South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1992 >>
[1992] ZASCA 155
| Noteup
| LawCite
S v Koopman (91/91) [1992] ZASCA 155 (18 September 1992)
Download original files |
SAAK NOMMER: 91/91 H v N
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPPèLAFDELING)
In die saak tussen:
JACOBUS ALBERT KOOPMAN Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: VAN HEERDEN, VIVIER,
ARR
et HOWIE, Wn AR
VERHOORDATUM: 14 SEPTEMBER
1992
LEWERINGSDATUM: 18 SEPTEMBER 1992
UITSPRAAK HOWIE, Wn AR:
Appellant is in die Kaapstadse landdroshof
aan bedrog skuldig bevind en 8 maande gevangenisstraf opgelê. Sy
appél teen
die vonnis is deur die Provinsiale Afdeling Kaap die Goeie
Hoop van die hand gewys. 'n Aansoek om verlof om verder te appelleer
is
2
deur daardie hof geweier maar 'n versoekskrif is aan die Hoofregter
gerig waarna sodanige verlof toegestaan is.
Dit is appellant ten laste
gelê dat hy 'n tjek ten bedrae van R400 wat namens Saxonsea Educare Centre
uitgemaak is vir betaling
van laasgenoemde se huurgeld, bedrieglik aangewend het
ter vereffening van die bedrag wat hy die Weskaapse Streekdiensteraad ten
opsigte van agterstallige eiendomsbelasting geskuld het. Hy het skuldig
gepleit.
, Na skuldigbevinding het appellant se prokureur die landdros
breedvoerig toegespreek ter versagting. In die loop van.daardie betoog
is
verskeie feitestellings gemaak wat soos volg opgesom kan word. Toe die misdryf
gepleeg is, was appellant by 'n eiendomsagentskap
werksaam waar hy slegs op 'n
kommissiebasis betaal is. Hy het familieverpligtinge gehad en het in moeilike
finansiële omstandighede
verkeer. Hy het terselfdertyd 'n aktiewe rol in
die gemeenskapslewe van Atlantis
3
gespeel waar hy woonagtig was. Hy het o a as voorsitter van die Educare komitee gedien en was op die tersaaklike stadium kandidaat vir lidmaatskap van Atlantis se Bestuurskomitee. 'n Regsadviseur van die Streekdiensteraad het egter appellant se aandag daarop gevestig dat sonder betaling van sy agterstallige eiendomsbelasting hy as Bestuurskomiteelid onverkiesbaar sou wees. Toe gemelde tjek in sy besit gekom het, was dit reeds deur die sekretaris van die Educare komitee, ene Petersen, onderteken. Appellant moes dit as mede-ondertekenaar voltooi. Die gedagte het by hom ontstaan om die tjek ter betaling van sy skuld aan die Streekdiensteraad aan te bied. Hy het gepoog om Petersen in hierdie verband te spreek maar kon nie daarin slaag nie en het toe voortgegaan om die tjek vir sy eie doeleindes te gebruik. Hy het besef dat sy onwettige optrede noodwendig tot Petersen se kennis sou kom en het deurgaans bedoel om die geld terug te betaal.
4
Appellant is mettertyd tot Bestuurskomiteelid verkies en kort daarna tot
verteenwoordiger van die Bestuurskomitee op die Streekdiensteraad.
Ten tye van
die verhoor het hy nog steeds op die Bestuurskomitee gedien. Hy het ook teen
daardie tyd reeds die geld aan die klaer
terugbetaal. Onopgeskorte
gevangenisstraf sonder 'n boetekeuse sou hom ohbevoeg gemaak het om verder as
lid van die Bestuurskomitee
te dien.
Wat appellant se persoonlike
omstandighede betref, moes hy, synde die oudste van agt kinders wie se vader 'n
alkoholis was, sy skoolopleiding
in St 7 staak. Hy het as arbeider begin werk en
in die volgende vier jaar tot versendingsklerk gevorder. In daardie tydperk het
hy
aandskool bygewoon en uiteindelik die Matriek-eksamen geslaag. Van daardie
tyd af het hy in verskeie betrekkings vaste werk gehad.
Toe die misdryf gepleeg
is, was hy ongeveer 30 jaar oud. Afgesien van sy lidmaatskap van die Educare
sentrumkomitee, die
5
Bestuurskomitee en die Streekdiensteraad, was hy ook ten tye van die verhoor
voorsitter van die plaaslike skoolraad, superintendent
van die Sondagskool,
leier van die Apostoliese Geloofsending se jeuggroep en die sending se
sekretaris. Hy was 'n gewese lid van
die Atlantis Adviesraad en verskeie ander
komitees asook gewese voorsitter van die behuisingskomitee. Hy het ook 'n
gevorderde kursus
in bestuurswese en kursusse in finansiële ontleding
gevolg.
Appellant se gesin bestaan uit sy vrou en twee kinders wat by die
verhoorstadium onderskeidelik agt en ses jaar oud was. Hy moes ook
tot sy moeder
se onderhoud bydra.
Weens sy vader se drankprobleem was appellant se gesinslewe gedurende sy tienderjare wesenlik ontwrig. Hy het sonder ouerliefde en die invloed van behoorlike dissipline grootgeword. Die gevolg was dat hy op 18-jarige ouderdom te Parow skuldig bevind is aan diefstal
6
van geregistreerde briewe bevattende tjeks en posorders by die munisipale
kantore waar hy toe werksaam was. Hy is tot 6 maande opgeskorte
gevangenisstraf
gevonnis. Toe hy 21 was, is hy op drie klagtes van bedrog waarby bedrae van
altesaam R 28,57 betrokke was, 18 maande
gevangenisstraf opgelê.
Die
voorgaande feitebewerings is geensins deur die aanklaer betwis of selfs in
twyfel getrek nie. Al wat hy gesê het, was dat
sonder dokumentasie in die
dossier wat terugbetaling aan die klaer bewys het, hy nie in staat was om "met
sekerheid" te erken dat
die geld wel terugbetaal was.
Die landdros het appellant se persoonlike omstandighede in ag geneem maar bevind dat, opgeweeg teen die verswarende omstandighede en die gemeenskap se behoefte aan beskerming, slegs onopgeskorte gevangenisstraf die oogmerke van vonnisoplegging in die onderhawige saak sou bereik. Hy het veral klem gelê op
7
die feit dat die misdryf vir eie gewin gepleeg is, dat bedrog altyd 'n
ernstige oortreding is, dat appellant sy posisie as voorsitter
van die
sentrumkomitee misbruik het en dat sy vorige strawwe hom nie tot beter insigte
laat kom het nie.
Die Hof a quo was van mening dat geen mistasting
deur die verhoorhof begaan is nie en dat die opgelegde straf nie treffend
onvanpas was nie.
Dit is opmerklik dat beide howe geen melding gemaak het van
die bewering dat appellant die klaer terugbetaal het nie en die afleiding
moet
wees dat hulle die saak benader het op die grondslag dat die geld nie
terugbetaal was nie. Die feit van terugbetaling in 'n
saak soos die onderhawige
is altyd 'n faktor van wesenlike belang. Dit sou seer sekerlik maklik vir die
aanklaer gewees het om die
nodige bevestiging van hierdie bewering te verkry en
dit is verbasend dat die landdros nie opheldering versoek het nie. Hoe dit
ook
8
al sy, dit is namens die Staat in hierdie Hof erken dat terugbetaling
wel geskied het en die appél moet op daardie basis beslis
word.
Terugbetaling tel vanselfsprekend sterk in appellant se guns.
Wat verder
versagtend werk, is appellant se strewe sedert sy tweede veroordeling om homself
te verbeter en om sy gemeenskap in verskeie
opsigte te dien. Oppervlakkig gesien
is sy vorige skuldigbevindings natuurlik kommerwekkend maar hulle moet in die
gepaste samehang
oorweeg word. Daardie oortredings is gepleeg teen die
agtergrond van 'n verbroke gesin en, na alle waarskynlikheid, emosionele
onrypheid.
Hulle was ook mindere misdrywe. Dit is verbasend dat so veel soos 18
maande opgelê is in die tweede saak as die onbenullige
bedrae in ag geneem
word wat daar betrokke was. Die aanduidings is dat in die tien jaar wat daarop
gevolg het, appellant 'n nuwe
blaadjie omgeslaan het. As volwassene het hy
'n
9
ordentlike bestaan gevoer met 'n volle besef van sy verantwoordelikhede met
betrekking tot sy gesin, sy werk en die gemeenskap. Tot
laasgenoemde se welsyn
het hy 'n merkwaardige bydrae gemaak. Onopgeskorte gevangenisstraf blyk derhalwe
om teen, eerder as in die
guns van, die gemeenskapsbelang te wees.
Die
onderhawige misdryf is wel in 'n sekere sin vir eie gewin gepleeg, maar dit was
nie asof appellant se kandidaatskap vir die Bestuurskomitee
net op
selfverheerliking gemik was nie. Sy lidmaatskap van heelwat minder prominente
komitees getuig van 'n sterk begeerte om oor
die algemeen sy medemens behulpsaam
te wees.
Dit blyk ook nie dat appellant in die onderhawige geval op die uitkyk was vir die eerste die beste geleentheid om ' n ander se geld tot sy eie voordeel aan. te wend nie. Die misdryf het sy oorsprong in die feit dat hy attent gemaak is op sy moontlike
10
onbevoegdheid as Bestuurskomiteelid. Hy het Petersen probeer kontak,
vermoedelik om sy probleem te bespreek. Toe hy hom nie in die
hande kon kry nie,
het hy met die verduistering voortgegaan maar met die besef dat Petersen dit sou
ontdek. In die meeste gevalle
waar oortreders vertrouensposisies misbruik, neem
hulle deeglike stappe om alle spore uit te wis.
Al die tersaaklike
omstandighede in ag genome, meen ek dat die verhoorhof tot die slotsom moes
gekom het dat die onderhawige 'n gepaste
geval was vir algeheel opgeskorte
gevangenisstraf. Dit synde die geval is inmenging met die opgelegde straf
aangewese.
Die appél slaag. Die bevel van die Hof benede word ter syde
gestel en met die volgende vervang:
"Die appél slaag. Die vonnis deur die
landdros
opgelê word verander om soos volg te
lui -
'8 maande gevangenisstraf wat in die geheel
11
vir 5 jaar opgeskort word op voorwaarde dat in die opskortingstydperk die beskuldigde geen misdryf pleeg nie waarvan oneerlikheid 'n element is en waarvoor onopgeskorte gevangenisstraf sonder keuse van 'n boete opgelê word.' "
C T HOWIE
WAARNEMENDE APPèLREGTER
VAN HEERDEN, AR )
STEM SAAM VIVIER, AR )