South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1992 >> [1992] ZASCA 100

| Noteup | LawCite

Minister van Wet en Orde v Erasmus en 'n Ander (204/1990) [1992] ZASCA 100; 1992 (3) SA 819 (AD); [1992] 2 All SA 267 (A) [1992] 2 All SA 267 (A) (29 May 1992)

Download original files

PDF format

RTF format


LL Saak No 204/1990

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPéLAFDELING

Insake die appèl van:

DIE MINISTER VAN WET EN ORDE Appellant

teen

J C A ERASMUS Eerste Respondent

S J NAUDE Tweede Respondent

CORAM: VAN HEERDEN, E M GROSSKOPF,

SMALBERGER, F H GROSSKOPF ARR et HOWIE WAR

VERHOORDATUM: 22 MEI 1992

LEWERINGSDATUM: 29 MEI 1992

UITSPRAAK

VAN HEERDEN AR:

2

Na afhandeling van die verhoor van twee gekonsolideerde aksies in die Oranje-Vrystaatse
Provinsiale Afdeling is bevele verleen waarvolgens die appellant gelas is om twee voertuie aan die eerste respondent, en 'n verdere voertuig aan die tweede respondent, terug te lewer. Die uitspraak van die verhoorhof is gerapporteer as Erasmus en 'n Ander v Minister van Wet en Orde 1991 (1) SA 453 (0). Met die nodige verlof is hierdie appèl gerig teen bedoelde bevele en gepaardgaande kostebevele wat teen die appellant verleen is.

By die verhoor van die appèl was daar tereg geen geskil aangaande die kerngebeure wat tot die instelling van die aksies gelei het nie. Hulle kan bondig soos volg saamgevat word:

1) Die appellante het die voertuie van 'n verkoper aangekoop denkende dat laasgenoemde die eienaar daarvan was of in in elk geval bevoeg was om

3

dié te vervreem.

2)Na ontvangs van die voertuie het die appellante aansienlike koste opgeloop deur noodsaak-like of nuttige herstelwerk aan die voertuie te laat verrig. Aldus is die waarde daarvan substansieel verhoog.
3)Later, en terwyl die respondente nog steeds in besit van die voertuie was en geglo het dat hulle eiendomsreg daarop verkry het, het die Staat ingevolge art 20 van die Strafproseswet 51 van 1977 ("die Wet") op die voertuie beslag gelê.
4)Nadat strafregtelike verrigtinge in verband met beweerde diefstal van die voertuie teen

'n derde persoon teruggetrek is, het dit geblyk dat geen verdere sodanige verrigtinge ingestel sou word nie en dat die voertuie dus nie vir doeleindes van bewyslewering of van 'n hofbevel deur die Staat benodig was nie. Gevolglik het die bepalings van art
4 31(1) van die Wet in werking getree.
5) Die respondente se versoek om terug-besorging van die voertuie is egter nie toegestaan
nie. Dit was naamlik die appellant se standpunt dat die voertuie aan die Staat verbeur was.

Dit was by die verhoor in die hof a quo ook gemene saak dat twee van die voertuie ten tye van die beslaglegging gesteelde voorwerpe was. Wat die derde voertuig, 'n Colt, betref, was dit by die verhoor, soos ook op appél, in geskil of die Colt steeds 'n gesteelde voorwerp was toe daarop beslag gelê is. Ek veronderstel egter ten gunste van die appellant dat dit wel die geval was.

Ten slotte dien vermeld te word dat na die beslaglegging geen persoon, anders as die appellant en die respondente, aanspraak op die voertuie gemaak het nie. In besonder het die eienaars van die voer-tuie nie na vore getree nie.

5
Art 20 van die Wet magtig die Staat om
beslag te lê op o a 'n voorwerp wat op redelike

gronde vermoed word betrokke te wees by die pleging
of vermeende pleging van 'n misdryf. Die drie voer-

tuie was elk sodanige voorwerp en is na beslaglegging
kragtens art 30(c) in polisiebewaring gehou. Die

enigste ander bepalings van die Wet wat hier vermeld

hoef te word, is dié van art 31(1) (a) en (b). Die

eerste paragraaf lui soos volg:

"Indien geen strafregtelike verrigtinge ingestel word in verband met 'n in artikel 30(c) bedoelde voorwerp nie of indien dit blyk dat so 'n voorwerp nie by die verhoor vir die doeleindes van bewyslewering of vir die doeleindes van 'n hofbevel nodig is nie, word die voorwerp teruggegee aan die persoon van wie dit in beslag geneem is, indien so 'n persoon daardie voorwerp wettiglik mag besit, of, indien so 'n persoon daardie voorwerp nie wettiglik mag besit nie, aan die persoon wat dit wettiglik mag besit."

Art 31(1)(b) bepaal dat indien niemand so 'n voorwerp wettiglik mag besit nie, of indien die
6 betrokke polisiebeampte nie weet van iemand wat dit wettiglik mag besit nie, die voorwerp aan die Staat verbeur word.

Die verhoorhof het bevind dat die respon-dente die voertuie wettiglik kon besit en wel omdat hulle vanweë bogenoemde herstelwerk en die gevolglike waardevermeerdering van die voertuie retensieregte daarop gevestig het. Op appél is tereg nie betwis dat die respondente ten tye van die beslagleggings sodanige regte gehad het nie. Wel is betoog dat indien die voertuie aan die respondente terugbesorg sou word, hulle dit nie wettiglik sou besit nie.

Alvorens hierdie betoog van nader betrag word, dien kortliks verwys te word na die regsposisie van 'n retensiereghouer wat besit van die saak ver-loor het. Die gemeenregtelike reël dat roerende goed geen gevolg het nie, is onderhewig aan 'n aantal uitsonderings. Een daarvan is besitsverlies as
7 gevolg van geweld of diefstal. Raadpleeg bv Matthaeus, Zinspreuken by de Neederlandsche Rechts-geleerden, zinspreuk 7.17, en Voet 20.1.13. Alhoewel

besit 'n vereiste van bv 'n pandreg of retensiereg is, kan die houer dus die saak opeis indien sy besitsverlies onvrywilliglik was.

Dit is voor die hand liggend dat daar geen rede is nie om 'n onderskeid te trek tussen besits-verlies as gevolg van fisiese geweld en sodanige verlies weens regsdwang. Vgl Assurity (Private) Ltd v Truck Sales (Private) Ltd 1960 (2) SA 686 (SR) 690 en Wilson v Kymer 105 ER 59, 61. In die onderhawige geval was die respondente regtens verplig om die polisie se beslaglegging te eerbiedig; anders gestel, kon hulle geen verweer teen die besitsontneming van die voertuie opper nie. Die besitsverlies was dus net so onvrywillig as wat dit in geval van geweld-dadige ontrowing sou wees. Indien die bepalings van

8

art 31(1) (a) nie in hul weg staan nie, is die respondente dus geregtig op herbesit van die voer-tuie. En indien hulle weer in besit gestel word, kan hulle hul voormalige retensieregte teenoor o a die eienaars van die voertuie uitoefen.

Ek keer terug na bogenoemde betoog. Die appellant se advokaat het tereg toegegee dat die respondente se retensieregte by terugbesorging van die voertuie sou herleef, maar het nietemin aangevoer dat hulle dan nie die voertuie wettiglik sou besit nie. Die beperkende uitleg van art 31(1) (a) wat voorgestaan is, kom hierop neer: Wettige besit slaan slegs op besit van die eienaar van die voorwerp of van iemand, soos 'n huurkoper, wat sy aanspraak op besit aan die eienaar ontleen het.

Aanvaarding van hierdie betoog sou lei tot die absurde konsekwensie dat o a 'n balju wat voor 'n beslaglegging ingevolge art 20 'n saak in beslag
9 geneem het, onder geen omstandighede ingevolge art 31(1)(a) in wettige herbesit van die saak gestel sou kon word nie. Die betoog is in elk geval strydig met die beslissing van hierdie hof in Minister van Wet en Orde v Datnis Motors (Midlands) (Edms) Bpk 1989 (1) SA 926 (A) 932-3. Daarvolgens moet die wettigheid van die besit van 'n voorwerp vir die doeleindes van art 31(1)(a) met verwysing na die strafreg beoordeel word, en moet 'n voorwerp teruggelewer word aan die persoon van wie dit in beslag geneem is tensy sy besit daarvan wederregtelik, d w s strafregtelik onregmatig, sal wees. Hieruit volg vanself dat indien die betrokke persoon se besit nie wederregtelik sal wees nie, dit ontersaaklik is of sy voormalige besit al of nie voortgespruit het uit 'n afspraak met die eienaar van die voorwerp.

In casu sou die respondente voor die beslagleggings hul retensieregte teenoor o a die

10

eienaars van die voertuie kon handhaaf selfs indien hulle uitgevind het dat dié gesteelde voorwerpe was. Word hulle ingevologe art 31(1)(a) in herbesit gestel, kan hulle hul herleefde retensieregte tot dieselfde mate as vroeër handhaaf. Sodanige herbesit sou dus nie wederregtelik wees nie. Kortom, hernude besit sou nie 'n element van enige misdryf wees nie. Die appèl word met koste afgewys.

H J O VAN HEERDEN AR

E M GROSSKOPF AR

SMALBERGER AR

STEM SAAM F H GROSSKOPF AR

HOWIE WAR