South Africa: Supreme Court of Appeal Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Supreme Court of Appeal >> 1992 >> [1992] ZASCA 170

| Noteup | LawCite

S v Engelbrecht (40/91) [1992] ZASCA 170 (24 September 1992)

Download original files

PDF format

RTF format


SAAKNOMMER 40/91 H v N

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPéLAFDELING)

In die saak tussen:

HENDRIK WILLEM JOHANNES
ENGELBRECHT Appellant

en

DIE STAAT Respondent

CORAM: GROSSKOPF E M, EKSTEEN, ARR

et HOWIE, Wn AR

VERHOORDATUM: 17 SEPTEMBER 1992
LEWERINGSDATUM: 24 SEPTEMBER 1992

UITSPRAAK HOWIE, Wn AR:

Appellant is in 'n landdroshof 18 maande gevangenisstraf opgelê weens oortreding van art. 140 (1) (a) van Ordonnansie 21 van 1966 (T). Dit was sy vierde oortreding van daardie wetsbepaling. Sy appél

2

teen vonnis na die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling het gepaard gegaan met 'n aansoek om terugverwysing en heropening van die verhoor sodat verdere getuienis ten opsigte van vonnis gelei kon word. Die aansoek en die appèl is van die hand gewys. Na liassering van 'n versoekskrif aan die Hoofregter is appellant verlof verleen om te appelleer teen die afwysing van die aansoek en, in daardie beperkte mate, om te appelleer teen die vonnis.

Appellant, wat toentertyd 31 jaar oud was, het sy eie verdediging waargeneem en in die loop daarvan die landdros ter versagting toegespreek. In daardie verband verskyn die volgende in die oorkonde:

"HOF: Het u 'n drankprobleem?

BESKULDIGE: Ek het voorheen 'n drankprobleem

gehad en ek het besluit om op te hou.

HOF: Wanneer het u besluit om op te hou?

BESKULDIGE: Omtrent 'n hele paar maande
3

gelede al.

HOF: Is u 'n alkoholis of is u net iemand wat lief is vir die bottel?

BESKULDIGE: Ek sal nie sê ek is 'n alkoholis
nie, maar die aand wat ons gevang was het ons
'n afskeidspartytjie gehou by werk en toe het
ek 'n paar biere gedrink en toe het ek agter
my voorman aangery na sy huis toe."
Appellant se drie vorige oortredings van die
onderhawige artikel het onderskeidelik in 1982, 1987 en
1988 plaasgevind. Elke keer is 'n boete en opgeskorte
gevangenisstraf opgelê. Toe appellant die huidige
oortreding in Junie 1989 begaan het, het altesaam nege
maande opgeskorte gevangenisstraf oor sy kop gehang.
Dit was dus verstaanbaar dat die landdros appellant
gevra het of hy 'n "drankprobleem" het of 'n alkoholis
was. Te oordeel na die aangehaalde passasie het hy
verstaan wat die landdros hom gevra het en het hy
4

verkies om gemelde vrae ontkennend te beantwoord.
Die heropeningsaansoek voor die hof a quo was vergesel van 'n eedsverklaring deur appellant en een deur Karen Wurfl, 'n welsynsbeampte werksaam by die Nasionale Raad Insake Alkoholisme en Afhanklikheid van Verdowingsmiddels.

Die volgende verskyn in appellant se eedsverklaring:

"4. Op 1 September 1989 het ek myself vrywillig gaan aanmeld by die Johannesburgse Vereniging van die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad Insake Alkoholisme en Afhanklikheid van Verdowingsmiddels (SANRA).

5. Die rede waarom ek professionele hulp gaan soek het om my te help, was omrede ek, terwyl ek in die gevangenis was vanaf my datum van vonnis, naamlik 23 Augustus 1989 tot 28 Augustus 1989 toe borg vir my betaal is, besef

5

het dat ek nie op my eie myself van alkohol kon weerhou nie.

6. Voor die gemelde tyd het ek nie geglo dat
ek 'n drankprobleem het of 'n alkoholis is
nie, omrede ek verskeie kere in die verlede
vir kort tye my van alkohol kon weerhou, maar
nie die drang om te drink kon weerstaan
wanneer dit my oorval het nie.

7.Toe die Landdros my gevra het of ek 'n drankprobleem het of 'n alkoholis is, het ek nie besef presies wat 'n drankprobleem is of wat 'n alkoholis is nie en het ek haar so eerlik moontlik na wat ek geglo het, geantwoord.
8.Nadat ek by SANRA begin behandeling kry het, is my probleem aan my deur die professionele mense daar verduidelik en het ek eers daarna besef wat presies 'n alkoholis is

6

en dat ek inderwaarheid 'n alkoholis is.
9. Indien die kennis wat ek nou oor beskik
aan my bekend was ten tyde van my verhoor, sou
ek op beide vrae ten aansien van of ek 'n
drankprobleem het en of ek 'n alkoholis is
"ja" geantwoord het.
10. Ek het ' n twee jaar skrif telike kontrak
met SANRA ten aansien van my behandeling
geteken en het die vaste oortuiging en
vasberadenheid om end-uit by die letter van
die kontrak te hou om sodoende myself te
rehabiliteer."

Die kern van Karen Wurfl se verklaring is dat appellant

"has been assessed by the clinical staff of
SANCA as having an alcohol dependency

problem." (SANCA is die akroniem in Engels vir die gemelde Raad).

7

Sy gee 'n uiteensetting van appellant se persoonlike geskiedenis, meld dat hy voldoen het aan al die vereistes van die Raad se behandelingsprogram en eindig met die aanbeveling dat hy voorwaardelik opgeskorte gevangenisstraf opgelê word. Dit is opmerklik dat sy nie beweer dat direkte gevangenisstraf die vooruitsigte van geslaagde rehabilitasie sou belemmer nie.
Die vereistes vir heropening na afhandeling van 'n strafverhoor is welbekend en behoef geen verwysing na gesag nie. 'n Applikant om heropening moet:

(1) 'n redelike aanvaarbare verduideliking
verstrek waarom die "nuwe" getuienis nie
betyds aan die verhoorhof voorgelê is nie,

(2) prima facie aantoon dat daardie
getuienis as waar aanvaar sal word, en

(3) aantoon dat sodanige getuienis ter sake
sal wees met betrekking tot die uitslag van

8

die saak.

Ten opsigte van (3) bepaal art 316 (3) (b) van die Strafproseswet, 51 van 1977 ('n kodifikasie van die gemeenregtelike vereistes pas vermeld) dat aangetoon moet word dat die "nuwe" getuienis "redelikerwys tot 'n ander uitspraak of vonnis aanleiding kan gee."
Die mees aanvaarbare afleiding uit al die bewese feite is dat appellant deurgaans 'n alkohol probleem gehad het. Dít is werklik al waarop die "nuwe" getuienis neerkom en dit kan aanvaar word dat aan vereiste (2) voldoen is.

Wat vereiste (1) betref, is dit uiters agterdogwekkend dat appellant 'n punt daarvan maak dat hy nie "presies" besef het wat 'n "drank probleem" of 'n "alkoholis" is nie. Gesien sy ouderdom, sy opvoedingspeil ( hy het die matriek-eksamen geslaag), sy vorige veroordelings en die trant van sy aangehaalde

9

antwoorde aan die landdros, is dit net nie geloofbaar nie dat appellant ten tye van die verhoor in onkunde verkeer het aangaande die praktiese, alledaagse, alombekende betekenis van daardie woorde. Dit het geen tegniese kennis geverg om die landdros se eenvoudige vrae te begryp nie. Dit het appellant gedurende die verhoor vrygestaan om gemelde Raad vir advies of getuienis te nader net soos hy nege dae later wel gedoen het. Dit was veral so nadat die landdros die kwessie van alkoholisme pertinent geopper het. Appellant beweer nie dat hy tydens die verhoor onbewus was van die Raad se bestaan nie of dat hy nie in staat was om die nodige kontak met die Raad te maak nie. Alles in ag genome het hy dus geen aanvaarbare verduideliking verstrek nie vir sy versuim om die getuienis betyds voor te lê wat hy nou aanbied.

Daar is ook nie aan vereiste (3) voldoen nie. Die landdros maak geen bevinding ten opsigte van

10

die bestaan van 'n alkohol probleem al dan nie. Dit is egter nie ter sake nie. Was appellant nie 'n alkoholis nie, was daar hoegenaamd geen rede om gevangenisstraf nie op te lê nie. Al was hy 'n alkoholis, was daar niks om aan te dui dat gevangenisstraf enige nodige behandeling nadelig sou affekteer nie. Soos reeds opgemerk, ontbreek getuienis op lg punt nog steeds, ondanks appellant se poging, deur Karen Wurfl se getuienis, om gevangenisstraf te ontduik. Dit kan gevolglik nie gesê word nie dat die verdere getuienis wat appellant nou aanbied redelikerwys tot 'n ander vonnis aanleiding kan gee.

Die appél word van die hand gewys.

C T HOWIE

Wn AR GROSSKOPF E M, AR )

STEM SAAM EKSTEEN, AR )