South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1992 >>
[1992] ZASCA 137
| Noteup
| LawCite
S v Gqabi (49/1991) [1992] ZASCA 137 (11 September 1992)
Download original files |
LL Saak No 49/1991
IN DIE HOOGGEREGHOF VAN SUID-AFRIKA APPéLAFDELING
Insake die appél van:
SANDILE GQABI Appellant
teen
DIE STAAT Respondent
CORAM: VAN HEERDEN, NIENABER ARR et
VAN COLLER WAR
VERHOORDATUM: 7 SEPTEMBER 1992
INHANDIGINGSDATUM: 11 SEPTEMBER 1992
REDES VIR UITSPRAAK VAN HEERDEN AR:
2
Gedurende die aand van Vrydag, 8 Augustus 1986, of die vroeë oggendure
van Saterdag, 9 Augustus, is wyle R E Norton in sy huis
in Parkstraat 4,
Grahamstad, om die lewe gebring. Sy liggaam is die Saterdag omstreeks 11 vm
aldaar aangetref. Om sy nek was 'n kleinerige
handdoek. Die oorsaak van sy dood
was asfiksie meegebring deur verwurging. Daar was ook kneuswonde op sy
linkerelmboog en -knie.
Dié was vereenselwigbaar met die trek of sleep
van die oorledene oor 'n oppervlakte soos 'n vloer.
Gedurende die loop van
die Saterdag is 'n aantal artikels vermis wat die vorige dag nog in die huis
was. Hulle sluit in ' n televisiestel,
' n radio en klerasie. Adjudant-offisier
Norval het ook vasgestel dat 'n ruit van 'n kombuisvenster en 'n venster van die
sitkamer
onlangs gebreek was. In beide die kombuis en sitkamer het glasstukkies
gelê.
3 Voortspruitende uit bostaande is die appellant en ses
mede-beskuldigdes in die Oos-Kaapse Afdeling aangekla van huisbraak met die
opset om te roof en roof (aanklag 1) en moord op die oorledene (aanklag 2). Die
verhoorhof (Kroon R en assessore) het die appellant
en een van sy
mede-beskuldigdes op die eerste aanklag aan huisbraak met die opset om te steel
en roof, en op die tweede aanklag aan
strafbare manslag, skuldig bevind. (Die
ander beskuldigdes is vrygespreek.) Later het Kroon R aan die appellant verlof
verleen om
teen sy skuldigbevindings na hierdie hof te appelleer.
Al wat die
appellant met die pleging van die misdade verbind het, was 'n skriftelike
ver-klaring wat by die verhoor ingehandig is.
Die Staatsgetuienis was dat die
appellant hierdie ver-klaring op 27 Augustus 1986 voor kaptein Oosthuizen
afgelê het.Die appellant
het ontken dat hy die
4
verklaring gemaak het, maar die verhoorhof het bevind
dat hy dit wel
gedoen het. Hierdie bevinding is
tereg nie op appél aangeveg nie.
Die verklaring lui soos volg:
"Ons het by 'n huis in Parkweg te Graham-stad ingegaan; ek is nie seker of die huis wel in Parkweg was nie. Dit was ek en Biki, Zola, Sthembiso, Mapini en Louisa en Vuyani. Ons het die agterste venster van die huis gebreek en Zola by die venster ingesit. Zola het die agterdeur oopgemaak en ons het by die agterdeur ingegaan. Ons het in die gang van die huis geloop en 'n blanke man in een van die kamers in die huis gesien. Ons het gesien dat hierdie blanke man slaap. Ons het op hom gespring. Biki het 'n lap om sy oë vasgemaak. Ek het 'n nekdoek om die blanke man se mond vas-gebind. Ons het hom geslaan en gesleep tot by die kombuis. Ons het die voordeur van die huis oopgesluit en die huis by die voordeur verlaat. Daarna het ek na my huis gegaan. Dit is al wat ek nou wil sê. Ek sal die plek gaan uitwys."
Die verhoorhof het bevind dat daar geen
rede was om die betroubaarheid van die inhoud van die
verklaring in twyfel
te trek nie, en dat dit verwys
5 het na die gebeure waartydens die oorledene
gedood is. Die appellant se getuienis dat hy nie op 8 of 9 Augustus 1986 in of
naby
die oorledene se huis was nie, is dus verwerp.
Een van die appellant se
mede-beskuldigdes, Nambo, het ook 'n verklaring (bewysstuk E) gemaak. In sy
geval het die verhoorhof bevind
dat die inhoud van bewysstuk E hom nie buite
redelike twyfel met die tersaaklike gebeure in die oorledene se huis verbind het
nie.
In hierdie hof het die appellant se advo-kaat op grond van 'n vergelyking
van die inhoud van bewysstuk E met dié van die appellant
se verklaring,
betoog dat die verhoorhof dieselfde twyfel aangaande die appellant se verklaring
moes gehad het. Ek vind dit nie nodig
om op hierdie betoog in te gaan nie.
Indien so 'n vergelyking aantoon dat die verhoorhof misgetas het, kan dit
natuurlik wees vanweë
'n verkeerde oordeel aangaande die draagwydte van
bewys-
6 stuk E. En al wat tans ter sprake is, is of die appellant se
verklaring hom genoegsaam met die bevonde misdade verbind.
Die appellant se
advokaat het ook betoog dat bedoelde verklaring in sekere opsigte vaag is, en in
ander opsigte nie strook met die
Staatsgetuienis nie. In eerste instansie is
aangevoer dat die ver-klaring nie vermeld wanneer die gebeure daarin
uit-eengesit plaasgevind
het nie, en dat die appellant nie seker was van die
presiese ligging, in Graham-stad, van die huis waarby hy en sy makkers ingebreek
het nie. Hierdie is sekerlik faktore wat oorweging verdien, maar dit dien ook in
gedagte gehou te word dat die verklaring afgelê
is slegs ongeveer 18 dae
na die oorledene se dood.
In verband met die ligging van die huis waarna in
die verklaring verwys is, is hierdie hof gevra om 'n ongunstige afleiding teen
die
respondent
7 te maak omdat die appellant gesê het dat hy die huis
sou "gaan uitwys"; hy blykbaar wel later 'n uitwys-ing aan kaptein Kriel
gemaak
het, en laasgenoemde nie as getuie opgeroep was nie. Daar kan egter verskeie
redes vir die versuim wees. Een is dat hoewel
die appellant die oorledene se
huis uitgewys het, die respondent dit nie nodig geag het om Kriel te laat getuig
nie. Dit is dan ook
inderdaad wat die respon-dent se advokaat te kenne gegee het
toe die Staat se saak gesluit is. Hierteenoor het die appellant nie
getuig dat
hy op enige stadium 'n huis in Grahamstad anders as dié van die oorledene
aan Kriel uitgewys of wederregtelik betree
het nie.
Tweedens is aan die hand
gedoen dat die appellant se bewering dat "ons" 'n venster aan die agterkant van
die huis gebreek het nie
te rym is met die feit dat twee vensters kort voor die
oorledene se dood gebreek is nie. Nou is dit so dat die sitkamer-
8
venster van die oorledene se huis nie aan die agter-kant daarvan is nie. Die
kombuisvenster is egter wel. Die appellant se verklaring
strook dus met die
breek van laasgenoemde venster. Indien die ver-klaring wel na die gebeure by die
oorledene se huis verwys, kan
daar meerdere redes wees waarom die appellant nie
die sitkamervenster vermeld het nie. Volgens sy verklaring het hy en ses makkers
na die huis gegaan en dit is sekerlik moontlik dat hulle in groepe verdeel het
om toegang tot die huis te probeer verkry. 'n Verdere
moontlikheid is dat hy
bewus was van die breek van twee vensters maar slegs melding gemaak het van die
agterste venster omdat dit
- aldus sy verklaring - daardeur was wat Zola tot in
die huis geklim het.
Derdens is gewys op die appellant se bewering dat hulle
'n blanke man in 'n kamer sien slaap het. Dit, so is betoog, rym nie met
die
9 getuienis van Norval nie. Ek kan nie akkoord gaan nie. Norval het slegs
gesê: "Dit het nie vir my voorgekom asof iemand kort
vantevore op een van
die beddens gelê het nie ...." Norval het egter eers omstreeks 13.30 op 9
Augustus 1986 na die oorledene
se huis gegaan en laasgenoemde kon toe reeds 'n
geruime tyd dood gewees het. Bowendien getuig Norval dat in een van die
slaapkamers
die beddeken versteur was en 'n kussing skeef gelê het.
Dit
is waar dat volgens die Staatsgetuienis die oorledene pantoffels aangehad het
maar andersins ten volle gekleed was toe hy aangeval
is; Dit is egter heel
moontlik dat die oorledene op 'n bed kon gaan rus het en toe aan die slaap
geraak het.
Vierdens is aangevoer dat die appellant se stellings aangaande 'n
lap en 'n nekdoek nie versoen-baar is met die toestand waarin die
oorledene die
Saterdag aangetref is nie. Bepaaldelik is betoog dat
10 hierdie voorwerpe nie
toe om die oorledene se oë en mond vasgebind was nie, en dat bowendien in
die verklaring nie melding
gemaak word van die handdoek wat om die oorledene se
nek aangetref is nie.
Aangenome dat die lap en nekdoek wel aangewend is op
die wyse beskryf deur die appellant, volg dit natuurlik glad nie dat hulle nie
daarna verwyder is nie. 'n Belangrike aanduiding dat die oorledene se aanvallers
van 'n serp gebruik kon gemaak het, is te vind in
die getuienis van Norval. Hy
sê naamlik dat hy ' n bruin serp naby die voor-hekkie van die oorledene se
erf aangetref het.
Die appellant se advokaat het egter betoog dat die serp
niks met die gebeure in die oorledene se huis te doen gehad het nie. Hy het
gesteun op ' n uitlating van die oorledene se huishulp met die moontlike
strekking dat die serp aan 'n buurvrou van die oorledene
behoort" het. Die
betrokke brokkie
11
getuienis is nie glashelder nie, maar al sou die huishulp gesê het dat
die serp wat Norval later aangetref het aan die buurvrou
behoort het, is dit
heel duidelik dat laasgenoemde nie gemeen het dat dit op 'n onskuldige wyse naby
die genoemde voorhekkie beland
het nie. Indien sy wel so gedink het, sou sy
immers haar eiendom opgetel het toe sy saam met die huishulp na die oorledene se
huis
gegaan het.
Ek kom dan by die argument dat die ver-klaring geen melding
van 'n handdoek of van verwurg-ing van die betrokke persoon maak nie.
Die
ondervinding leer egter dat die aflêers van verklar-ings soos dié
van die appellant neig om sover moont-lik selfverontskuldigend
te wees. Indien
die appellant een van die oorledene se aanvallers was, sou hy geweet het dat die
oorledene met 'n handdoek doodgewurg
is. Dit sou dus glad nie vreemd wees indien
hy in sy verklaring kennis van hierdie inkri-
12 minerende feit verswyg het
nie. In die verbygaan kan daarop gewys word dat na welke voorval die verklaring
ook al verwys, die appellant
geen melding maak van enigiets wat gesteel is nie.
Tog is dit haas ondenk-baar dat sewe persone by 'n huis inbreek, die inwoner
oorweldig
en dan sonder enige buit die huis verlaat.
Ten slotte is aangevoer
dat volgens die verklaring die betrokke persoon tot in die kombuis gesleep is,
maar dat die oorledene se liggaam
deels in die kombuis en deels in die spens
aangetref is. Norval het dit so gestel: "Die liggaam het ... op sy maag
gelê, half
lyf in die spens van die huis ...". Weer eens aangenome dat die
verklaring op die oor-ledene slaan, is dit egter geensins vreemd
dat die
ongesofistikeerde, sewentienjarige appellant nie 'n spesifieke onderskeid tussen
die kombuis en die aangrensende spens getrek
het nie. Inteendeel bied die
appellant se bewering dat die blanke man na die
13 kombuis van die huis
gesleep is (en klaarblyklik aldaar gelaat is) 'n baie sterk aanduiding dat die
appellant na die oorledene
verwys het. Nie net is die oorledene met 'n deel van
sy liggaam in die kombuis van sy huis aangetref nie, maar, soos reeds
gesê,
was daar skaafmerke op sy elmboog en knie.
By ontleding blyk dit
dus dat geen gedeelte van die appellant se verklaring onvereenselwigbaar met die
reële getuienis is nie.
En met inagneming van al bostaande oorwegings is ek
buite redelike twyfel oortuig dat die verklaring wel op die gebeure in die
respondent
se huis betrekking het. Nieteen-staande 'n ietwat huiwerige betoog
van die appellant se advokaat tot die teendeel, is daar ook geen
rede om te dink
dat die verklaring nie betroubaar is in soverre dit inkriminerend is nie. Ek
vind dit dus nie nodig nie om te verwys
na sogenaamde omringende omstandighede
waarop die verhoorhof ook gesteun het.
14 Om bogenoemde redes is die
appél by die verhoor daarvan afgewys.
H J O VAN HEERDEN AR
EK STEM SAAM
P M NIENABER AR
EK STEM SAAM
A P VAN COLLER WAR