South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1986 >> [1986] ZASCA 57

| Noteup | LawCite

Hooggeregshof van Suid-Africa v Senator Versekeringmaatskappy Bpk. (116/9186) [1986] ZASCA 57; [1987] 1 All SA 156 (A) (26 May 1986)

Download original files

PDF format

RTF format


LL Saak No 116/1985

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPêLAFDELING

Insake die appèl van:

SENATOR VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK Appellant

teen

RAYMOND CLAUDE BEZUIDENHOUT Respondent

CORAM: CORBETT, VAN HEERDEN, HEFER, JACOBS

ARR et NICHOLAS WAR

VERHOORDATUM: 1 MEI 1986
LEWERINGSDATUM 26 MEI 1986

REDES VIR UITSPRAAK

/VAN HEERDEN AR ...

2. VAN HEERDEN AR:
Om redes wat sal blyk, was die onderhawige appèl vanaf datum van aantekening daarvan sonder enige twyfel gedoem tot mislukking. Die lotgevalle daarvan was naamlik van meet af beheers deur vorige uitsprake van hierdie hof, en tereg is die juistheid daarvan nie deur die appellant aangeveg nie. Derhalwe is die appèl na aanhoor van die betoog van die appellant se advokaat, karig soos dit was, van die hand gewys.

Die respondent (eiser) het in die Transvaalse

Provinsiale Afdeling die appellant (verweerder), 'n be-
voegde versekeraar, ingevolge die bepalings van Wet 56
van 1972 aangespreek vir betaling van skadevergoeding
ten opsigte van toekomstige mediese koste (R3 950) en
pyn en lyding met gepaardgaande verlies aan lewensge-
nietinge (R20 000). In die lig van die notule van
samesprekings ooreenkomstig hofreël 37 is dit onnodig
om die pleitstukke in besonderhede weer te gee. Al
wat gemeld hoef te word, is dat die volgende by die ver-
hoof gemene saak was:

/(1) ...

3.

(1)Die eiser was die bestuurder van 'n voertuig wat op 23 November 1981 betrokke was in 'n bot-sing met 'n ander motorvoertuig wat ingevolge die bepalings van Wet 56 van 1972 deur die verweerder verseker was.
(2)As gevolg van die botsing het die eiser vry ernstige liggaamlike beserings opgedoen.
(3)Die botsing was te wyte aan die uit-sluitlike nalatigheid van die bestuurder van die verse-kerde voertuig.
(4)Die eiser was ten tyde van die botsing 'n werksman binne die raamwerk van die Ongevallewet 30 van 1941.
(5)Die Ongevallekommissaris (hierna kort-weg die Kommissaris genoem), het die volgende finale toekennings aan die eiser gemaak: (a) R2 650 as skadeloosstelling, soos bedoel in art 38 van die Onge-vallewet, vir tydelike algehele arbeidsongeskiktheid; (b) R17 131 synde die gekapitaliseerde waarde van

/h ...

4.

'n maandelikse pensioen ingevolge art 39 (1) (d) van

bedoelde wet vir blywende arbeidsongeskiktheid met 'n

graad van 33% bereken vanaf 1 April 1982; en (c) mediese en verwante koste.ten bedrae van Rl 594,69 oor-eenkomstig art 77 gelees met artikels 76 en 79 van die wet.

(6) Die eiser se toekomstige mediese uit-gawes is op R3 950 bepaal, terwyl ooreengekom is dat sy ideële skade die som van R12 000 beloop het.

Al wat blykens die notule in geskil was, is of die totale toekenning van R21 375,69 deur die Kommissaris afgetrek moes word van die bedrae genoem in(6), wat dan sou meebring dat die verweerder hoege-naamd nie vir betaling van skadevergoeding aanspreeklik sou wees nie. Op grond van die beslissing van hier-die hof in Klaas v Union and South West Africa Insurance Co Ltd 1981 (4) SA 562 (A), het die hof a quo die ge-skilpunt ten gunste van die eiser beslis en derhalwe

/die ...

5.

die verweerder beveel om 'n totale bedrag van R15 950 met koste aan die eiser te betaal. Daarna is egter aan die verweerder verlof verleen om na hierdie hof te appelleer.

Soos in die verhoorhof, het die verweerder
se advokaat op appèl gesteun op die bepalings van art
8 (1) van die Ongevallewet wat soos volg lui:

(1) Wanneer 'n ongeval ten opsigte waarvan skadeloosstelling betaalbaar is, onder om-standighede veroorsaak is wat iemand anders as die werkgewer (hieronder die derde party genoem) regtens vir die betaling van skade-vergoeding ten opsigte daarvan aan die werks-man aanspreeklik maak -

(a) kan die werksman skadeloosstelling in-
gevolge hierdie Wet eis sowel as in

'n geregshof teen die derde party gereg-telike stappe doen om skadevergoeding te verhaal: Met dien verstande dat, ingeval sodanige stappe gedoen word,

die hof by die toewysing van skadever-goeding rekening moet hou met die bedrag wat uit hoofde van die bepalings van paragraaf (b) waarskynlik deur die derde party aan die kommissaris of die werk-gewer indiwidueel aanspreeklik (hier-onder die werkgewer genoem), al na die geval, betaal sal moet word; en

(b) het die kommissaris of die werkgewer
deur wie skadeloosstelling betaalbaar
is, die reg om teen die derde party
geregtelike stappe te doen vir die ver-
haal van die skadeloosstelling wat hy
ingevolge hierdie Wet weens die ongeval
verplig is om te betaal, en kan hy daardie

/reg ...

6.

reg uitoefen óf deur in 'n geding deur die werksman teen die derde party ingestel, tussenbei te tree, óf deur self geregte-like stappe te doen: Met dien verstande dat die ingevolge hierdie paragraaf ver-haalbare bedrag nie die bedrag van die skadevergoeding (as daar is) mag oorskry wat volgens die oordeel van die hof aan die werksman toegeken sou geword het as hierdie Wet nie bestaan het nie."

Klaas is met verwysing na die sub-

artikel die volgende gesê (op pp 580-1):

"It is clear that the Legislature did not intend the benefits received by a work-man under the Act to be regarded as res in-ter alios acta. A Court is enjoined to have regard to such benefits, i e the compensation (including medical aid) that the Commissioner is obliged to pay and entitled to recover under s 8 (1) (b). In Bonheim v South British Insurance Co Ltd 1962 (3) SA 259 (A) at 266 OGILVIE THOMPSON JA pointed out that the precise meaning of the words 'shall have. regard to' in s 8 (1) (a) is not entirely clear, but assumed that they mean 'deduct'. However, there may be a good reason why the Legislature used the above words. If a workman received free medical and hospital treatment he may decide not to claim from the wrongdoer any amount in respect of such treat-ment. In such a case it would be ineguit-able to deduct from the damages established

/by

1) Klaas v Union and South West Africa Insurance Co Ltd, supra.
7.

by him the amount relating to medical aid which the Commissioner is entitled to claim under s 8 (1) (b). It therefore appears to me that only like should be deducted from like. However, in order to obviate repetition, I shall henceforth merely refer to a deduction to be made in terms of the proviso to s 8 (1) (a). (My onderstreping.)

In view of the wording of, and inter-relationship between s 8 (1) (a) and (b) I am of opinion that the gist of the Legis-lature's intention may be stated as follows: In preferring a claim against a wrongdoer (or any other defendant, such as an insurer, who may be held liable as a result of the commission of a delict) a workman may claim his ordinary common law damages, including medical expenses. In applying the pro-viso to s 8 (1) (a), however, a Court must deduct from such damages the compensation (including medical aid) which the Commissioner may recover in terms of s 8 (1) (b)."

Die verhoorhof het hierdie dicta soos volg toegepas:

"It is apparent from the above that , the proviso to the section 8 (1) (a) did

not require a blind arithmetical deduction

to be made in all cases A court

has in my view to have regard to what the Commissioner paid or is likely to pay the

/workman ...

8.

workman and if the court is satisfied on the facts placed before it that the work-man is not going to be compensated twice for the same injuries, the proviso to section 8 (1) (a) will have been met."

Die hof het dus tereg daarop gewys dat al wat art 8 (1) (a) beoog, is dat 'n werksman nie dubbele ver-goeding mag verhaal nie, of, anders gestel, dat die delikpleger nie meer as die getroffene se werklike skade aan hom en/of die Kommissaris sal betaal nie. En in casu het die Kommissaris natuurlik nie toekomstige mediese koste aan die eiser toegeken nie, en op die oog af ook geen ideële skadevergoeding nie.

In sy betoogshoofde het die appellant se advo-

kaat gepoog om te steun op 'n verdere (obiter) dictum in

2 ) Klaas . Dit lees soos volg:

"There is accordingly much to be said for the view that the compensation falls to be de-ducted from the total amount of the workman's common law damages even if he actually chose to claim a lesser sum."
In hierdie Hof het die advokaat egter gerede-

lik, en tereg, toegegee dat die aangehaalde passasie

/nie

2) Klaas v Union and South West Africa Insurance

Co Ltd,supra,op p 587.

9.

nie sy saak baat nie. Dit het naamlik betrekking slegs op 'n geval waarin art 22 (2) van Wet 56 van 1972 van toe-passing is, en in die onderhawige geval was die eiser nie 'n werknemer van die bestuurder of eienaar van die versekerde voertuig nie. Bowendien strek die passasie, indien dit in verband gelees word, in elk geval teen die argument wat die advokaat van voorneme was om te opper.

Uiteindelik het hy dan ook op slegs 'n enkele betoog staatgemaak. Dit kan soos volg saamgevat word: Die toekenning van die Kommissaris ingevolge art 39 (1) (d) van die Ongevallewet mag deels op verlies van lewens-genietinge betrekking hê en derhalwe het die eiser nie bewys dat daar geen oorvleueling tussen bedoelde toe-kenning en die ooreengekome bedrag van R12 000 ten op-sigte van ideële skade is nie. Die advokaat het egter tereg toegegee dat die betoog geen antwoord bied op die verhoorhof se toekenning van R3 950 ten opsigte van toekomstige mediese koste nie en dat, indien die

/argument ...

10.

argument gegrond is, die appèl slegs gedeeltelik kon slaag.

Na my mening was daar minstens twee redes waarom die betoog as totaal ongegrond verwerp moes word. In eerste instansie is dit volgens die reedsgenoemde notule, gelees teen die agtergrond van die pleitstukke, oorvloediglik duidelik dat die partye dit eens was dat, benewens die totale toekenning van die Kommissaris, die eiser verdere skade ten bedrae van die ooreengekome syfers, in totaal R15 950, gely het. Dit is voorts duidelik dat die verweerder slegs 'n regsargument wou opper wat berus het op 'n onjuiste interpretasie van die obiter dictum wat hierbo aangehaal is.

In tweede instansie het hierdie Hof reeds beslis dat toekennings ingevolge die Ongevallewet slegs op vermoënskade betrekking het. In South British Insurance Co Ltd v Harley 1957 (3) SA 368 (A), het

Schreiner Wnd HR naamlik met verwysing na 'n beslissing

/in ...

11.

van Ogilvie Thompson R die volgende gesê (op p 373):

"In Bhoer's case ... OGILVIE THOMPSON, J., came to the conclusion, upon consideration of the provisions of the 1941 Act, that it was concerned only with pecuniary loss. ... I agree ... that the provisions of Chapter V of the 1941 Act are generally inconsistent with the contention that it covers factors like pain and loss of amenities."

/As ...

3) Bhoer v Union Government and Another 1956

(3) SA 582 (C) 592.

4) Raadpleeg ook Natal Provincial Administration
v Buys 1957 (4) SA 646 (A) 655 G, waarin
Fagan HR, hom met verwysing na South British
Insurance Co Ltd v Harley soos volg uitgelaat
het:

"The claim in that case was for pain and suffering and for loss of amenities of life. These are types of loss or damage in respect of which no provision for compensation is made in the Workmen's Compensation Act ..."
12. As 'n aanhangsel tot bogenoemde betoog het die verweerder se advokaat ook aan die hand gedoen dat die Kommissaris se toekenning betreffende onge-skiktheid nie te rym is nie met die feit dat volgens die pleitstukke die eiser na die ongeluk dieselfde inkomste as voor die tyd bly ontvang het. Al wat in dié verband gesê hoef te word, is die volgende: Indien die Kommissaris te veel aan die eiser betaal het, kan hy die oorskot natuurlik nie van die verweer-der verhaal nie,en kan laasgenoemde dus nie twee keer vir dieselfde skade aanspreeklik gehou word nie. In elk geval is die eerste van bogemelde twee antwoorde afdoende ook wat die onderhawige argument betref.

/Om ...

13 .

Om bogenoemde redes is die appèl met koste

afgewys. H.J.O. VAN HEERDEN AR

EK STEM SAAM: CORBETT AR

HEFER AR JACOBS AR

NICHLAS WAR