South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1992 >>
[1992] ZASCA 151
| Noteup
| LawCite
President Versekeringsmaatskappy Bpk. v Biggs (455/90) [1992] ZASCA 151 (17 September 1992)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
PRESIDENT VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK Appellant
EN
D F G
BIGGS Respondent
Coram: HOEXTER, VIVIER, EKSTEEN, F H GROSSKOPF ARR et VAN COLLER, Wn. AR
Verhoor: 24 Augustus 1992
Gelewer: 17 September 1992
UITSPRAAK
EKSTEEN, AR :
Tussen 5 en 6 uur die middag van 29 November 1983 het
daar 'n botsing in Voortrekker-weg, Pretoria plaasgevind tussen 'n groen Cortina
motor wat by die appellant maatskappy verseker was en wat deur ene Lexa bestuur
was, en 'n motorfiets wat deur die respondent se
seun bestuur was. Die skade aan
die motor was van geringe aard maar res-pondent se seun het vry ernstige
beserings opge-doen. Gevolglik
het die respondent in die Trans-vaalse
Provinsiale Afdeling 'n aksie ingestel waarin hy skadevergoeding vir sy toe
minderjarige seun
ge-eis het, asook skadevergoeding wat hy in sy persoonlike
.../ 2
2
hoedanigheid gely het.
Toe die saak voor die hof a
quo gekom het, het die partye ooreenkomstig Reël 33(4) ooreengekom
dat die vraag van aanspreeklikheid vir sakdevergoeding afsonder-lik
van die
bedrag beslis word, en het die hof dienoor-eenkomstig gelas. Na aanhoor van die
getuienis het die verhoorregter in die respondent
se guns bevind en gelas dat
die appellant die koste verbonde aan die verrigtinge met betrekking tot
aanspreeklikheid moet betaal.
'n Daaropvolgende aansoek om verlof om teen
hierdie beslis-sing te appelleer, is deur die verhoorregter met koste van die
hand gewys,
maar 'n aansoek aan hierdie Hof vir verlof is met groter guns
bejeën. Verlof is toege-staan om na hierdie Hof te appelleer op
die
meriete,
......./ 3
3
maar betoog is ook aangevra op die vraag of die verhoor-hof se bevinding
appelleerbaar is of nie. Voorts is die verhoorregter se bevel
dat die appellant
die koste van die aansoek aan die hof a quo vir verlof om te appelleer,
ter syde gestel, en is daardie koste, asook die koste van die aansoek om verlof
aan hierdie Hof, voorbehou
vir be-slissing by die aanhoor van die
appèl.
Sedert verlof toegestaan is, is die vraag van appelleerbaarheid
deur hierdie Hof beslis in die saak van S.A. Eagle Versekeringsmaatskappy Bpk
v Harford [1992] ZASCA 42; 1992 (2) SA 786 (A) en hoef ek dus nie verder met die vraag te
handel nie.
Respondent se seun ("Biggs") was 15 jaar oud ten tyde van die
botsing en in standerd 7. (Dit dien
...../ 4
4
miskien gemeld te word dat die verhoor eers gedurende Mei 1990 - dws
ongeveer 6 ½ jaar na die botsing - plaasge-vind het toe
Biggs reeds 21 jaar
oud was.) Hy het die hof vertel hoedat hy van noord na suid in Voortrekkerweg op
sy "scrambler" motorfiets gery
het op pad na sy ouer-huis. Voortrekkerweg het op
daardie gedeelte uit vier verkeersbane bestaan, nl twee aan die oostekant van
die
straat waarin die noord na suid verkeer beweeg het, en twee aan die
westekant van die straat waarin die suid na noord verkeer beweeg
het. Biggs se
ouerhuis was aan die westekant van Voortrekkerweg geleë en hy sê dat
hy in die regterkantste noord-suid
baan gery het en teen-oor die ingang na sy
ouers se huis gaan staan het met sy flikkerlig aan, in afwagting vir 'n
geleentheid om
....../ 5
5
oor die twee westebane na hul huis te beweeg. Die ver-keer van suid na
noord was redelik druk en hy wou nie 'n kans waag om tussen
die verkeer deur te
vleg nie. Volgens sy getuienis het hy vir ongeveer 30 sekondes so stilgestaan in
die middel van die pad met sy
motorfiets se voorwiel feitlik op die wit
sperstreep, toe hy van agter deur 'n voertuig raak gery is. Sy weergawe van die
gebeure
as sou hy in die middel van die pad gestaan het en gewag het vir die
aankomende verkeer om verby te kom, word gestaaf deur die getuienis
van
Frederick George Mong, Mev Anna Martha du Plooy, en Mev Hester Elize Vil-joen.
Al drie van hulle het namens respondent getuig
en het die verhoorhof vertel dat
hulle op die toneel was ten tyde van die botsing en dat hulle die gebeure daar
waar-
....../ 6
6
geneem het. Volgens hulle getuienis is Biggs na die botsing na sy
linkerkant weggeslinger en het hy op die oostelike sypaadjie te
lande ge-kom. Sy
motorfiets het ook daar naby hom gelê.
Die getuienis van Lexa, die
verseker-de bestuurder, het toto caelo van dié van die res-pondent
se getuies verskil. Volgens hom het hy ook van noord na suid in Voortrekkerweg
gery. By die kruising
van Voortrekkerweg en Naudestraat ten noorde van die punt
van botsing moes hy by 'n verkeerslig stilhou. Hy sê dat hy in die
regter-baan gery het en dat die motorfiets links van hommoes gestaan het -
vermoedelik tussen die twee noord-suid bane. Nadat die
verkeerslig in sy guns
oor-
....../ 7
7
geslaan het, het hy voortbeweeg in Voortrekkerweg, nog steeds in die
regterbaan. Die motorfiets het steeds aan sy linkerkant gery
en ewe onverwags na
regs geswenk en met die linker voormodderskerm van sy Cortina gebots. Die
botsing het die motorfiets en sy bestuurder
na links weggeslinger en hul op die
oostelike sypaadjie laat beland. Hy sê dat die enigste skade aan sy motor
'n duik in sy
linker voormodderskerm net bokant die voor-wiel, en 'n gat van
sowat 6 cm in deursnee aan die linker onderste deel van sy windskerm
was. Hy kon
nie met sekerheid sê wat die gat in sy windskerm veroorsaak het nie maar
het vermoed dat dit deur die stuurstang
van die motorfiets
.... / 8
8
veroorsaak kon gewees het.
Lexa se getuienis is in 'n mate gestaaf
deur dié van kolonel Dirk Johannes Albertus Craf-ford. Hy het ten tyde
van die botsing
van suid na noord in Voortrekkerweg gery - dws in die
teen-oorgestelde rigting van dié waarin Lexa en Biggs gery het - en
in
die heel linkerkantste baan. Hy sê dat alhoewel hy geen besondere rede
gehad het om na Lexa se groen Cortina op te let nie,
hy dit tog opgemerk het
terwyl dit hom nader. Hy het self nie die botsing gesien nie maar slegs ge-sien
dat iets "wegspat of wegskram"
van die linker-kant van die Cortina na die
oostekant toe. Ter-selfdetyd het hy opgemerk dat die glas aan die
....../ 9
9
linkerkant van die windskerm gebreek is. Hy sê dat hy nie die
motorfiets in die middel van die pad gesien staan het nie, en
dat as dit daar
ge-staan het moes hy dit gesien het. Sy getuienis in kruisverhoor was te dien
effekte dat Voortrek-kerweg nie baie
besig was toe die botsing plaas-gevind het
nie, en dat toe hy die Cortina op 'n af-stand van ongeveer 100-120 meter van hom
af opge-merk
het, daar geen voertuie tussen hulle was nie. Die enigste voertuie
voor hom aan die weste-kant van die straat was reeds feitlik by
die Naude-straat
kruising. Hy het ook geen motors voor, langs, of agter die Cortina opgemerk nie.
Hier-die waarneming is klaarblyklik
in stryd, nie slegs
....../ 10
10
met die getuienis van die respondent se getuies nie, maar ook met
dié van Lexa. Die verhoor-regter het dan ook bevind dat Crafford
hom in
hierdie opsig misgis het, dat aanvaar moet word dat daar meer verkeer op die pad
moes gewees het, en dat daardie verkeer bes
moontlik sy uitsig op die botsing
kon versper het.
Die verhoorregter was beïndruk met die
geloofwaardigheid van Biggs en Mong. Alhoe-wel hy bedag was op sekere swakhede
in Mev
Viljoen se getuienis was hy nie bereid om dit sonder meer te verwerp nie.
Mev du Plooy se getuienis was egter na sy oordeel so swak
dat dit gevaarlik sou
wees om enigsins daarop peil te trek. Lexa se
......./ 11
11
getuienis het hy ook as uiters onbevredigend be-
stempel en bevind dat dit nie, na sy mening, kon
"opweeg teen die geloofwaardige getuies namens die Eiser dat die fiets langs die middellyn gewag het nie."
Gevolglik het hy die vraag van
aanspreeklikheid
ten gunste van die respondent beslis.
Soos ek reeds hierbo op gewys het,
verskil die
relaas van die gebeure soos deur die
respondent se getuies gegee hemelsbreed
van dié
van die appellant se getuies. Die twee weer-
gawes is so
onversoenbaar dat aanvaarding van die
appellant se weergawe onvermydelik die
afleiding
inhou dat al vier respondent se getuies saamgespan
het om die hof doelbewus te mislei deur valslik
...../ 12
12
voor te gee dat Biggs in die middel van die straat teenaan die
sperstreep gestaan en wag het toe hy deur Lexa se motor getref is.
So 'n
sameswering sou 'n ernstige vergryp wees teen sedelike en beskaafde waardes en
'n hof sal nie ligtelik tot so 'n gevolg-trekking
kom nie (Gates v Gates
1939 AD 150 op 155; Olivier v Die Kaapse Balieraad 1972 (3) SA 485 (A) op
496 G - H, en Glaston House (Pty.) Ltd. v. Inag (Pty.) Ltd. 1977 (2) SA
846 (A) op 857 H - 858 A).
Die verhoorregter, wat die voordeel gehad het om
die getuies in die getuiebank waar te neem en 'n indruk te vorm van hulle
algemene
houding, gedrag persoonlikheid en betroubaarheid, was veral
beïndruk met Mong se getuienis, en het hoofsaaklik op sy
...../ 13
13
getuienis gesteun vir die gevolgtrekking waartoe hy geraak het. Hy beskryf hom as 'n indrukwekkende getuie" wat "uiters aanvaarbare en positiewe oogge-tuienis" gelewer het. "Sy voordrag" sê die geleer-de regter "was sonder aarseling en teen 'n verbasende tempo. Dit het gelyk of hy 'n heldere herinnering het en of hy hom inderdaad inleef in wat hy besig was om te verhaal". Biggs se getuienis is ook aanvaar en die verhoorregter meld dat hy "die indruk gelaat het dat hy 'n ordentlike jong man is". Ook Mev Viljoen "het nie 'n slegte indruk" op die verhoorregter gemaak nie, maar weens sekere swakhede in haar getuienis het hy besluit om nie te veel op haar te steun nie.
Dit is sterk geloofwaardigheidsbevindinge
....../ 14
14
van die respondent se getuies - veral ten opsigte van Mong en Biggs. Sulke bevindinge in hoofsaak gegrond op indrukke wat die getuie se algemene voorkoms, hou-ding en persoonlikheid op die verhoorregter gelaat het. 'n Hof van appèl sal nie ligtelik met so 'n bevinding in-meng nie tensy dit duidelik blyk dat die verhoorregter homself wanvoorgelig het, of dat hy die waarskynlikhede van die saak nie behoorlik oorweeg het insoverre dit op die geloofwaardigheid van die getuie slaan nie, of dat die hof van appèl tevrede gestel is dat die verhoor-regter klaarblyklik verkeerd geoordeel het (R. v. Dhlumayo and Another 1948 (2) SA 677 (A) op p 696 -698; Wessels v. Johannesburg Municipality 1971 (1) SA 479 (A) op 482 G - H; Marine and Trade Insurance Co.
....../ 15
15
Ltd. v. Mariamah and Another 1978 (3) SA 480 (A) op
486 G en Munster Estates (Pty.) Ltd v. Killarney Hills (Pty.) Ltd.
1979 (1) SA 621 (A) op 623 F - 624 A).
By die beredenering van die
appèl voor ons is geensins gesteun op enige wanvoorligting deur die
ver-hoorregter nie. Mnr Helberg
se betoog was veral daar-op toegespits om sekere
beweerde onwaarskynlikhede op die feite uit te lig, wat dan volgens hom die
aanvaar-ding
van die getuienis van respondent se getuies on-moontlik sou maak.
In die eerste instansie het hy aangevoer dat as Biggs wel in die
middel van die
pad teenaan die sperstreep stilgestaan het regoor die ingang na sy ouerhuis toe
hy van agter raakgery is, kon hy,
op die waarskynlikhede, nie daarna op die
oostelike
...../ 16
16
sypaadjie te lande gekom het waar die getuies sê dat hy
gelê het nie. Tweedens voer hy aan dat waar die enigste skade
aan die
linker voormodderskerm was, soos deur Lexa getuig, en die gebreekte voorruit,
dit onbestaan-baar is met respondent se saak
dat Biggs van after getref is. Hy
voer aan dat die hof moes bevind het dat die botsing veroorsaak is deur Biggs se
kontak met die
linker modderskerm en dat so 'n verklaring slegs vereenselwigbaar
is met Lexa se getuienis, en nie met die van respondent se getuies
nie.
Dit
dien hier op gelet te word dat die aard en omvang van skade aan die Cortina
slegs op die getuie-nis van Lexa berus. Hy het geen
objektiewe getuienis
aangebied om hierdie beweringe te staaf nie. Kol.
...../ 17
17
Crafford het wel getuig oor die gebreekte
voorruit,
maar meld niks van die duike aan die modderskerm, of
die
afwesigheid van enige skade aan die voorkant van die
motor nie.
Maar selfs al sou Lexa se getuienis in dié
verband sonder meer aanvaar word, dan nog
meen ek nie
dat dit op sigself van so 'n aard is dat dit die weer-
gawe
van getuies wat die botsing waargeneem het en wat
die verhoorregter met hule
eerlikheid beïndruk het,
kan ontsenu nie. Die verhoorregter, voor wie
hierdie
betoog ook aangevoer is, het in sy uitspraak hiermee
gehandel en
tot die slotsom geraak dat:
"Na my mening is dit nie onmoontlik dat die Cortina wel van agter met die motorfiets ge-bots het nie, miskien na dit effens oor die
....../ 18
18
middel van die pad beweeg het," (soos wat Mong getuig het) "dat dit met die agter-wiel van die motorfiets (wat 'n sogenaamde 'scrambler' was en blykbaar geen modder-skerms gehad het nie) gebots het en dat dit vir Biggs en die fiets skuins oor die pad geslinger het nadat daar ook 'n kontak met die modderskerm en die ruit van die Cortina was."
Met verwysing na die uitsprake in
Mapota v Santamver-
sekeringsmaatskappy Bpk 1977 (4) SA 515 (A)
op 527 G -
528 A en Motor Vehicle Assurance Fund v. Kenny 1984
(4) SA 432 (OK) op 436 E - I, het die verhoorregter
bevind dat dit moeilik
en gewaagd is om 'n botsing te
probeer rekonstrueer bloot aan die hand van
skade aan
die betrokke voertuie, veral in die afwesigheid van
enige
deskundige getuienis in dié verband. Die sogenaamde
"waarskynlikhede" deur die appellant se advokaat geopper,
....../ 19
19
was na die verhoorregter se mening onvoldoende om die
getuienis van die ooggetuies wat hy as eerlik en be-troubaar beskou het, te
negeer; veral as 'n mens in aan-merking sou neem dat op die waarskynlikhede
verwag sou word dat Biggs, wat van plan was om na regs
af te draai, in die
regterkantste baan langs die sperstreep sou ry, eerder as in die heel
linkerkantste baan soos Lexa ge-tuig het.
Na sorgvuldige oorweging van die
betoë voor ons en na inagneming van al die omstandighede is ek nie bereid
om te sê dat
die verhoorregter verkeerd was in sy beskouing van die
getuienis nie. Daar is kritiek wat ingebring kan word teen al die getuies
wat
voor die verhoorhof getuig het - ook teen die getuienis van Biggs
...../ 20
20
en Mong. Die verhoorregter was egter bewus van hierdie punte van
kritiek en sy bevindinge van geloofwaardigheid is met die volle besef
daar-van
gemaak, en soos hierbo daarop gewys, sal hierdie Hof nie ligtelik daarmee inmeng
nie. Ek is derhalwe nie tevrede gestel
dat die appel-lant getoon het dat die
verhoorhof misgetas het of dat hy klaarblyklik fouteer het deur die ge-skil oor
nalatigheid
ten gunste van die respondent uit te wys nie.
Die appèl
word bygevolg van die hand gewys met koste, welke koste dié van die
aansoek voor die hof a quo om verlof om te appelleer, asook die koste
verbonde aan die petisie aan
...../ 21
21 hierdie Hof vir sodanige verlof, sal insluit.
J.P.G. EKSTEEN, AR
HOEXTER, AR )
VIVIER, AR )
stem saam F H GROSSKOPF, AR )
VAN COLLER, Wn AR )