South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1989 >> [1989] ZASCA 165

| Noteup | LawCite

Masuku v Minister van Justisie en Andere (317/1989) [1989] ZASCA 165 (30 November 1989)

Download original files

PDF format

RTF format


LL Saak No 317/1989

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING

In die saak tussen:

SIBUSISO SENELE MASUKU Petisionaris

en

DIE MINISTER VAN JUSTI
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA Eerste Respondent
DIE PROKUREUR-GENERAAL VAN TRANSVAAL Tweede Respondent
DIE BALJU VAN TRANSVAAL Derde Respondent

CORAM: HOEXTER, BOTHA, VAN HEERDEN, F.H.

GROSSKOPF ARR et NICHOLAS WnAR
VERHOORDATUM: 17 NOVEMBER 1989
LEWERINGSDATUM: 30 NOVEMBER 1989

UITSPRAAK BOTHA AR:-

2.

Hierdie uitspraak het betrekking op 'n aansoek om verlof om te appelleer wat na die Hof verwys is vir oorweging ingevolge artikel 316 (8) (d) van die Strafproseswet 51 van 1977 ("die Wet").
Die applikant is op 31 Augustus 1987 in die Transvaalse Provinsiale Afdeling ter dood veroordeel, nadat hy deur HUMAN WnR en assessore skuldig bevind is aan moord sonder versagtende omstandighede. 'n Aansoek om verlof om te appelleer teen sy skuldigbevinding en vonnis is deur die Verhoorregter van die hand gewys op 16 Oktober 1987. 'n Versoekskrif gerig aan die HOOFREGTER, waarin sodanige verlof aangevra is, is ook van die hand gewys, op 15 Februarie 1988. Gedurende September 1988 het die applikant 'n versoekskrif gerig aan die Staatspresident om begenadiging (vgl artikel 326 van die Wet). Daarna, op 'n datum wat nie blyk uit die stukke nie, het die Staatspresident besluit om nie die applikant te begenadig nie. Gevolglik is 'n datum vir die teregstelling van die applikant bepaal, naamlik

3.

24 Mei 1989.

Op 23 Mei 1989 het die applikant 'n dringende

aansoek aan die Transvaalse Provinsiale Afdeling gerig
om 'n uitstel van sy teregstelling te verkry. As
eerste respondent het hy gesiteer die Minister van
Justisie ("die Minister"), en as tweede respondent die
Balju van die Transvaal. In sy kennisgewing van mosie
het die applikant 'n bevel aangevra, waarvan paragrawe 2
en 3 soos volg lui:

"2. Dat die Eerste Respondent gelas word om die voltrekking van die doodsvonnis op die Applikant wat vir Woensdag 24 Mei 1989 bepaal is uit te stel ten einde die Applikant die geleentheid te gee om ingevolge die bepalings van artikel 327 van die Strafproseswet, Wet 51 van 1977, 'n versoekskrif gesteun deur beëdigde verklarings aan die Staatspresident te rig in welke verband die Applikant reeds instruksies aan sy prokureur gegee het;
3. Dat die Tweede Respondent belet word om die doodsvonnis te voltrek hangende die uitslag van die versoekskrif en die prosedures wat daarop volg."

In sy bevestigende beëdigde verklaring het die

4.

applikant onder meer die volgende bewerings gemaak:

"8.

Ek is skuldig bevind op grond van die getuienis van twee ooggetuies. Ek is egter nou meegedeel dat die twee ooggetuies erken dat hulle valse getuienis afgelê het in die Verhoorhof en dat hulle nou die getuienis wil wysig.

9.

Ek wil nou ingevolge die bepalings van artikel 327 van die Strafproseswet, Wet 51 van 1977 'n versoekskrif aan die Staats-president rig waarin ek sal beweer dat verdere getuienis nou beskikbaar geword het wat my skuldigbevinding asook die doodsvonnis wat my opgelê is, wesenlik kan raak. Ek doen respekvol aan die hand dat ek die reg het om sodanige versoekskrif te rig en alle regsmiddele tot my beskikking uit te put alvorens die vonnis voltrek word."

Ter ondersteuning van die bewerings dat verdere
getuienis beskikbaar geword het en dat die genoemde
twee ooggetuies erken het dat hulle valse getuienis
afgelê het in die Verhoorhof, het die applikant twee
beëdigde verklarings by sy aansoek aangeheg, waarna ek

later weer sal verwys.
5. Die aansoek is aangehoor deur HUMAN WnR. Hy het dit van die hand gewys, op gronde wat later sal blyk. Verlof is toe by hom aangevra om te appelleer teen die afwysing van die aansoek. Verlof is geweier. Daarop het die advokaat wat namens die applikant opgetree het, dringende skriftelike vertoë gerig aan die Minister om die applikant se teregstelling uit te stel, ten einde die applikant in staat te stel om ingevolge artikel 316(6) van die Wet 'n versoekskrif aan die HOOFREGTER te rig om verlof om te appelleer teen die afwysing van die aansoek. Die Minister het aan die vertoe gehoor gegee en dienooreenkomstig gelas dat die applikant se teregstelling uitgestel word.
Daarna het die applikant die versoekskrif wat tans onder oorweging is, aan die HOOFREGTER gerig. Die regters van hierdie Hof wat volgens artikel 316(7) aangewys is om in kamers die versoekskrif te oorweeg, het op 16 Augustus 1989 die volgende bevel uitgereik:

"In terms of section 316(8) (d) of Act 51 of
6.

1977 the application for leave to appeal is referred to the Appellate Division for consideration upon argument of the following questions:
1.whether the Court a quo had juris-diction to entertain the applica-tion for a stay of execution;
2.if so, whether the Appellate Divi-sion has jurisdiction to entertain an appeal against the refusal of the Court a quo to stay the execu-tion;
3.if so, whether, on the merits, the application for leave to appeal should be granted."

Die genoemde vrae is nou voor hierdie Hof beredeneer,
namens die applikant en namens die Prokureur-Generaal
van Transvaal ("die Staat"). Die vrae word agtereen-
volgens hieronder bespreek.

Alhoewel dit bekend is dat aansoeke om

uitstel van teregstelling, soos diê wat op 23 Mei 1989

in hierdie geval voor die Hof a quo gedien het, dikwels

in die Transvaalse Provinsiale Afdeling aangehoor en
beslis word, is daar nog nie, sover ek weet, in enige
7. gerapporteerde beslissing ingegaan op die vraag van die Hof se jurisdiksie om dit te doen nie, in die besonder met verwysing na die bepalings van artikel 327 van die Wet. In die saak Makhali v Minister van Justisie en 'n Ander 1957 (4) SA 322 (T) het BOSHOFF R 'n grondige ondersoek ingestel na die regsbevoegdheid van die Hof om uitstel van teregstelling te verleen, maar in 'n ander verband as die huidige. In daardie geval het die applikant nog nie sy statutêre regte ten opsigte van 'n aansoek om kondonasie, verlof om te appelleer en die voorlegging van verdere getuienis, uitgeput nie. 'n Prosedure soos dié van artikel 327, waar 'n veroordeelde inderdaad reeds al daardie regte uitgeput het, het destyds nie bestaan nie. Daar is nietemin heelwat gedagtes vervat in BOSHOFF R se beredenering wat met vrug in die huidige samehang in aanmerking geneem kan word, soos hieronder sal blyk.

Voordat artikel 327 in 1977 die lig gesien het, was daar geen manier waarop 'n veroordeelde
8. persoon, wie se gewone statutêre regsmiddels in verband met appèl, hersiening en dies meer alreeds uitgeput was of nie meer beskikbaar was nie, 'n heropening van sy saak kon bewerkstellig op grond van nuwe getuienis wat beskikbaar geword het en wat daarop gedui het dat sy skuldigbevinding op valse getuienis berus het nie. In Mokoena v Minister of Justice and Another 1968 (4) SA 708 (A) is daar beslis dat restitutio in integrum nie gevorder kon word nie, en dat die spesiale prosedure van die gemene reg waarvolgens die princeps aan so 'n
veroordeelde persoon verligting kon verleen, by ons in

onbruik verval het. STEYN HR, wat die uitspraak van

die Hof gelewer het, het egter oor die uitwerking van
die beslissing die volgende kommentaar gelewer (op

717D-G):

"Whatever the merits of the applicant's allegations in this matter may be, these proceedings draw attention to what may be regarded as a deficiency in our criminal procedures. There is substance in the submission on behalf of the applicant that the issues and investigations incidental to

9.

the functions of the State President in his exercise of the prerogative of mercy, differ materially from those in a court, where examination and cross-examination are the essential instruments for arriving at the truth beyond reasonable doubt. Depending on the nature of the case, it may well be an advantage if a petition by a condemned per-son, based on evidence discovered after the recognised judicial procedures have been ex-hausted or are no longer available, could be referred by the State President, if so ad-vised after the usual departmental enquiries into the f acts, to the trial Court f or the hearing of further evidence and a report thereon. That would be a resuscitation of a similar procedure under the common law, which has fallen into disuse. The effect would be that the doors of our Courts would at ho stage be closed to an innocently condemned person beyond the possibility of a re-opening. It would be a procedure which could not be readily abused, and merits, I would suggest, consideration by the Legislature."

Hierdie opmerkings is van belang, want daar kan aanvaar
word dat artikel 327 in die Wet ingesluit is as gevolg
daarvan; dit verskaf dus die agtergrond waarteen die
artikel in oënskou geneem moet word.

Artikel 327(1) bepaal soos volg:

"Indien iemand wat aan 'n misdryf in 'n hof skuldig bevind is of ten opsigte van 'n
10.

misdryf ter dood veroordeel is, ten opsigte van die skuldigbevinding of die doodvonnis al die erkende regsprosedures betreffende appèl of hersiening uitgeput het, of indien sodanige prosedures nie meer aan hom beskik-baar is nie, en so iemand of sy regsverteen-woordiger 'n versoekskrif, gesteun deur toe-paslike beëdigde verklarings, aan die Staats-president rig wat beweer dat verdere getuie-nis sedertdien beskikbaar geword het wat sy skuldigbevinding of die doodvonnis wat hom opgelê is wesenlik raak, kan die Staats-president, indien hy van oordeel is dat sodanige verdere getuienis, as dit waar is, die skuldigbevinding of die doodvonnis rede-likerwys sou kon raak, die Minister gelas om die versoekskrif en die toepaslike beëdigde verklarings na die hof te verwys waarin die skuldigbevinding geskied het of waarin die doodvonnis opgelê is." Subartikels (2), (3), (4), (5) en (6) bepaal die prose-

dure wat gevolg word as die Staatspresident 'n lasgewing

ingevolge subartikel (1) uitgereik het. Subartikel (7)
lui dan soos volg.

"Geen appèl-, hersienings- of ander ver-rigtinge van watter aard ook al is ontvanklik ten opsigte van -

(a) 'n weiering deur die Staatspresident om 'n lasgewing ingevolge subartikel (1) uit te reik of om op te tree as gevolg van die bevinding of advies van die hof in-gevolge subartikel (4) (a) nie; of

11.

(b) enige aspek van die verrigtinge, bevind-ing of advies van die hof ingevolge hierdie artikel nie."

Artikel 327 self maak geen voorsiening vir

die uitstel of opskorting van die tenuitvoerlegging van
enige vonnis hangende die afhandeling van die prosedure
wat daarin bepaal word nie, hetsy die proses alreeds
aanhangig gemaak is deur die rig van 'n versoekskrif aan
die Staatspresident, waaroor hy nog nie besluit het
nie, hetsy die rig van so 'n versoekskrif nog maar net

in die vooruitsig gestel word. Terselfdertyd is ek
van oordeel dat sodanige uitstel of opskorting nie
uitgesluit word deur die bepalings van artikel 327(7)
nie. Volgens die bewoording van subartikel (7) het dit

slegs betrekking op die optrede van die Staatspresident
en enige aspek van die verrigtinge van die hof

ingevolge artikel 327 as sodanig. Die bevoegdheid van
'n hof om die tenuitvoerlegging van 'n vonnis uit te stel

of op te skort,word nie daardeur geraak nie. Die vraag

is dus of so 'n bevoegdheid elders gevind kan word.
12. Binne die raamwerk van die strafprosesreg is 'n hof nie beklee met jurisdiksie om die inwerkingtre-ding van 'n vonnis uit te stel hangende die afhandeling van verrigtinge ingevolge artikel 327 nie. Die Wet bevat heelwat bepalings wat die opskorting van bepaalde strawwe in sekere gegewe omstandighede reël (kyk bv artikels 278, 307, 308, 309 en 321), maar geeneen van hulle kan in verband gebring word met die prosedure van artikel 327 nie. By ontstentenis van statutêre magtig-ing daartoe, het 'n hof geen inherente jurisdiksie om die inwerkingtreding van 'n vonnis uit te stel nie. Dit volg uit die algemene beginsels op die gebied van die strafprosesreg wat bespreek is in Sefatsa and Others v Attorney-General Transvaal and Another 1989 (1) SA 821 (A). Met betrekking tot artikel 327 in die besonder, het die Hof in Hoosain v Attorney-General, Cape (2) 1988 (4) SA 142 (C) te doen gehad met 'n aansoek om uit-stel van die inwerkingstelling van 'n vonnis van gevangenisstraf, hangende die uitslag van 'n
13. versoekskrif wat die applikant ingevolge die artikel aan die Staatspresident wou rig. TEBBUTT R het beslis dat die Hof nie by magte was om die aansoek toe te staan nie. Ek stem met eerbied saam met die beslis-sing, en in hoofsaak ook met die beredenering wat dit ten grondslag lê, maar onderhewig aan een voorbehoud. In die loop van sy uitspraak het TEBBUTT R die vraag na die bevoegdheid van die Hof om uitstel te verleen in die samehang van artikel 327 in algemene en ongekwali-fiseerde terme gestel (op 145J-146A), en ten dele ook aldus bespreek (bv op 148G-I). In feite was die geval voor hóm beperk tot 'n vonnis van gevangenisstraf, en ten spyte van sy algemene uitlatings is ek oortuig daarvan dat sy beredenering siegs op daardie vorm van straf toegespits was, soos onder meer blyk uit sy beklemtoning van die Hof se onvermoë om borgtog toe te staan (op 146H-J); dit is duidelik, meen ek, dat hy geensins die geval in gedagte gehad het van 'n ter dood veroordeelde gevangene wat op die vooraand van sy

14.

teregstelling 'n uitstel van die voltrekking van sy vonnis wil verkry met die oog op die gebruikmaking van die prosedure van artikel 327 nie (kyk sy beredenering op 1481-149F, wat klaarblyklik nie op so 'n geval van toepassing kan wees nie). Daar is natuurlik 'n fundamentele verskil tussen die tw.ee soorte gevalle: 'n veroordeelde wat gevonnis is tot gevangenisstraf en wat nie 'n uitstei van die inwerkingtreding daarvan kan verkry nie, word nie die geleentheid ontneem om tog 'n versoekskrif aan die Staatspresident te rig nie, maar 'n veroordeelde wat die doodstraf opgelê is en op die vooraand van die voltrekking van sy vonnis h uitstel daarvan ontsê word, word daardie geleentheid met starre finaliteit ontneem. Of 'n hof jurisdiksie het om laasgenoemde resultaat te vermy, is die vraag wat in hierdie saak beantwoord moet word.
Soos nou reeds geblyk het, is sodanige jurisdiksie nie beskikbaar op die gebied van die strafprosesreg nie. Na my oordeel bestaan dit egter

15.

wel op sivielregtelike gebied, binne die raamwerk van die bekende beginsels wat van toepassing is op 'n hof se regsbevoegdheid om 'n interdik uit te vaardig. Dit is op daardie grondslag dat BOSHOFF R in Makhali v Minister van Justisie en 'n Ander supra op 329F-H bevind het dat die Transvaalse Provinsiale Afdeling by magte was om te gelas dat 'n teregstelling uitgestel word. Ek stem saam met daardie benadering, en alhoewel dit gebaseer was op die beskerming van 'n veroordeelde se statutêre regte ten opsigte van kondonasie, appèl en die voorlegging van verdere getuienis, is ek van mening dat dieselfde benadering geldig is in die samehang van die bepalings van artikel 327 van die Wet, soos ek hieronder sal aantoon.
As eerste vereiste vir 'n interdik, moet daar 'n reg wees wat vatbaar is vir beskerming deur 'n hof-bevel. Na my mening setel daar ongetwyfeld 'n reg in 'n veroordeelde persoon, met betrekking tot die oorweging deur die Staatspresident van 'n versoekskrif aan hom ge-
16. rig ingevolge artikel 327 en die neem van h besluit daaromtrent. Daar kan geen twyfel wees nie dat as die Staatspresident so 'n versoekskrif ontvang het, hy sta-tutêr verplig is om dit te oorweeg en tot 'n besluit daaroor te geraak. Die teenkant van sy verpligting is vanselfsprekend h ooreenstemmende reg van die persoon wat die versoekskrif gerig het. As die Staatspresi-dent 'n versoekskrif ontvang het van 'n ter dood veroor-deelde persoon, en hy nog besig is om dit te oorweeg en nog nie tot 'n besluit daaroor gekom het nie, en die veroordeelde sou in kennis gestel word dat sy vonnis op die punt staan om voltrek te word, dan lê dit voor die hand dat 'n hof in beginsel by magte is om die tereg-stelling te verbied, hangende die Staatspresident se besluit. Die beginsel geld na my mening ook waar die veroordeelde nog nie reeds sy versoekskrif aan die Staatspresident gerig het nie, maar van vaste voorneme is om dit so spoedig moontlik te doen. Dat die Staatspresident se verpligting tot oorweging en besluit
17. nog nie geaktiveer is deur die ontvangs van die versoekskrif nie, doen nie afbreuk aan die bestaan van die verpligting nie. Die artikel beoog trouens ook klaarblyklik dat die Staatspresident verplig is om die versoekskrif in ontvangs te neem, wat weer eens die teenkant veronderstel van die reg van die veroordeelde om sy versoekskrif te rig. Dit is gevolglik implisiet in die artikel dat 'n veroordeelde 'n reg het om 'n versoekskrif aan die Staatspresident te rig. Daardie reg is vatbaar vir beskerming deur 'n hof.
/ Die tweede vereiste vir 'n interdik is 'n inbreukmaking, of 'n bedreiging van inbreukmaking, op die reg. So klaarblyklik word daar in die omstandighede tans onder bespreking voldoen aan hierdie vereiste, dat dit onnodig is om enige verdere fasette daarvan te noem, soos bv 'n redelike verwagting van benadeling. Dit is wel waar dat die Balju 'n statutêre verpligting het, ingevolge artikel 279(2) van die Wet, om die doodvonnis te voltrek na ontvangs van h
18. kennisgewing dat die Staatspresident besluit het om nie die veroordeelde te begenadig nie, maar daardie verpligting word voorgeskryf in die samehang van die Balju se funksie om die vonnis uit te voer, en dit kan nie aangewend word om die veroordeelde se reg wat hy ontleen aan artikel 327 te oorheers nie (vgl Makhali se saak supra op 328H en 329F); dit verhoed dus nie 'n hof om die verydeling van die reg te verbied nie.
Die derde vereiste vir 'n interdik is die afwesigheid van 'n ander toereikende regsmiddel waarmee die reg beskerm kan word. In hierdie verband word daar verwys na 'n regsmiddel in die sin van 'n geregtelike prosedure waardeur regshulp verkry kan word wat die verlening van 'n interdik onnodig maak. In daardie sin is hierdie vereiste ook klaarblyklik bevredig. Dit is wel moontlik vir 'n veroordeelde om op 'n administratiewe vlak aan die Minister vertoë te rig om uitstel te verkry van die teregstelling (soos die applikant in die huidige geval met sukses gedoen het na
19. die afwysing van sy aansoek in die Hof a quo) , maar optrede van so 'n aard val nie binne die bestek van 'n "regsmiddel" soos in hierdie verband bedoel word nie, en die moontlikheid daarvan skakel dus nie die verlening van 'n interdik uit nie. (Op die moontlikheid om vertoë aan die Minister te rig, kom ek hieronder weer terug.)
Hierbo het ek die vereistes in oënskou geneem vir 'n finale interdik, soos dit geformuleer is in Setloqelo v Setlogelo 1914 AD 221 op 227, en soos dit sedertdien in die regspraak toegepas is. Die soort interdik waarom dit in die huidige saak gaan, is natuurlik bestem om slegs tydelike werking te hê, totdat die uitoefening van die applikant se reg om gebruik te maak van die proses van artikel 327 deur 'n toepaslike besluit van die Staatspresident afgehandel is. Die interdik is nietemin in wese van so 'n aard dat die uitwerking daarvan finaal is, en daarom geld die vereistes soos hierbo bespreek. Dit is nie 'n tydelike
20. interdik in die tegniese sin waarin daardie uitdrukking gewoonlik in die praktyk gebruik word nie, omdat dit nie verleen word hangende die latere verkryging van finale regshulp in 'n regsproses nie (vgl Airoadexpress (Pty) Ltd v Chairman, Local Road Transportation Board, Durban, and Others [1986] ZASCA 6; 1986 (2) SA 663 (A)). Die vereistes vir 'n tydelike interdik, sover dit verskil van dié vir 'n finale interdik soos hierbo bespreek is, is gevolglik nie van toepassing in 'n geval soos die onderhawige nie.
Om die voorgaande redes is my gevolgtrekking dat die, Hof a quo wel jurisdiksie gehad het om die applikant se aansoek aan te hoor en te besleg.
Dit is egter gerade, na my mening, om 'n paar verdere opmerkings te maak oor die hantering van aansoeke van hierdie aard in die praktyk. 'n Gerieflike aanknopingspunt vir die bespreking is die oorweging wat geld by tydelike interdikte, naamlik dat die applikant 'n redelike vooruitsig moet hê om welslae te behaal in die verdere proses wat gaan volg. Hierdie
21. oorweging is in aanmerking geneem, met betrekking tot verrigtinge in verband met 'n beoogde appél, in die aansoeke om uitstel van teregstelling wat gedien het in Makhali v Minister van Justisie en 'n Ander supra (op 331G-H), Sibande v Minister of Justice and Another 1958 (2) SA 114 (T) op 116A/B, en S v Malai 1972 (4) SA 402 (T) op 403G. Na my oordeel is daar geen ruimte vir die aanwending van 'n soortgelyke oorweging met betrekking tot die proses wat bepaal word in artikel 327 nie. In daardie proses het die Wetgewer dit aan die uitsluit-
like diskresie van die Staatspresident toevertrou om te
besluit' oor die lotgeval van 'n versoekskrif wat aan hom gerig word, en dit is nie vir 'n hof om te bespiegel of kommentaar te lewer oor die moontlike of waarskynlike uitslag van die Staatspresident se oorweging van so 'n versoekskrif nie.

Dit beteken egter nie dat 'n ter dood veroor-deelde persoon geregtig is om uitstel van sy teregstelling te verkry op grond van 'n blote bewering,

22.

sonder meer, dat hy van voorneme is om 'n versoekskrif aan die Staatspresident te rig nie. Hy moet ten minste inligting aan die hof voorlê wat prima facie daarop dui dat "verdere getuienis sedertdien beskikbaar geword het", wat, na die oordeel van die Staatspresident, "as dit waar is, die skuldigbevinding of die doodvonnis redelikerwyse sou kon raak". Of 'n applikant 'n genoegsame grondslag daargestel het vir die verlening van 'n interdik ter uitstel van sy teregstelling, moet, volgens my beskouing, uitsluitlik beoordeel word aan die hand/van die maatstawwe van goeie trou en misbruik van die regsproses. In Makhali se saak supra (op 330E) het BOSHOFF R daardie maatstawwe gebruik by sy beoor-deling van die applikant se vooruitsig op sukses in die beoogde appèl-prosedure wat sou volg, maar hy het dit toegepas op so 'n wyse dat die aansoek misluk het omdat hy nie kon bevind dat dit te goeder trou was nie en dat die toestaan daarvan nie op 'n misbruik van die geregtelike proses sou neerkom nie (op 332F). Na my
23
mening moet die maatstawwe liewer op 'n ander wyse
toegepas word, gedagtig aan die woorde van STEYN HR in
Mokoena se saak supra, wat ek vroeër aangehaal het:

"... the doors of our Courts would at no stage be closed to an innocently condemned

person beyond the possibility of a re-opening."

Die korrekte metode van toepassing, volgens my mening,
is die volgende: 'n aansoek om uitstel van teregstel-
ling by wyse van 'n interdik, met die oog op die rig en
die afhandeling van 'n versoekskrif ingevolge artikel
327, behoort afgewys te word slegs as die hof positief
kan bevind dat die aansoek nie te goeder trou gedoen is
nie of dat die toestaan daarvan op 'n misbruik van die
regsproses sou neerkom. Dit, meen ek, is die
allesoorheersende toets.

Dit is welbekend dat aansoeke van hierdie

aard dikwels op die laaste nippertjie van stapel
gestuur word. Dit is 'n onwenslike toestand van sake
en, indien moontlik, behoort dit vermy te word. In
24. Sibande v Minister of Justice and Another supra op 116A is daar bevind dat daar 'n verduideliking verskaf behoort te word waarom so 'n aansoek op 'n laat stadium aanhangig gemaak is. Ek stem daarmee saam, maar terselfdertyd wil ek beklemtoon dat die afwesigheid van so 'n verduideliking nie op sigself die aansoek behoort te laat verongeluk nie. Dit is maar net een van die faktore wat, tesame met alle ander tersaaklike omstandighede, in oorweging geneem moet word ten einde die beslissende toets toe te pas, naamlik of, in die geheel beskou, daar bevind kan word dat die aansoek nie bona fide is nie of 'n misbruik van die proses uitmaak.
Die laaste aspek van praktyk waarna ek wil verwys, is die moontlikheid, vroeër reeds genoem, dat 'n ter dood veroordeelde vertoë kan rig aan die Minister om uitstel van sy teregstelling te verkry. Waar die oogmerk van die uitstel is om die geleentheid te hê om 'n versoekskrif ingevolge artikel 327 aan die Staatspresident te rig, is ek van oordeel dat dit in
25. die eerste plek veel wensliker is vir die Minister om oor so 'n uitstel te besluit as vir 'n hof. Nadat iemand deur 'n hof die doodstraf opgelê is en daarna al sy "erkende regsprosedures" ingevolge die strafprosesreg sonder sukses "uitgeput het", of dit "nie meer aan hom beskikbaar is nie", dan het hy uit die gebied van die regspleging beweeg en 'n terrein binnegegaan waar die besluite oor sy lot tuishoort op die vlak van die uitvoerende gesag. Dit is daarom vanpas dat die besluit oor 'n uitstel van sy teregstelling in die eerste plek ook tuishoort by die uitvoerende gesag. Dit is/gevolglik verkieslik dat so 'n persoon eers die Minister nader, indien moontlik op grond van 'n reeds opgestelde versoekskrif aan die Staatspresident, en dat hy hom na 'n hof sal wend slegs as hy by die Minister nie geholpe kan raak nie, om watter rede ook al. Om so 'n praktyk aan te moedig en te laat posvat, dink ek dat die Transvaalse Provinsiale Afdeling oorweging kan skenk daaraan om as 'n praktyksreël te aanvaar dat h

26.

applikant in 'n aansoek om uitstel van sy teregstelling

behoort te beweer watter pogings aangewend is om
. sodanige uitstel op 'n uitvoerende vlak te verkry, of

waarom dit nie moontlik was om sodanige pogings aan te

wend of suksesvol afgehandel te kry nie. Terselfder-

tyd wil ek in hierdie verband ook weer beklemtoon dat 'n

versuim om aan so 'n praktyksreël te voldoen nie op

sigself 'n aansoek behoort te laat verongeluk nie, maar

dat dit slegs een van die faktore sal wees om in

oorweging te neem by die toepassing van die breë

deurslaggewende toets wat ek hierbo bespreek het.

Vervolgens kom ek by die vraag of hierdie Hof

jurisdiksie het om 'n appèl aan te hoor en te besleg

teen die afwysing deur die Hof a quo van die applikant

se aansoek om uitstel van sy teregstelling. Die

advokate van die applikant en van die Staat was dit

eens dat, indien daar bevind sou word dat die Hof a guo

jurisdiksie gehad het om die aansoek te besleg op grond

van die sivielregtelike beginsels met betrekking tot
27. die verlening van 'n interdik, soos ek beslis het die geval is, hierdie Hof wel oor appèl-jurisdiksie beskik, net soos in enige ander siviele geding. Hierdie standpunt is klaarblyklik korrek en dit behoef geen verdere bespreking nie.
Ten slotte moet die meriete van die aansoek om verlof om te appelleer oorweeg word.
Soos vroeër geblyk het, het die applikant in sy aansoek in die Hof a guo beweer dat sy skuldig-bevinding aan moord berus het op die getuienis van twee ooggetuies. Dat hierdie bewering korrek is, blyk uit die uitspraak van HUMAN WnR tydens die verhoor, toe hy die applikant skuldig bevind het. Die strekking van die getuienis wat voor die Verhoorhof was, soos dit blyk uit die gemelde uitspraak, was kortliks soos volg. Die oorledene in die saak was 'n konstabel in die polisiemag. Hy is gedurende die nag van 21-22 Februarie 1986 in die woongebied Soshanguve op grusame wyse vermoor. 'n Paar mans het hom aangerand, en uit 'n

28.

huis tot in die straat gesleep. Daar is sy mond oopgedruk en petrol daarin gegooi. Motor-buitebande is om sy nek en sy middellyf geplaas. Petrol is oor hom gestort en dit is aan die brand gesteek. Hy is dood as gevolg van verbranding. Van die Staatsgetuies was dit slegs die betrokke twee ooggetuies wat die applikant uitgeken het as 'n lid van die groepie aanranders van die oorledene, in verskillende stadiums van die gebeure. Daar is na hulle tydens die verhoor slegs verwys as ooggetuie nr 2 en ooggetuie nr 3 onderskeidelik. Tydens die verhoor, wat plaasgevind het in Augustus 1987, was elk van hulle 17 jaar oud. Die applikant se verweer was 'n ontkenning dat hy hoegenaamd op die toneel was ten tyde van die gebeure. Die Verhoorhof het sy alibi as vals verwerp en die getuienis van die betrokke twee ooggetuies aanvaar.
Soos vroeer vermeld, het die applikant twee beëdigde verklarings by sy aansoek in die Hof a quo aangeheg, ter ondersteuning daarvan. Die eerste is 'n

29.

beëdigde verklaring van Agnes Thoko.Kgokong, gedateer 22 Mei 1989 (dit is die dag voor die aansoek voor die Hof gebring is). In haar verklaring sê sy dat sy ooggetuie nr 2 was by die verhoor van die applikant. Haar verklaring lui voorts soos volg:

"3.

I was also arrested during the investigation

of the matter in which the Applicant was charged. I was kept in custody for a period of approximately 3 weeks. During this period I was harassed by the police and I was told that I should give evidence against the Ap-plicant. I was told by the police that if I do not testify in Court that I saw the Appli-cant taking part in the actual committing of the murder that I would be charged for this offence.

4.

As a result of this harassment by the police I gave false evidence against the Applicant in the Trial Court. I never saw the Appli-cant bringing the deceased to the scene of the murder nor did I see the Applicant as-sault the deceased at any stage. This evidence given by me was false and was given as a result of fear.

5.

30.

I would like to have the opportunity to give

the correct evidence in this matter."
Die tweede beëdigde verklaring is dié van mnr

Aubrey Lekwane, ook gedateer 22 Mei 1989. Hy beskryf
homself as "the Regional Organiser of the Johannesburg
Regional Office of the Organisation Lawyers for Human
Rights". Sy verklaring lui soos volg:

"3.

I know the Applicant and have visited him in prison and have also got to know his brother. The brother of the Applicant had a list of the names of the State witnesses and he asked me to speak to these witnesses regarding their evidence before the Trial Court.

4.

I went to see AMELIA MANDLAZI, eye witness number 3 before the Trial Court, on 21 May 1989.

5.

AMELIA MANDLAZI told me that her evidence before the Trial Court was false. She said that she was threatened by the police and told what evidence to give before the Trial Court. She was told to give the same evidence as AGNES THOKO KGOKONG, eye witness number 2, thus testifying that the Applicant

31.

took an active part in the murder of the deceased.

6.

AMELIA MANDLAZI told me that the police had told her that if she wouid not give such evidence, she would be prosecuted for this offence.

7.

AMELIA MANDLAZI indicated to me that she would be willing to make an affidavit in this regard and to give the true version of the events during the particular night.

8.

I made arrangements with AMELIA MANDLAZI to meet her at her house at 8 o'clock on the morning of 22 May 1989. When I arrived there there was nobody at home and I could not establish where AMELIA MANDLAZI was.

9.

I was told earlier by the brother of the Applicant that he was threatened by the brother of AMELIA MANDLAZI because according to him they were harassing his sister. That may explain her absence when I had to meet her in order to take her to Counsel so that she could make an affidavit in this matter.

10.

32.

AMELIA MANDLAZI told me that on the night of the murder she saw the Applicant during the early stages of the evening. However, she never saw the Applicant at the scene while the actual killing and burning of the deceased took place. She told me that her evidence that she saw the Applicant assaulting the deceased, forcing open the deceased's mouth, putting a tyre around the deceased's middle and throwing petrol over the deceased was false, and given in fear of the police.

11 .

I do not know where AMELIA MANDLAZI can be now but I feel convinced that she will give the evidence as she conveyed it to me, if she is given the opportunity."
Uit die uitspraak van HUMAN WnR in die

Hof a quo is dit duidelik dat daar gedurende die
aanhoor van die aansoek, van die kant van die Staat
sekere verdere inligting voor die Hof geplaas is,
skynbaar by wyse van mededeling deur die advokaat wat
toe namens die Staat opgetree het, en dat vroeëre
beëdigde verklarings van elk van die twee ooggetuies
ook aan die Hof voorgelê is. In watter omstandighede
dit gebeur het, blyk nie uit die oorkonde nie, en die

33.

advokate wat voor ons in hierdie appèl opgetree het,
kon ook nie enige verdere lig op die aangeleentheid
werp nie, aangesien nie een van hulle in die Hof a quo
opgetree het nie. Hierdie Hof is egter namens die
Staat versoek om die gegewens wat in die uitspraak van
HUMAN WnR uiteengesit word, as juis te aanvaar en om
die saak op daardie grondslag te beoordeel. Aan
daardie versoek sal daar voldoen word. In die
omstandighede is dit nodig om taamlik breedvoerig uit
die uitspraak aan te haal.

Met verwysing na die bepalings van artikel

327, word daar in die uitspraak gesê:

"The application is brought in terms of this section and it has been suggested by Mr Marais for the applicant, that all I should do now is to consider whether I should send the matter back to the State President for further consideration in view of the affidavits that have been put before me. I consider this to be an exercise in futility and the reasons being the following: The brother of the appellant made similar allegations approximately a year ago, stating that certain state witnesses gave false evidence before this court. The matter was

34.

investigated by the department of justice and instructions were given to obtain affidavits from various people."

Na 'n algemene beskrywing van die betrokke beëdigde
verklarings, gaan die uitspraak dan voort soos volg,
met verwysing, eerstens, na Agnes Kgokong:

"She made an affidavit on 23 January 1989 wherein she stated the following:
'The statement I am now submitting is to the best knowledge convincingly true. I am aware of the fact it is going to be laid as evidence and should I falsely state anything which I do not know or be true, I shall be prosecuted.
On 22 February 1986 at about 02h00 I was at a certain house in Block K, Soshanguve, to attend a night vigil of the deceased, J. Madlala. There were many other people who had attended. Amongst those who attended were Sibusiso Montolo Masuku (that is the present applicant) Oupa Mbonane (that was accused no. 2 at the trial, who was also convicted of murder) who introduced himself to the crowd and other known people. I did not know the two abovementioned people. I only knew them as they identified themselves. People were singing and chanting as they were dancing. At that stage, a group of male attendants, including the named two people, whom I respectively refer to

35.

hereunder as accused nos. 5 and 2, brought a man they accused as an impimpi of a policeman. They were assaulting him at intervals. He was also doused with petrol when he was bludgeoned. Ultimately he was set alight and burnt to death. All along, during these crucial stages, the two were present. Consequently, I was one of those arrested for murder. During my arrest and detention I made my statement regarding the death of that policeman. I was never under duress to incriminate any other person. The evidence I gave was freely and voluntarily made. No one before or during the trial at which I testified influenced nor compelled me to incriminate one or all of those who stood trial. I was neither assaulted threatened or promised any advantage in this regard. I testified at the conse-quential trial in which the two were sentenced to hang. I honestly testified to the best of my knowledge as I still stated the truth of what actually happened.
After the finalisation of the case, apparently towards the end of the year 1988, an unknown lady pestered me and my parents, saying that I should state in a possibly resumed trial that accused no. 5 was not present during the murder, which is wrong according to my convictions. I still maintain that he was present. I am not compelled to say this but it is my stance and what actually happened on the day in

36.

question. That is all.

And then she took the oath.

Similarly, the other witness, eye witness no. 3, Amelia Mandlazi, also made an affidavit on 23 January 1989 to the following effect:

'On the night of 21 February 1986 I

was at the night vigil of the late J. Madlala. There were many other vigil attendants. Oupa Mbonane, that is no. 2 accused, and Sibusiso Senele Masuku, that is no. 5, (the applicant) were amongst those that attended. The two are very much known to me. Later during that night a group of people crowded around a black male who was pointed out as a policeman. Amongst the group I could identify Montolo Sibusiso Senele, that is no. 5, as he was known to me. Oupa Mbonane introduced himself to the crowd. All women were ordered back when the male section entered certain premises just some few houses from the vigil. Oupa Mbonane gave the order whilst Montolo, that is no. 5 (the applicant) and others were dragging the said policeman into that premises. I did not see what happened inside the house. They brought the man back in the street where he was set alight while he was apparently semi-conscious. He was doused with petrol and burnt to death. The two named accused were both present in the group. Consequently almost half

37.

of the group were arrested and I was one of them. I was released on 11 March 1986 as I was arrested on 22 February 1986. I made my statement to the investigating officer, a white police official. During my statement submit-ted, I was never assaulted or compelled to state anything implicating anyone unnecessarily with the crime. I still maintain that the evidence I gave and even during the trial in which Sibusiso Masuku and others were convicted of murder is true and should still be true to the best of my knowledge in all respects regarded the involvement in the murder.
Towards the end of 1988, if not during September, a male person identified himself as the brother of the applicant, that is Montolo Sibusiso Masuku, arrived at home. He requested to speak to me concerning the said accused's involvement in the murder. He asked me many guestions, amongst which some I had forgotten. He further wanted to know whether Montolo (that is no. 5) was actually present at the night vigil during the murder and I confirmed this to him. He left and said he would like me to say Montolo was actually not present at the vigil when the murder was committed. This is still against my convictions as the truth is that he, Montolo, was present at the time of the murder. Never at any stage before or during the trial did any member of the police or court members force me to

38.

incriminate neither of the accused. That is all.'
Then she made this statement under oath.
It is quite clear that on that occasion they both stated that their evidence was true. It was being investigated by the police and by the police who were not present or who had anything to do with the investiga-tion of the case.

It is clear therefore under the

circumstances that to submit the matter again to the State President for further investigation would be an exercise, as I said, in futility.
The application is dismissed."

Met eerbied teenoor die Hof a quo, is ek van

mening dat die uitspraak soos hierbo aangehaal 'n
foutiewe benadering weerspieël tot die wyse waarop die
aansoek beoordeel moes word. Soos blyk uit wat ek
vroeer gesê het, was dit nie die funksie van die Hof a
quo om te probeer bepaal hoe die Staatspresident sy
diskresie sou uitoefen indien 'n versoekskrif volgens
artikel 327 aan hom gerig sou word nie. Volgens die
objektiewe feite wat aan die Hof a quo in die aansoek

39.

voorgelê is, het daar "verdere getuienis" beskikbaar geword kort voordat die aansoek geloods was, wat, "as dit waar is", na die oordeel van die Staatspresident die applikant se skuldigbevinding "redelikerwys sou kon raak". Die beoogde versoekskrif aan die Staatspresident sou gevolglik volkome binne die bestek van die artikel geval het. Die feit dat die twee oogetuies op 'n vroeëre stadium teenstrydige beëdigde verklarings afgelê het, kan geen afbreuk doen aan die fundamenteel belangrike oorweging dat die versoekskrif aan die Staatspresident wat in die vooruitsig gestel is, juis so 'n versoekskrif was as wat in artikel 327 beoog word nie. Deur te bevind dat die oorweging van die versoekskrif deur die Staatspresident 'n "exercise in futility" sou wees, het die Hof a quo, met eerbied gesê, in effek homself die reg aangematig om die diskresie uit te oefen wat kragtens die artikel uitsluitlik aan die Staatspresident toekom, en sodoende het die Hof a quo gefouteer.

40.

Namens die Staat is daar in hierdie Hof betoog dat die resultaat wat die Hof a quo bereik het, nogtans geregverdig was op die gronde dat die applikant se aansoek nie bona fide was nie en 'n misbruik van die regsproses was. In hoofsaak is daar vir hierdie betoog gesteun op die feite dat die getuienis vervat in die verklarings waarop die aansoek berus het, nie "nuwe getuienis" was nie; dat die bewering dat die twee ooggetuies se getuienis voor die Verhoorhof vals was, al vantevore gemaak was; dat dit behoorlik ondersoek was; en dat dit alreeds deur die Staatspresident oorweeg moes gewees het toe hy besluit het om die applikant nie te begenadig nie. (Al hierdie feite het klaárblyklik ook in die uitspraak van die Hof a quo 'n rol gespeel.) Ek huiwer nie om hierdie betoog te verwerp nie. Die grondliggende fout daarin kan ten beste uitgewys word deur as voorbeeld slegs die geval van ooggetuie nr 2, Agnes Kgokong, te beskou. Die voorval waaroor sy by die verhoor getuig het, het in
41. Februarie 1986 plaasgevind; sy het haar getuienis by die verhoor afgelê in Augustus 1987, toe sy 17 jaar oud was; teen ongeveer Mei 1988 beweer die applikant se broer (oënskynlik in verband met'n aansoek om bégena-diging aan die Staatspresident) dat haar getuienis by die verhoor vals was; op 23 Januarie 1989 verklaar sy onder eed aan die polisie dat haar getuiênis by die verhoor die waarheid was, en dat daar druk op haar uitgeoefen word om dit valslik te ontken; en op 22 Mei 1989 verklaar sy onomwonde onder eed dat sy as gevolg van dwang deur die polisie, en uit vrees, valse getuienis by die verhoor afgelê het, dat sy die applikant in der waarheid nooit op die moordtoneel gesien het nie, en dat sy graag die geleentheid wou hê om die korrekte getuienis in die saak af te lê. By 'n beskouing van die geheelbeeld wat blyk uit die voorgaande, moet daar in gedagte gehou word dat die verdere getuienis wat vervat is in die laaste beëdigde verklaring van die getuie (die van 22 Mei 1989) nie

42.

beoordeel moet word soos 'n hof dit sou doen in 'n
aansoek om verdere getuienis te lei op appèl nie; die
benadering van 'n hof in daardie soort geval (vgl bv R v
Van Heerden and Another 1956 (1) SA 366 (A); S v De
Jaqer 1965 (2) SA 612 op 613D; artikel 316(3) (a) van
die Wet) is nie in die omstandighede van 'n aansoek van
die huidige aard die uitgangspunt nie. Hier is die
uitgangspunt die vraag na die goeie trou van die
applikant. Uit sy subjektiewe oogpunt beskou (nie die
hof sh nie) lê die perspektief van die geheelbeeld
opgesluit in die volgende drie vrae wat hy, die
applikant, kan vra: een, watter getuienis van hierdie
self-weersprekende getuie is die waarheid?; twee, kan
daar peil getrek word op die getuienis wat sy by die
verhoor afgelê het?; drie, behoort die antwoord op die
eerste twee vrae nie bepaal te word aan die hand van h
behoorlike ondersoek in 'n hof, soos wat beoog word in

subartikels (2) en (4) (a) van artikel 327 nie? Dit is
wel so dat die getuie se jongste weergawe waar kan wees

43.

slegs as sy op twee vorige geleenthede meineed gepleeg het, maar dit is 'n faktor wat deur die Staatspresident oorweeg sal moet word by die uitoefening van sy diskresie, wanneer hy besin oor die vraag of 'n lasgewing ingevolge artikel 327(1) uitgereik moet word. Daar bestaan dus nie gronde vir 'n bevinding dat die applikant se aansoek nie te goeder trou was nie of 'n misbruik van die regsproses daargestel het.
Namens die Staat is daar gewag gemaak van die feit (soos deur die applikant se advokaat aan hierdie Hof meegedeel) dat die applikant sedert 23 Mei 1989 nog geen versoekskrif aan die Staatspresident gerig het nie. Dit is aangevoer as 'n aanduiding van gebrek aan goeie trou van sy kant. Ek stem nie saam nie. Soos vroeër aangedui, het die Minister die teregstelling uitgestel op grond van vertoë dat die applikant die geleentheid wou hê om 'n aansoek aan die HOOFREGTER te rig om verlof om te appelleer teen die bevel van die Hof a quo. In sy huidige aansoek sê die applikant dat

44.

die Minister

"... granted an administrative stay of execution pending the launching of this petition."

Bes moontlik was dit die Minister se bedoeling dat 'n
versoekskrif aan die Staatspresident gerig sou kon word
eers as die aansoek om verlof om te appelleer suksesvol
afgehandel was. Die applikant kan dit in ieder geval
nie verkwalik word as dit is hoe hy die posisie
verstaan het nie.

Ander ondergeskikte punte is namens die Staat

geopper as aanduidend van 'n gebrek aan bona fides by
die applikant. Ek is nie van voorneme om hulle
afsonderlik op te noem nie. Ek volstaan daarby om te
sê dat ek hulle sorgvuldig oorweeg het en oortuig is
daarvan dat hulle nie op goeie gronde berus nie.
My gevolgtrekking is dus dat die aansoek om verlof om te apelleer moet slaag.
Al die feite wat nodig is vir 'n beslissing van die appèl self is tans voor die Hof. Dit is om
45. klaarblyklike redes wenslik dat die appèl so gou as moontlik afgehandel word. Die applikant se advokaat het versoek dat dit gedoen word, en die Staat se advokaat was dit daarmee eens, indien die feite wat aan HUMAN WnR meegedeel is, soos weergegee in sy uitspraak, as korrek aanvaar word. Ek het reeds aangedui dat dit die geval is.
Die appèl slaag, om die redes wat blyk uit wat reeds hierbo gesê is.
Die applikant benodig nie tans 'n bevel ooreenkomstig paragraaf 2 van sy kennisgewing van mosie nie. Wat betref paragraaf 3, is dit egter nodig om die bevel te koppel aan 'n tydsbeperking ten opsigte van die rig van 'n versoekskrif aan die Staatspresident. Die applikant se advokaat het aanvaar dat dit binne 'n kort tyd moet en kan geskied.

Die bevel van die Hof is soos volg:

1 . Die aansoek om verlof om te appelleer word toegestaan.

46.

2. In die appèl self word die afwysing van die aansoek deur die Hof a quo tersyde gestel en vervang deur die volgende bevel:
(a) Die Balju van Transvaal word
verbied om die doodvonnis van
die applikant te voltrek hang-
ende die finale uitslag van 'n
versoekskrif aan die Staats-
president ingevolge artikel
327 van die Strafproseswet 51
van 1977, welke versoekskrif
binne 14 dae vanaf datum van lewering van hierdie uitspraak aan die Staatspresident gerig moet word;
(b) Die bevel in paragraaf (a)
verval indien 'n versoekskrif
nie soos voormeld binne 14 dae

47 vanaf datum van lewering van hierdie uitspraak aan die Staatspresident gerig word nie.

A.S. BOTHA AR

HOEXTER, AR

VAN HEERDEN AR
STEM SAAM F.H. GROSSKOPF AR

NICHOLÁS Wn AR