South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1992 >>
[1992] ZASCA 107
| Noteup
| LawCite
S v Mkhonto en Andere (86/91) [1992] ZASCA 107 (1 June 1992)
Download original files |
Saak Nr 86/91 /MC
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
Tussen
JUDAS MKHONTO Eerste Appellant
ANDRIES SAMBO Tweede Appellant
JAMES MONA Derde Appellant
- en -
DIE STAAT Respondent
CORAM: JOUBERT, VIVIER ARR et VAN
COLLER Wn AR
VERHOOR: 22 MEI 1992
GELEWER: 1 JUNIE 1992
UITSPRAAK
VIVIER AR.
2. VIVIER AR:
Die drie appellante, na wie ek as beskuldigdes 1, 2 en 3 onderskeidelik sal verwys, is in die Oos- en Suid-Oostelike Rondgaande Plaaslike Afde= ling op Lydenburg skuldig bevind aan moord (aanklag 1). Beskuldigdes 1 en 2 is verder skuldig bevind aan die onwettige besit van 'n vuurwapen (aanklag 2). Op die aanklag van moord is beskuldigde 1 ter dood veroordeel, beskuldigde 2 is tot twaalf jaar gevangenisstraf gevonnis en beskuldigde 3 tot nege jaar gevangenisstraf. Op aanklag 2 is beskuldigde 1 tot vier jaar gevangenisstraf en beskuldigde 2 tot een jaar gevangenisstraf gevonnis. Beskuldigde 1 appelleer na hierdie Hof teen sy skuldigbevinding en vonnis op aanklag 1 ingevolge art 316 A van Wet 51 van 1977. Met verlof van hierdie Hof appelleer beskuldigdes 2 en
3.
3 teen die skuldigbevinding op aanklagte 1 en beskul= digde 2
ook teen die skuldigbevinding op aanklag 2.
Die Staatsaak by die verhoor was
dat beskuldigde 1 op 18 Junie 1989 vanaf die Somerset Trustgebied in die
Mhala-distrik waar hy en
die oorledene gewoon het, per motor gereis het na die
gebied waar beskuldigdes 2 en 3 gewoon het, waar hy vir beskuldigde 2 gevra
het
om die oorledene dood te skiet. Beskuldigde 2 het vir beskuldigde 3 gevra om hom
te vergesel en laasgenoemde twee is dieselfde
dag deur beskuldigde 1 na die
Somerset Trustgebied vervoer. By 'n begraafplaas naby die oorledene se huis het
hy hulle afgelaai met
die opdrag om daar te wag. Later die dag het beskuldigde 1
'n AK 47 geweer met h jong seun na hulle gestuur. Die seun het hulle na
die
oorledene se huis geneem en laasgenoemde aan hulle uitgewys. Beskuldigde 2 het
die oorledene in die bors
4.
met die AK 47 geweer geskiet en die koeël het deur beide die linkerlong en hart gedring en die oorledene se dood veroorsaak. Beskuldigdes 2 en 3 het die nag by beskuldigde 1 se huis geslaap en hy het hulle vroeg die volgende oggend teruggeneem na hul tuiste.
Nadat hulle op Vrydag 4 Augustus 1989 gearresteer is, het al drie beskuldigdes op Maandag 7 Augustus 1989 skriftelike verklarings voor landdros David Ngobeni afgelê. Die toelaatbaarheid van elke verklaring is by die verhoor betwis op grond daarvan dat dit nie vrywillig en ongedwonge gemaak is nie. Na h verhoor binne 'n verhoor het die Verhoorhof beslis dat die verklarings wel as getuienis toelaatbaar is. In die geval van beskuldigdes 2 en 3 is die verklarings die enigste getuienis wat hulle met die misdaad verbind. Teen beskuldigde 1 was daar die addisionele getuienis dat 'n koeeldoppie wat deur speurder-sersant
5.
Hlatswayo op die toneel gevind is, afgevuur is met h AK 47 geweer wat beskuldigde 1 na sy arrestasie aan die polisie uitgewys het en wat hy in sy getuienis erken het hy op 'n stadium voor die oorledene se dood in sy besit gehad het.
Namens die drie beskuldigdes het mnr Jordaan in hierdie Hof betoog dat die Verhoorregter verkeerdelik die verklarings as getuienis teen die onderskeie beskuldigdes toegelaat het. Beskuldigde 1 is aanvanklik 'n paar weke na die pleging van die misdaad in hegtenis geneem maar is 'n paar dae later weer vrygelaat. In die vroeë oggendure van Vrydag 4 Augustus 1989 is hy weer by sy huis gearresteer deur Hlatswayo en adjudant-offisier Ndinisa en na die Calcutta-polisiestasie naby Hazyview gebring waar hy ondervra is. Beskuldigde 1 het daarna die polisie geneem na beskuldigdes 2 en 3 wat ook arresteer is.
6.
Dieselfde dag het beskuldigde 1 die AK 47 geweer waarmee die oorledene geskiet is, uitgewys waar dit in 'n land begrawe was. Die drie beskuldigdes is aangehou by die Calcutta-polisiestasie en is op Maandag 7 Augustus 1989 na landdros Ngobeni op Hulamabashe naby Nelspruit geneem waar hul die verklarings afgelê het.
In die verklarings van beskuldigdes 1 en 3 sê hulle dat hulle op Saterdag 5 Augustus 1989 by die Calcutta-polisiestasie aangerand is. In sy getuienis by die binneverhoor het beskuldigde 2 gesê dat hy ook aan die landdros gemeld het dat hy deur die polisie aangerand is maar dat die landdros dit nie genotuleer het nie. Die Verhoorhof het hierdie getuienis van beskuldigde 2 verwerp maar het nogtans beslis dat die bewyslas in geval van al drie die beskuldigdes op die Staat rus om te bewys dat die verklarings ongedwonge en vrywillig afgelê is.
7.
By die binneverhoor het Hlatswayo en
Ndinisa
namens die Staat getuig en ontken dat enige van die
drie
beskuldigdes op enige wyse aangerand is. Volgens
beide is beskuldigde 1 reeds
na sy eerste arrestasie
oor 'n . tydperk van 'n paar dae langdurig
ondervra.
Anders as wat mnr Jordaan betoog het, kan ek egter
niks
onbehoorliks in sy ondervraging by hierdie geleentheid
vind nie.
Hlatswayo het wel bevestigend geantwoord
op 'n vraag of beskuldigde 1
"aanmekaar" ondervra is,
maar uit die res van sy getuienis is dit duidelik
dat
hy glad nie daarmee bedoel het dat die ondervraging
ononderbroke
voortgeduur het nie. Geen getuienis is
in elk geval na sy eerste arrestasie
teen beskuldigde 1
ingewin nie. Na sy arrestasie vroeg die oggend van
4
Augustus 1989 is hy by die polisiestasie ondervra.
Volgens Hlatswayo het
die ondervraging drie uur lank
geduur en volgens Ndinisa twee uur lank. Hulle
het
8.
op hierdie stadium oor inligting teen beskuldigde 1 beskik waarmee hulle hom konfronteer het. Hlatswayo het getuig dat beide hy en Ndinisa by hierdie geleentheid hard met beskuldigde 1 gepraat het, waardeur hy, volgens hom, bedoel het dat hulle ernstig met beskuldigde 1 gepraat het maar dat hulle nie op hom geskreeu het nie. Na my mening kan nie op grond van hierdie getuienis, of uit die feit dat ander lede van die polisiemag soms by die ondervraging teenwoordig was, gesê word dat die verklaring wat beskuldigde 1 drie dae later voor die landdros gemaak het, nie ongedwonge en vrywillig gemaak is nie.
Die drie beskuldigdes het by die binneverhoor getuig dat hulle deur die polisie by die Calcutta-polisiestasie aangerand is voordat hulle die verklarings afgelê het. Die Verhoorhof het die getuienis van die beskuldigdes as leuenagtig verwerp en
9.
dié van Hlatswayo en Ndinisa aanvaar. Hierdie bevindinge is nie betwis deur mnr Jordaan nie wat toegegee het dat al drie beskuldigdes leuenagtige en ongeloofwaardige getuies was.
Mnr Jordaan het betoog dat die feit dat beskuldigdes 1 en 3 aan die landdros gemeld het dat hulle aangerand is, daarop dui dat hulle nie vrywilliglik die verklarings afgelê het nie. Hy het betoog dat so 'n uitlating nie te rym is met 'n persoon wat vrywillig sy skuld wil erken nie. Ek kan nie die afleiding maak waarvoor mnr Jordaan betoog nie. Beskuldigdes 1 en 3 kon die bewerings dat hulle aangerand is vir 'n hele aantal redes gemaak het, byvoorbeeld om die polisie in 'n slegte lig te stel of omdat hulle gedink het dat dit hulle later goed te pas sou kom. Hulle getuienis is deur die Verhoorhof as leuenagtig bestempel en dit sou gevaarlik wees om 'n
10.
afleiding te maak dat hulle aangerand is bloot omdat hulle so
aan die landdros gesê het.
Landdros Ngobeni het by die binneverhoor
getuig dat hy geen tekens van enige beserings by enige van die beskuldigdes
bespeur het toe
hy hulle verklarings afgeneem het nie. Hy het gevolglik nie
verdere ondersoek ingestel, of 'n ondersoek gelas toe beskuldigdes 1
en 3 aan
hom gesê het dat hulle deur die polisie aangerand is nie. Die versuim om
ondersoek in te stel kan opsigself nie as
'n onreelmatigheid beskou word nie.
Dit was hoogstens 'n faktor wat die Verhoorhof in ag kon neem by die beslissing
van die vraag
of die beskuldigdes aangerand is soos hulle beweer hulle aan die
landdros gesê het. Soos ek reeds daarop gewys het, het die
Verhoorhof
hulle getuienis dat hulle aangerand is, verwerp.
Ek is gevolglik van mening dat daar geen
11.
basis is waarop daar met die bevinding van die landdros dat
die verklarings vrywillig en ongedwonge gemaak is, ingemeng kan word nie.
Mnr
Jordaan het toegegee dat indien die verklarings aan die landdros toelaatbaar
was, beskuldigdes 1 en 2 tereg skuldig bevind is
op beide aanklagte. Die
toegewing is korrek gemaak. Volgens beskuldigde 1 se verklaring het hy beplan om
die oorledene dood te maak
maar het homself nie opgewasse gevoel vir die taak
nie. Hy het gevolglik vir beskuldigde 2 gevra om die oorledene dood te skiet en
het hom van 'n wapen vir daardie doel voorsien. Hy het vir beskuldigde 2 vanaf
laasgenoemde se woonplek tot naby die oorledene se
huis vervoer en het verder
reelings getref dat beskuldigde 2 na die oorledene se huis geneem en
laasgenoemde aan beskuldigde 2 uitgewys
word. Wat beskuldigde 2 betref, het hy
in sy
12.
verklaring erken dat hy op versoek van beskuldigde 1 die oorledene
koelbloedig doodgeskiet het.
Beskuldigde 3 se verklaring toon, na my mening,
niks meer as dat hy 'n onskuldige toeskouer van die gebeure was nie. Hy sê
in
sy verklaring dat beskuldigde 1 by hulle woongebied vir beskuldigde 2 genader
het. Beskuldigde 2 het daarna vir hom gevra om saam
te gaan sonder om te
sê wat hulle sou gaan maak. Sy verklaring lui dan verder :-
"When we arrived there he informed me that he has been hired by his friend Mkonto to go and kill another man who is troubling him."
Mnr Van Wyk, wat namens die Staat voor ons verskyn het, het betoog dat beskuldigde 2 in hierdie gedeelte van sy verklaring verwys het na die begraafplaas waar hy en beskuldigde 2 gewag het om na die oorledene se huis geneem te word, sodat beskuldigde
13.
3 vooraf van die plan om die oorledene dood te skiet, geweet het. Ek kan nie saamstem nie. Na my mening is dit duidelik uit die samehang waarin die aangehaalde passasie verskyn, dat beskuldigde 3 hier verwys na hulle aankoms by die oorledene se woonplek. Ek kan niks in die verklaring vind wat daarop dui dat beskuldigde 3 vooraf van die doel van hulle besoek aan die oorledene se huis bewus was of dat hy hom daarmee vereenselwig het nie. Hy is gevolglik verkeerdelik skuldig bevind.
Dit laat beskuldigde 1 se appèl teen die doodvonnis wat hom opgelê is op die aanklag van moord. Beskuldigde 1 was 37 jaar oud ten tyde van die pleging van die misdade en het nie verder as std 1 op skool gevorder nie. Hy het sy bestaan gemaak deur hoenders te verkoop. Hy het sewe vorige veroordelings gehad, waaronder drie vir veediefstal, maar geen vir enige
14.
geweldsmisdade nie.
In sy verklaring het beskuldigde 1
gesê dat weens jarelange onenigheid tussen hom en die oorledene, wat 'n
hoofman was in hulle
gebied, hy vir sy lewe gevrees het en daarom besluit het om
die oorledene dood te maak. In sy getuienis voor sy skuldigbevinding
het hy
erken dat dit onwaar was dat die oorledene hom wou doodmaak. Hy het toe
gesê dat sedert hy in Junie 1987 uit die gevangenis
ontslaan is, daar nie
verder moeilikheid tussen hom en die oorledene was nie.
Die verswarende faktore is duidelik. Die moord was lank vooraf beplan en het heelwat voorbereiding geverg. Oorspronklik wou beskuldigde 1 die oorledene self doodskiet, maar toe hy besef dat hy 'n swak skut is, het hy begin soek na 'n persoon wat kon skiet. Nadat hy gesien het dat beskuldigde 2 wel 'n vuurwapen kan hanteer, het hy hom gekry om die
15.
oorledene dood te skiet. Dit moet aanvaar word dat dit nie bewys is dat hy vir beskuldigde 2 enige vergoeding aangebied het nie. Daar was oorgenoeg tyd vir besinning terwyl beskuldigde 1 die ander by hulle woongebied gaan haal en hulle later by die begraafplaas laat wag het vir die wapen en die seun wat aan beskuldigde 2 moes wys waar die oorledene woon. Die wapen was 'n dodelike een soos blyk uit die oorledene se wonde. 'n Ander verswarende faktor is die feit dat die oorledene by sy huis doodgeskiet is.
Die uiteindelike vraag is dan of dit gesê kan word, met inagneming van die strafversagtende en -strafverswarende faktore, dat die doodvonnis die enigste gepaste vonnis vir die moord is. By die beslissing van hierdie vraag moet die hoof-doelstellings van straftoemeting naamlik voorkoming, afskrikking, vergelding en hervorming oorweeg word.
16.
Alhoewel nie bewys is dat beskuldigde 1 aan beskuldigde 2 enige vergoeding vir die moord belowe het nie, bly beskuldigde 1 se optrede so afskuwelik en openbaar dit so 'n gehardheid en onverskilligheid teenoor menslike lewe, dat die oogmerke van afskrikking en vergelding voorrang behoort te kry bo die ander doelstellings van straftoemeting. Na my mening moet hierdie as 'n uiterste geval beskou word waar die doodvonnis die enigste gepaste vonnis is.
Gevolglik word die volgende bevel gemaak.
1. Die appèl van beskuldigde 1 teen sy skuldig= bevinding en vonnis op aanklag 1 word afgewys.
2. Die appèl van beskuldigde 2 teen die skuldig= bevinding op aanklagte 1 en 2 word afgewys.
3. Die appèl van beskuldigde 3 teen die skuldig= bevinding op aanklag 1 slaag en die skuldig= bevinding en vonnis word tersyde gestel.
W VIVIER AR.
JOUBERT AR)
VAN COLLER Wn AR) Stem saam.