South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1992 >>
[1992] ZASCA 150
| Noteup
| LawCite
S v Luphoko (352/91) [1992] ZASCA 150 (17 September 1992)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
ALFRED MPUTHUMI LUPHOKO Appellant
EN
DIE STAAT
Respondent
Coram: VAN HEERDEN, EKSTEEN et GOLDSTONE, ARR
Verhoor: 4
September 1992
Gelewer: 17 September 1992
UITSPRAAK
EKSTEEN, AR :
Die appellant is saam met twee ander persone aangekla van die moord op "n
vierjarige dogtertjie Mat-shidiso Cleopatra Manale ("die
oorledene") op 3 April
1990. Sy twee mede-beskuldigdes is onskuldig bevind en ontslaan, maar hy is
skuldig bevind en die dood-vonnis
opgelê. Hy kom nou in hoër beroep
teen beide sy skuldigbevinding en vonnis.
Die Staat se saak teen die drie
beskuldigdes was dat hulle die oorledene te Thabong woongebied, Welkom, ontvoer
het, en haar in 'n
motor na 'n klompie bome op die Welkom-Bultfontein pad geneem
het. Daar het die appellant en een van sy mede-beskuldigdes
....../ 2
2
("Ambrose") die oorledene tussen die bome
ingeneem, en haar keel afgesny. Haar ontbindende lyk is eers vier dae later, op
7 April,
tussen die bome gevind.
Die rede waarom die appellant se
mede-beskuldigdes onskuldig bevind is, was omdat daar on-voldoende getuienis was
om hulle bo redelike
twyfel met die moord te verbind. Die appellant het egter 'n
bekentenis voor 'n landdros afgelê en sy skuldig-bevinding berus
grotendeels op hierdie bekentenis. Die betoog voor ons aangaande die
skuldigbevinding, is dan ook in hoofsaak teen die toelating
van die bekentenis
by die verhoor gerig.
Op die getuienis is appellant op die oggend van 12
April by sy werksplek by Freddies Myn te
..../ 3
3
Odendaalsrus in hegtenis geneem deur konstabel
Helepi.
Hy het appellant na die Thabong polisiestasie geneem
waar hy hom
aan die ondersoekbeampte, speurder-
sersant Motse, oorhandig het. Nadat Motse
'n onder-
houd met appellant gehad het, is hy na 'n landdros ge-
neem waar
hy die gewraakte bekentenis afgelê het.
Die landdros het vooraf sekere mededelings
aan appellant gedoen en vrae aan hom gestel. Appel-
lant se antwoorde op hierdie vrae is deur die land-
dros aangeteken. Die
landdros se notule lui soos
volg:
"1. Op 12 April 1990 om 10h05 bring Sers.
P D Baratseng ondergenoemde persoon na my,
G P Schalkwyk landdros van die Distrik Welkom, in my kantoor te Landdroskantoor, Welkom.
....../ 4
4
Daarna verlaat genoemde beampte my kantoor. Die deure en vensters word toegemaak en in my kantoor is nou niemand anders nie be-halwe *myself/die amptelike Tolk L P Mofo-keng en die persoon hieronder genoem, wat die volgende persoonlike besonderhede aan my verstrek:
1.1 NAAM MPHUTHUMI LUPHOKO 1.2 RAS SWART 1.3 GESLAG MANLIK 1.4 OUDERDOM 27 JAAR
(Hierna genoem die verklaarder)
2. Indien die verklaarder nie die dienste van 'n Tolk benodig nie, notuleer wat die verklaarder sê waarom *hy nie die dienste benodig nie: Hy benodig Xhosa.
3. Ek deel die verklaarder mee dat ek 'n Landdros is, dat ek hoegenaamd niks te doen het met die ondersoek teen hom nie, dat ek nie saam met die Polisie of enige ander persoon in die saak werk nie en dat hy onbevrees en vryelik in my teenwoordig-heid kan praat. Hy word verder gewaar-sku dat hy hoegenaamd nie onder enige verpligting is om enige verklaring af te
lê nie, maar indien hy 'n verklaring sou af-
/ 5
5
lê, dit, terwyl hy praat, neergeskryf sal
word en kan later by blote voorlegging daar-
van in 'n hofsaak as getuienis teen hom ge-
bruik word. Hierop vra ek verklaarder of
hy hierdie waarskuwing deeglik begryp.
Sy antwoord hierop is:
Ek verstaan dit ten volle.
4. Uit voorafgaande gesprek en antwoorde is ek
oortuig dat die verklaarder oënskynlik by
sy volle verstand is. (Dui aan in welke
toestand die verklaarder verkeer, byvoor-
beeld huil, senuweeagtig, ensovoorts):
Die verklaarder kom normaal voor.
5. Ek vra verklaarder of hy nogtans verlang
om die verklaring af te lê, nieteenstaande
die feit dat dit as getuienis teen hom ge-
bruik kan word deur die blote voorlegging
daarvan. Sy antwoord is:
Ek is begerig om nou 'n verklaring af te lê.
6. Ek vra vervolgens verklaarder om in sy eie
woorde aan my te vertel hoe dit gebeur het
dat hy na my kantoor gekom het om sy ver-
haal aan my te vertel.
Die volgende is sy verduideliking (Skryf
neer in *sy/haar eie woorde):
Ek was gesê ek moet saam kom, ons gaan nou
.... / 6
6
na die landdros toe. 7. Hierna word die volgende vrae deur my aan verklaarder gestel:
7.1 Het u enige beserings of kneusings van welke
aard ookal en indien dit vertoonbaar is,
wys dit aan my. Sy antwoord is:
'Daar is geen beserings nie.'
(Kyk of u uiterlik enige tekens van beserings
of kneusings waarneem, behalwe die wat hy-
self uitwys en notuleer wat uself waarneem.
Indien geen beserings sigbaar is nie, meld
hierdie feit):
Geen sigbare beserings behalwe sy linker-
hand wat letsels het, wat lyk soos 'n gene-
sende brandwond.
7.2 Vertel aan my hoe jy aan die beserings wat
jy uitgewys het, gekom het?
Antwoord N.V.T.
7.3 Het die Polisie of enige ander persoon jou
aangerand of gedreig met die doel om jou te
beïnvloed om die verklaring voor my te kom
aflê ?
Antwoord Nee, niemand nie, ook nie die poli-sie nie.
7.4 Is jy deur enige persoon beïnvloed om 'n ver-
klaring voor my te kom maak?
Antwoord Die polisieman wat my gebring het, het gesê ek kan nou 'n verklaring daar gaan
.... / 7
7
maak.
7.5 Is jy deur enige persoon aangemoedig of ge-
dwing om die verklaring voor my te kom af-
lê?
Antwoord Nee.
7.6 Is enige beloftes of vergoeding jou aange-
bied of voorgehou ten einde jou te beïnvloed
in jou besluit om 'n verklaring voor my af
te lê al dan nie? Antwoord Nee.
7.7 Verwag jy enige voordele as jy 'n verklaring
voor my aflê? '
Antwoord Ek weet nie - vraag word weer her-
haal en hy antwoord weer, ek weet nie.
(As die verklaarder meedeel dat hy 'n voor-
deel verwag, moet van hom verneem word wat
die aard van die voordeel of voordele is
en dit moet genotuleer word):
N.V.T.
8. Hierop deel ek verklaarder mee dat hy hoe-genaamd geen voordele van enige aard van enigiemand kan verwag as hy die verklaring sou maak nie. Die belangrikheid hiervan is tot sy aandag gebring en ek vra hom of hy dit verstaan en begryp. Sy antwoord is: Ek verstaan dit.
9. Ek vra verklaarder dat aangesien hy op geen
.... / 8
8
voordele hoegenaamd kan staatmaak as hy die verklaring aflê, of hy onder die omstandig-hede nogtans begerig is om 'n verklaring af te lê:
Antwoord Ja ek wil 'n verklaring aflê om te sê hoe dit gekom het dat ek gearresteer word.
10. Ek deel verklaarder mee dat hy aan my gesê
het dat hy nie deur iemand aangerand, gedreig,
aangemoedig, beïnvloed is, en dat daar geen
beloftes aan hom voorgehou is ten einde hom
te oorreed om 'n verklaring te maak nie, maar
ek wil hom egter nogtans vra om my in sy
vertroue te neem en as daar in sy voordeel
enigiets onbehoorlik gebeur het wat hom
beïnvloed het om na my te kom om 'n verkla-
ring te maak, dit nou te openbaar. Ek
onderneem verder om dit summier onder 'n Po-
lisie Offisier se aandag te bring en hom te
versoek om enige bewerings van verklaarder
te laat ondersoek:
Sy antwoord is "Daar is niemand wat my ge-
wing het nie."
11. Ek vra vervolgens verklaarder of hy vante-
vore 'n verklaring, hetsy mondelings of ander-
sins van dieselfde aard gemaak het en in-
dien wel, wanneer en aan wie:
Antwoord Dit is die eerste keer wat ek nou
..../ 9
9
gaan praat daaroor.
12. Verklaarder word gevra waarom hy die verkla-
ring wens te herhaal:
Antwoord N.V.T.
13. Het enige iemand u voorgesê wat om in hier-
die verklaring te sê?
Antwoord Nee.
14. Is dit wat u in die verklaring gaan sê die
waarheid volgens u persoonlike kennis en
wete?
Antwoord Ja.
15. Verklaarder word gevra wanneer hy in hegte-
nis geneem is?
Antwoord Vandag so na 8h00 by my werksplek.
16. Hierna lê verklaarder onderstaande verkla-
ring vrywillig af, welke verklaring in sy
teenwoordigheid in sy eie woorde ten tyde
van die aflegging daarvan, neergeskryf word
sonder dat enige vrae aan hom gestel word,
behalwe vrae wat nodig is om onduidelikhede
of onverstaanbare verklarings op te klaar:"
Dan volg die bekentenis self.
By die verhoor het die aanklaer, mnr Visser,
aangevoer dat die bekentenis aan al die vereistes van
....../ 10
10
art 217(1)(b) van die Strafproseswet 51 van 1977 vol-doen, en dat dit
gevolglik by blote voorlegging as getuienis teen die appellant
toelaatbaar is.
Mnr van der Merwe, wat namens die appellant by die ver-hoor verskyn het, het
toegegee dat die bekentenis wel aan
die vereistes van die artikel voldoen, maar
nog-tans te kenne gegee dat die appellant die toelaat-
baarheid daarvan wou
betwis op grond daarvan dat dit nie vrywillig en ongedwonge gemaak is sonder dat
appellant onbehoorlik daartoe
beïnvloed is nie. Dit het meegebring dat die
bewyslas ingevolge artikel 217(1)(b)(ii) op die appellant oorgegaan het, en mnr
van der Merwe het dit dan ook so aanvaar.
Mej Schoeman, wat voor ons namens die
...../ 11
11
appellant opgetree het, het egter aangevoer dat die bekentenis nie ex
facie aan die vereistes van art 217 (l)(b) voldoen nie, en welke
toegewing mnr van der Merwe ookal in die hof a quo gemaak het, dit
hierdie Hof vrystaan om opnuut na die bekentenis te kyk en te oorweeg of dit aan
daardie vereistes voldoen of nie.
Dit is ongetwyfeld so dat, voor die bewys-las
op 'n beskuldigde oorgaan, dit uit die dokument self moet blyk dat dit vrywillig
en
ongedwonge gemaak is sonder onbehoorlike beïnvloeding daartoe. (S v
Yolelo 1981 (1) SA 1002 (A) op 1011 D - E.) Ek sal dan ook aanvaar dat
hierdie Hof, ten spyte van die toegewing in die hof a quo, opnuut na die
dokument kan kyk om vas te stel of dit aan die vereistes van
...../ 12
12
die artikel voldoen. Die redes deur mej Schoeman aangevoer waarom dit
nie aan die vereistes van die artikel voldoen nie kom daarop
neer dat dit nie ex
facie die dokument blyk dat die bekentenis vrywillig en ongedwonge gemaak
is sonder dat die appellant on-behoorlik daartoe beïnvloed
was nie.
Sy
het in die eerste plek verwys na vraag 6 en appellant se antwoord daarop as sou
dit daarop dui dat dit nie vrywillig en ongedwonge
afgelê is nie, omdat
dit daaruit blyk dat appellant nie op eie ver-soek en uit eie vrye wil na die
landdros geneem is nie.
As 'n mens egter kyk na die antwoorde op vrae 5, 7.3,
7.4 en 7.5 dan kan hierdie submissie nie op-gaan nie. Al hierdie antwoorde
dui
op 'n ongedwonge
..../ 13
13
bereidwilligheid om die verklaring af te lê.
Vervolgens verwys sy na
die antwoord op vraag 7.7 en voer sy aan dat dit op moontlike beïn-vloeding
kon dui en dat die landdros
verplig was om die hele aangeleentheid baie meer
deurtastend te on-dersoek om so 'n moontlikheid heeltemal uit te sluit. By
ontstentenis
daaraan, betoog sy, kan daar nie bo redelike twyfel gesê word
dat daar nie onbehoorlike beïnvloeding was nie. Weereens
meen ek nie dat
hier-die submissie kan opgaan nie, veral nie as gekyk word na vrae 8, 9 en 10 en
die antwoorde daarop. (cf. ook S v Nyembe 1982 (1) SA 835 (A) op 841 G -
H, en S v Mkwanazi 1966 (1) 736 (A) op 746 B - E.)
As die dokument in sy geheel gelees word
....../ 14
14
meen ek dat dit duidelik daaruit blyk dat dit
vry-willig en ongedwonge gemaak is en dat daar geen onbe-hoorlike
beïnvloeding
van die appellant was om dit af te lê nie. Indien hy die
teendeel wou aanvoer - soos dan ook by die verhoor die geval was -
het die
bewys-las op hom gerus.
Mej Schoeman se alternatiewe argument voor ons was
dat al sou dit aanvaar word dat die bewys-las op die appellant gerus het hy hom
van daardie las gekwyt het.
By die verhoor het appellant gesteun op 'n
beweerde aanranding op Ambrose as sou dit hom be-Invloed het om die bekentenis
af te lê.
Hy het ge-tuig dat toe konst Helepi die oggend van 12 April
na
...../ 15
15
Freddies Goudmyn gekom het om hom te arresteer, hy van twee ander
speurders en van Ambrose vergesel was. Ambrose se mond en gesig
was opgeswel,
daar was bloed op sy bors en op sy broek, en hy het kruppel geloop. Dit het by
hom die indruk gewek dat Ambrose aangerand
was. Terwyl hy en Ambrose by die myn
en in die motor op pad na die polisiestasie saam was, het hulle die geleentheid
gekry om met
mekaar te gesels. Ambrose het hom vertel dat hy deur die polisie
aangerand was; en dat hy die appellant aan die polisie uitgewys
het omdat
appellant sy vriend was. Hy het ook vir appel-lant gevra om hom te help deur te
erken dat hy die oorledene doodgemaak het.
Ambrose het hom toe al die feite
vertel wat later in sy bekentenis opgeneem
...../ 16
16
is. By Thabong polisiestasie het "die polisie-manne" vir hom
gesê dat as hy nie die waarheid praat nie sal hulle hom slaan sodat
hy
soos Ambrose sou lyk. Uit vrees virsoh aanranding het hy inge-stem om na die
landdros te gaan waar hy alles vertel het wat Ambrose
hom voorgesê
het.
Speurder-sersant Motse en konst Helepi het ten ene male ontken dat hulle
vir Ambrose aange-rand het of dat hulle gedreig het om vir
appellant aan te
rand. Appellant was 'n uiters swak getuie en sy getuienis is deur die hof a
quo verwerp. Dit is nie voor ons aangevoer dat die verhoorhof verkeerd
was in dié opsig nie, en by 'n blote deurlees van sy getuie-nis
blyk daar
geen rede te wees om daardie
...../17
17
bevinding in twyfel te trek nie. Die appellant het egter 'n geneesheer, dr Wilhelmus van Heusden, wat vir Ambrose op 18 April ondersoek het, as 'n getuie geroep. Dr van Heusden het getuig van sekere beserings wat hy op Ambrose opgemerk het wat versoenbaar was met sy bewering dat hulle ses dae vantevore - dws op 12 April -opgedoen was. Die beserings deur dr van Heusden ge-noem kom nie ooreen met dié deur appellant beweer nie, maar dui nogtans daarop dat sommige van hulle (die kneusings aan die rug) deur die toediening van stomp geweld, en ander (die brandmerkies aan Ambrose se bene) deur elektrisiteit veroorsaak kon gewees het. Ambrose het self nie getuig nie en daar is dus geen getuienis van enige werklike aanranding op hom nie, en
...../ 18
18
geen getuienis van hoe of waar of presies wanneer hy sy beserings
opgedoen het nie. Waar die bewyslas op die appellant rus, en met
inagneming van
sy antwoorde aan die landdros hierbo uiteengesit, asook die algehele verwerping
van sy eie getuienis, meen ek nie
dat dit bevind kon word dat hy deur enige
beserings aan Ambrose beïnvloed was om hom te beken nie. Hy het dus nie op
'n oorwig
van waarskyn-likhede aangetoon dat die bekentenis nie vrywillig en
on-gedwonge gemaak is sonder,enige onbehoorlike beïnvloeding
nie.
Die bekentenis is verdoemend en lees soos volg:
"Verlede week op 'n Dinsdag het Ambrose by my aangekom, wie te Oppenheimer Park in Thabong bly, hy was saam met sy suster en 'n dogtertjie. Hy het twee messe en handskoene by hom gehad en 'n 'Balaklava'. Nadat hy gearriveer het, het ek saam met Ambrose weggery in sy motorkar en op daardie stadium het ek nie geweet waar-heen gaan ons nie. Ons het toe in die Theunissen Bloem-fontein pad gery. Sy suster en die dogtertjie was ook in die voertuig gewees. Hy het in die
..../19
19
voertuig vir my gesê sien jy hierdie messe ons gaan die kind daarmee doodmaak. Ons het gery tot by 'n sekere plek waar hy die voertuig tot stilstand gebring het en daarna het hy die kind uit die voertuig geneem. Hy het die kind onder die boom laat lê en gesê ek moet die kind dood-maak. Ek het hom gevra, hoekom moet ek jou kind doodmaak. Toe sê hy vir my 'Dit is nie my kind nie, die ma van hierdie kind maak dat ek onder-houd betaal vir hierdie kind'. Hy het my belowe om my R3 000.00 kontant te gee, maar hy sou eers R2 500.00 gee. Ek het die kind toe doodgemaak, ek het die kind se keel met 'n mes afgesny. Hy het ook gehelp, beide van ons het die kind se keel afgesny. Daarna het ons teruggery na my werksplek toe. Gister op die llde April het hy weer by my aangekom en vir my gesê dat hy my die geld sal gee nou die aankomende Sondag. - Dit is al."
Mej Schoeman het voorts betoog dat die
verhoorhof
misgetas het in verskeie opsigte deur be-
weerde ontoelaatbare getuienis toe
te laat, vrae aan
die appellant te stel wat betrekking gehad het op
..../ 20
20
hierdie sogenaamde ontoelaatbare getuienis, en na-delige afleidings teen die appellant te maak waar dit nie geregverdig sou gewees het nie. Ek is nie van plan om al hierdie besware uiteen te sit nie, of met elkeen afsonderlik te handel nie. Na my me-ning steek daar niks in enige van hulle nie. Maar selfs al sou een of meer van hulle tot 'n mate geldig wees, meen ek nie dat dit in die konteks van die getuienis in sy geheel, die eindresultaat waartoe die verhoorhof gekom het dat die appellant skuldig is aan die moord op die oorledene soos in sy bekentenis uiteengesit, enigsins kan verander nie. Die getuie-nis teen die appellant - wat sy bekentenis insluit -saamgeneem met die geregverdigde bevinding dat hy 'n
....../ 21
21
leuenagtige getuie was, dui oorweldigend op sy
skuld aan die misdaad hom ten laste gelê, en sy appèl teen sy
skuldigbevinding
kan dus nie slaag nie.
Die verhoorregter het, na oorweging
van al die strafversagtende en -verswarende faktore, tot die gevolgtrekking
gekom dat die doodvonnis
die enigste gepaste vonnis was.
Die appellant was
bykans 27 jaar oud toe die misdaad gepleeg is. Hy kan dus nie as 'n jeugdige
beskou word nie. Hy het op skool tot
by std V ge-vorder, en het skynbaar 'n
geruime tyd as 'n kroegbedien-de by 'n goudmyn gewerk waar hy R650 per maand
verdien het.
Hy kan dus nie as geheel en al ongesofistikeerd beskou word nie.
Aan die ander kant het hy geen
...../ 22
22
vorige veroordelings nie, wat daarop dui dat hy nie inherent gewelddadig is
nie. (cf S v Senonohi [1990] ZASCA 93; 1990 (4) SA 727 (A) op 731 I - J.)
Die
verhoorregter het aanvaar dat die appel-lant in 'n mate beïnvloed kon
gewees het deur Ambrose om deel te neem aan die misdaad.
Ambrose was 'n
ge-gradueerde - hy het blykbaar 'n B A graad in sosiale wetenskap gehad - en was
dus in die vermoë om die minder
ontwikkelde appellant te beïnvloed.
Aan die ander kant het die verhoorhof ook bevind dat daar geen on-behoorlike
druk op die
appellant uitgeoefen is om aan die moord deel te neem nie en dat die
hof onder die indruk gelaat is dat hy 'n geredelike mededader
was. Uit sy
bekentenis blyk dit dat hy 'n bedrag geld
....../ 23
23
aangebied is om die moord te pleeg, en dat dit
ook 'n rol gespeel het om hom te oorreed om deel te neem.
Die moord self was
'n brutale en verfoeilike daad. Die slagoffer was 'n weerlose vierjarige
dogter-tjie wat Ambrose, volgens appellant
se bekentenis, uit die weg geruim wou
gehad het omdat hy, as die natuurlike vader van die kind, onderhoud vir haar
moes betaal. Appellant
erken dat hy saam met Ambrose en sy suster (beskuldigde 1
by die verhoor) en die oorledene na die moordtoneel gery het, en dat Ambrose
op
pad soontoe vir hom twee messe gewys het en hom verwittig het dat hulle die kind
daarmee gaan doodmaak. Dit was dus van sy kant
geen impulsiewe daad gewees nie.
By die moordtoneel aangekom het Ambrose die kind uit die motor
...../ 24
24
geneem en, vergesel van die appellant, haar tussen die bome ingeneem.
Daar het hulle die kind op die grond laat lê en het die
appellant haar
keel afgesny. Die distriksgeneesheer wat die lykskouing op die oorledene gedoen
het, het bevind dat sy in so 'n mate
onthoof was dat die kop nog net aan die
liggaam vas was met 'n vel aan die linkerkant van die nek. Die tong was ook
ge-heel en al
verwyder. Dit was 'n grusame daad wat met dolus directus
gepleeg is en wat enige ordentlike mens met weersin vervul. Die geredelikheid
waarmee die appellant aan hierdie verfoeilike daad
deelgeneem het, blyk ook
duidelik uit sy bekentenis.
Die verswarende faktore by die pleging van
hierdie misdaad oortref nie slegs die enkele
....../ 25
25
versagtende faktore by verre nie, maar so weersinswek-kend is die daad dat vergelding en die gemeenskapsbe-lang na my mening voorop moet staan by die oplegging van 'n gepaste vonnis. Enige vorm van dulding t o v iemand wat vir geldelike gewin so maklik kan instem tot die moord van 'n weerlose slagoffer soos in die onderha-wige geval, is inherent verderflik vir enige gemeen-skap, en by oorweging van al die omstandighede meen ek dat die doodvonnis inderdaad die enigste gepaste vonnis is.
Die appèl word bygevolg afgewys.
J.P.G. EKSTEEN, AR
VAN HEERDEN, AR )
GOLDSTONE, AR ) stem saam