South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1992 >>
[1992] ZASCA 168
| Noteup
| LawCite
S v Ngubane (169/91) [1992] ZASCA 168 (24 September 1992)
Download original files |
CG SAAKNOMMER: 169/91
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPéLAFDELING)
In die saak van:
DAVID NGUBANE Appellant
en
DIE
STAAT Respondent
CORAM: VAN HEERDEN, EKSTEEN et VAN DEN HEEVER ARR AANGEHOOR: 21 SEPTEMBER 1992 GELEWER: 24 SEPTEMBER 1992
UITSPRAAK VAN DEN HEEVER AR
2
Appellant is in die Suid-Transvaalse Streekhof
daarvan aangekla dat hy op 14 Augustus 1988 te
Meadowlands vleeslike
gemeenskap gehou het met
Thembinkosi Gumede, "'n swartvrou van 11 jaar",
sonder
haar toestemming.
Ondanks sy pleit van onskuldig is hy skuldig
bevind en gevonnis tot 7 jaar gevangenisstraf. Die
Witwatersrandse
Plaaslike Afdeling het sy appèl afgewys
maar verlof verleen dat hy hom
op hierdie hof beroep wat
betref beide skuldigbevinding en vonnis.
Die verhoorhof se skuldigbevinding berus
uitsluitlik op die goeie indruk wat die klaagster as
getuie op hom gemaak
het en die feit dat die appellant
se houding as 'n getuie die hof nie beindruk het nie.
"Hy het dikwels veral terwyl hy onder kruisverhoor was, kop-onderstebo staan en getuig en het deur sy algemene houding ... nie 'n goeie indruk op die hof gemaak nie."
Die klaagster het getuig sonder om dit onder
eed te doen. Die rekord swyg oor die gronde waarop dit
3 veroorloof was.
Haar getuienis lees nie vlot nie. Soms antwoord sy nie die vraag aan haar gestel
nie, of is haar antwoord sinneloos.
Die fout lê nie noodwendig altyd by
haar nie: appellant se prokureur het dikwels onbillik gekruisverhoor oor
onbenullighede
terwyl hy aspekte wat om opheldering uitgeroep het, verbygekyk
het. Gestroop van detail en taalprobleme, is die verhaal wat sy vertel
het min
of meer die volgende. Op Sondag, 14 Augustus 1988, het sy in die straat voor
appellant se huis met sy kleuter Dumosane gespeel.
Toe die kind na die hek stap,
het appellant haar geroep en beveel om die kind in die huis in te bring. Toe sy
inkom het appellant,
wat net 'n onderbroek aangehad het, haar aangesê om
die kind neer te sit, die deur toegemaak, haar verwurg, haar op die bed
laat
lê, haar broekie afgetrek en sy geslagsdeel in hare ingesteek. Toe hy van
haar opstaan is sy daar uit en het huis toe
gehardloop met haar broekie in die
hand. Daar gekom het sy haar getroude suster, Susan, vertel wat met haar
4
gebeur het en toe bewusteloos geword. 5y stel die tyd van die verkragting op
ongeveer 17h45 en van haar rapport aan Susan op ná
18h00. Al maak sy ' n
f out oor die presiese uur, sê sy "dat dit was amper sononder se kant toe
ek verkrag was". Haar getuienis
aangaande wanneer, en hoeveel keer, sy daarna na
die polisie is en medies ondersoek of mediese sorg ontvang het, is heeltemal
verward.
8y het getuig eers ná die distriksgeneesheer, dr Gafzynski.
Klaagster se prima facie onwaarskynlike weergawe dat sy vir 'n
week uit die
skool gebly het omdat sy vir vyf dae gebloei het uit haar geslagsdeel d.w.s. tot
die Vrydag, en pyn verduur het vir
nog drie dae wat feitlik eensklaps om vyfuur
namiddag die daaropvolgende Maandag verdwyn het, is dus nie aan die arts gestel
nie.
Dr Gafzynski het, slegs op sterkte van die verslag in haar eie handskrif
opgestel, getuig dat sy op 15 Augustus 'n elfjarige genaamd
Thembinkosi Gumede
ondersoek het. (Sy is nie gevra of dit die klaagster
5
was nie.) Volgens daardie verslag wat ingedien is as
bewysstuk A het sy
aangeteken dat die maagdevlies twee
vars skeure gehad het, en
"Discharge: blood stained Haemorrhage - no".
'n Skedesmeer is geneem. Vermoedelik is geen
mannesaad gevind nie want ons hoor nie weer van die
smeer nie. Sy praat nie van enige verdere beserings aan
die meisie nie
sodat daar geen stawing vir klaagster is,
as dit klaagster is wat ondersoek was, dat sy tot so 'n
mate verwurg sou
gewees het (soos sy vertel het) dat sy
nie kon skree nie. Die arts sê na aanleiding van die
verslag:
"I made a remark here that I advised the parents to go to a clinic for treatment on this child so probably the child had infection or signs of a disease." (Ek onderstreep.)
Ook dit is nie opgevolg nie. Daar was ook geen poging
om appellant medies te ondersoek nie.
Klaagster se verhaal dat sy onmiddellik na die
voorval huis toe gehardloop het en dadelik uit haar eie
6 aan haar ouer
getroude suster, Susan, vertel het wat met haar gebeur het en toe flou geword
het, word lynreg weerspreek deur Susan.
(Waarom sy na Susan en nie na haar
moeder is nie en waarom sy nooit laasgenoemde vertel het van die voorval nie, is
nie opgeklaar
nie.)
Volgens Susan het sy die middag geslaap. Klaagster het
haar om 16h00 wakker gemaak maar sy het haar weggejaag en weer ingesluimer.
Op
klaagster se weergawe was sy toe nog nie verkrag nie, en daar is geen suggestie
in Susan se getuienis nie, dat klaagster op daardie
stadium enigsins ontsteld
was. Toe Susan om 18h00 wakker word vind sy dat klaagster op 'n bed lê. In
'n wasskottel onder die
spieëlkas was daar bloed. Klaagster het by navraag
erken dat dit van haar geslagsdeel kom. Omdat sy te jonk was dat sy kon begin
het om te menstrueer, het Susan haar uitgevra. Die kind het aanvanklik
stilgebly, toe gehuil, en eers nadat sy bang gemaak is met
die dreigement dat
Susan haar na die polisiestasie sou neem, uitgekom met die storie dat
7
"Ketsho se pa" haar "vasgehad" het. Na verdere ondervraging het sy vertel dat hy
met haar gemeenskap gehad het.
Susan se verhaal van klaagster se toestand
raak algaande meer dramaties: die kind het toe (of na) Susan haar so uitgevra
het op die
"stofemmer" gesit en bloei. Sy het gehuil en sy het opgebring. Daar
was bloed op haar rok en haar pajamabroekie was bebloed. Sulke
bewysstukke is
nie voorgelê nie.
Onder kruisverhoor het Susan erken dat sy, voor die
kind moes getuig, vir klaagster gemaan het om by haar storie te bly en haar haar
storie laat herhaal het; ook erken, wat daardie weergawe betref, "Ek was nie
seker dat dit die waarheid is nie. Ek is ook nie seker
dat alles wat sy
gesê het die waarheid is nie"; en erken dat sy self by appellant en sy
vrou vroeër die dag gekuier het.
Sy het aangebly nadat mev Ngubane weg is
en gekla by appellant oor haar huislike probleme en haar swak verhouding met
haar skoonfamilie,
en hy het
8 vir haar van raad bedien. Klaagster het haar
daar kom roep om vir "ons" te kom kos gee.
Dit is onnodig om in te gaan op
die verdere getuienis. Appellant het klaagster se verhaal ontken. Hy sê
ondermeer dat dit onmoontlik
sou gewees het om die klaagster te verkrag omdat
daar te veel mense in die omtrek die middag was. 5y was wel op 'n stadium
dié
dag in sy huis, en Susan het daar gekuier soos sy vertel het. Hy het
klaagster later in geselskap van ander kinders by die sokkerveld
gesien. Hy is
lank onder kruisverhoor geneem, hoofsaaklik ten aansien van 'n verklaring wat hy
teenoor die polisie sou gemaak het
-of nie gemaak het nie - wat nie die saak
enigsins verder neem nie. Dit sou onbillik wees om dááruit enige
ongunstige
afleiding teen appellant te maak. Die tolk se taalgebruik was heel
verwronge, die beweerde verklaring is nie as bewysstuk voorgelê
nie, en
appellant het nie afgewyk nie van sy ontkenning dat dit hy was wat dit gepleeg
het, sou enige wandaad met
9
klaagster bewys word.
Die landdros het verwys na die sogenaamde
versigtigheidsreëls wat hy gemeen het hy moes toepas:
"Hierdie is 'n klagte in 'n geslagsmisdaad en dit is geykte reg dat die getuienis van die klaagster dus met versigtigheid benader moet word. Dan is die klaagster nog 'n jeugdige getuie ook en is sy 'n enkelgetuie ten opsigte (van) wat daar gebeur het tussen haar en die beskuldigde. Die hof moet homself dus waarsku van die gevare wat daar inherent is aan die getuienis van die klaagster en moet soek na waarborge van betroubaarheid van haar getuienis."
Dan vind hy so 'n waarborg slegs in die feit
dat sy 'n goeie indruk op hom gemaak het, spekuleer een
botsing met die
getuienis van suster Susan uit die pad,
noem en ignoreer 'n tweede, en kyk
ander verby.
Klaagster se weergawe dat sy dadelik na die voorval aan
haar
suster vertel het wat gebeur het, terwyl Susan sê
dat klaagster eers
later deur haar ondervra is, gee die
landdros toe, kan dalk na 'n weerspreking lyk. Dit sou
dalk uit die weg
geruim kon gewees het indien klaagster
daarna uitgevra was of haar suster
geslaap het toe
10
klaagster by die huis gekom het, redeneer hy. Die
antwoord hierop is dat
totdat die weerspreking uit die
weg geruim word, dit bly spook. Dan sê
hy:
"verder het dit uit die klaagster se getuienis gelyk asof sy spontaan aan haar suster vertel het wat gebeur het, terwyl die suster sê dat sy vir haar gesê het sy moet vir haar die waarheid vertel anders gaan sy haar na die polisie toe neem."
Hy besluit nie waar die waarheid
tussen hierdie
onversoenbare weergawes lê nie; en 'n
gedwonge
verklaring boesem nie juis vertroue in nie.
Wie ookal met
klaagster gepeuter het en hoe dit ook al plaasgevind het, die landdros was nie
geregtig nie om haar weergawe te aanvaar
as bewys bo redelike twyfel dat
appellant haar verkrag het waar daardie weergawe in belangrike opsigte
weerspreek word en nie gestaaf
word nie waar stawing te verwagte sou kon
word.
Die appél slaag. Die skuldigbevinding en vonnis word tersyde gestel.
11
L VAN DEN HEEVER AR
VAN HEERDEN AR)
STEM SAAM; EKSTEEN AR)