South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1988 >>
[1988] ZASCA 149
| Noteup
| LawCite
Minister van Wet en Orde en 'n Ander v Datnis Motors (Midlands) (Edms) Bpk (149/1988) [1988] ZASCA 149; [1989] 4 All SA 379 (AD) (25 November 1988)
Download original files |
LL . Saak No 149/1988
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APèLAFDELING
In die appèl van:
DIE MINISTER VAN WET EN ORDE Eerste Appellant
DIE STASIEBEVELVOERDER VAN DIE
SUID-AFRIKAANSE POLISIE, KOKSTAD Tweede Appellant
teen
DATNIS MOTORS (MIDLANDS) (EDMS) BEPERK Respondent
CORAM: RABIE WND HR, VAN HEERDEN, SMALBERGER,
VIVIER et STEYN ARR
VERHOORDATUM: 10 NOVEMBER 1988
LEWERINGSDATUM: 25 NOVEMBER 1988
UITSPRAAK VAN HEERDEN AR:
2.
Gedurende November 1983 het die respondent
h
motorvoertuig ("die Datsun 1800") van ene Xulu gekoop.
Daarna is die voertuig deur die respondent aan ene
Nkomo verkoop.
Omstreeks 1 Maart 1984 het die respondent by wyse van h inruiltransaksie h tweede motorvoertuig ("die Datsun 1400") van V Conco verkry. Hierdie voertuig is later deur die respondent aan 'n mej Brown verkoop.
Gedurende 1984, en terwyl die voertuie in besit van onderskeidelik Nkomo en mej Brown was, het polisiebeamptes daarop beslag gelê. Die beslagleggings het ingevolge art 20 van die Strafproseswet 51 van 1977 ("die Wet") geskied. Daardie artikel magtig die Staat om beslag te lê op onder andere enigiets ("'n voorwerp") wat op redelike gronde vermoed word betrokke te wees by, of wat tot bewys kan strek van, die pleging van h misdryf. In
3.
die verrigtinge waarna hieronder verwys word,
is
aanvaar dat die betrokke beamptes wel rede gehad het om
te vermoed dat
die Datsun 1800 en die Datsun 1400
gesteelde voertuie was.
Na die beslagleggings het luitenant Joubert,
die bevelvoerder van die voertuigafdeling van die Suid-
Afrikaanse Polisie in Kokstad, die voertuie in bewaring I
geneem. Op grond van ondersoeke wat hy gedoen het en
navrae wat hy gerig het, het hy gekonkludeer dat beide
voertuie inderdaad gesteelde voorwerpe was. Die
Prokureur-Generaal het egter geweier om te vervolg.
Desnieteenstaande is die voertuie nie aan Nkomo en mej
Brown terugbesorg nie, maar het die polisie in besit
daarvan gebly. Die respondent het toe die polisie
aangemaan om die voertuie aan hom te lewer. Die
antwoord, by monde van Joubert, was dat nie aan die
aanmaning voldoen kon word nie omdat die voertuie
4. gesteel was; deur
wie, is nie gesê nie. Dit het later geblyk dat Joubert van mening was dat
die voertuie ingevolge die bepalings
van art 31 (1) van die Wet aan die Staat
verbeur was.
Ten gevolge van die afwysing van die aanmaning het die respondent in die Natalse Provinsiale Afdeling 'n aansoek aanhangig gemaak. Dit was gerig op die verkryging van 'n bevel wat die appellante sou gelas om die voertuie aan die respondent te lewer. Die aansoek is met koste toegestaan waarna die appellante verlof verkry het om na hierdie hof te appelleer.
In die funderende verklaring is daarop aanspraak gemaak dat die respondent
die eienaar van die voertuie was. In hierdie verband is
beweer dat na die
beslagleggings plaasvervangende voertuie deur die respondent aan Nkomo en mej
Brown gelewer is, en dat elk toe
afstand gedoen het - blykbaar ten gunste van
die respondent - van sy of haar regte met betrekking
5. tot die voertuig
waarop beslag gelê is. Kort voor die verhoor van die aansoek het die
respondent egter sessies van Nkomo
en mej Brown verkry. Dié was beliggaam
in skriftelike dokumente wat onder dekking van 'n aanvullende verklaring
ingedien is.
Daarvolgens het elke koper sy of haar "right, title and interest"
in die oorspronklik verkoopte voertuig aan die respondent gesedeer.
Ook is
spesifiek aan die respondent die reg verleen om besit van die voertuig vanaf die
polisie te verkry.
Na indiening van bedoelde dokumente het die partye ooreengekom dat die
aansoek bereg moes word asof die sessies verkry was voordat
die aansoek
aanhangig gemaak is. Die gevolg was dat die hof a quo slegs h enkele geskilpunt
moes besleg, nl of die weiering van die
Prokureur-Generaal om te vervolg
meegebring het dat die Staat vanweë die bepalings van art 31 (1) van die
Wet die voertuie aan
Nkomo en mej Brown moes
6. terugbesorg. Indien wel, was
dit gemene saak dat die aansoek moes slaag.
Bogenoemde sub-artikel lui soos volg:
"(a) Indien geen strafregtelike
verrigtinge ingestel word in verband met 'n in artikel 30 (c) bedoelde voorwerp nie of indien dit blyk dat so 'n voorwerp nie by die verhoor vir doeleindes van bewyslewering of vir doeleindes van 'n hofbevel nodig is nie, word die voorwerp teruggegee aan die persoon van wie dit in beslag geneem is, indien so 'n persoon daardie voorwerp wettiglik mag besit, of, indien so 'n persoon daardie voorwerp nie wettiglik mag besit nie, aan die persoon wat dit wettiglik mag besit.
(b) Indien niemand so 'n voorwerp wettiglik mag besit nie of indien die betrokke polisiebeampte nie weet van iemand wat so 'n voorwerp wettiglik mag besit nie, word die voorwerp aan die Staat verbeur."
Art 30 (c), waarna in art 31 (1) (a) verwys word, het betrekking op h
voorwerp wat ingevolge art 20 in beslag geneem is en wat in
bewaring van of
namens die polisie gebly het - soos die geval met die twee voertuie was. Nkomo
en mej Brown was dus elk
7. geregtig op teruggawe van die betrokke voertuig
indien hy of sy dit "wettiglik mag besit". Gevolglik was die enigste vraag of
vanweë
hierdie kwalifikasie die polisie nie verplig was om die voertuie aan
Nkomo en mej Brown terug te besorg nie.
Joubert was die outeur van die bestrydende verklaring en twee verklarings aanvullend daartoe. Sy tersaaklike bewerings kan soos volg saamgevat word:
1) Die enjinnommer en onderstelnommer van h motorvoertuig word deur die vervaardiger gepons in die metaal van onderskeidelik die enjin en die onderstel daarvan. Hierbenewens word die nommers ook aangebring op 'n identifikasieplaat wat vasgeklink word aan die bakwerk van 'n voertuig. Daarop verskyn ook ander besonderhede aangaande die voertuig, soos die model, plek van vervaardiging en die stuknommer ("job number"). 2) Na die beslagleggings het Joubert
8. vasgestel dat die oorspronklike enjin - en onderstel-nommer van elke voertuig afgevyl was en dat nuwe nommers ingepons was. (In die geval van die Datsun 1800 is die nuwe onderstelnommer egter op 'n plaat aangebring en aan die onderstel vasgeklink.) Dit het ook geblyk dat die identifikasieplaat van elke voertuig verwyder en deur 'n nuwe vervang was. Die enjin- en onderstelnommer wat op elke vervangende plaat verskyn het, het verskil van bogenoemde nuwe nommers.
3) Die nuwe identifikasieplate is versend aan die vervaardiger van Datsun voertuie. Aldus is vasgestel dat die enjin- en onderstelnommer wat op elke plaat verskyn nie deur die vervaardiger aan enige van sy voertuie toegeken is nie, en dat die stuknommers op die plate ook vals was. ('n Bevestigende verklaring van h amptenaar van die vervaardiger is ingedien.) 4) In die ritboeke yan Nkomo en mej Brown is oordragvorms gevind. Dié was aangewend om oordrag
9.
van die voertuie, vir
registrasiedoeleindes, aan hulle
te bewerkstellig. Die enjinnommer van die
Datsun
1400 wat op die tersaaklike vorm vermeld word, verskil
van die nuwe
enjinnommer wat soos voornoemd ingepons is
asook van die een wat op die
identifikasieplaat voorkom. Dieselfde geld vir die Datsun 1800.
5) Gedurende die aanbieding van h
televisieprogram bekend as "Police File"
is foto's van
die twee voertuie gebeeldsend. 'n Beskrywing van
elke
voertuig is ook verstrek. Kykers is meegedeel dat
die Datsun 1800 en
Datsun 1400 vermoedelik gesteelde
voertuie was, en hulle is versoek om enige
inligting
wat die polisie behulpsaam kon wees aan Joubert oor te
dra. Daar
was egter geen reaksie nie.
6) Xulu het beweer dat hy die Datsun 1800
van ene English gekoop het.
Conco het dieselfde ten
aansien van die Datsun 1400 beweer. English het
dit
egter ontken. Hy het gesê dat hy geen kennis van die
10.
voertuie gehad het nie.
7) Hoewel hy tot die oortuiging gekom het dat die voertuie gesteelde voorwerpe was, kon Joubert nie vasstel van wie elk gesteel was nie. Dit was hoofsaaklik te wyte aan die feit dat die oorspronklike enjin- en onderstelnommer van die voertuie uitgewis is. Hy het.wel vir English verdink - blykbaar òf as dief òf as heler - maar, soos reeds genoem, was die Prokureur-Generaal nie bereid om 'n vervolging in te stel nie.
Dit is dienstig om op hierdie stadium te meld dat Joubert ten aansien van die Datsun 1400 ook op 'n verdere feit gesteun het as aanduidend dat dit 'n gesteelde voertuig is. Hy sê naamlik dat die stempel van die respondent, as verkoper, op 'n oordragdokument wat hy in mej Brown se ritboek gevind het, en wat op die Datsun 1400 betrekking het, vervals is. Hierdie dokument is egter nooit aangewend om oordrag van
11 .
registrasie van enige voertuig te bewerkstellig nie,
en
die enjin- en onderstelnommer wat daarop voorkom
verskil ook van
sodanige nommers op mej Brown se
registrasiedokument. Bowendien verskil
eersgenoemde
enjinnommer van enige van die ander enjinnommers van
die
Datsun wat Joubert vermeld; d w s, die nuut
ingeponsde nommer en die nommer op die
identifikasieplaat. Ek meen dus nie dat dit
afdoende blyk dat die vervalste vorm met die Datsun
1400 verband hou nie. Indien wel, weet 'n mens ook nie
of die vorm vervals is voor of na die voertuig in besit
van die respondent gekom het nie.
Dit was blykbaar gemene saak in die hof a guo dat die las op die
appellante gerus het om aan te toon dat Nkomo en mej Brown nie die voertuie
wettiglik kon besit nie. Die kwessie
van die bewyslas is daarom nie spesifiek in
die uitspraak van Didcott R behandel nie. Ook het hy dit nie nodig gevind om te
bepaal
presies
12. wat die frase "wettiglik mag besit" behels nie. Hy het
naamlik ten gunste van die appellante veronderstel dat Nkomo en mej Brown
nie
die voertuie wettiglik sou kon besit nie indien hulle gesteel is en nooit daarna
aan hul eienaars of besitters terugbesorg is
nie. In hierdie veronderstelling
het hy bevind dat die appellante nie op 'n oorwig van waarskynlikhede bewys het
dat die respondent
nie eienaar van die voertuie geword het toe hy hulle van Xulu
en Conco bekom het nie; òf omdat die voertuie nooit gesteel
is nie,
òf omdat, indien diefstal wel gepleeg is, die toenmalige eienaars hulle
teruggevind en daarna vervreem het. (Die uitpraak
is gerapporteer: Datnis
Motors (Midlands) (Pty) Ltd v Minister of Law and Order 1988 (1) SA 503
(N)).
Bogenoemde frase ("die eerste frase") kom ook voor in art 34 (1) van die Wet.
Hierdie subartikel is van toepassing by beëindiging
van
strafregtelike
13. verrigtinge wat ingestel is in verband met 'n in art 33
bedoelde voorwerp. So h voorwerp is een wat in art 30 (c) vermeld word
en wat by
h strafverhoor vir doeleindes van bewyslewering of h hofbevel nodig is. (Soos
reeds genoem, slaan art 30 (c) op h voorwerp
waarop ingevolge art 20 beslag
gelê is en wat daarna deur of ten behoewe van die polisie bewaar is; d w s
h voorwerp waaroor
ooreenkomstig art 31 (1) beskik moet word indien geen
strafregtelike verrigtinge in verband daarmee ingestel word nie.) Behoudens
h
kwalifikasie wat nie vir huidige doeleindes van belang is nie, bepaal art 34 (1)
dat die regter of die regterlike amptenaar wat
by die verhoor voorsit by
beëindiging daarvan h bevel moet gee dat h in artikel 33 bedoelde
voorwerp:
"(a) aan die persoon teruggegee word van wie dit in beslag geneem is, indien so h persoon daardie voorwerp wettiglik mag besit; of
(b) indien so h persoon nie op die
14.
voorwerp geregtig is of die voorwerp nie wettiglik mag besit nie, aan 'n ander persoon wat daarop geregtig is, teruggegee word, indien daardie persoon die voorwerp wettiglik mag besit; of
(c) indien geen persoon op die voorwerp
geregtig is of indien geen
persoon
die voorwerp wettiglik mag besit !
nie of, indien die persoon wat daarop geregtig is, nie opgespoor kan word nie of onbekend is, aan die Staat verbeur word."
Eerstens moet dus oorweeg word of die voorwerp moet teruggaan na die persoon van wie dit ooreenkomstig die bepalings van art 20 in beslag geneem is. Paragraaf (a), gelees in samehang met paragraaf (b) , bring mee dat h bevel ten gunste van hom gemaak moet word indien hy die voorwerp wettiglik mag besit en daarop geregtig is. Indien nie, moet die voorwerp toegewys word aan h ander persoon wat daarop geregtig is en dit wettiglik mag besit. Indien daar nie so h persoon is nie, of die reghebbende nie opgespoor kan word nie of onbekend is, word 'n verbeuringsbevel
15.
gemaak.
Dit is dus duidelik dat h persoon vir die
doeleindes van art
34 (1) in wettige besit van 'n
voorwerp, maar nogtans nie daarop geregtig
nie, kan
wees. Omgekeerd kan hy daarop geregtig wees al sou hy
dit nie
wettiglik mag besit nie. In S v Marais 1982
(3) SA 988 (A) 1004 en
1017, het hierdie hof bevind dat
die frase "h ander persoon wat daarop
geregtig is"
("die tweede frase") slaan op 'n persoon wat
privaatregtelik
h aanspraak op die voorwerp het. Dit
was egter nie vir die hof nodig om die
eerste frase te
vertolk nie. In h minderheidsuitspraak het Viljoen
AR dit
wel gedoen. Hy was van mening (op pp 1010-1011
en 1013) dat wettige besit
gekontrasteer moet word met
besit van 'n voorwerp wat kragtens 'n
wetsbepaling
verbode is. In hierdie verband het hy verwys na
bepalings wat
persone of klasse van persone verbied om
voorwerpe soos
afhanklikheidsvormende medisyne.
16. edelgesteentes of 'n vuurwapen te besit. Sy slotsom was dat die woord "besit" in art 34 "in h strafreg-gerigte betekenis" gebruik word. Tensy dit vir 'n persoon ingevolge 'n wetsbepaling verbode is om 'n voorwerp te besit, kan hy dit dus wel vir die doeleindes van art 34 wettiglik besit, wat egter nie meebring dat hy ook daarop geregtig is nie.
Na my mening is hierdie vertolking van die eerste frase te eng. Die opvatting
dat die al of nie wettigheid van besit van h voorwerp
met verwysing na die
strafreg beoordeel moet word, is juis, maar dit bring nie mee dat die wetgewer
slegs besit wat ingevolge h wetsbepaling
verbode is, wou verhoed nie. Die woord
"wettiglik" ("lawfully", volgens die Engelse teks) is wyd genoeg om as antitese
van "wederregtelik"
te dien ongeag die oorsprong van die reël waaruit die
wederregtelikheid voortspruit. Bk kan dán ook aan geen rede dink
waarom
die wetgewer nie
17. sou beoog het dat die frase moet dien ter kontrastering
van besit wat òf statutêr òf gemeenregtelik wederregtelik
is
nie. In beide gevalle is dieselfde element van 'n misdryf immers bevredig. 'n
Dief kan dus nie in wettige besit van die gesteelde
saak wees nie, want diefstal
is 'n misdaad wat voortduur solank die dief in besit van die saak is.
In S v Campbell en 'n Ander 1985 (2) SA 612 (SWA) 615, is in navolging
van Hiemstra, Suid-Afrikaanse Strafproses, 3de uitg, p 46, maar sonder
verwysing na bogenoemde uitspraak van Viljoen AR, bevind dat 'n persoon vir die
doeleindes van art 34
(1) 'n voorwerp wettiglik mag besit "indien dit nie 'n
misdryf aan sy kant is om dit te besit nie". Coetzee WNR het egter ook
gesê:
"Na my mening het die Wetgewer nie in gedagte gehad voorwerpe wat
enigeen mag besit sonder dat die blote besit daarvan 'n misdryf
daarstel nie".
In die reël, indien nie altyd nie, stel blote
18. besit van 'n verbode
voorwerp egter nie die besltter strafregtelik aanspreeklik nie, maar is skuld
ook 'n vereiste. Dit kom my
dus voor dat Coetzee WNR slegs beoog het om 'n
onderskeid te trek tussen, aan die een kant, wettige besit en, aan die ander
kant,
wederregte-like besit, d w s besit wat die wederregtelikheidsele-ment van
h misdryf konstitueer. Of hy by laasgenoemde slegs besit
wat kragtens 'n
wetsbepaling verbode is, wou betrek, is nie heeltemal duidelik nie. Indien wel,
kan ek om bogenoemde redes nie met
hom saamstem nie.
Ek keer nou terug na art 31 (1). Wat dadelik opval, is dat slegs die eerste
frase daarin voorkom. Dié voorwerp moet naamlik
teruggegee word aan die
persoon van wie dit in beslag geneem is indien hy dit wettiglik mag besit. Van
die polisie - anders as van
h hof wat h bevel ingevolge art 34 (1) moet maak
word dus nie verwag om te bepaal of hy ook op die voorwerp geregtig is nie. Die
eerste frase kom egter
19. in beide art 31 (1) en 34 (1) voor en aangesien daar geen aanduidings van h teenoorgestelde bedoeling is nie, kan aanvaar word dat die frase in albei subartikels dieselfde betekenis het (vgl Durban City Council v Shell and B P Southern Africa Petroleum Refineries (Pty) Ltd 1971 (4) SA 446 (A) 457). Dit volg dus dat ooreenkomstig art 31 (1) die voorwerp teruggegee moet word aan die persoon van wie dit in beslag geneem is tensy sy besit daarvan wederregtelik sal wees.
Gevalle waarin daardie persoon volgens 'n
wetsbepaling nie die betrokke voorwerp mag besit nie, of dit nie mag doen
sonder 'n vergunning, soos 'n permit, waaroor hy nie beskik
nie, lewer geen
probleme op nie. In sodanige gevalle sou sy besit van die voorwerp klaarblyklik
wederregtelik wees indien dit aan
hom teruggegee word. In die onderhawige geval
het die appellante hulle nie op sodanige bepaling beroep nie.
20. Hulle
advokaat het nietemin aangevoer dat Nkomo en mej Brown nie in wettige herbesit
van die voertuie gestel sou kon word nie
omdat diê gesteel is en gesteel
gebly het, d w s, nie na die diefstal(le) terugbesorg is aan die persoon of
persone van wie
hulle gesteel is nie. In besonder is betoog dat indien 'n
persoon 'n voorwerp soos 'n voertuig te goeie trou bekom, die polisie daarna
ingevolge art 20 van die Wet daarop beslag lê en dit dan tot sy wete kom
dat dit steeds 'n gesteelde voorwerp is, hy nie in
wettige besit daarvan kan
wees indien dit aan hom terugbesorg word nie.
Na my mening is hierdie betoog gegrond. Behoudens uitsonderings wat nie vir die doeleindes van hlerdie appèl ter sake is nie, pleeg 'n persoon wat wetens gesteelde goed ontvang immers 'n misdaad. Sy besitsverkryging en daaropvolgende besit van die goed is derhalwe wederregtelik.
Dat die wetgewer nie kon beoog het dat 'n
21. gesteelde voorwerp ingevolge art 31 (1) terugbesorg moet word aan die persoon van wie dit in beslag geneem is nie, kan aan die hand van dle volgende voorbeeld geïllustreer word. A steel h fiets van B en verkoop en lewer dit aan C wat onbewus van die dief stal is. Die polisie lê daarop beslag en stel vas dat dit inderdaad B se gesteelde fiets is. Hierdie inligting word aan C oorgedra. Om een of ander rede, bv omdat A inmiddels oorlede is of uit die land gevlug het, word geen vervolging in verband met die fiets ingestel nie. Indien C wel die fiets wettiglik mag besit, moet die polisie dit ingevolge art 31 (1) aan hom teruggee, hoewel daar geen twyf el is dat A die f iets van B gesteel het nie. Ek kan my net nie voorstel dat die wetgewer kon bedoel het dat C onder hierdie omstandighede die fiets moet terugkry nie. Inteendeel moes beoog gewees het dat C nie die fiets wettiglik kan besit nie, en dat dit daarom moet gaan na B wat dit wel dusdanig kan besit.
22.
Die appellante het nie beweer dat Nkomo of mej Brown nie te goeie trou in besit van die betrokke voertuig gekom het nie, of dat hy of sy voor die beslaglegging kennis van die aangevoerde diefstal daarvan gedra het nie. Dit blyk ook nie dat Joubert daarna die inligting wat hy ingewin het aan hulle oorgedra het nie. Indien hulle - in plaas van die respondent - lewering van die voertuie gevorder het, sou daardie inligting egter wel tot hul kennis gekom het. Aangenome dat daaruit blyk dat die voertuie gesteel is en gesteel gebly het, sou terugbesorging van die voertuie aan Nkomo en mej Brown meegebring het dat elk 'n gesteelde voertuig sou ontvang wetende dat dit gesteel is en met die voorneme om vryelik daaroor te beskik. Weliswaar sou hy of sy nie weet van wie die voertuig gesteel is nie, maar die misdaad bekend as ontvangs van gesteelde goed vereis nie kennis aan die kant van die heler van die identiteit van die persoon van wie die goed gesteel is nie. Nkomo en mej Brown
23.
sou gevolglik nie in wettige besit van die voertuie gestel kon word nie. Die enigste konsekwensie van onvermoë van die polisie om bedoelde identiteit vas te stel, sou verbeuring van die voertuie aan die Staat wees.
Ek kom dan by die vraag of die voertuie wel gesteel is en gesteel gebly het. Soos reeds gemeld, het die hof a quo bevind dat die appellante dit nie bewys het nie. Hierdie bevinding is op appèl aangeveg, hoewel toegegee is dat die las op die appellante gerus het om aan te toon dat Nkomo en mej Brown vanweë diefstal van die voertuie hul nie wettiglik kon besit nie. Dié toegewing is gemaak op grond van beslissings waarin die voorgangers van art 34 (1) van die Wet, d w s art 366 (1) van Wet 31 van 1917 en art 360 (1) van Wet 56 van 1955 (totdat laasgenoemde deur art 50 D (1) van Wet 33 van 1975 vervang is) ter sprake was. Artikels 360 (1 ) en 366 (1 ) het egter
24.
bepaal dat na afloop van strafregtelike verrigtinge 'n hof 'n
"spesiale bevel" kon maak betreffende die teruggawe van o a goed waarop
beslag
gelê is. Indien so 'n bevel nie gemaak is nie, moes die goed op aansoek en
na betaling van sekere uitgawes teruggegee
word aan die persoon uit wie se besit
dit verkry is tensy dit gedurende die verhoor bewys is dat hy nie daarop
geregtig was nie.
In sake soos Meyers and Another v Triegaardt N O 1948
(4) SA 208 (W) 210, Goldberg v Minister of Justice and Others 1952 (2) SA
178 (W) 183, en Williams v Regina 1957 (1) PH H92, is beslis dat by
ontstentenis van 'n spesiale bevel die goed aan bogenoemde persoon teruggegee
moes word tensy die
Staat bewys het dat hy nie daarop geregtig was nie. Die
artikels het egter in soveel woorde h bewyslas op die Staat geplaas. Wat
meer
is, die Staat moes hom van hierdie bewyslas by die verhoor gekwyt het. Die
beslissings waarop die appellante se toegewing berus
het, is dus nie behulpsaam
by bepaling van die ligging
25. van die bewyslas wat in verband met art 31
(1) van die Wet ter sprake kom nie.
Nietemin meen ek dat die toegewing tereg gemaak is. In eerste instansie konstitueer 'n beslaglegging van 'n voorwerp ingevolge art 20 van die Wet 'n vorm van spoliasie wat statutêr gemagtig is. Die uiteindelike oogmerk van die magtiging is dat die voorwerp vir doeleindes van bewyslewering of van 'n hofbevel beskikbaar moet wees by strafregtelike verrigtinge wat in verband met die voorwerp ingestel mag word. Indien hierdie oogmerk nie bereik kan word nie, òf omdat geen sodanige verrigtinge ingestel word nie òf omdat die voorwerp nie by die verhoor vir bogenoemde doeleindes nodig is nie, verval die raison d'être van die beslaglegging. Prima facie is die persoon van wie die voorwerp in beslag geneem is dan geregtig op teruglewering daarvan. Die voorwerp is immers uit sy besit ontneem en die doelwit van die
26.
gemagtigde besitsontrowing kan nie bereik word nie. Anders gestel, die rede waarom hy nie vroeër teenoor die Staat aanspraak op teruglewering van die voorwerp kon gemaak het nie, bestaan nie meer nie. Art 31 (1) bepaal dan ook dat die voorwerp aan hom teruggegee moet word onderhewig aan die kwalifikasie dat hy in wettige besit daarvan gestel kan word. Sy aanspraak op inbesitstelling van die voorwerp moet dus heel eerste oorweeg word. By ontstentenis van die subartikel sou die Staat verplig gewees het om die voorwerp aan hom terug te besorg nadat behoud daarvan deur die polisie nie meer bogenoemde oogmerk kon dien nie. So gesien, is dit die reel dat hy geregtig op teruggawe van die voorwerp is, en konstitueer die kwalifikasie 'n uitsondering op daardie reël. Dit kom my daarom voor dat die wetgewer beoog het dat die Staat moet bewys dat die persoon wat voor die beslaglegging in ongestoorde besit van die voorwerp was vanweë die kwalifikasie nie op teruglewering daarvan geregtig is nie.
27.
Dat sulks die oogmerk van die wetgewer was, kan verder met verwysing na die
feite van die onderhawige geval toegelig word. Na beslaglegging
van die voertuie
was die polisie by uitstek toegerus om vas te stel of die voertuie gesteel is en
gesteel gebly het. Hulle was veral
in die gunstige posisie om inligting in te
win van persone of instansies wat heel moontlik nie bereid sou wees om dit aan
'n gewone
indiwidu te verstrek nie. Nkomo en mej Brown was daarenteen nouliks
toegerus om h uitgebreide ondersoek betreffende bogenoemde vraag
in te stel.
Onder andere was hulle nie meer in besit van die voertuie en die se
registrasiedokumente níe. Dit sou dus vir
hulle bykans onmoontlik gewees
het om te bewys dat die voertuie nie gesteel is nie, of nie gesteel gebly het
nie. Aangesien die ondersoek
van die polisie juis op verkryging van getuienis
ter bewys van sodanige diefstal gerig was, of moes gewees het, sou die
28.
omgekeerde van die polisie waar wees - die betrokke feite sou juis aan hulle
bekend of beskikbaar wees. Billikheidsoorwegings
het daarom vereis dat die las
op die appellante gerus het om te bewys dat die voertuie gesteel is en gesteel
gebly het (vgl Mabaso v Felix 1981 (3) SA 865 (A) 873 E-F). Van hierdie
las moes die appellante hul in privaatregtelike verrigtinge kwyt. Die toepaslike
maatstaf was dus bewys
op h oorwig van waarskynlikhede: Olivier v Die Kaapse
Balieraad 1972 (3) SA 485 (A) 496.
In die verbygaan moet ek daarop wys dat Thirion R in sy ongerapporteerde uitspraak in Mdunge v Minister of Police and Another (936/87 NPA) blykbaar aanvaar het dat die persoon van wie h voorwerp in beslag geneem is, moet bewys dat hy dit wettiglik mag besit. Die ligging van die bewyslas is egter klaarblyklik nie in daardie saak beredeneer nie, en Thirion R het geen redes vir bedoelde aanvaarding
29.
verstrek nie.
Ek kom dan by die vraag of die appellante hul wel van bogenoemde bewyslas
gekwyt het. Die hof a quo het o a bevind dat nie bewys is dat die
voertuie ooit gesteel is nie. Twee moontlikhede is genoem. Die eerste is dat
iemand, soos
'n oneerlike werktuigkundige, beplan het om 'n voertuig te steel,
met die oog daarop die oorspronklike nommers deur valse nommers
vervang het,
maar nie sy oogmerk verwesentlik het nie omdat die eienaar vroeër as die
bestemde tyd opgedaag het om sy voertuig
by die motorhawe af te haal. Die tweede
is dat die eienaar van 'n voertuig self met die nommers kon gepeuter het. Dit
sou hy gedoen
het indien hy bv dagga met die voertuig wou laat vervoer en sorg
wou dra dat die voertuig nie met hom verbind kon word indien die
polisie dagga
daarin sou aantref nie. Die vooruitsigte dat een van hierdie twee moontlikhede
sal opduik, is egter so skraal dat hul
na my mening buite
30. rekening gelaat
kan word.
Didcott R het ook op h derde moontlikheid gewys. h Voertuig word gesteel waarna die nommers daarvan verander word op die wyse beskryf deur Joubert. Die voertuig word egter later terugbesorg aan die persoon van wie dit gesteel is as gevolg van, sê, optrede deur die polisie. Bedoelde persoon verkoop dan die voertuig waarna verdere verkope mag volg. Die voertuig het dan nog steeds vervalste nommers maar is nie meer 'n gesteelde voertuig nie.
Indien die gepostuleerde verloop van sake op die Datsun 1400 en Datsun 1800 van toepassing is, was hulle natuurlik nie ten tyde van die beslagleggings gesteelde voertuie nie. Die vraag ontstaan dan of die derde moontlikheid deur die appellante uitgeskakel is.
Indien 'n eienaar onder bogenoemde omstandig-hede sy gesteelde voertuig
terugvind, sal hy bes moontlik nie bewus wees dat die nommers
daarvan
31 .
verander is nie. Indien dit wel tot sy kennis kom, is dit te betwyfel of hy die
moeite sal doen en koste sal aangaan om weer
die oorspronklike nommers op die
voertuig te ,laat aanbring. Bedoelde nommers sal egter nog op sy
registrasiesertifikaat voorkom
en daarom vermeld word in die dokmente wat
aangewend word om registrasie van die voertuig in die naam van 'n koper te
bewerkstellig.
Laasgenoemde se registrasie-sertifikaat sal dus ook die
oorspronklike nommers bevat. Dit volg dus dat indien met h voertuig se nommers
gepeuter is, soos met die Datsun 1800 en Datsun 1400 gebeur het, en valse
nommers op Nkomo en mej Brown se registrasiedokumente voorgekom
het, die
afleiding dat die voertuie gesteel is en gesteel gebly het feitlik onafwendbaar
sou wees.
Dit is reeds vermeld dat die nommers op bedoelde dokumente verskil van dié wat op die identifikasieplate voorkom (asook van die nuwe nommers
32.
wat op die enjins en onderstelle van die voertuie aangebring is). Joubert het egter slegs die identifikasieplate aan die vervaardiger gestuur. Laasgenoemde is dus nooit versoek om na te gaan of die enjin- en onderstelnommer wat op die registrasie-dokumente voorkom valse of egte nommers is nie. Indien dit sou geblyk het dat hulle wel deur die vervaardiger aan onderskeidelik 'n Datsun 1800 en Datsun 1400 toegeken was, sou dit h sterk aanduiding gewees het dat die persone van wie die voertuie onder bespreking gesteel is hul wel later teruggevind en daarna vervreem het. In elk geval sou dan vasgestel kon word of dit inderdaad gebeur het. Joubert se versuim om navrae te doen betreffende die nommers op die registrasiedokumente bring dus mee dat die derde moontlikheid nie uitgesluit kan word nie.
Daar is 'n verdere leemte in Joubert se verklarings. Ek kan my skaars voorstel dat die polisie
33.
nie 'n sentrale register het waarin besonderhede verskyn van voertuie wat as gesteel aangemeld is en wat nog nie teruggevind is nie. Die appellant se advokaat het dan ook toegegee dat daar waarskynlik so 'n register bestaan. Joubert meld egter glad nie of hy probeer vasstel het of 'n Datsun 1400 of Datsun 1800 in so 'n register verskyn nie.
Daar is ook nie enige ander toelaatbare getuienis wat teen die derde moontlikheid spreek nie. Indien Xulu en Conco wel beweer het dat hulle die voertuie van English gekoop het, en laasgenoemde dit ontken het, sou afgelei kon word dat òf Xulu en Conco òf English die voertuie wederregtelik bekom het. Joubert se bewerings in hierdie verband berus egter op hoorsê.
Joubert ae stelling dat volgens sy ondervinding slegs met gesteelde voertuie se nommers gepeuter word, baat nie die appellante nie. Die derde
34.
moontlikheid veronderstel immers juis dat die Datsun
1800 en Datsun 1400 wel gesteel is. My indruk van
Joubert se verklarings
is dat hy nooit oorweeg het of
die voertuie na die diefstal(le) teruggevind
is nie, en
daarom geen ondersoek betreffende hierdie vraag
ingestel het nie.
Die appellante se advokaat het ten slotte aangevoer dat dit waarskynliker is dat die voertuie ge-steel gebly het as dat hulle teruggevind en daarna ver-vreem is. Ek kan nie akkoord gaan nie. Die appel-lante het nooit gepoog om die derde moontlikheid aan die hand van statistiese of ander gegewens die hoof te bied nie. Onder andere weet h mens nie hoe dikwels dit gebeur dat 'n eienaar sy gesteelde voertuig, die oorspronklike nommers waarvan deur die dief uitgewis is, terugvind nie. Ek wys egter daarop dat die beeld-saai van foto's van sodanige voertuie gedurende die reeds genoemde televisieprogram klaarblyklik daarop
35.
gerig is om die eienaars daarvan te probeer opspoor, en dat daardie gedeelte van die program nouliks aangebied sou word indien h redelike mate van sukses nie bereik word nie. Die appellante het hulle gevolgiik nie gekwyt van die las om te bewys dat die Datsun 1800 en die Datsun 1400 gesteel gebly het nie.
Ten slotte is dit nodig, meen ek, om die aan-dag te vestig op gebreke in die
bewoording van art 31 (1 ) wat in die toekoms lig tot
onnodige gedingvoerding
aanleiding kan gee. Eerstens is dit nie voor die hand liggend wie die "betrokke
polisiebeampte" is na wie
in para (b) verwys word nie. Hy is vermoedelik die
poli-siebeampte wat die voorwerp in beslag geneem het of "aan wie so 'n voorwerp
ingevolge die bepalings van hierdie Hoofstuk oorhandig word" (sien art 30). Dit
is egter hoegenaamd nie duidelik na welke bepalings
verwys word nie. Indien die
wetgewer die ondersoek-beampte in gedagte gehad het, is daar geen rede
waarom
36
nie in soveel woorde so gesê sal word nie.
Tweedens, en soos Didcott R tereg aangetoon
het, is dit moeilik om uit die
subartikel af te lei op
welke tydstip die wetgewer beoog het dat verbeuring
van
'n voorwerp moet intree. Al wat bepaal word, is dat
die voorwerp aan
die Staat verbeur word indien
strafregtelike verrigtinge nie ingestel word of
dit
blyk dat die voorwerp nie by sodanige verrigtinge nodig '
sal wees nie en niemand dit wettiglik mag besit of die betrokke polisiebeampte nie weet van iemand wat dit wettiglik mag besit nie. Moet na die kennis van die polisiebeampte gelet word op die datum waarop, sê, die Prokureur-Generaal weier om te vervolg of moet inligting wat hy daarna inwin ook in aanmerking geneem word? En wat is die posisie indien hy vasgestel het dat 'n voorwerp 'n gesteelde item is maar sy onkunde aangaande die identiteit van die eienaar te wyte is aan 'n versuim om alle redelike navrae te doen? In die lig
37.
van hierdie probleme is dit nie onvanpas om aan die
hand
te doen dat 'n herformulering van die subartikel
aangewese is nie. |
Die appèl word met koste afgewys.
H.J.O. VAN HEERDEN AR
RABIE WND HR
SMALBERGER AR
VIVIER AR STEM SAAM
STEYN AR