South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1991 >>
[1991] ZASCA 164
| Noteup
| LawCite
Hughes en Andere v Minister van Wet en Orde en Andere (652/89) [1991] ZASCA 164 (26 November 1991)
Download original files |
Saak No 652/89 CPD
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPeLAFDELING
In die saak tussen
THERESA BARBARA HUGHES 1ste APPELLANT
RENE ABRAHAMS 2de
APPELLANT
MARY THEUNISSEN 3de APPELLANT
BONITA VISSER 4de
APPELLANT
en
DIE MINISTER VAN WET EN ORDE 1ste RESPONDENT
NEVILLE BARNARD DE
BEER 2de RESPONDENT
STEPHEN BRIAN McEVOY 3de RESPONDENT
CORAM : JOUBERT, HEFER,E M GROSSKOPF, GOLDSTONE ARR et KRIEGLER Wnd AR.
AANGEHOOR : 14 NOVEMBER 1991.
GELEWER : 26 NOVEMBER 1991.
UITSPRAAK
HEFER AR
2.
HEFER AR :
Melvyn Frederick Misrole
("die oorledene") is gedurende die nag van 16 - 17 Augustus 1987 in Kaapstad
gedood toe twee polisiemanne
geskiet het op 'n gesteelde voertuig waarin hy 'n
passasier was. Waarom dit in hier-die appèl hoofsaaklik gaan, is of sy
doodslag
ooreenkom-stig art 49(2) van die Strafproseswet 51 van 1977 as
straf-feloos beskou moet word,soos beweer is in die huidige re-spondente
se
verweerskrif in 'n aksie wat die vier onge-hude moeders van die oorledene se vyf
minderjarige kinders in die hof a quo ingestel het vir die verhaal van
die skade wat die kinders as gevolg van die oorledene se dood gely het. Die
verhoorregter het die
verweer gehandhaaf en die eis van die hand gewys maar
verlof verleen om na hierdie hof te appelleer.
Die oorledene se dood was die re-sultaat van 'n uiters ongelukkige sameloop
van omstan-dighede. Sy broer Raymond het 'n verhouding
gehad met
3. mej
Priscilla Simmons. Die oggend van 16 Augustus was Raymond en Priscilla met
laasgenoemde se Toyota motor by 'n winkelsentrum
in Mitchells Plein. Priscilla
het gaan inkopies doen en by haar terugkoms by die plek waar sy Raymond in die
motor gelaat het, was
hy en die voertuig skoonveld. Na vrugtelose pogings om hom
op te spoor het sy die Toyota as gesteel by die poli-sie aangemeld. Dit
blyk nie
uit die getuienis waar Raymond met die voertuig heen is nie. Wat wel be-kend is,
is dat hy en die oorledene (wat sy seuntjie,
Mark, by hom gehad het) teen elfuur
die aand by die woonplek van 'n vriend, Ivan Vogel, opgedaag het. Vandaar is
hulle almal na Vogel
se kantoor waar hulle 'n paar drankies gedrink het en toe
na Athlone om vir Mark iets te ete te kry. Uiteindelik het Raymond hulle
teen
middernag met die Toyota na 'n huis in lona-straat, Rugby, geneem waar die
oorledene ingewoon het by sy minnares, Theresa Hughes,
Mark se moeder. Nie
4.
een van hulle was bewus dat die voertuig as gesteel aan-gemeld was en dat die
polisie reeds op die uitkyk daar-voor was nie. Wat
hulle ook nie geweet het nie
was dat Priscilla vroeër die dag vir Theresa vertel het dat sy die diefstal
van haar motor gerapporteer
het. Nog min-der het hulle geweet dat Theresa op
haar beurt, by hulle aankoms by haar huis, die polisie geskakel en ingelig het
dat
die gesteelde voertuig in die straat voor haar deur was. Hoe dit ook al sy,
hulle het in die motor bly sit en Theresa is na buite
om haar kind te haal want
vir die oorledene wat erg beskonke was, was die aand se plesier nog gladnie
verby nie; nog Theresa nóg
Raymond kon hom oorreed om in te gaan. Soos te
wagte het daar harde woorde by die kar geval en Theresa is uiteindelik met Mark
die
huis binne nadat sy Raymond vertel het dat Pris-cilla die Toyota as gesteel
by die polisie aangemeld het.
Intussen was adjudant-offisier Van der
West-huizen van die Milnerton-polisie reeds op pad na Iona-
5.
straat. Hy was die aand in 'n polisievoertuig op patrol-liediens toe hy berig ontvang het dat 'n gesteelde voer -tuig in Ionastraat gestaan het. Hy het soontoe gery maar as voorsorgmaatreël per radio gereël dat twee po-lisievoertuie nie ver daarvandaan nie in Koebergweg sou wag. Volgens hom het hy drie manspersone in Ionastraat aangetref langs die voertuig waarna hy gesoek het. Hy het die noodliggies van sy voertuig aangeskakel en tot feitlik reg agter die Toyota gery. Twee van die mans het toe voor in die motor gespring en een van hulle agter in. waarop die voertuig teen 'n hoë snelheid weggetrek het. Hy het dit agtervolg maar kon dit nie inhaal nie. In Koebergweg het Sersant De Beer (die huidige tweede respondent) en Konstabel McEvoy (die huidige derde respondent) in 'n motor van die blitspatrollie gewag.Hulle was in radiokontak met Van Der Westhuizen en was bewus dat die gesteelde Toyota in aantog was. Sersant De Beer het die voertuig dwars oor Koebergweg getrek en die blou
6.
flikkerlig waarmee dit toegerus was,is
aangeskakel. Soos
die polisievoertuig gestaan het, het dit een van die
bane
vir verkeer in die rigting van Kaapstad grotendeels ver-
sper, Wat daarna volgens De Beer en McEvoy gebeur het,
was dat die Toyota
hulle voertuig teen 'n hoë snelheid ge-
nader het, om hulle geswenk het
en voortgery het in die
rigting van Kaapstad; dat hulle dit teen 'n
geweldige
spoed agtervolg het maar nie kon inhaal nie, en dat beide
van hulle later
verskeie skote op die voertuig gevuur het
om dit tot stilstand te dwing. Dit
is gemene saak dat
een van húlle koeëls die oorledene op die
agtersitplek
van die Toyota getref het. Hy het later beswyk.
Soos vantevore aangedui het die verhoorregter
die
respondente se verweer gebaseer op art 49(2) van die
Strafproseswet
gehandhaaf. Die betrokke bepaling lui
soos volg:
"(2) Waar die betrokke persoon in hegtenis ge-neem staan te word weens 'n in Bylae 1 bedoel-de misdryf of in hegtenis geneem staan te word
7.
op grond daarvan dat hy redelikerwys verdink word so 'n misdryf te gepleeg het, en die per-
soon wat ingevolge hierdie Wet gemagtig is om hom in hegtenis te neem of om met sy inhegte-. nisneming behulpsaam te wees, hom nie op 'n an-der wyse in hegtenis kan neem of kan verhinder om te vlug as deur hom te dood nie, word die doding geag straffelose doodslag te wees."
In Macu v Du
Toit en 'n Ander 1983(4) SA 629 (A) op 641
E-F is daarop gewys dat "die
betrokke persoon" waarna
hier verwys word iemand is soos bedoel in sub-art
(1)
nl iemand wat -
"(a) hom teen die poging (om hom in, hegtenis
te neem) verset en nie sonder die aanwen-
ding van geweld in hegtenis
geneem kan
word; of
(b) vlug wanneer dit duidelik is dat 'n
poging
gedoen word om hom in hegtenis te neem, of
hom teen die poging
verset en vlug "
Op 644 C-D is verder opgemerk dat sub-art (1) (b) behels dat dit vir die
persoon wat in hegtenis ge-neem staan te word duidelik moet wees dat
'n poging aan-gewend word om hom in hegtenis te neem. (Kyk ook S v
Barnard 1986(3) SA l (A) op 7 D-E en H-I.) Wat voortvlugtiges
8. betref
is die effek van sub-art (2) dus dat die doodslag van 'n persoon wat in hegtenis
geneem staan te word weens een die misdrywe
in Bylae 1 tot die Wet vermeld, of
op grond daarvan dat hy redelikerwys verdink word so 'n misdryf te gepleeg het,
straffeloos geag
word indien -
(1) hy vlug terwyl dit vir hom duidelik is dat 'n poging aangewend word om hom in hegtenis te neem, en
(2) hy nie verhinder kan word om te vlug anders as deur hom te dood nie.
In die onderhawige saak het die
las op die re-spondente gerus om die aanwesigheid van hierdie vereistes feitelik
te bewys.
'n Vraag wat onmiddellik opval maar wat blykbaar nie in die
verhoorhof ter sprake was nie, is of enigeen van die polisiemanne wat
by die
voorval betrokke was enigsins gemagtig was om die oorledene in hegtenis te neem.
Na woordlui van beide sub-artikels het art
49 betrekking
9. op die
inhegtenisneming deur persone wat ingevolge die Wet gemagtig is om 'n ander in
hegtenis te neem of met sy inhegtenisneming
behulpsaam te wëes. 'n
Vredesbeamp-te is gemagtig om iemand sonder lasbrief in hegtenis te neem onder
die omstandighede in art
40 vermeld. Bene-wens die spesifieke gevalle waarvoor
voorsiening gemaak word, magtig hierdie artikel slegs die inhegtenisneming
van
'n persoon wat 'n misdryf pleeg of poog te pleeg indie teenwoordigheid van die
vredesbeampte of watdeur lg rede-likerwys verdink
word van 'n misdryf in Bylae 1
bedoel. In die onderhawige geval het die oorledene geen oortreding gepleeg nie
en die geval is ook
nie een van dié wat spe-sifiek in art 40 genoem word
nie. Sy inhegtenisneming sou derhalwe slegs gemagtig gewees het indien
een van
die polisiemanne wat hom wou arresteer hom redeliker-wys verdink het van een van
die misdrywe in Bylae 1 genoem. Diefstal
verskyn wel in die bylae maar
nóg Van der Westhuizen nóg De Beer of McEvoy het getuig dat
10.
hulle die oorledene van die diefstal van die Toyota ver-dink het. De Beer
het wel getuig dat die prosedure wan-neer meer as een insittende in 'n gesteelde
voertuig ge-vind word, is om almal te arresteer. Hierdie bewering regverdig nie
die afleiding as waarskynlikheid dat al die insittendes
van so 'n motor verdink
word van betrokkenheid by die diefstal daarvan nie. Maar selfs al sou so 'n
af-leiding geregverdig wees,
gaan dit primêr om die redelik-heid van die
verdenking en dit is te betwyfel of die blote aanwesigheid in 'n gesteelde
voertuig
redelikerwys voldoen-de gronde bied vir 'n verdenking van betrokkenheid
by die diefstal daarvan. In die lig van wat volg, is dit
egter nie nodig om
uitsluitsel te gee oor hierdie aspek van die saak nie.
Ten einde te bepaal of
die respondente hulle van die bewyslas gekwyt het,moet eerstens vasgestel word
of die oorwig van waarskynlikhede
daarop dui dat die oorle-dene gevlug het
terwyl dit vir hom duidelik was dat 'n
11.
poging aangewend was om hom te arresteer. Indien
wel, ontstaan die tweede vraag of hy verhinder kon word om te vlug anders as
deur
hom te dood.
Wat die eerste vraag betref,kan met sekerheid aanvaar word
dat Raymond,wat die Toyota bestuur het-inder-daad gevlug het en dat dit
vir hom
duidelik was dat die polisie gepoog het om hom te arresteer. Die probleem wat
die respondente egter in die gesig staar is
dat dit nie gaan om Raymond nie maar
om die oorledene. Die vraag is of die oorledene gevlug het en of dit vir
hom duidelik was dat daar 'n poging aan die kant van die polisie was om
hom te arresteer. In 'n poging om hierdie probleem te oorkom het
respondente se advokaat in hierdie hof sterk gesteun op Van der Westhuizen
se
getuienis dat hy by sy aankoms in Ionastraat drie manspersone langs die voertuig
sien staan het en dat hulle almal ingespring
het voordat dit wegge-trek het. Die
verhoorregter het Van der Westhuizen se getuienis in hierdie verband egter nie
aanvaar nie .
Of
12.
enigeen van die insittendes uitgeklim het terwyl
die Toy-ota voor Theresa se huis gestaan het, was een van die ge-skilpunte by
die
verhoor. Vogel en Theresa het beide getuig dat dit nie die geval was nie.
Hulle was
dit eens dat die agterdeur waar die oorledene gesit het oop was en
dat sy een voet buite die motor was maar dat hy volstrek geweier
het om af te
klim. Theresa het boonop getuig dat sy, nadat sy die huis binnegegaan het terwyl
die Toyota nog in die straat gestaan
het,die ligte van die naderende
polisievoertuig gesien het en dat Ray-mond toe geskreeu het "Maak toe die deur.
Dis die poli-sie."
Opdaardie stadium was almal in die voertuig. Die
verhoorregter het Vogel se getuienis as totaal onbetrou-baar beskou maar
opgemerk
dat hy Theresa se ge-tuienis "oor die gebeure die aand vrymoediglik
aanvaar." Van der Westhuizen, het die verhoorregter opgemerk,
het '"n goeie en
betroubare weergawe van wat gebeur het aan die hof oorgedra....ten spyte van
enkele kleinereaspekte
13.
waarop kritiek gemik is, het ek geen probleem
met sy ge-
tuienis nie " Onmiddellik daarna gaan die uitspraak
soos volg voort:
"Daar is 'n botsing wat betref sy weergawe van of die drie mans buite die voertuig gestaan het voor hulle weggejaag het. Dit mag wees dat hy hier kon fouteer het. Mej Hughes het egter toe-gegee dat sy op 'n stadium op die telefoon ook met mej Simmons gepraat het terwyl die voertuig in die omgewing was. Dit is nie duidelik of dit die geval was toe Van der Westhuizen daar aan-gekom het nie."
Of hierdie verwysing na Theresa se getuienis
be-
doel was om aan te dui dat Van der Westhuizen moontlik tog
nie
gefouteer het nie, is nie duidelik nie. Indien wel
het die verhoorregter
klaarblyklik nie die volle omvang
van haar getuienis soos hierbo beskryf in
aanmerking ge-
neem nie. Sy het deur die venster gekyk juis op die
sta-
dium toe Raymond en sy metgeselle moes ingespring het in-
dien dit
was wat gebeur het; en volgens haar was dit nie
die geval nie. Hoe dit ookal
sy, die verhoorregter was
nie bereid om as 'n feit te bevind dat drie
manspersone by
14.
Van der Westhuizen se aankoms buite die Toyota gestaan het en dat hulle ingespring en weggejaag hetnie. Van der Westhuizen se bewering kan nie as bewese beskou word nie. Ek meen nie dat die feite wat wel bewys is die waarskynlikheid daarstel dat die oorledene gevlug het nie. Natuurlik was hy 'n passasier in die voertuig waarmee Ray-mond gevlug het maar ek herhaal dat dit nie gaan oor Ray-mond se optrede nie maar oor dié van die oorledene. Al wat van sy optrede bekend is, is dat hy agter in die voer-tuig gesit het en dat hy daarin gebly het totdat hy uit-eindelik doodgeskiet is. Dit kan nie as waarskynlikheid bevind word dat hy nie uitgeklim het omdat hy self van die polisie wou wegkom nie. Hy was sterk onder die invloed van drank (so het Vogel en Theresa getuig en by die lykskouing is gevind dat die konsen-trasie alkohol in sy bloed 0,30gm/100 ml was); en ter-wyl eerste appellant nog op die toneel was, het hy ge-weier om uit te klim omdat hy nog'n laaste drankie wou
15. gehad het. Dit is die waarskynlike verklaring waarom hy nie uitgeklim het toe Van der Westhuizen op die toneel verskyn het nie. Daarna sou dit vir hom lewensgevaarlik
gewees het om dit te doen. Van der Westhuizen het getuig dat hy by tye kort
agter die Toyota gery het en gesien het dat die persoon
op die agtersitplek
telkens omkyk. Hoewel die verhoorregter hierdie getuienis aanvaar het, meen ek
nie dat dit die respondente se
saak werklik bevorder nie. Op sigself kan hierdie
optrede nie beskou word as bewys dat hy waarskynlik ook wou wegkom nie.
Nog
minder is daar 'n oorwig van waarskynlikhede in die respondente se guns dat dit
vir hom duidelik was dat die polisie hom wou arresteer.
Hy het niks met die
dief-stal van die voertuig te doen gehad nie en die waarskynlik-heid is eerder
dat hy, indien hy in sy beskonke
toestand enigsins in staat was om die posisie
te oorweeg, aangeneem het dat die polisie 'n oog op Raymond gehad het. By hom
kon daar
geen vrees vir arrestasie gewees het nie.
16.
In die lig van hierdie gevolgtrekking is dit reeds duidelik dat respondente se verweer gebaseer op art 49 nie kan slaag nie. Daarom is dit onnodig om die korrektheid te oorweeg van die verhoorhof se bevinding dat die oorledene nie verhinder kon word om te vlug an-ders dan om hom te dood nie.
Bykomend tot die verweer onder art 49 is in die
verweerskrif beweer dat De Beer en McEvoy
regmatig opge-
tree het toe hulle die skote op die Toyota gevuur het
om-
dat die wyse waarop dit bestuur is 'n gevaar geskep
het vir ander lede
van die publiek en hulle eiendom. In
para 7.3 (b) is beweer
"(b) datTweede en Derde Verweerders geregtig
was en inderdaad verplig was, onder die om-standighede, om op te tree soos wat hulle inderdaad gedoen het om -
(i) die insittendes van die genoemde motor-voertuig in arres te bring; en
(ii) die gevaar vir ander lede van die pub-liek en hul waardevolle eiendom uitdie weg te ruim
17.
uit hoofde van die bepalings van genoemde Wet 51 van 1877 (soos gewysig) en Wet 7 van 1958 (soos gewysig)."
Weens sy bevindings ten aansien van art 49 het die verhoorreg-
tér hierdie verweer nie oorweeg nie maar in hierdie hof het
respondente se advokaat dit as alternatief geopper. Om
klaarblyklike redes kan dit egter nie slaag nie.
Die verweer heet gefundeer te wees op die Straf-
proseswet en die Polisiewet. Ons is nie na enige be-
sondere bepalings van die betrokke wette verwys waaronder
dit tuisgebring kan word nie en respondente se advokaat het
te kenne gegee dat dit eintlik vloei uit die polisie se al-
gemene pligte tervoorkoming van misdaad. Soos ek die be-
toog verstaan, kom dit daarop neer dat 'n polisieman
wat 'n voertuig
teëkom wat op so 'n wyse bestuurword dat dit'n
gevaar skep vir die lewe of eiendom van andere, gemagtig
en inderdaad verplig is om die gevaar uit die weg te ruim
desnoods deur die insittendes te dood. Indien eenvoudig
beweer is dat De Beer en McEvoy in 'n noodtoestand ter
18.
beskerming van die lewe of eiendom van andere
opgetree het en dat die dood van die oorledene 'n onvoorsienbare resultaat van
hulle
optrede was, mag die verweer moont-lik regtens gegrond gewees het. Hieroor
spreek ek geen mening uit nie aangesien dit nie die verweer
is wat ge-pleit is
nie en die getuienis dit in elk geval nie bewys nie. Soos dit gepleit is en
respondente se advokaat ge-redeneer
het, skyn dit my niks anders te wees nie as
'n po-ging om die reg van 'n polisieman om iemand in 'n gepoogde arrestasie te
dood uit
te brei tot gevalle wat nie onder art 49 tuisgebring kan word
nie.
Waar die respondente se verwere wat daarop ge-mik was om aan te toon dat
die oorledene regmatig gedood is nie kan slaag nie, is die
enigste vraag wat
oorbly of die appellante nalatigheid aan die kant van De Beer of McEvoy bewys
het. Hulle het albei getuig dat hulle
na die wiele van die Toyota geskiet het
maar McEvoy het tereg toegegee dat daar altyd die moontlikheid was dat
hulle.
19.
koeëls die insittendes van die motor kon
tref. In die wilde jaagtog waarvan hulle getuig het kon hulle klaar-blyklik nie
met
enige mate van akkuraatheid na die wiele van die voertuig skiet nie. Hulle
nalatigheid is van-selfsprekend.
Weens hierdie redes behoort die verhoorhof
die appellante se eise toe te gestaan het vir die ooreenge-kome bedrae wat
hieronder verskyn.
Die volgende bevel word gemaak:
1. Die appèl word gehandhaaf met koste.
2. Die bevel van die hof a quo word tersyde gestêl en vervangdeur die volgende:
"Vonnis word verleen ten gunste van die eiseresse
vir
(a) (i) betaling aan eerste eiseres van die be-
drag van R43 000,00; (ii) betaling aan tweede eiseres van die
bedrag van R10 667,00;
20.
(iii) betaling aan derde eiseres van die be-drag van R5 733,00;
(iv) betaling aan vierde eiseres van die bedrag van R9 151,00; (b) gedingskoste."
J J F HEFER AR.
JOUBERT AR )
E M GROSSKOPF AR )
STEM SAAM. GOLDSTONE AR )
KRIEGLER Wnd AR )