South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1989 >>
[1989] ZASCA 130
| Noteup
| LawCite
Minister van Wet en Orde v Matshoba (192/1988) [1989] ZASCA 130; [1990] 1 All SA 425 (A) (29 September 1989)
Download original files |
LL Saak No 192/1988
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
DIE MINISTER VAN WET EN ORDE Appellant
en
SHEPARD
MATSHOBA Respondent
CORAM: CORBETT HR, BOTHA, E.M. GROSSKOPF
MILNE et EKSTEEN ARR
VERHOORDATUM: 18 MEI 1989
LEWERINGSDATUM: 29 SEPTEMBER 1989
UITSPRAAK BOTHA AR:
2.
Ek het die voordeel daarvan gehad om die uitsprake te lees van my Kollegas E
M GROSSKOPF AR en
EKSTEEN AR. Ek stem saam met die gevolgtrekking van
GROSSKOPF AR dat die appèl van die hand gewys word. Ek stem ook saam met
die redes wat in sy uitspraak vir daardie gevolgtrekking uiteengesit word.
Vanweë die uiteenlopende sienswyses wat in die twee
uitsprake vervat is, ag
ek dit egter nodig om my eie standpunt te stel aangaande die meningsverskille
tussen my Kollegas. Soos hieronder
sal blyk, behels dit grotendeels net 'n
uitbreidende kommentaar op sommige van die menings wat alreeds in die uitspraak
van GROSSKOPF
AR uitgespreek is, ten einde aan te dui waarom ek, met eerbied,
nie met die besware van EKSTEEN AR daarteen saamstem nie; maar in
enkele
ondergeskikte opsigte is ek van mening dat die gevolgtrekking wat GROSSKOPF AR
bereik het, ook langs 'n ander weg bereik kan
word as wat deur hom aangegee
is.
Die middelpunt van die meningsverskille
3. tussen my Kollegas is die aanvaarding deur GROSSKOPF AR
van die
beginsel dat 'n persoon wat teen sy aanhouding beswaar maak, in eerste instansie
niks meer hoef te beweer as dat hy deur die
verweerder of respondent aangehou
word nie. Hierdie beginsel word ontleen aan die analogie van die geval van 'n
eienaar van 'n saak
wat met 'n reivindicatio die lewering van die saak
aan hom vorder van iemand wat in besit daarvan is. In so 'n geval staan dit vas
dat die eienaar aanvanklik
slegs hoef te beweer dat hy die eienaar is en dat die
persoon wat hy aanspreek die saak in sy besit het, soos blyk uit die beslissings
van hierdie Hof waarna daar verwys word in die uitspraak van GROSSKOPF AR. Die
erkenning van 'n geldige eisoorsaak op hierdie grondslag
word in die regspraak
gewoonlik teruggevoer na die beslissing in die bekende saak van Graham v
Ridley 1931 TPD 476. Vir gemak sal ek na die regsposisie wat in so 'n geval
geld, verwys as die Graham v Ridley-beginsel. Met die toepassing van die
Graham v Ridley-beginsel word daar
4.
tans allerweë aanvaar dat bewerings dat die aangesprokene se besit van
die saak onregmatig is en dat hy dit besit teen die sin
van die eienaar,
oorbodig is. Waar oorweging geskenk word aan die moontlike analogiese toepassing
van die Graham v Ridley-beginsel op 'n geval soos die huidige, in die
verband van 'n aangehoudene wat hom bekla oor sy aanhouding, behoort bewerings
van
die aard wat ek genoem het, ook as oorbodig beskou te word. Ek sou nietemin
verkies om in hierdie geval te praat van iemand wat teen
sy sin aangehou word,
nie as 'n kwessie van beginsel nie, maar bloot by wyse van taalgebruik wat
daarop gerig is om te beklemtoon
dat ons hier te doen het met die aantasting van
die fundamentele reg van 'n mens op sy persoonlike vryheid.
In die uitspraak
van EKSTEEN AR word die analogiese toepassing van die Graham v
Ridley-beginsel op 'n geval soos die huidige, verwerp op 'n tweeledige
grondslag: enersyds vanweë oorwegings van 'n
5. prosesregtelike aard, en
andersyds vanweë oorwegings van 'n materieelregtelike aard. Ek sal
agtereenvolgens hierdie oorwegings
in die algemeen in oënskou neem. Daarna
sal ek aandag skenk aan die toepassing van die menings wat ek in dié
verband
gaan uitspreek, op die besondere omstandighede van die huidige
saak.
Ten opsigte van die prosesregtelike oorwegings, wys EKSTEEN AR tereg
daarop dat die beslissings van hierdie Hof wat aangehaal word
in die uitspraak
van GROSSKOPF AR, waarin die Graham v Ridley-beginsel toegepas is, almal
gevalle was waar die aksie-prosedure gevolg is; dit was trouens ook die geval in
die Graham v Ridley-saak self. Die aanwending van die Graham v
Ridley-beginsel in mosie-verrigtinge sal ongetwyfeld 'n afwyking behels van
die gewone praktyksreëls met betrekking tot sowel die uiteensetting
van 'n
applikant se saak in sy funderende beëdigde verklarings as die aantal
stelle beëdigde verklarings daaropvolgend
wat gewoonlik toegelaat
word,
6. soos EKSTEEN AR in sy uitspraak aantoon. Ek kon slegs een
gerapporteerde saak opspoor waarin die Graham v Ridley-beginsel in
mosie-verrigtinge aangewend is. Dit is die saak van Thomas v Guirguis
1953 (2) SA 36 (W). Daar het die applikant 'n uitsettingsbevel teen die
respondent aangevra op sterkte van 'n funderende beëdigde verklaring
waarin
daar slegs beweer is dat die applikant die geregistreerde eienaar van die
betrokke grond is en dat die respondent in onregmatige
besit daarvan is. Die
respondent het in sy beantwoordende verklaring feite aangevoer ter ondersteuning
van 'n bewering dat hy die
grond besit kragtens 'n regsgeldige titel. Die
applikant het in sy repliserende beëdigde verklaring feite aangevoer om aan
te
toon dat die respondent se beweerde titel om te besit tot 'n einde gekom het.
In daardie saak was daar dus net die gebruiklike drie
stelle beëdigde
verklarings, en in daardie vorm het die aansoek voor die Hof gekom. In die loop
van sy uitspraak het CLAYDEN
R die volgende
7.
gesê (op 37 C-G):
"The applicant's claim to relief is founded on Graham v Ridley, 1931 TPD 476, which lays down that an owner, seeking ejectment, can base his claim on his ownership. It would then be for the occupier to set up, and prove, a right of occupation against the
owner
And where such a claim to ejectment is
made not in an action but in an application the applicant must I consider have the right to put forward his claim on the same basis; though of course in the case of an application the disputes of fact which arise thereafter may not be determinable without the hearing of evidence."
Dit blyk egter nie of daar in daardie saak
namens die respondent beswaar gemaak is teen die
prosedure wat die
applikant gevolg het en of die
aangeleentheid in die betoog voor CLAYDEN R
geopper en
beredeneer was nie. Dit is ook nie duidelik of
CLAYDEN R die
breër implikasies van die prosedure wat
gevolg is in verband met die
gewone praktyksreëls ten
opsigte van mosie-verrigtinge in oorweging
geneem het
nie. Ek sou gevolglik nie sy uitlatings wou beskou as
'n finale
uitsluitsel oor die bevraagtekening van so 'n
8.
prosedure wat vervat is in die uitspraak van EKSTEEN AR nie. In die huidige
saak het ons egter nie te doen met die gebruik van die
Graham v
Ridley-beginsel as sodanig nie, en dit is dus nie nodig om die vraag of dit
in mosie-verrigtinge aanwending kan vind verder te ondersoek
of 'n mening
daaroor uit te spreek nie. Wat in die onderhawige saak ter sprake is, is die
analogiese toepassing van die Graham v Ridley-beginsel op die geval van
'n aangehoudene wat 'n bevel vir sy vrylating aanvra. In hierdie situasie is
daar ander oorwegings wat
na vore tree, en om dié punt te onderstreep sal
ek argumentshalwe veronderstel dat die betrokke beginsel in die samehang van
'n
reivindicatio nie in die mosie-proses inpas nie.
As dit vir 'n
aangehoudene geoorloof is om in 'n aansoek wat gerig is op sy vrylating hom te
verlaat op 'n beëdigde verklaring
waarin bloot beweer word dat hy teen sy
sin deur die respondent aangehou word, dan moet die f eit onder die oë
gesien word dat
in die
9.
oorgrote meerderheid van gevalle daar wel meer stelle beëdigde verklarings vereis en aanvaar sal moet word as wat volgens ons gewone praktyksreëls toegelaat word. Dit kan met 'n eenvoudige voorbeeld toegelig word. Die respondent sal in sy beantwoordende verklaring hom bloot kan beroep op 'n lasbrief wat die aangehoudene se aanhouding regverdig en wat uitgereik is kragtens en in ooreenstemming met 'n magtigende statutêre bepaling. Die applikant kan dan in sy repliserende verklaring beweer dat die betrokke lasbrief onbehoorlik uitgereik is, sê maar omdat die respondent mala fide opgetree het, en feite aanvoer om die bewering te onderskraag. Die respondent moet dan vanselfsprekend die geleentheid gegun word om op sodanige bewerings en feite te antwoord, In die meeste gevalle sal die applikant op sy beurt 'n geleentheid moet kry om op die respondent se verdere bewerings te antwoord. Dit is duidelik dat in hierdie proses, in plaas van die gebruiklike drie, ten minstens vyf stelle beëdigde verklarings aan die orde
10.
van die dag sal wees. Dit sou klaarblyklik 'n
ingrypende afwyking behels van die gewone praktyksreëls
wat geld in
mosie-verrigtinge. Die vraag is of dit
toegelaat behoort te word. Volgens my
beskouing is die
antwoord ja. Na my mening is 'n uitsonderlike
bena-
dering in hierdie soort gevalle geregverdig vanweë
die
fundamentele aard van die reg op persoonlike vryheid.
Die beskerming
van daardie reg van die indiwidu deur
ons Howe, teen ongemagtigde of
onbehoorlike aantasting
van owerheidsweë, behoort nie belemmer te word
deur
gewone praktyksreëls nie. Ek dink dat hierdie
benadering
aansluit by die uitspraak van RUMPFF HR in
Wood and Others v Ondangwa
Tribal Authority and Another
1975 (2) SA 294 (A) op 311 B-C. Daar is
met
goedkeuring aangehaal uit h Amerikaanse werk, waarin
gesê word
dat die habeas corpus-wette
"should receive a liberal construction, in disregard, if need be, of the technical language used and should always be construed in favor of the liberty of the citizen.";
11.
en ook:
"The writ is not and never has been a static, narrow, formalistic remedy. Its scope has grown to achieve its purpose - the protection of individuals against erosion of the right to be free from wrongful restraints on their liberty."
Die feit dat h prosedure soos dié wat tans
onder bespreking is, nog nie vantevore erkenning geniet
het nie, is geen
beletsel in die weg van die erkenning
daarvan nou nie, as daar 'n behoefte
daarvoor bestaan. Na my mening bestaan so 'n behoefte wel. Aangenome voorlopig
(ek kom weldra
hierop terug) dat, volgens die materiële reg, h aangehoudene
h prima facie eisoorsaak vir sy vrylating kan daarstel deur die blote
bewering dat hy teen sy sin aangehou word, na analogie van die Graham v
Ridley-beginsel, sou dit beteken dat hy by wyse van h aksie in sy
besonderhede van vordering sou kon volstaan met so h bewering. Maar prosedure
by
wyse van 'n aksie, met die onvermydelike vertraging wat daaraan verbonde is
voordat regshulp uiteindelik verkry
12.
kan word, is heeltemal ondoelmatig en onvanpas as 'n regsmiddel om die
indiwidu te beskerm teen ongeoorloofde vryheidsontneming. Die
vooruitsig om
spoedig 'n onregmatige aanhouding te beëindig deur gebruikmaking van
mosie-verrigtinge behoort nie van 'n aangehoudene
weerhou te word nie.
Terselfdertyd behoort die aanwending van 'n vinniger prosedure om regshulp te
verkry nie die aangehoudene se
las te beswaar ten opsigte van die inhoud van die
eisoorsaak wat die materiële reg aan hom bied nie. Gevolglik is ek van
mening
dat 'n aangehoudene toegelaat moet word om in mosie-verrigtinge 'n bevel
vir sy vrylating aan te vra, op sterkte van 'n funderende
beëdigde
verklaring waarin bloot beweer word dat hy teen sy sin aangehou word deur, of op
aandrang van, die respondent, nieteenstaande
(en by wyse van h uitsondering op)
die algemeen-geldende vereiste dat h applikant sy hele saak volledig in sy
openingsverklaring
moet openbaar, en die beperking wat normaalweg geld met
betrekking tot die
13. aantal stelle beëdigde verklarings wat in
mosie-verrigtinge aanvaarbaar is.
Tot dusver het ek die prosesregtelike aspek
van die saak benader vanuit die oogpunt van die aangehoudene. Ek het egter nie die belange van die respondent in sake van hierdie aard uit die oog verloor nie. In die algemeen sal die respondent h owerheidsinstansie wees wat belas is met die taak om uitvoering te gee aan die funksie van die uitvoerende gesag om wet en orde te handhaaf. Vanselfsprekend moet daardie funksie nie misken word nie, en dit sou nie deug om 'n vorm van prosedure goed te keur wat 'n onnodige of onbehoorlike belemmering sou plaas op die uitvoering van daardie funksie nie. Ek is egter oortuig daarvan dat daar in die menings wat ek hierbo uitgespreek het geen gevaar van so 'n aard steek nie. Volgens die huidige stand van ons reg (ek stel dit so, omdat die reg nie staties is nie, in die besonder ook nie op hierdie gebied nie) sal die bewyslas wat op die
14.
respondent rus om die aanhouding van die applikant te regverdig, van beperkte
omvang wees. Ek sê dit na aanleiding van die beslissing
van hierdie Hof in
Minister of Law and Order and Another v Dempsey 1988 (3) SA 19 (A). Dit
is 'n saak waarna ek weldra verder sal verwys. Vir die huidige is dit genoeg om
te sê dat die respondent slegs sal
hoef te bewys (aanvanklik, in elk
geval) dat die applikant aangehou word kragtens die een of ander statutêre
magtiging en dat
sy aanhouding val binne die bestek van die magtigende bepaling
en die voorskrifte wat daarin vervat is aangaande die uitoefening
van die
bevoegdheid wat daarvolgens verleen word. Die feite wat in hierdie verband ter
sake is, sal natuurlik baie geredelik toeganklik
wees vir die respondent (anders
as vir die applikant). As die aangehoudene se aanhouding regmatig is, sal dit
vir die respondent
dus geen buitensporige moeite kos om dit te bewys nie.
Inaggenome die drastiese gevolge van vryheidsontneming,
15. is ek van mening
dat dit gesonde regsbeleid is om 'n aangehoudene toe te laat om die
owerheidsinstansie wat verantwoordelik is
vir sy aanhouding, te daag om die
regmatigheid daarvan te bewys op die wyse hierbo bespreek.
Om die bespreking
van die prosedure-aspek af te handel, moet daar verwys word na die bepalings van
Reël 6 van die Eenvormige
Hofreëls. Reël 6(1) vereis dat 'n
kennisgewing van mosie gesteun word deur 'n beëdigde verklaring "wat die
feite bevat
waarop die aansoek berus". In die geval van 'n aangehoudene wat in h
kennisgewing van mosie 'n bevel aanvra wat sy vrylating uit
aanhouding gelas,
moet daar deur ons Howe aanvaar word, op grond van wat hierbo gesê is, dat
'n ondersteunende beedigde verklaring
wat beweer dat die applikant teen sy sin
deur, of op aandrang van, die respondent aangehou word, h afdoende uiteensetting
bevat van
"die feite waarop die aansoek berus". Reël 6(5)(d)(ii) het
betrekking op die aflewering van 'n
16.
beantwoordende beëdigde verklaring, en Reël 6(5)(e)
maak
voorsiening vir die aflewering van 'n repliserende
beëdigde verklaring.
Reël 6(5)(e) bepaal dan soos
volg:
"Die hof kan na goeddunke die indiening van verdere beëdigde verklarings toelaat."
In die besondere soort geval wat tans
onder bespreking
is, sal daar deur ons Howe aanvaar moet word dat
die
diskresie om verdere beëdigde verklarings toe te
laat,
vanweë die uitsonderlike toestand van sake wat hier
geld, in
die reël uitgeoefen sal moet word ten gunste
van die toelating van
verdere beëdigde verklarings.
Hierbo het ek aangedui dat vyf stelle
beëdigde ver-
klarings waarskynlik aan die orde van die dag sal
wees.
Die presiese getal beëdigde verklarings wat toegelaat
sal word, sal afhang van die besondere omstandighede
van elke geval en sal
steeds onderhewig wees aan die
uitoefening van 'n regterlike diskresie.
Vervolgens kom ek by die besware van 'n
17. materieelregtelike aard wat EKSTEEN AR opper teen die analogiese toepassing van die Graham v Ridley-beginsel in die uitspraak van GROSSKOPF AR. Die vraag is wat die noodsaaklike bestanddele is van die eisoorsaak van h aangehoudene wat sy vrylating eis. Na my oordeel lê die klinkklare antwoord op hierdie vraag opgesluit in die beslissings van hierdie Hof aangaande die bewyslas in gevalle waar die geldigheid van h inhegtenisneming in geskil is. Ek verwys na Minister of Law and Order v Hurley and Another 1986 (3) SA 568 (A) en Minister of Law and Order and Another v Dempsey 1988 (3) SA 19 (A). Die passasies in die uitsprake in diê twee sake wat vir my van deurslaggewende belang is, is alreeds ten dele aangehaal in die uitspraak van GROSSKOPF AR, maar vir gemak van verwysing haal ek hulle in die geheel hier aan. In die Hurley-saak het RABIE HR verwys na die vroeëre uitspraak van OGILVIE THOMPSON AR in Brand v Minister of Justice and Another 1959 (4) SA 712 (A) op 714 F-H, en gesê (op 589 D-F):
18.
"In view of the aforegoing I hold that the above-quoted passage in the judgment of OGILVIE THOMPSON JA in Brand's case supra contains a correct statement of the law as to the question of onus in the case of arrests without warrant and, furthermore, that the law as there stated also applies to arrests under s 29(1) of Act 74 of 1982. I would add that I consider it to be good policy that the law should be as there stated. An arrest constitutes an interference with the liberty of the individual concerned, and it therefore seems to be fair and just to require that the person who arrested or caused the arrest of another person should bear the onus of proving that his action was justified in law."
In die Dempsey-saak het HEFER AR gesê (op 38 B-D):
"I accept, of course, that the onus to justify an arrest is on the party who alleges that it was lawfully made and, since an arrest can only be justified on the basis of statutory authority, that the onus can only be discharged by showing that it was made within the ambit of the relevant statute. Any statutory function can, after all, only be validly performed within the limits prescribed by the statute itself and, where a fact or a state of affairs is prescribed as a precondition to the performance of the function (a so-called jurisdictional fact), that fact or state of affairs must obviously exist and be shown to have existed before it can be said that the function was validly performed."
19.
In die samehang van die huidige bespreking kan dit geen verskil maak of 'n inhegtenisneming met of sonder 'n lasbrief uitgevoer is nie. Voorts kan dit in beginsel, wat die ligging van die bewyslas betref, geen verskil maak of dit gaan om h vryheidsberowing deur inhegtenisneming of om 'n volgehoue vryheidsinperking wat bestaan uit aanhouding ten gevolge van h inhegtenisneming nie. As die bewyslas om 'n inhegtenisneming te regverdig, rus op die instansie wat dit bewerkstellig het, dan spreek dit vanself dat die bewyslas om die aanhouding van 'n persoon te regverdig insgelyks rus op die instansie wat daarvoor verantwoordelik is. En as so 'n instansie dan beswaar is met die las om te bewys dat die aanhouding regmatig is, dan volg dit vanself dat die aangehoudene nie hoef te bewys, nie eens prima facie nie, dat sy aanhouding onregmatig is. Daaruit volg dit verder vanself dat h bewering van onregmatigheid geen bestanddeel is van 'n aangehoudene se eisoorsaak met betrekking tot 'n eis om
20.
'n bevel vir sy vrylating nie. Uiteindelik volg dit dan ook vanself dat hy
niks meer hoef te beweer of te bewys as dat hy teen sy
sin aangehou word nie, om
sodoende die bewyslas wat op sy teenparty rus in werking te stel.
Die
voorgaande gevolgtrekking is volgens my beskouing logies so h onafwendbare
uitvloeisel van die uitlatings in die sake van Hurley en Dempsey
wat ek hierbo aangehaal het, dat ek geen ruimte kan sien vir 'n ander standpunt
nie. Daardie uitlatings weerspieël ons reg soos
dit vandag toegepas word.
Andersluidende gedagtes wat blyk uit ou sake en verhandelings uit vervloë
jare, soos dié wat
in EKSTEEN AR se uitspraak aangehaal word, kan nie
meer as geldig beskou word nie. Sover dit die punt onder bespreking aangaan, sou
dit geen nut hê om die geskiedkundige ontwikkeling van die prosedure in
verband met die interdictum de libero homine exhibendo van ons reg of
habeas corpus van die Engelse reg na te gaan nie. Daarvoor is die
huidige
21 . regsposisie te duidelik. Op dieselfde grondslag dink ek nie dat
dit nodig is om ondersoek in te stel na die hedendaagse standpunt
van die
Engelse howe oor hierdie punt nie. In die saak waarna EKSTEEN AR verwys,
Khawala v Secretary of State for the Home Department and Another [1983] UKHL 8; (1983) 1
All ER 765 (HL), gebruik LORD SCARMAN uitdrukkings soos "probable cause", "a
case fit to be considered by the court", en "a prima facie . case". Met
die geringe navorsing van die Engelse regspraak wat ek gedoen het, moet ek beken
dat die presiese strekking en trefwydte
van daardie uitdruk-kings as deel van
die Engelse reg nie vir my duidelik is nie. Maar ek vind dit onnodig om verder
daarop in te
gaan. Selfs al sou 'n mens veronderstel dat die Engelse howe tans
vereis dat h aangehoudene altyd getuienis moet aanbied om 'n prima facie
saak ten opsigte van die onregmatigheid van sy aanhouding te bewys, met
betrekking tot die statutêre magtiging waarvolgens
hy na bewering aangehou
word, sou dit my
22.
nie oorreed om te bevind dat die posisie in ons reg
dieselfde is of
behoort te wees nie.
In sy uitspraak steun EKSTEEN AR op 'n
uittreksel uit die uitspraak van HEFER AR in die
Dempsey-saak, op
37I-38A, wat, oppervlakkig beskou, sy
standpunt skyn te onderskraag. In
werklikheid is dit
nie so nie. Ek haal die betrokke passasie ten volle
aan
(en ek beklemtoon die kernsin daarvan vir huidige
doeleindes):
"It cannot be expected of a respondent to deal effectively in an opposing affidavit with unsubstantiated averments of mala fides and the like without the specific facts on which they are based being stated. So much the more can it not be expected of a respondent to deal effectively with a founding affidavit in which no averment is made, save a qeneral one that a detention is unlawful. And if Trengove JA is correct, this is indeed what a respondent will be obliged to do. Unlike other statutory functionaries, he will in effect be obliged to disclose the reasons for his decision and be compelled to cover the whoie field of every conceivable ground for review, in the knowledge that, should he faii to do so, a finding that the onus has not been discharged may ensue. Such a state of affairs is
23.
quite untenable."
Hierdie uitlatings van HEFER AR is
gemaak met verwysing
na die uitspraak van TRENGOVE AR (waarmee ek
saamgestem
het) in Kabinet van die Tussentydse Regering
vir
Suidwes-Afrika en 'n Ander v Katofa 1987 (1) SA 695
(A).
HEFER AR het TREN'GOVE AR se uitspraak vertolk asof dit
sou meebring dat
"it would have been incumbent upon the Administrator-General to produce sufficient evidence to show that there was not a single ground upon which the exercise of his discretion could be assailed."
(op
37 E/F), 'n vertolking wat ook weerspieël word in
die laaste gedeelte
van die passasie hierby aangehaal. Of daardie vertolking geregverdig is, is tans
nie ter sake nie. Feit is dat
HEFER AR, op grondslag van daardie vertolking, in
sy uitspraak daarop ingestel was om te verduidelik waarom TRENGOVE AR se
uitspraak
nie vir hom aanvaarbaar was nie. In hierdie verband was dit van
pertinente belang vir HEFER AR se beredenering dat in die Katofa-saak
die
funderende beëdigde
24.
verklaring wat namens die aangehoudene gemaak is, wesentlik slegs die blote
bewering bevat het dat die aangehoudene se aanhouding
onregmatig was (kyk
Dempsey op 361). Dit verklaar waarom die kernsin wat ek in die aanhaling
hierbo beklemtoon het, in daardie passasie voorkom. Gelees in die
totale
samehang van HEFER AR se beredenering, was die kernsin slegs daarop gemik om aan
te dui dat die gevolge voortspruitend uit
TRENGOVE AR se uitspraak, soos vertolk
deur HEFER AR, nie aanvaarbaar was nie. In die samehang van sy beredenering was
HEFER AR nie
gemoeid met 'n oorweging van wat 'n aangehoudene hoef te beweer ten
einde die bewyslas van die respondent met betrekking tot die
sogenaamde
jurisdiksionele feite aangaande die regmatigheid van die aanhouding, soos
bespreek in Dempsey op 38 B-I, in werking te stel nie. Dit was nie ter
sake in die Dempsey-saak nie; HEFER AR het bevind dat in die
Katofa-saak die betrokke jurisdiksionele feite wel bewys is (kyk
Dempsey op 36J-
25. 37A) en in die Dempsey saak self was dit
gemeensaak dat dit die geval was (kyk op 38 F-G en 39E). In die
Dempsey-saak het dit slegs gegaan om wat 'n aangehoudene
moet beweer
en bewys in verband met 'n aantyging dat die betrokke owerheidsinstansie sy
statutêre bevoegdheid onbehoorlik of
mala fide uitgoefen het, wat
nie in die huidige bespreking ter sake is nie. Na my mening is die beslissing in
die Dempsey-saak dus nie gesaghebbend ten opsigte van die vraag wat tans
onder oorweging is nie.
Samevattend is ek van mening dat dit vir 'n
aangehoudene voldoende is om in mosie-verrigtinge onder eed te beweer dat hy
teen sy sin
aangehou word, ten einde bewys te verg van die owerheidsinstansie
wat verantwoordelik is vir sy aanhouding, dat sodanige aanhouding
voldoen aan
die voorskrifte van h statutêre bepaling wat die aanhouding magtig - of,
anders gestel, na aanleiding van die benadering
in die Dempsey-saak, dat
die jurisdiksionele feite met betrekking tot die
26.
aanhouding aanwesig is. Ek is terdeë bewus daarvan dat hierdie standpunt
nog nie vantevore pertinent in ons regspraak geformuleer
is nie, maar na my
oordeel is dit h logiese en natuurlike uitvloeisel van ons bestaande reg. Ek is
verder van oordeel dat dit in
ooreenstemming is met gesonde regsbeleid,
vanweë my beskouing van die belangrikheid van die rol wat ons Howe moet
speel in verband
met die béskerming van die indiwidu se reg op
persoonlike vryheid, teen die ontneming daarvan deur die owerheid, behoudens
optrede van die owerheid wat duidelik binne die raamwerk van magtigende
statutêre maatreels val.
Ten slotte kom ek by die toepassing van die
gevolgtrekkings wat hierbo bereik is, op die feite van die onderhawige saak.
Indien die
aangehoudene in sy funderende beëdigde verklaring slegs beweer
het dat hy teen sy sin in die Victor Verster-gevangenis aangehou
word, dan sou
die Minister die volgende moes bewys het, om dit kort te stel: 'n arrestasie van
die aangehoudene
27.
deur 'n lid van h Mag, wat die oordeel gevorm het wat beoog word in regulasie
3(1); 'n skriftelike bevel, onderteken deur h lid van
h Mag, soos wat beoog word
deur regulasie 3(1), vir die aanhouding van die aangehoudene in die
Worcester-gevangenis; 'n skriftelike
kennisgewing van die Minister, soos beoog
in regulasie 3(3), vir die verdere aanhouding van die aangehoudene in die
Worcester-gevangenis;
en h skriftelike lasgewing van die Minister of sy
gemagtigde, soos beoog in regulasie 3(4), vir die verwydering van die
aangehoudene
uit die Worcester-gevangenis en sy aanhouding in die Victor
Verster-gevangenis.
Die aangehoudene het egter in sy funderende verklaring
baie verder gegaan as wat noodsaaklik was volgens die analogiese toepassing
van
die Graham v Ridley-beginsel. (Terloops wil ek daarop wys dat dit
dikwels, indien nie meestal nie, vir h aangehoudene, vanweë oorwegings van
taktiek
en doelmatigheid,
28.
voordeliger sal wees om uit die staanspoor uit sy saak op 'n breedvoeriger wyse aan te voer as wat streng gesproke noodsaaklik is.) Na my mening doen hierdie feit egter geen afbreuk aan die aard en die omvang van die bewyslas wat op die Minister gerus het, soos hierbo opgesom is nie. Wel het dit meegebring dat die Minister verder moes gaan, om die besondere bewerings die hoof te bied wat die aangehoudene gemaak het ten opsigte van die ongeldigheid van sy inhegtenisneming. Maar daardie omstandigheid het geen inkorting teweeg-gebring van die vereiste dat die Minister al die jurisdiksionele feite moes bewys wat nodig was om die aangehoudene se aanhouding in die Victor Verster-gevangenis te regverdig nie. In beginsel, meen ek, kan h respondent se bewyslas in hierdie verband nie verlig word bloot omdat die aangehoudene meer gesê het as wat hy hoef te gesê het nie. Na my mening is daar net een enkele uitsonderingsgeval, waar h respondent se bewyslas verlig kan word, en dit is waar 'n aangehoudene
29.
by voorbaat 'n bepaalde jurisdiksionele feit erken, uitdruklik of deur
noodsaaklike implikasie. Onderhewig aan daardie enkele uitsondering,
is ek van
oordeel dat 'n respondent in hierdie soort aansoeke altyd die jurisdiksionele
feite moet bewys wat die aangehoudene se
aanhouding regverdig, wat ook al die
bewerings is wat die aangehoudene in sy openingsverklaring maak.
Uit die
voorgaande oorwegings volg dit dat daar na my oordeel, met eerbied gesê,
geen nodigheid is vir die diepgaande ontleding
en vertolking van die
aan-gehoudene se bewerings in sy funderende en repliserende beëdigde
verklarings, waaraan hulle onderwerp
word in die uitspraak van EKSTEEN AR nie.
Slegs twee aspekte van die inhoud van sy verklarings is ter sake om tot h
beslissing te
geraak in hierdie saak. Die eerste is dat hy sê dat hy in
die Victor Verster-gevangenis aan-gehou word, klaarblyklik met die
noodwendige
implikasie dat dit teen sy sin is, en dat sy bede onder andere is vir 'n bevel
wat sy vrylating gelas. Die tweede is
dat
30. hy nie by voorbaat enige
jurisdiksionele feit met be-trekking tot sy ,aanhouding in die Victor
Verster-geyangenis erken nie, nog
uitdruklik nòg deur nood-wendige
implikasie, en dat hy ook nie gesê kan word afstand te gedoen het van die
reg om te
eis dat al die betrokke jurisdiksionele feite behoorlik bewys word
nie. Uit hoofde van hierdie twee aspekte van die aangehoudene
se saak kon die
Minister die verlening van die aangevraagde vrylatingsbevel vermy slegs deur al
die betrokke jurisdiksionele feite
te bewys. Dit het onder meer ingesluit die
bewys van die bestaan van 'n skriftelike lasgewing van die Minister of sy
gemagtigde,
kragtens regulasie 3(4), vir die aanhouding van die aangehoudene in
die Victor Verster-gevangenis. Daardie bewys het ontbreek. Gevolglik
was die
aangehoudene geregtig op die vrylatingsbevel wat hy aangevra het. Volgens my
beskouing van die saak is al die ander aspekte
van die aangehoudene se
beëdigde verklarings, asook diê van die Minister en die
31 .
polisiebeamptes, oorbodig en irrelevant. Daar is geen ruimte vir 'n ondersoek na
die vraag of dit billik of onbillik was om van
die Minister te verwag om die
ontbrekende lasgewing voor te lê nie; hy was van regsweë verplig om
dit te doen ten einde
hom van sy bewyslas te kwyt. Dit is ook nie ter sake of
die Minister subjektief gedink het dat hy nie geroepe was om die ontbrekende
lasbrief voor te lê nie, vanweë die strekking van die aangehoudene se
aanval op die geldigheid van sy inhegtenisneming
as sodanig; die objektiewe reg
bepaal wat die Minister moes bewys het om die aanhouding van die aangehoudene te
regverdig. Gevolglik
is die Minister in geen posisie om die lacuna in sy
saak te wyt aan die inhoud van die aangehoudene se verklarings nie.
Om al die
voorgaande redes stem ek saam met die bevel wat genoem word aan die einde van
die uitspraak van GROSSKOPF AR.
A.S. BOTHA AR
CORBETT HR
STEM SAAM MILNE AR