South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1992 >> [1992] ZASCA 130

| Noteup | LawCite

S v Ndlovu (620/91) [1992] ZASCA 130 (4 September 1992)

Download original files

PDF format

RTF format


Saak nr 620/91 E du Plooy

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(APPéLAFDELING)

In die saak tussen:

DOUGLAS NDLOVU Appellant
en
DIE STAAT Respondent

Coram: NESTADT, F H GROSSKOPF ARR et HARMS WND AR

Verhoordatum: Lewerinqsdatum:

20 Augustus 1992 3 September 1992

UITSPRAAK

F H GROSSKOPF AR:
Die appellant en 'n medebeskuldigde het gedurende November 1989 voor die rondgaande hof te Nelspruit tereggestaan op aanklagte van moord en roof met verswarende omstandighede. Daardie misdade was reeds in Oktober 1986 gepleeg. Die verhoorhof (J J Strydom R en twee assessore) het die appellant op beide aanklagte skuldig bevind terwyl sy medebeskuldigde onskuldig bevind en ontslaan is. Die verhoorhof het bevind dat daar geen ver agtende omstandighede by die pleging van die moord aanwesig was nie en het die appellant die doodvonnis vir die moord opgelê. Op die roofklagte is die appellant tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis, maar dit is gelas dat daardie vonnis samelopend uitgedien moet word met 'n tydperk van 20 jaar effektiewe gevangenisstraf wat die streekhof die appellant reeds vroeër op 16 September 1987
3
opgelê het vir 'n reeks misdade wat voor die onderhawige moord en roof gepleeg was.
Die verhoorhof het die appellant se aansoek om verlof om te appelleer geweier. Die appellant het blykbaar nie daarna 'n petisie om verlof om te appelleer aan die hoofregter gerig nie. Die paneel ingestel kragtens art 19(1) van die Strafregwysigingswet 107 van 1990 het die geval van die appellant oorweeg en die saak dien tans voor hierdie hof ingevolge die bepalings van art 19(12)(a) van gemelde wet asof dit 'n appél teen die opgelegde doodvonnis is.
Die oorledene was 'n 40-jarige man. Hy en sy vrou, Victoria Mashaba, het 'n bestaan gemaak deur groente in Pienaar Trust in die Nelspruit omgewing te verkoop. Gedurende die aand van 16 Oktober 1986 het hulle met hulle bakkie na Nelspruit gery om die volgende oggend groente aan te koop. Hulle het 'n geldsak met ongeveer R4 000 kontant by hulle in die bakkie gehad. Hulle het langs die pad stilgehou om te slaap. Met die

4
vensters toe en die deure gesluit het hulle in die kajuit van die bakkie aan die slaap geraak. Later die aand is hulle wakker gemaak deur twee mans wat aan die regterkantse venster geklop het. Daar was 'n lang een en 'n kort een, en die lang een het gesê hy wil geld hê. Die oorledene het geantwoord dat hy nie geld het nie. Daarop het die kort een gesê "skiet hom". Terwyl die oorledene sy rug na die venster draai, is 'n skoot van buite afgevuur wat die oorledene gedood het, Die lang een het toe vir die oorledene se vrou gesê dat hy geld wil hê, waarop sy die sak met die geld uit die paneelkissie gehaal het en aan hom oorhandig het. Daarna het die twee rowers die toneel in 'n motor verlaat.
Die appellant se verweer het op 'n alibi berus, maar die hof a quo het sy weergawe as vals verwerp en bevind dat hy die persoon was wat die oorledene die aand in sy bakkie doodgeskiet het.

Indien die getuienis ontleed word, blyk dit dat die appellant deurgaans die leiding met betrekking tot

5
die pleging van die misdade geneem het. Hy het die rooftog beplan, al staan dit nie vas dat hy die besondere slagoffers voor oë gehad het nie. Hy is die persoon wat in besit was van die vuurwapen waarmee die moord gepleeg is; hy het dit trouens tydens 'n vorige rooftog bekom. Hy het die gelaaide vuurwapen daardie aand op die beplande rooftog saamgeneem, klaarblyklik met die bedoeling om dit te gebruik. Hy is die persoon wat die oorledene vir geld gevra het en toe geskiet het toe die oorledene nie aan sy eis gehoor gegee het nie. Dit was sy motor wat die aand gebruik was en hy was die bestuurder toe hulle die toneel van die misdaad verlaat het.

Die motief vir die aanval op die oorledene en sy vrou was klaarblyklik roof, en die moord is in die loop van die rooftog gepleeg. Dit is strafverswarend. (Vgl S v Khundulu and Another 1991(1) SASV 470(A) te 479 h; S v Sesinq 1991(2) SASV 361 (A) te 365 d/e; S v Tloome 1992(3) SA 568 (A) te 577 E). Dit was verder 'n

6

voorafbeplande rooftog. Daarbenewens is daar verdere strafverswarende faktore. Die oorledene is koelbloedig doodgeskiet sonder dat hy enigsins weerstand gebied het en sonder die geringste provokasie aan sy kant. Die appellant het nie eens gepoog om die oorledene eers met die vuurwapen te dreig nie, of om 'n minder drastiese vorm van geweld toe te pas om die geld te bekom nie; hy het die oorledene sonder meer doodgeskiet toe hy nie onmiddellik die geld oorhandig het nie. Die oorledene en sy vrou was in elk geval in die rowers se mag en die beoogde roof kon eweseer sonder die moord uitgevoer gewees het. Die slotsom waartoe mens kom, is dat dit 'n absoluut sinneloos moord was.
Die appellant se vorige veroordelings toon dat die moontlikheid van hervorming maar redelik skraal is. Die appellant was 30 jaar oud toe hy die onderhawige misdade gepleeg het. Dit blyk dat hy sy misdaadloopbaan op 20-jarige ouderdom in 1979 begin het. Gedurende die volgende 10 jaar is hy aan nie minder as dertien verdere
7 oortredings skuldig bevind nie. Hy is in 1980 tot 3 jaar gevangenisstraf gevonnis, waarvan hy 'n termyn van meer as 2 jaar uitgedien het. Die tyd wat hy in die gevangenis deurgebring het, het hom egter nie van verdere misdaad afgeskrik nie. Daar is reeds verwys na 'n reeks vorige veroordelings waarvoor die streekhof hom in September 1987 tot 'n effektiewe termyn van 20 jaar gevangenisstraf gevonnis het. By daardie geleentheid is hy inderdaad aan sewe verskillende misdade, waaronder roof en poging tot roof, skuldig bevind, en is hy tot 30 jaar gevangenisstraf in totaal gevonnis.
Dit is namens die appellant betoog dat die appellant onder invloed van sy metgesel, en op sy instruksies, die oorledene doodgeskiet het, en dat dit as strafversagtende faktor in aanmerking geneem moet word. Daar is geen suggestie van die appellant self dat dit die geval was nie, en na my mening regverdig die ander getuienis ook glad nie so 'n afleiding nie, selfs nie as 'n moontlikheid nie. Soos reeds genoem, het die

8
appellant deurgaans die leidende rol gespeel, en is dit myns insiens hoogs onwaarskynlik dat sy metgesel die woorde "skiet hom" as 'n opdrag bedoel het, of dat die appellant dit so beskou het. Daardie opmerking dui veel eerder op die twee misdadigers se gemeenskaplike oogmerk, nie net om te roof nie, maak ook om te skiet as dit enigsins nodig sou wees.
In aansluiting by die bogenoemde submissie is dit verder namens die appellant betoog dat hy die oorledene op die ingewing van die oomblik geskiet het, en dat dit 'n addisionele aspek is wat as strafversagtende faktor in aanmerking geneem moet word. Daar is weereens geen getuienis van die appellant self dat dit die geval was nie. Vir sover die appellant in hierdie verband op afleidings steun, word dit weerspreek deur die getuienis dat dit 'n voorafbeplande roof was, en die feit dat die appellant 'n gelaaide vuurwapen saamgeneem het. Die appellant het minstens die moontlikheid voorsien dat daar geskiet sou word. In die omstandighede is dit blote
9 spekulasie om te beweer dat die appellant op die ingewing van die oomblik geskiet het.
Die appellant het getuig dat hy gedurende Oktober 1986 (d w s toe die misdade gepleeg is) dagga op 'n daaglikse basis gerook het, maar hy het bygevoeg dat hy nie werklik daardeur aangetas was nie. Hy het verder toegegee dat hy ondanks die gebruik van dagga te alle tye by sy volle positiewe was en dat hy presies geweet het wat hy aanvang. In die lig van sy alibi kon die appellant in elk geval nie getuig, en het hy ook nie getuig dat hy die roof en moord onder die invloed van dagga gepleeg het nie. Die advokaat wat namens die appellant by die verhoor opgetree het, het trouens toe reeds toegegee dat daar geen getuienis is dat dagga enige invloed op die appellant gehad het toe hy die roof en moord gepleeg het nie. Ondanks die feit dat die onus met betrekking tot die afwesigheid van aangevoerde strafversagtende faktore nou op die Staat rus, is daar na my mening geen basis waarop die appellant se gebruik van
10
dagga as strafversagtende faktor aanvaar kan word nie.
Met inagneming van die faktore hierbo uiteengesit, en na oorweging van die verskillende doelstellings by straftoemeting, naamlik vergelding, afskrikking, voorkoming en rehabilitasie, is ek van oordeel dat die doodvonnis die enigste gepaste straf is vir die sinnelose en koelbloedige moord wat die appellant gepleeg het.
Die appél word gevolglik afgewys en die doodvonnis word bekragtig.

F H GROSSKOPF AR

NESTADT AR

HARMS Wnd AR Stem saam.