South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1991 >>
[1991] ZASCA 57
| Noteup
| LawCite
Volkskas Bank Bpk. v Bankorp Bpk. h/a Trust Bank en 'n Ander (592/90) [1991] ZASCA 57; 1991 (3) SA 605 (AD); [1991] 2 All SA 324 (A) (23 May 1991)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
In die saak tussen
VOLKSKAS BANK BEPERK
.....Appelant
en
BANKORP BEPERK handeldrywend as
TRUST BANK Eerste Respondent
INFINITE MARKETING AND SERVICES BK Tweede respondent
CORAM :CORBETT HR, HEFER, NESTADT, FRIEDMAN ARR e_t KRIEGLER Wrn AR.
AANGEHOOR:7 MEI 1991.
GELEWER : 23 MEI 1991.
U I T S P R A A K
HEFER AR.
2. HEFER AR :
Appellant ("Volkskas") en eerste respondent ("Trust
Bank") is albei handelsbanke wat vir die snelle verrekening van hulle tjeks
gebruik
maak van die klaring-stelsel van Automatcd Clearing Bureau (Edms) Beperk
("ACB"). Dit geskied kragtens 'n skriftelike klaringsooreenkoms
tus-sen ACB en
die deelnemende banke. Die stelsel behels dat
'n bank die rekening van 'n
kliënt wat 'n tjek vir invorde-ring by hom deponeer dadelik voorlopig
krediteer en die tjek, waar
moontlik, dan dieselfde dag deurstuur na ACB wat aan
die einde van elke dag 'n onderlinge verrekening tussen die banke doen van die
tjeks wat op elkeen getrek en deur elkeen ingestuur is vir invordering. Die
vol-gende dag word die saldos aldus bereik voorlopig
teen die banke se rekenings
by die Reserwe Bank gekrediteer en gedebiteer en die tjeks aan elke betrokkene
tak ge-stuur met 'n verslag
van die vorige dag se verrekenings. By ontvangs deur
'n bepaalde tak van die tjeks op hom
3. getrek tree 'n spertydperk in werking
waarbinne hy moet be-sluit watter daarvan hy gaan honoreer en watter nie.
Be-sluit hy om
'n tjek nie te honoreer nie moet hy dit binne die spertydperk aan
die invorderingsbank of aanACB terug-stuur en, indien die tjek
groter as R2 000
is, die invorder-ingsbank by wyse van 'n sg Yufig-boodskap van sy besluit
ver-wittig. Word aan hierdie vereistes
voldoen, word allere-levante voorlopige
krediete en debiete terúggeskryf maar,.indien daaraan nie voldoen word
nie, word die
inskrywings finaal by verstryking van die spertydperk.
Op 3 Mei
1990 het MLS Bank Beperk ("MLS"), 'n kliënt van Volkskas se
Brooklynsirkel-tak in Pretoria, 'n tjek vir 'n bedrag van
R39 581 aan Infinite
Marketing and Services BK ("Infinite Marketing") uitgereik. Die-selfde dag is
die tjek in Infinite Marketing
se rekening by Trust Bank se Silverton-tak
gedeponeer. Die reke-ning is voorlopig met die bedrag daarvan gekrediteer en die
tjek
deurgestuur na ACB waar dit die aand van
4. 3 Mei op die gewone manier
verreken is. Dieselfde aand is MLS se rekening dienoorkomstig deur Volkskas se
reke-naarstelsel gedebiteer.
Op 4 Mei 1990 het die Brooklyn-sirkel-tak die
verrekeningsverslag ontvang en natuurlik ook die tjeks teen hom getrek wat die
vorige
dag verre-ken is. Dit was MLS se gebruik om sy tjeks daagliks by die tak
af te haal en op hierdie wyse het die maat-skappy die betrokke
tjek op 4 Mei
1990 ontvang. Weens redes wat nie tans ter sake is nie het MLS later die dag
besluit om betaling van die tjek te stóp.
Die bestuur-der van die
Brooklynsirkel-tak is dadelik van die besluit verwittig en die tjek is aan die
tak oorhandig. Op 5 Mei 1990,
voor verstryking van die spertydperk, is die
vereiste Yufig-boodskap aan Trust Bank versend en die tjek teruggestuur na
ACB.
Op 'n later stadium het 'n geskil tussen Volks-kas en Trust Bank
ontstaan oor die vraag of betaling van die tjek betyds afgelas is.
Die gevolg
was dat Volks-
5.
kas die hof a quo genader het vir 'n bevel -
"1. Dat verklaar word:
1.1 Dat betaling van tjek nommer 9168 wat deur MLS BANK BEPERK getrek is op die Brooklynsirkel-tak van die Applikant, 'n ware afskrif waarvan as Aanhangsel 'B' aangeheg is tot die Applikant se Funderende Eedsverkiaring, regsgeldig-lik afgelas is; en
1.2 Dat die gemelde tjek nie betaal is nie.
2. Uat die eerste Respondent die koste van hier-die aansoek moet betaal, alternatiewelik, en slegs indien die Tweede Respondent hierdie aansoek opponeer, dat die Eerste en Tweede Respondente die koste van hierdie aansoek gesamentlik en afsonderlik betaal."
ROUX R het die aansoek (wat slegs deur Trust Bank bestry is) van die hand gewys maar verlof verleen tot 'n appèl na hierdie hof.
Hoewel die opponerende verklaring wat namens Trust Bank ingehandig is die
indruk skep dat die deponent bykomende gronde vir die bestryding
van die aansoek
in ge-dagte gehad het, het mnr Maritz wat Trust Bank in hierdie
6. hof
verteenwoordig het, aangedui dat sy enigste betoog is dat MLS betaling van die
tjek afgelas het op 'n sta-dium toe dit as reeds
betaal beskou moet word. Daar
was natuurlik geen daadwerklike betaling in die vorm van die oorhandiging van
geld nie want, soos aangedui,
behels die klaringstelsel weinig meer as 'n reeks
weder-sydse boekinskrywings wat in die gewone loop van sake bloot 'n krediet in
die bankrekening van die nemer en 'n debiet in die bankrekening van die trekker
tot eindre-sultaat het. In die verloop van die klaringsproses
moet daar 'n
tydstip wees wat as die oomblik van beta-ling aangemerk kan word. Presies
wanneer daardie oom-blik aanbreek, is waaroar
die geskil tussen die partye gaan
- volgens Volkskas is dit (behalwe in die geval van spesiale klarings ) wanneer
die spertydperk
sonder ken-nisgewing van dishonorering verstryk; en volgens
Trust Bank is dit wanneer die betrokkene bank betaling van die tjek
goedkeur.
7.
In die funderende verklaring wat namens Volkskas
ingehandig is, het die deponent erken dat -
"(in) banktaal gesê kon word dat die (betrokke) tjek reeds in die tak se grootboek gepos is, met ander woorde dat die Applikant besluit het om die tjek te betaal."
Dit is gemene saak dat MLS die tjek afgelas het nadat
hierdie besluit geneem is. Op die basis hiervan en op
gesag van Rosen v
Barclays National Bank Ltd 1984(3) SA
974 (W) het mnr Maritz aangevoer dat die tjek reeds be-
taal was op die stadium toe betaling afgelas is.' In
die Rosen-saak het twee takke van dieselfde bank, die
een as betrokkene en die ander as invorderingsbank, ook
van ACB se klaringstelsel gebruik gemaak. Die getuie-
nis van ene Hollow was dat wanneer 'n tjek deur 'n betrok-
kene bank van ACB ontvang wórd dit deur 'n bankamptenaar
nagegaan word om vas te stel of dit formeel in orde is
en betaal kan word. Oor die tyd van betaling het GOLD-
STONE WR (soos hy toe was) hom op 978 G-I soos volg uit-
8. laat :
"In the case of an ordinary, ie unmarked, cheque, it would be received from the ACB and the drawee bank would then go through the procedure des-
cribed by Mr Hollow. If there was nothing ir-
regular on the face of the cheque and there were"
funds in the drawer.'s account to meet it, it
would be passed for payment. It seems to me
that at that moment the cheque would be paid
by the drawer bank. The entries, ie the de-
bit (if there was one), and the credit, made
provisionally by the bank, would become final.
I do not agree with the contention made by re-
spondent's counsel that payment is only made
on expiration of the period during which the
drawee bank would have been entitled to have
dishonoured the cheque in question "
(In die gedeelte van die aanhaling wat ek
beklemtoon het,
was die bedoeling klaarblyklik om na die "drawee bank"
te
verwys. Hierdie gedeelte moet natuurlik verstaan
word in die samehang van die
debitering en kreditering
van die onderskeie rekenings; soos blyk uit die
verdere
opmerkings op 979 E-G het GOLDSTONE WR die besluit om
die tjek
goed te keur vir betaling,gepaardgaande met die
inskrywings in die rekenings
as betaling beskou.)
9. Daar is 'n wesenlike verskil tussen die situa-sie in
die Rosen-saak en die huidige een. In eersge-noemde was betrokkene en
invorderaar takke van dieselfde bank en, soos GOLDSTONE WR op 978E aandui,
word
sulke takke beskou as agentskappe van een onderneming. Dit is nie om dowe neute
genoem nie; trouens, dit vorm die fondament
van dle hele beslissing soos ek dit
verstaan. Op 979 A-D word verwys na The Brimnes [1973] 1 All ER 769 en Momm v
Barclays Bank International Ltd [1976] 3 All ER 588 wat beide te make gehad
het met die debite-ring en kreditering van verskillende kliënte se
reke-nings by een bank. Wanneer 'n
bank beide as betrokkene en as invorderaar
fungeer moet hy noodwendig as gemagtig-de van die nemer bewus wees van sy
optrede as gemagtigde
van die trekker en, in soverre die kreditering en
debite-ring van die onderskeie rekenings gelyk gestel kan word aan betaling, in
beide hoedanighede kennis dra van die betaling. Dit is klaarblyklik hoe
GOLDSTONE WR ook
10. geredeneer het want op 979 C-D wys hy daarop dat ken-
nisgewing aan die ontvanger volgens die uitspraak in
Momm v Barclays Bank International Ltd nie 'n vereiste
is nie. Dit beskou hy (op 979 D) -
"... to be consistent with our own law, es-pecially when it is borne in mind that the collecting bank is acting as an agent f or collection on behalf of the payee."
Of die beslissing korrek is, is nie vir
huidige doeleindes ter sake nie en ek spreek geen mening daaroor uit nie omdat
dit klaarblyklik
nie van toepassing is in die huidige situasie nie; in die
onderhawige geval was die betrokkene en die invorderaar afsonderlike banke
en
was laasgenoemde nie bewus dat die tjek aanvanklik goed-gekeur is vir betaling
nie - daarvan het Trust Bank eers tien dae later
dws na ontvangs van die
Yufig-boodskap, bewus geword.
Mnr Maritz het nogtans aangevoer dat die tjek
ook in hierdie geval betaal is toe Volkskas dit goedgekeur
11.
het vir betaling. Voordat ek sy betoog behandel, wil ek 'n
paar algemene opmerkings maak. Eerstens: die feit dat ACB se klaringstelsel
'n
betreklik moderne een is waarin van hoogs gesofistikeerde tegnieke gebruik
gemaak word om aan die eise van die hedendaagse sake-gemeenskap
te voldoen,
bring níe mee dat geykte begin-sels van die reg oorboord gegooi en
inderhaas na nuwes gesoek moet word nie. Wesenlik
geskied die invordering van
tjeks deur die handelsbanke nog volgens dieselfde be-ginsels waarvolgens dit
altyd geskied het. Die enigste
werklike verskil is dat daar nou gebruik gemaak
word van 'n geoutomatiseerde stelsel vir die duisende tjeks wat daagliks verwerk
moet word. (vgl F R Malan: The Libe-ration of the cheque 1978 TSAR
107 op 109-110; Malan en De Beer: Wisselreg en Tjekreg 284). Daarom,
hoewel die fisiese proses van die verhandeling van tjeks veran-der het, bly die
regsbeginsels waarvolgens dit geskied
onveranderd.
12. Tweedens: daar is geen
aanduiding in die kla-ringsooreenkoms van 'n bedoeling om die deelnemende banke
of hulle kliënte van
enige regte te ontneem nie. In beson-der ontneem dit
nie die trekker van 'n tjek die reg om be-taling af te gelas nie. Natuurlik
moet
die ooreengekome prosedures nagekom en die voorgeskrewe tydsbepalings eer-biedig
word maar origens bly die partye se regte onaangeraak.
Derdens: betaling is
'n tweesydige regshande-ling wat, tensy anders ooreengekom, die medewerking van
beide partye verg (Matador Buildings (Pty) Ltd v Harman 1971(2) SA 21 (K)
op 25 H, Saambou-Nasionale Bouvereni-ging v Friedman 1979(3) SA
.968 (A) op 993 A-B). GOLDSTONE WR se opmerking in die Rosen-saak
(supra op 979 E) dat
" our Courts have before recognised that
payment may be made without knowledge there-of by the creditor: see, for example, Bous-field v The Divisional Council of Stutterheim 19 SC 64 at 70-71 "
is nie 'n korrekte weergawe van die Suid-Afrikaanse reg
of van die uitspraak waarna hy verwys nie. Al wat DE
13. VILLIERS HR in die Bousfield-saak gesê het is dat beta-ling
deur 'n buitestaander wat deur die skuldeiser aan-vaar word geldige voldoening
selfs sonder
die wete van die skuldenaar is.
Mnr Maritz het nie die
korrektheid van die derde opmerking betwis nie maar aangevoer dat betaling
nogtans geskied het sonder Trust
Bank se wete omdat die doel van die spertydperk
bloot is om die betrokkene ge-leentheid te gee om te besluit of hy die tjek sal
betaal
en nie om hom geleentheid te gee om sy besluit bekend te maakaan die
invorderingsbank nie. Ek stem nie saam nie. Myns insiens is
die doel daarvan
juis om die be-trokkene geleentheid te gee om sy besluit bekend te maak -
vandaar die reëling dat die voorlopige
debiete eers by verstryking van die
tydperk finaal word. (Dat kennisgewing van 'n voorneme om te honoreer nie vereis
word nie, doen
hieraan nie afbreuk nie. Verreweg die meeste tjeks wat deur banke
hanteer word, word uitbetaal
14. en dit sou onsinnig wees om van 'n bank te
verwag om tel-kens aan te dui dat 'n tjek uitbetaal word. Elke bank word
eenvoudig
geag bereid te wees om dit te doen tensy kennisgewing van die
dishonorering binne die spertydperk geskied). Die handelswêreld
is net so
min as die reg gemoeid met die ongeopenbaarde interne reëlings, besluite en
optrede van andere (vgl Fonds Adviseurs Bpk v Trust Bank van Afrika Bpk
1974 (4) SA 883 (A) op 892B). Met die aan-bied van tjeks vir betaling is dit nie
anders gesteld nie. Sou 'n tjek bv op die gewone wyse oor die toonbank
aange-bied word vir betaling het die blote besluit van 'n kassier om dit uit te
betaal klaarblyklik geen effek nie (trouens, selfs
al sou so 'n besluit te kenne
gegee word teenoor die aanbieder, geskied betaling klaarblyklik eers wanneer die
geld daadwerklik oorhandig
word). En dit is ondenkbaar dat die
klaringsooreenkoms enige ander resultaat beoog. Indien mnr Maritz reg is,
beteken dit dat 'n
besluit waar-van geen belanghebbende buitestaander kennis dra
nie,
15. nie verander kan word nie en dat die trekker sy reg om betaling af te
gelas verbeur sodra 'n bankamptenaar, weer-eens sonder kennis
van enige
belanghebbende buitestaander, besluit om 'n tjek uit te betaal.
Die res van
mnr Maritz se betoog kan ook nie gehandhaaf word nie. Hy het nl aangevoer dat 'n
stil-swyende bepaling by die klaringsooreenkoms
ingelees moet word tot die effek
dat die voorlopige debiete fi-naal word sodra die betrokkene voor verstryking
van die spertydperk
besluit om 'n tjek te honoreer en dit aan die trekker
teruglewer. Die oorhandiging van die tjek aan die trekker, het hy aangevoer,
kan
die nemer belemmer in die uitoefening van sy regte. Wat hy egter uit die oog
verloor het, is dat die ooreenkoms vereis dat 'n
ge-dishonoreerde tjek aan ACB
of aan die invorderingsbank teruggestuur moet word. Word dit gedoen (soos in die
onderhawige geval),word
geen afbreuk gedoen aan die ne-mer se regte nie en,word
dit nie gedoen nie, word die
16. voorlopige debiete in elk geval finaal. Mnr
Maritz se suggestie dat die tjek intussen "verander" kan word, is so
onrealisties
dat dit nie oorweging verdien nie. Die voorgestelde stilswyende
bepaling voldoen hoegenaamd nie aan die vereistes gestel in beslissings
soos
dié in Mul-lin (Pty) Ltd v Benade Ltd 1952(1) SA 211 (A) op
214 C-215 D nie.
Mnr Maritz het gewag gemaak van die feit dat Volkskas die
tjek aan MLS oorhandig het nadat die besluit om dit goed te keur vir betaling
geneem is, as sou dit klinkklare bewys wees dat Volkskas dit self as betaal
beskou het. Maar, soos vantevore aangedui, was dit MLS
se gebruik om daagliks sy
tjeks by die Brook-lynsirkel-tak af te haal. Die doel hiermee was om die
maatskappy geleentheid te gee
om die tjeks na te gaan en te besluit watter
daarvan betaal moes word juis so-dat, indien nodig, die dishonorerings-prosedure
van
die klaringstelsel gevolg kon word. In hierdie lig beoor-
17. deel dra die oorhandiging van die tjek niks by tot die vraag of dit as betaal beskou moet word op die stadium toe dit afgelas is nie.
Die gevolgtrekking is dus dat die tjek nie be-skou kan word as reeds betaal op die stadium toe beta-ling daarvan afgelas is nie en dat die verklarende bevel wat Volkskas aangevra het, toegestaan behoort te gewees het.
Die appèl slaag met koste. Die bevel van die hof a quo word ter syde gestel en vervang met die volgen-de:
"'n Bevel word verleen ooreenkomstig paragraaf 1 van die kennisgewing van Mosie en die eerste respondent word gelas om die koste van die aan-soek te betaal."
J J F HEFER AR. CORBETT HR )
NESTADT AR )
FRIEDMAN AR ) STEM SAAM.
KRIEGLER Wrn AR )