (A) op 448
C - E uiteengesit:-
"It has repeatedly been held that a body like
the Commission is not obliged to give reasons
for its decision. But that does not mean that
it should not furnish reasons for its decision.
By not giving reasons it may run the risk of an
adverse inference being drawn. (See Chetty's
case, supra at 736 F - G.) Whether or not to
give reasons is a matter which it must make out
for itself in the circumstances of each particu=
lar case. Where, as here, the only evidence
presented is impressive and acceptable, remains
unchallenged in cross-examination and uncontra=
dicted by other evidence, then the failure to give
reasons does tend to support an inference that the
evidence was ignored. (Cf Pretoria North Town
Counci] v A I Electric Ice-cream Factory (Pty) Ltd
1953(3) SA 1 (A) 16 8 - E.)"
Van /
26
Van 'n kommissie word verwag dat hy 'n kwasi-judisiële
diskresie moet uitoefen. Ofskoon 'n kommissie 'n nie-
regsprekende orgaan is, verskil sy besluitnemingsproses
nie funksioneel van dié van 'n hof nie (vgl Minister of
Agricultural Economics and Marketing v virginia Cheese and
Food Co (1941) (Pty) Ltd 1961(4) SA 415 (T) op 422 F).
Al is 'n
kommissie nie verplig om redes vir sy beslissing
te verstrek nie, is dit nogtans wenslik dat hy dit doen,
want versuim in
dié opsig kan in 'n bepaalde geval tot die
gevolgtrekking lei
òf dat getuienis geïgnoreer is, òf selfs
dat daar
hoegenaamd geen diskresie uitgeoefen is nie.
Hoe sterker die saak wat
uitgemaak is, hoe sterker die
moontlike afleiding wat kan volg op 'n versuim
om redes te
verstrek.
Die /
27
Die Kommissie is 'n verantwoordelike
liggaam.
Dit beskik oor gespesialiseerde kennis en is statutêr
met
die bevoegdheid beklee om aansoeke om vervoerpermitte toe
te staan of
te weier. Daar is geen rede om te aanvaar dat
die Kommissie nie die aard van
sy bevoegdhede behoorlik
begryp het nie. Pligsversuim behoort nie ligtelik
aan die
Kommissie toegeskryf te word nie. As gevolg van die ge=
tuienis
van Gilge en Kotting wat tot sy beskikking was,
betoë wat gelewer is en
vrae wat deur sy lede gestel is,
moes die Kommissie op hoogte gewees het van
die respondent
se saak en die feite waarop dit gegrond was. Ofskoon
die
tweede appellant geen weerleggende getuienis aangebied
het nie, het dit
gegewens aangaande bestaande spoorwegdienste
voor die Kommissie geplaas.
Volgens die eerste appellant was
die /
28
die Kommissie op hoogte van sodanige dienste en is hulle
in die
beoordeling van die respondent se appèl deur die
Kommissie oorweeg,
soos dit geregtig was om te doen.
(Eljomo Vervoer (Edms) Bpk v Voorsitter, Nasionale
Vervoer=
kommissie en Andere 1982(2) SA 199(T) op 205 E - I).
Die
Kommissie was ook bewus van die verskil tussen privaatpermitte
en
tydelike permitte, en die aanvraag wat daar vir laasgenoemde
was.
Die
respondent het nie so n sterk saak uitgemaak
vir die toestaan van
privaatvervoerpermitte as wat die hof
a quo bevind het die geval te wees nie.
Die saak wat
uitgemaak is, tesame met die Kommissie se versuim om
redes
vir sy beslissing te verstrek, regverdig nie onvermydelik
of
noodwendig die afleiding deur die hof a quo gemaak dat
die /
29
die Kommissie die getuienis voor hom geignoreer het nie.
Dit is nie 'n
geval waar daar geen redes of geldige oor=
wegings kon bestaan vir die
Kommissie se gevolgtrekking
dat die respondent hom nie van die bewyslas wat
op hom
gerus het, gekwyt het nie. Gedagtig aan die feit dat
die respondent
geregtig is om sy eie sake te reël
(Greyling se saak op 438 D) en
dat "(o)n general principles
it does not seem unreasonable to allow an
industrialist,
trader or businessman to convey, in the ordinary course
of
his business, his own goods in his own vehicles on
public roads" (Polikor
Investments (Pty) Ltd v Chairman,
Local Road Transportation
Board, Cape Town and Others 1983 (4)
SA 782 (K) op 787 H) kan die
Kommissie se beslissing moontlik
as onredelik beskou word. Soos reeds
aangedui, kan 'n
onredelike /
30
onredelike beslissing nie dien
as maatstaf vir ingryping op
hersiening nie tensy die onredelikheid van so 'n
aard is dat
dit een van die afleidings regverdig waarna in die
aangehaalde
passasie in Morton se saak verwys is. In die
onderhawige
geval is geeneen van sodanige afleidings geregverdig nie.
Dit
volg dus dat die hersieningsaansoek voor die hof a quo
nie behoort te
geslaag het nie.
In die appèl voor hierdie Hof het twee
advokate
namens die tweede appellant verskyn. Daar is nie gevra
dat die
koste van twee advokate toegelaat moet word indien
die appèl sou slaag
nie. Daar bestaan in elk geval geen
grondige rede vir die toestaan van so 'n
bevel nie.
Die /
Die appèl slaag, met koste. Die beslissing
van die hof a quo
word ter syde gestel en word deur die
volgende bevel vervang:-
"Die aansoek van die applikant word van die
hand gewys, met koste".
J W SMALBERGER
APPèLREGTER
RABIE, HR)
TRENGOVE,AR)
VILJOEN, AR) STEM SAAM
HEPER, AR)