South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1992 >>
[1992] ZASCA 139
| Noteup
| LawCite
S v Biko (261/1991) [1992] ZASCA 139 (14 September 1992)
Download original files |
LL Saak No 261/1991
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPéLAFDELING
In die saak tussen:
JOSEPH BIKO Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: BOTHA, GOLDSTONE ARR et HARMS WnAR
VERHOORDATUM: 31
AUGUSTUS 1992
LEWERINGSDATUM: 14 SEPTEMBER 1992
UITSPRAAK BOTHA
AR:-
2 Hierdie appèl is gerig teen die twee dood-vonnisse wat die
appellant opgelê is nadat hy in die Rondgaande Hof op Parys
skuldig bevind
is aan moord en aan roof met verswarende omstandighede. Die appél is
voorgebring volgens die reg wat die appellant
het kragtens artikel 316A van die
Strafproseswet 51 van 1977. Die beginsels en die benadering wat toepaslik is in
'n appél
van hierdie aard is reeds uiteengesit in talle uitsprake van
hierdie Hof en dit hoef nie hier herhaal te word nie. Dit is slegs nodig
om dit
toe te pas op die feite van die huidige saak.
Die feitebevindings van die
Verhoorhof (BECKLEY R en assessore), waarop die appellant se skuldigbevindings
gegrond was, is nie in
die gedrang nie en kan saamgevat word soos volg. Die
oorledene in die saak was 'n 73-jarige pensioenaris wat alleen gewoon het in
'n
huis in Parys. Alhoewel die huis in die dorpsgebied geleë is, was dit ten
tyde van die
3 voorval tog betreklik afgeleë: aan die een kant was daar
'n oop stuk veld, en oorkant die straat was daar ook nie huise nie.
Die
appellant het helder oordag toegang tot die huis verkry op 'n manier wat
onbekend is. Binne die huis het hy die oorledene aangerand
deur hom met ' n mes
te steek en so het hy sy dood veroorsaak. Met 'n lykskouing is daar vasgestel
dat die oorledene 51 steekwonde
opgedoen het, oral op sy liggaam. Net een van
die wonde was op sigself nood-lottig: dit was die steekwond in die borskas wat,
soos
dit in die mediese getuienis gestel is, met "maksimum krag" toegedien was.
Die aanranding het in 'n slaapkamer plaasgevind, wat met
'n groot hoeveel-heid
bloed besmeer was. Volgens die waarnemings van die polisie was die oorledene in
'n stadium van die aanval op
hom vasgebind aan 'n stoel, met dasse. Die
oorledene is deur die appellant agtergelaat op 'n bed, met 'n kombers oor sy
kop. Die
motief vir die
4 moord van die oorledene was roof. Die appellant het
'n groot klomp van die oorledene se besittings buit-gemaak, waaronder wapens
en
ammunisie. Die meeste van die goed is later gevind in die besit van die
appellant en ander mense aan wie hy dit verkwansel of
by wie hy dit gelaat het.
Die wapens en ammunisie is gekry in 'n watersloot waar die appellant dit
ver-steek het.
Ek behandel eers die doodvonnis weens die moord.
As
strafversagtende faktore is daar namens die appellant gesteun op twee
oorwegings, wat ook in die Hof a quo geopper was. Die eerste is dat die
appellant ná sy inhegtenisneming die polisie in sy vertroue geneem het en
sy medewerking
verleen het, onder meer deur uit te wys waar hy die wapens en
ammunisie versteek het. Die Verhoorregter het tereg daarop gewys dat
die gewig
van hierdie faktor
5 gekwalifiseer word deur die appellant se latere optrede:
sy openhartigheid en samewerking het nie voortgeduur nie, maar is vervang
deur
volslae leuen-agtigheid in die vorm van 'n valse alibi waarmee die appellant
dwarsdeur die verhoor volhard het. Die tweede is
dat die appellant 'n beskeie
skoolopleiding gehad het (tot by standerd 4) en 'n beskeie lewens-peil
gehandhaaf het, wat moontlik
dui op 'n maatskap-like agterstand. Hieroor het die
Verhoorregter tereg opgemerk dat die gewig daarvan verminder word deur die feit
dat die appellant reeds 'n man van 42 jaar oud was ten tyde van die pleging van
die misdaad en die feit dat hy oor die loop van die
jare hom aan 'n groot aantal
ernstige misdrywe skuldig gemaak het (hierop kom ek weldra terug). Die
Verhoorregter se slotsom was
"dat, wat die moord betref, daar inder-daad weinig,
indien enige, versagtende faktore aanwesig is". Met daardie beoordeling is ek
dit
6 eens.
Die strafverswarende faktore is besonder gewigtig. Soos die
Verhoorregter dit gestel het, die oorledene "was 'n bejaarde alleenloper
wat op
'n relatief afgeleë plek in sy huis gewoon het en wat in sy eie huis
oorrompel is". Daarbenewens is die aard en die omvang
van die appellant se
aanval op die oorledene ook 'n strafverswarende faktor. Dit is duidelik dat dit
'n buitegewoon wreedaardige
moord was. Die groot getal steekhoue wat die
appellant die oorledene toegedien het en die feit dat dit (ten minste
gedeeltelik) gebeur
het terwyl die oorledene op 'n stoel vasgebind was, beteken
noodwendig dat die oorledene oor 'n aansienlike tyd die vreeslikste pyn
en
lyding moes verduur het, voordat hy uiteindelik gesterf het. Die beskrywing deur
die advokaat van die Staat van wat die oorledene
deurgegaan het as 'n
"marteling" is nie onvanpas nie. Al wat die appel-
7 lant daardeur kon en wou bereik het, was sy eie geldelike gewin.
Die
appellant het 'n baie lang lys van vorige veroordelings, altesaam 16, wat strek
vanaf 1961 tot 1989. Onder hulle tel 4 weens roof,
die eerste in 1966 en die
laaste in 1989. Die vonnisse wat die appellant hiervoor opgelê is, was
gevangenis-straf van 3 maande,
2 jaar (plus 6 houe), 6 jaar en 7 jaar. Die ander
oortredings het ingesluit diefstal, bedrog en aanranding. Ongeveer 4 maande
nadat
die vonnis weens die skuldigbevinding aan roof in 1989 uitgedien was, is
die appellant gevonnis tot 12 maande gevangenisstraf weens
aanranding met die
opset om ernstig te beseer. Ongeveer 3½ maande nadat hy toe vrygelaat is,
het hy die huidige oortredings
gepleeg. Dit behoef geen betoog nie dat daar geen
werklike vooruitsig is dat die appellant gerehabili-teer sal kan word nie.
8
Met betrekking tot die algemene maatstawwe wat by vonnisoplegging geld, is
dit duidelik, aan die hand van alles wat hierbo gesê
is, en met die oog op
die belange van die gemeenskap, dat die oorwegings van voorkoming en vergelding
in hierdie geval baie sterk
op die voorgrond tree.
Gevolglik is ek van
oordeel dat die dood-vonnis die enigste gepaste straf is ten opsigte van die
appellant se skuldigbevinding aan
moord.
Ek kom nou by die doodvonnis weens
roof met verswarende omstandighede. In sy uitspraak ten tyde van vonnisoplegging
het die Verhoorregter
nie die twee doodvonnisse wat hy opgelê het,
afsonderlik van mekaar behandel nie, maar slegs sy uiteindelike gevolgtrekking
dat die doodstraf die enigste gepaste straf is in die algemeen gestel. Dit is
egter nood-saaklik om die vonnis ten opsigte van die
roof afsonderlik in
oënskou te neem, ten einde te verseker
9 dat feite wat aan die twee
misdade gemeenskaplik is nie twee keer in ag geneem word met straftoemeting nie.
Die manier om dit te
verhoed, is om die feit dat die oorledene se dood
veroorsaak is deur die appellant se aanval op hom "weg te dink" wanneer die
vonnis
ten opsigte van die roof oorweeg word (sien bv S v Tloome [1992] ZASCA 61; 1992 (3)
SA 568 (A) op 578B-G). As dit gedoen word, dan is die roof nog steeds 'n baie
ernstige oortreding, veral met inagneming van die appellant
se vorige
veroordelings. Ek is nietemin van oordeel dat die doodvonnis tog nie die enigste
gepaste straf is ten opsigte van die roof
nie. Volgens my oordeel sal 'n termyn
van gevangenisstraf van 15 jaar voldoende uiting gee aan die vereistes van
straftoemeting in
hierdie geval.
Gevolglik is die bevel van die Hof soos
volg:
1. Die appél teen die doodvonnis weens
10 moord word van die hand gewys. 2. Die appél teen die doodvonnis weens roof met verswarende omstandighede word gehandhaaf, Hierdie vonnis word tersyde gestel en vervang deur 'n vonnis van 15 jaar gevangenis-straf.
A S BOTHA AR
GOLDSTONE AR
STEM SAAM HARMS WnAR