South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1992 >>
[1992] ZASCA 140
| Noteup
| LawCite
S v Mofokeng (214/91) [1992] ZASCA 140 (14 September 1992)
Download original files |
IN THE SUPREME COURT OF SOUTH AFRICA (APPELLATE DIVISION)
CASE NO 214/91
In the matter between:
LUKAS MOFOKENG Appellant
versus
THE STATE Respondent
CORAM: BOTHA, GOLDSTONE JJA et HARMS AJA
DATE HEARD: 31 August 1992
DATE DELIVERED: 14 September 1992
2
JUDGMENT
GOLDSTONE JA:
On 17 October 1990, the appellant, Lukas Mofokeng, broke into a farmhouse in the Clarens district of the Orange Free State. It was the home of Mr Dawid Stephanas Naude and his wife, Mrs Aletta Cecilia Naude. It was accepted by the Court a quo (Hattingh J and assessors) that the appellant did not break in with the intention of attacking Mr and Mrs Naude. His motive was theft. However, the Naudes presumably disturbed the appellant whilst he was about his nefarious activities. In consequence he repeatedly stabbed them, in both cases with fatal results. After Mr Naude was already on the
3
point of death, or already dead, the appellant inflicted a further stab wound which penetrated his aorta.
After he had murdered the Naudes, the appellant, removed from her body the clothes which Mrs Naude had been wearing. He took their bodies to Mr Naude' s van. So, too, a safe which he found in the house. He loaded them in the van. He also stole a substantial number of the possessions of the Naudes, including arms and ammunition. He drove away from the farm in the van. Some ten kilometres from the farm the appellant overturned the vehicle. He put the two bodies in the cabin of the van and dragged the safe into a ditch about 200 metres from where the van had overturned. The rest of the loot he took with him to his home.
On 19 April 1991, the appellant was found guilty of the murder of both Mr and Mrs Naude. He was also convicted on charges of housebreaking with intent to steal, theft, and the unlawful possession of arms and
4
ammunition. On the charges other than murder, the appellant was sentenced to imprisonment for an effective period of seven years and six months. On each of the murder charges he was sentenced to death. The appeal to this Court is in respect only of the death sentences. Such appeal is brought as of right pursuant to the provisions of s 316A of the Criminal Procedure Act, 51 of 1977.
It is now the task of this Court to decide whether, in its opinion, the death sentence, in each case, was the proper sentence. The tests to be applied in deciding that question have been enunciated in a series of decisions of this Court and it is unnecessary to repeat them.
At the time the offences were committed the appellant was 19 years old. He had left school after passing the fifth standard. Some seventeen days prior to the murders the appellant committed another housebreaking
5
and theft. In March 1991, he was sentenced therefor to imprisonment for three years. He has no other previous convictions.
The mitigating factors in this case are the youthfulness of the appellant and the fact that the murders were not planned. That the housebreaking and theft were carefully planned emerges from the appellant's own evidence in the Court a quo. Then, too, there is absence of previous convictions for offences of violence. No other mitigating factors were or could have been suggested by the appellant's counsel.
The aggravating factors are substantial. The deceased were murdered in their own home, am isolated farmhouse. This Court has emphasized a number of times that attacks on defenceless people who live in comparative isolation in rural areas is a factor which is seriously aggravating. Because of the frequent recurrence of this kind of attack, the fears of members
6
of our farming community are justifiably on the increase to an alarming extent. The courts have a clear duty to pay regard to those fears in the sentences they hand down.
The appellant's cool, calculated, persistent and cold-blooded conduct after he had murdered the Naudes is consistent only with an evil and depraved personality. It makes the rehabilitation of the appellant an extremely unlikely prospect.
Then, there is the aggravating factor that the murders were committed during a housebreaking and theft. The attack on Mrs Naude was particularly heinous as she could hardly have posed any threat to the appellant.
The most important mitigating factor is the young age of the appellant at the time he committed the offences. In S v Dlamini 1992(1) SA 18 (A) at 31 G-H, Nicholas AJA said:
7
"Although Dlamini's age is not a mitigating factor, it is, I think, relevant to the propriety of the death sentence. Rumpff CJ said in S v Lehnberq (supra at 561B):
'....Ek dink ook nie dat die regspleging van 'n beskaafde Staat begerig is, behalwe in buitegewone omstandighede, tienderjariges te laat ophang nie.'
The same reluctance would, I believe, extend to cases where the accused, though no longer a teenager, is standing on the threshold of manhood."
In the present case, the manner in which the crimes were committed point to a calculation and determination which are not consistent with the immaturity of a callow youth. Some days prior to the commission of the offences he had made enquiries concerning the presence of cash in the Naude home and for three days prior thereto he kept a close watch on the premises. In my judgment the young age of the appellant
8
in this case is not in itself a reason for making the death sentence inappropriate in respect of the two murders.
I have come to the firm conclusion that the aggravating factors in this case heavily outweigh those which are mitigating. As was said so concisely by Nienaber JA concerning an unblemished record, (in S v Maiosi and Others 1991(2) SACR 532(A) at 541):
"...that factor, weighty as it undoubtedly is, must yield to considerations of retribution and deterrence when the horror of the crime, the callousness of the criminal, and the frequency of its recurrence generally, are such that the perceptions, sensibilities and interests of the community demand nothing less than the extreme penalty."
The same approach must be adopted, in my view, in the present case with regard to mitigating factors which are clearly present. Notwithstanding the young age
9
of the appellant, the absence of a violent history, and the lack of premeditation with regard to the attacks on the deceased, the nature and circumstances surrounding the murders of the Naudes are such that the only proper sentence is the most extreme provided by law. I can find no good reason for distinguishing in this regard between the two murders.
The appeal is dismissed.
R J GOLDSTONE JUDGE OF APPEAL
LL Saak No 214/1991
IN DIE HOOGGEREGSH0F VAN SUID-AFRIKA APPéLAFDELING
In die saak tussen:
LUKAS MOFOKENG Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: BOTHA, GOLDSTONE ARR et HARMS WnAR
VERHOORDATUM: 31 AUGUSTUS 1992 LEWERINGSDATUM: 14 SEPTEMBER 1992
UITSPRAAK BOTHA AR:-
2
Ek stem saam met die bevinding van GOLDSTONE AR dat die appél van die hand gewys word, en ook met die redes vir die bevinding wat in sy uitspraak vermeld word. Vanweë die aanwesigheid in hierdie geval van twee oënskynlik sterk strafversag-tende faktore, naamlik die jeugdigheid van die appel-lant en die feit dat hy die moorde nie vooraf in die vooruitsig gestel het nie, ag ek dit egter wenslik om in enkele opsigte bykomende kommentaar te lewer oor die feite van die geval, om te verduidelik waarom ek my kollega se sienswyse deel dat die doodvonnisse die enigste gepaste straf is vir die appellant.
Ek verwys eerstens na die afwesigheid van voorafbeplanning ten opsigte van die dood van die oorledene. Die appellant het getuig dat hy vir drie dae lank die opstal van die oorledenes bespied het vanaf 'n nabygeleë koppie. Sy voorneme was om by die huis te gaan inbreek en goed daaruit te steel, en hy
3
het gewag vir 'n geleentheid om dit te doen wanneer die oorledenes nie op die plaas aanwesig sou wees nie. Op die dag van die voorval het hy vanuit sy skuilplek waargeneem dat die oorledenes die plaas in 'n bakkie verlaat. Daarop het hy by die huis inge-breek en begin om van die goed daarin bymekaar te maak. Terwyl hy in die studeerkamer besig was om die brandkas te probeer oopmaak, het die oorledenes teruggekeer en hy het gehoor hoe hulle die huis binnekom. Hy sê hy het dit nie verwag nie en was verras. Ih die daaropvolgende gebeure het hy 'n mes wat op 'n tafeltjie in die huis gelê het in die hande gekry en die oorledenes daarmee gesteek (op 'n wyse wat weldra sal blyk).
Dit is op grond van hierdie getuienis van die appellant dat die Verhoorhof aanvaar het dat die appellant nie by die huis ingebreek het met die doel om die oorledenes aan te rand nie. Die Verhoorhof
4
het bevind (met goeie rede) dat die appellant 'n swak en ongeloofwaardige getuie was, en het sy getuienis in verskillende ander opsigte verwerp (soos hieronder sal blyk), maar het nietemin ten opsigte van die vraag na voorafbeplanning die voordeel van 'n rede-like twyfel aan die appellant laat toekom, en op daardie grondslag aanvaar dat die appellant in die huis betrap is deur die onverwagte aankoms van die oorledenes. Oor die appellant se getuienis dat hy die mes waarmee hy die oorledenes gesteek het in die huis aangetref het, het die Verhoorhof geen perti-nente bevinding gemaak nie. Die Verhoorhof se benadering tot hierdie aspek van die appellant se getuienis hou egter as 'n redelike moontlikheid in dat die appellant nie enige teenstand in die huis verwag het nie, en gevolglik kom dit my voor (gedagtig aan die ligging van die bewyslas met betrekkihg tot strafversagtende faktore) dat ons moet
5
aanvaar dat die appellant hom nie vooraf bewapen het met die oog daarop om enige moontlike weerstand wat hy in die huis kon ervaar die hoof te bied nie.
Op die oog af en in isolasie beskou, maak die voorgaande aanvaardings ten gunste van die appel-lant gewigtige strafversagtende faktore uit. Om dit in behoorlike perspektief te stel, is dit egter nodig om die appellant se optrede nadat hy verras is, van naderby te beskou.
Nadat die oorledenes die huis binnegekom het, het die appellant eers te doen gekry met mnr Naudé en toe met mev Naudé. Vir gerief verwys ek na eersgenoemde as "die man" en na laasgenoemde as "die vrou". Volgens die appellant het die man hom te lyf gegaan en met die vuiste geslaan. Die Verhoorhof het nie die appellant se beskrywing van die aanval op hom aanvaar nie, omdat die appellant geen enkele besering opgedoen het wat deur so 'n aanval veroorsaak sou
6 gewees het nie. Wat wel gebeur het, is dat die man se linkerduim op een of ander manier in die appellant se mond beland het en dat die appellant dit toe morsaf gebyt het (volgens die appellant se eie erkenning, wat tydens 'n lykskouing bevestig is). Daarna het die appellant die mes gevat en die man daarmee toegetakel. Met die lykskouing is vasgestel dat daar altesaam nege steekwonde in die borskas, nek en bo-arms van die man toegedien was. (Een van die wonde in die borskas is nie in die aanvanklike aanval toegedien nie, maar 'n bietjie later, soos weldra sal blyk.) Die aanval op die man, wat in 'n slaapkamer plaasgevind het, het die man weerloos gelaat, en die appellant het hom daar laat staan en in die gang af beweeg. Die vrou het in die deur van 'n ander vertrek gestaan, met 'n geweer in die hand. Die appellant het sonder veel moeite die geweer by haar afgeneem, en daarna ook vir haar toegetakel met die
7 mes. Sy het vier steekwonde in die borskas opgedoen. Volgens die appellant het hy 'n skoot hoor afgaan en toe die vrou laat staan en teruggegaan na die kamer waar hy die man agtergelaat het. Die appellant sê die man het bewegingloos op die vloer gelê. Die appellant het 'n vuurwapen op die bed sien lê en dit vir hom toegeëien, as deel van sy buit. Die Verhoor-hof het bevind dat op die stadium toe die appellant na die kamer waar die man was, teruggegaan het en hy die man op die vloer aangetref het, hy die man nog 'n verdere steekwond in die bors toegedien het. Hierdie bevinding was geregverdig op grond van die mediese getuienis oor wat by die lykskouing vasgestel is, waaruit dit geblyk het dat 'n steekwond wat deur die aorta gesny het, toegedien was nadat die ander wonde reeds toegedien was, en op ' n tydstip toe die man terminaal sterwende was.(as hy nie alreeds dood was nie).
8 Wat die voorgaande opsomming van die appel-lant se optrede aandui, is die volgende. Die appel-lant se aanvalle op die oorledenes was onnodig en sinneloos. Wat die man betref, blyk dit dat hy alreeds hulpeloos was toe die appellant hom die laaste hou gesteek het, en die appellant moes dit geweet het. Die Verhoorhof het tereg bevind dat die appellant hom toe gesteek het om seker te maak dat hy sterf (en dus met die direkte opset om hom dood te maak). Wat die vrou betref, het die Verhoorhof tereg bevind dat, toe die appellant die geweer van haar afgeneem het, sy geen bedreiging vir hom ingehou het nie (en dat hy haar ook gesteek het met die direkte opset om te dood). Hierdie bevindings maak natuurlik op sigself reeds strafverswarende faktore uit, maar vir die doeleindes van die huidige bespreking is hulle van groter belang met betrekking tot die (veronderstelde) afwesigheid van voorafbeplanning.
9 Die appellant het self ontken dat hy die oorledenes uit die weg wou ruim sodat hulle hom nie later sou kon uitken nie. Hy kon geen aanneemlike verduide-liking gee waarom hy die oorledenes aangerand en doodgemaak het op die wyse waarop hy dit gedoen het nie (sy bewering dat hy "geskrik" was, is tereg deur die Verhoorhof as vals verwerp). Die afleiding is onvermydelik, dat dit nie die verrassingsfaktor is wat die werklike rede was waarom die appellant die oorledenes doodgemaak het nie. En dit word gestaaf deur 'n ander feit wat ten nouste met die voorgaande opmerkings saamhang. Dit is die feit dat die appel-lant nie probeer vlug het nie. Uit sy eie getuienis blyk dit duidelik dat hy hom wel uit die voete kon gemaak het as hy dit wou gedoen het, sonder om die oorledenes dodelik te verwond, op enige stadium nadat hulle hom verras het. Hy het dit nie gedoen nie. Hy kon nie 'n bevredigende verduideliking gee waarom hy
10 dit nie gedoen het nie. Weer eens is die afleiding onvermydelik: die appellant se gemoedstoestand was dat hy hom nie van stryk sou laat bring deur die onderbreking van sy voorneme om die oorledenes te besteel nie, en dat hy met doelgerigte vasberadenheid voortgegaan het om sy voornemens uit te voer, en in die proses daarvan heeltemal bereid was om die oor-ledenes dood te maak ten einde sy doel te verwesen-lik.
Die voorgaande gevolgtrekking word bevestig deur die appellant se optrede nadat hy die man die finale steekhou toegedien het. Soos reeds geblyk het, het hy dadelik, en oënskynlik sonder enige aarseling, die wapen wat op die bed gelê het vir homself toegeëien. Volgens sy eie relaas het hy daarna voortgegaan om ander besittings van die oorledenes bymekaar te maak en in 'n tas te pak. Hy het self vertel van verskeie items vah klerasie en so
11
meer wat hy geneem het, en van vuurwapens, en hoe hy 'n geweer in 'n kas weggebêre het omdat dit te bebloed was om weg te neem. Hy het rondgesoek vir die sleutels van die bakkie van die oorledenes totdat hy dit gekry het. Die brandkas waarmee hy besig was toe die oorledenes opgedaag het, was, volgens die polisie-getuienis, so swaar dat 'n sterk man dit slegs met groot inspanning kon beweeg. Hy het dit gesleep na die bakkie en later honderde meter ver deur 'n landery en tot by 'n sloot waar hy dit geberg het. Hy het nie geskroom om die bebloede lyke van die oorledenes te hanteer nie (op 'n wyse waarvan ek weldra meer vertel).
Die kille berekendheid waarmee die appel-lant opgetree het, toon aan dat wat hom betref, en sover dit sy gemoedstoestand aangaan, die feit dat hy tydens die diefstal in die huis betrap is, wesenlik maar net 'n toevalligheid was wat hy heeltemal bereid
12 was om te bekamp op die manier wat hom die beste gepas het. Vanweë hierdie omstandighede is ek van oordeel dat die (veronderstelde) feit dat die appellant nie die moord op die oorledenes vooraf beplan het, of selfs vooraf as 'n moontlikheid voorsien het nie, as 'n strafversagtende faktor bykans heeltemal ongedaan gemaak word.
Vervolgens verwys ek na die appellant se jeugdigheid. Uit die bespreking hierbo van die manier waarop die appellant opgetree het, blyk dit alreeds dat sy aanspraak op sy jeugdigheid as 'n strafversagtende faktor skaars enige gewig kan dra. Maar, soos blyk uit S v Dlamini 1992 (1) SA 18 (A) op 31G-H (die passasie word in die uitspraak van my kollega aangehaal), die jeugdigheid van 'n oortreder, al sou dit nie as 'n strafversagtende faktor per se beskou word nie, bring nogtans mee dat die hof traag is om die doodstraf op te lê. Ek aanvaar dat 'n 19-
13
jarige misdadiger nie ter dood veroordeel sal word behalwe in buitengewone omstandighede nie. Ek is egter van oordeel dat daar in die huidige saak wel buitengewone omstandighede aanwesig is. Daardie omstandighede is geleë in die grusaamheid van die appellant se optrede, wat aanduidend is van 'n verwronge en boosaardige geestesgesteldheid. Dit blyk ten dele reeds uit die appellant se doelgerigt-heid met die doodmaak van die oorledenes en die verwydering van hulle besittings; maar dit blyk veral en ten duidelikste uit wat die appellant met die liggame van die oorledenes gedoen het nadat hy hulle vermoor het, soos ek nou kortliks sal aantoon.
Toe die polisie ontbied is na die toneel waar die bakkie omgeslaan het, het hulle onder meer die volgende daar waargeneem. Die liggame van die oorledenes was in die kajuit van die bakkie. Die vrou het net 'n bloesie aangehad, wat voor oopgeknoop
14 was. Vir die res was sy nakend. Die man het net 'n onderbroek aangehad en een skoen en kous; origens was hy ook nakend. Die appellant het getuig dat hy die liggame van die oorledenes agter op die bakkie vervoer het en, nadat die bakkie omgeslaan het, die liggame oorgeplaas het na die kajuit. Daar was so 'n groot klomp bloed agter op die bakkie, volgens die polisie, dat dit langs die bakwerk van die bakkie afgeloop het en 'n groot kol op die padoppervlakte gevorm het. By die plaasopstal van die oorledenes het die polisie ook 'n klomp groot plasse bloed aangetref, sowel binne die huis as buitekant. Die beskrywing van die toneel in die getuienis is afgryslik. In die kruiwa op die werf was daar soveel bloed dat een van die polisiegetuies gemeen het dat 'n skaap daarin geslag was.
Teen hierdie agtergrond is die appellant se getuienis oor wat hy met die lyke gedoen het weersin-
15 wekkend. Hy het albei na buite gesleep. Die man was heelwat swaarder as die vrou, sê die appellant. Hy het die man in die kruiwa gelaai en na die bakkie gestoot. Hy kon hom eers nie op die bakkie kry nie, vanweë sy gewig. Toe het hy 'n stuk plank in die hande gekry en dit as hefboom gebruik om die liggaam op die bakkie te laai. Die vrou was lig genoeg om haar sonder meer op te tel en op die bakkie te sit. Daarna het hy die oorledenes met 'n kombers toegemaak sodat hulle aanwesigheid op die bakkie nie bespeur sou kon word nie. Die appellant het beweer dat die vrou se klere van haar lyf af geskuur het toe hy haar uit die huis na die bakkie gesleep het. Volgens sy eie beskrywing van haar kleredrag (sy het 'n nou-passende langbroek aangehad) en die manier waarop hy haar gesleep het, is sy getuienis in hierdie opsig klaarblyklik onwaar; die Verhoorhof het dit tereg as vals verwerp. Die vrou se onderklere is gevind in 'n
16 stywe bondeltjie, waar dit onder 'n stoel in die woonvertrek van die huis gebêre was. Wat presies die appellant besiel het om die liggaam van die vrou te ontklee, weet ons nie; maar dat sy optrede aandui-dend is van 'n aaklig verwronge persoonlikheid kan nie betwyfel word nie.
Die afskuwelikheid van die appellant se optrede dui op 'n verdorwe persoonlikheid in so 'n mate dat sy jeugdigheid nie die oplegging van die doodstraf kan verhoed nie.
Ek stem derhalwe saam dat die appél van die hand gewys word.
A S BOTHA AR
GOLDSTONE AR
STEM SAAM HARMS WnAR