South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1992 >>
[1992] ZASCA 177
| Noteup
| LawCite
S v Phiri (236/91) [1992] ZASCA 177 (28 September 1992)
Download original files |
SAAKNOMMER: 236/91
MICHAEL PHIRI APPELLANT
en
DIE STAAT RESPONDENT
VAN COLLER, WnAR:
SAAKNOMMER: 236/91 J VD M
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
M PHIRI Appellant
en
DIE
STAAT Respondent
CORAM: NESTADT, GOLDSTONE, ARR et
VAN COLLER, WnAR
VERHOORDATUM: 22 SEPTEMBER 1992
LEWERINGSDATUM: 28 SEPTEMBER 1992
UITSPRAAK
VAN COLLER, WnAR:
Appellant is op 8 Augustus 1990 in die streekhof vir die afdeling Suid-Transvaal te Johannesburg skuldig
2
bevind aan ontvangs van gesteelde goedere wel wetende dat dit gesteel is. Hy
is op dieselfde dag gevonnis tot agt jaar gevangennisstraf.
Appellant se
prokureur het daarna die volgende stappe geneem: Op 14 Augustus 1990 is kennis
gegee van appél teen die vonnis
na die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling. Op 19
November 1990 is 'n gewysigde kennisgewing van appèl afgelewer.
Hiervolgens het appellant ook appèl
aangeteken teen sy skuldigbevinding.
Op 22 November 1990 is 'n aansoek om kondonasie van die laat indiening van die
gewysigde kennisgewing
van appél geliaseer.
Die aansoek om kondonasie en die appèl teen die vonnis is beide op 14 Desember 1990 deur die hof a quo van die hand gewys. Hoewel dit nie uitdruklik so gestel is nie, blyk dit uit die uitspraak dat die aansoek om kondonasie afgewys is omdat die hof a quo van mening was dat daar nie 'n redelike vooruitsig van
3
sukses op appèl was nie.
Daarna, en wel op 3 Januarie 1991, het
appellant kennis gegee van 'n aansoek om verlof om na hierdie Hof te appelleer
teen die afwysing
van sy aansoek om kondonasie en ook teen die afwysing van sy
appél teen die vonnis. Hierdie aansoek is op 22 Februarie 1991
deur die
hof a quo aangehoor. Nieteenstaande daar in die aansoek uitdruklik gevra
is vir verlof om teen die afwysing van die aansoek om kondonasie te
appelleer,
het die hof a quo egter aan appellant verlof toegestaan om teen sy
skuldigbevinding te appelleer. Verlof is ook toegestaan om teen die vonnis te
appelleer.
Benewens die feit dat verlof tot appèl teen die skuldigbevinding nie verleen kon word nie kon die hof a quo in elk geval nie die aansoek om teen die afwysing van die aansoek om kondonasie te appelleer aangehoor het nie. Sodanige verlof was nie nodig nie aangesien appellant 'n reg van appêl na hierdie Hof gehad het.
4
Sien S v Absalom 1989(3) SA 154 (A) op 162 B - F.
By die verhoor
van die appèl het Mnr Brandt, wat namens appellant opgetree het, gevra
dat hierdie Hof ingevolge sy inherente
regsbevoegdheid die skuldigbevinding
oorweeg. Hieraan kon nie voldoen word nie aangesien daar geen appèl teen
die skuldigbevinding
voor ons was nie. Mej Coosner, wat namens respondent
opgetree het, het geen beswaar daarteen gehad dat 'n kennisgewing van
appèl
teen die afwysing van die kondonasie-aansoek deur die hof a
quo geliaseer word nie, en sodanige verlof is aan appellant verleen. Die
appél is vervolgens voortgesit as 'n appèl eerstens
teen die
afwysing van die aansoek om kondonasie, en tweedens teen die opgelegde vonnis
van 8 jaar gevangenisstraf.
Appellant, wat regsverteenwoordiging gehad het, het in die streekhof skuldig gepleit op die aanklag van ontvangs van gesteelde goedere wel wetende dat dit gesteel is. Daar is ingevolge die bepalings van art
5
112(2) van die Strafproseswet 51 van 1977 ("art 112(2)") 'n verklaring, deur
appellant onderteken, ingehandig. Appellant is daarna
skuldig bevind. Die
beoogde aanvegting van die skuldigbevinding is daarop gebaseer dat appellant nie
al die elemente van die misdryf
waaraan hy skuldig gepleit het, in die
verklaring erken het nie.
Dit is eerstens nodig om te verwys na die
aanhangsel tot die klagstaat waarin die volgende bewerings gemaak word.
"ONTVANGS VAN GESTEELDE GOED
Nademaal genoemde beskuldigde gedurende Desember 1989 en te of naby Chiawelo, Soweto in die Streekafdeling van Suid-Transvaal die beskuldigde wederregtelik en opsetlik goedere soos per aangehegte skedule ontvang en in sy besit geneem het, wetende dat dit gesteel is."
In die skedule waarna verwys word, word 'n groot aantal juweliersgoedere uiteengesit met 'n benaderde waarde van
6
R250 000,00. Die verklaring wat deur appellant onderteken en ingevolge die bepalings van art 112(2) ingehandig is, lees soos volg:
"PLEIT INGEVOLGE ARTIKEL 112(2) VAN WET 51 VAN 1977
Ek Michael Phiri wens skuldig te pleit aam die misdryf van ontvangs van gesteelde goed en wens in die verband die volgende verklaring te maak.
1. Gedurende Desember 1989 was ek deur 'n vriend, Abdul Latiff genader, hy het my gevra of ek juwele namens hom sou verkoop. Hy het eers in 'n grap gesê die goed is gesteel ek het hom toe nie geglo nie en ingestem aangesien ek kommissie daaruit kon verdien en aangesien ek in die verlede al goed vir hom verkoop het wat heeltemal wettig was.
2. Toe Latiff die juwele bring het ek dadelik besef dit is gesteel maar ek het dit in ontvangs geneem en vir hom 'n koper daarvoor gekry. Die waarde
van die juwele was plus-minus R90 000 gewees ek het kommissie van R7 500 ontvang.
3. Ek het besef my optrede is verkeerd en
dat dit onwettig was. Die versoeking
was egter te groot en ek het geswig.
7
4. Ek is baie jammer oor wat gebeur het en het 'n duur les geleer en sal my in die toekoms weerhou van sulke optrede. 5. Die pleit en verklaring is vrywillig deur my gemaak en geen druk is hoegenaamd op my uitgeoefen nie.
GETEKEN te JOHANNESBURG op die 8ste Augustus 1990.
M PHIRI"
Daarna is die verklaring soos volg aangevul:
"6. Die juwele waarna ek in paragraaf 2 hierbo verwys is die juwele soos uiteengesit in skedule 1 tot aanhangsel 'A' tot die klagstaat.
7. Ek het 'n koper gevind vir al die juwele en dit is verkoop vir R90 000 ten aansien waarvan ek die R7 500 kommissie ontvang het.
8. Tydens my arrestasie was voormelde juwele nie meer in my besit nie.
GETEKEN te JOHANNESBURG op die 8ste Augustus 1990
M PHIRI" In sy uitspraak verwys die streeklanddros na die
8
verklaring en sê dat hy oortuig is dat appellant se skuld behoorlik
erken is.
In appellant se gewysigde kennisgewing van appèl word die
tersaaklike grond van appèl soos volg uiteengesit:
"Die agbare landdros het fouteer deur te bevind:
(iii) Dat die appellant se pleitverduidelik-ing ingevolge Artikel 112(2) van Wet 51 van 1977 erken, alternatiewelik voldoende is om te bevind dat die goedere 'gesteelde goedere' is soos regtens vereis word."
Net soos die streeklanddros in sy aanvullende redes, verwys die hof a quo in sy uitspraak na die volgende gedeelte van paragraaf 2 van appellant se verklaring:
"Toe Latiff die juwele bring het ek dadelik besef dit is gesteel ..."
Met die verwysing na hierdie gedeelte van die verklaring
9
word te kenne gegee dat appellant 'n tweeledige erkenning gemaak het, eerstens dat die goedere gesteelde goedere is en tweedens, dat hy geweet het dat dit gesteelde goed is.
Dit is deur Mnr Brandt aangevoer dat hierdie gedeelte in die verklaring slegs na die mens rea element verwys. Indien die bedoeling was, aldus die betoog, om oor te dra dat die goedere werklik gesteelde goedere was sou die verklaring nie so bondig gewees het nie en sou dit gelui het dat "... die goedere was gesteel" of "... ek erken die goedere was gesteelde goedere". Dit is ook aangevoer dat die woorde "... het ek dadelik besef dis gesteel" nie vertolk kan word om 'n tweeledige erkenning te bevat nie. Daar is in hierdie verband aangevoer dat 'n wesenlike element nie by wyse van afleiding erken kon word nie en daar is gesteun op S v Londi 1985(2) SA 248 (OK) op 250 H - J.
Ek kan nie met hierdie argument akkoord gaan nie.
10
Ingevolge die bepalings van art 112(2) kan 'n beskuldigde skuldig bevind word op grond van sy verklaring indien die hof oortuig is dat hy skuldig is aan die misdryf waaraan hy skuldig gepleit het. Die artikel verg dat die feite wat erken word in die verklaring uiteengesit word. Die hof kan dus slegs oortuig wees van die beskuldigde se skuld indien die feite wat in die verklaring vermeld en erken word, al die elemente van die misdaad waaraan hy skuldig pleit, insluit. Die misdaad waaraan appellant skuldig gepleit het, is ontvangs van gesteelde goed wel wetende dat dit gesteel is. Daar moet dus erkende feite in die verklaring wees dat appellant goedere ontvang het, dat dit gesteelde goedere is en dat hy geweet het dat dit gesteelde goedere is. In die verklaring sê appellant dat hy juwele wat Latiff gebring het, in ontvangs geneem het. Hy sê ook dat hy dadelik besef het dat dit gesteel is. Ek stem saam met die betoog van Mej
11
Coosner dat indien aan die woorde hul gewone betekenis gegee word daar inderdaad twee erkennings gemaak word. Daar word erken dat appellant geweet het dat die goedere gesteel is en dat dit gesteelde goedere is. Appellant kon sekerlik in sy verklaring die feite wat hy wou erken meer volledig uiteengesit het. Die feit dat dit op bondige wyse gedoen is, beteken egter nie dat daar nie aan die bepalings van art 112(2) voldoen is nie. Dit bring ook nie mee dat die streeklanddros vrae ter opheldering moes vra nie, veral nie waar appellant regsverteenwoordiging gehad het nie.
Die bevinding dat appellant erken het dat die goedere wat hy ontvang het gesteelde goed is, word ook nie by wyse van afleiding bereik nie. Die betekenis van die woorde wat gebruik is laat geen twyfel dat hy bedoel het om so 'n erkenning te maak nie. Dit is ook die duidelike strekking van die verklaring as geheel.
Daar was geen vooruitsig van sukses op appél teen
12
die skuldigbevinding nie en die aansoek om kondonasie is tereg deur die hof
a quo van die hand gewys.
Wat die vonnis betref het Mnr Brandt
aangevoer dat dit onredelik swaar is, en dat die streeklanddros hom ook in
sekere opsigte wanvoorgelig
het. Alvorens hierdie aspekte oorweeg word is dit
nodig om kortliks na die persoonlike gegewens van appellant te verwys.
Appellant,
wat ten tye van die verhoor 34 jaar oud was, het tot standerd 8 op
skool gevorder. Sy vrou is 'n onderwyseres en hulle het drie kinders.
Appellant
het komberse op 'n vryskut-basis verkoop wat hom 'n inkomste van ongeveer
R2000,00 per maand besorg het. Hy het ook vrugte
verkoop wat sy inkomste met
ongeveer R600,00 per maand aangevul het. Appellant het 'n aantal vorige
veroordelings wat vanaf 1972
dateer. Die meeste van hierdie vorige veroordelings
is ten opsigte van dief stal. Hy is in 1975 ook aan roof skuldig bevind. Dit
kan
verder vermeld word dat hy op 20 September 1978
13
tot 5 jaar gevangenisstraf gevonnis is vir poging tot diefstal. Die bedrag wat by die misdryf betrokke was, is slegs R30,00 en dit kom vreemd voor dat so ' n swaar vonnis opgelê is. Op 10 Februarie 1984 is appellant veroordeel tot 2 jaar gevangenisstraf vir diefstal van klerasie. Hy is op 9 Augustus 1985 uit die gevangenis vrygelaat. Die onderhawige misdaad is gepleeg gedurende Desember 1989.
Mnr Brandt het aangevoer dat die streeklanddros se bewering dat indien dit nie vir die ontvangers van gesteelde goed was nie, diefstal nie so hoogty sou vier in die regsgebied van die Streekafdeling van Suid-Transvaal nie, 'n wanvoorligting is. Hoewel so 'n veralgemening liefs vermy kon gewees het, is ek nie oortuig dat die streeklanddros 'n mistasting begaan het nie. Vergelyk Rex v Naicker 1950(3) SA 721 (A) op 722 A en R v Sonday 1954(4) SA 487 (A) op 489 D - H. Dit is egter nie nodig om verder op hierdie aspek in te gaan
14
nie want dit blyk nie uit sy uitspraak dat die streeklanddros se oordeel deur hierdie siening vertroebel is nie.
Appellant het in sy getuienis ter versagting getuig dat hy nie die indruk gekry het dat die goedere hier in Suid-Afrika gesteel is nie. Dit is aangevoer dat in die lig van hierdie getuienis dit 'n mistasting aan die kant van die streeklanddros was om die hoë voorkoms van diefstal in die regsgebied van die Streekafdeling van Suid-Transvaal in aanmerking te neem. Dit is na my mening geen mistasting nie. Die misdryf waaraan appellant skuldig bevind is, is gepleeg in Soweto, binne die regsgebied van die betrokke streefhof. Die misdade van diefstal en ontvangs van gesteelde goedere is verwante misdade, en al sou die goedere buite Suid-Afrika gesteel gewees het, sou dit nie verkeerd wees om die veelvuldige voorkoms van diefstal in die streekgebied van Suid-Transvaal in aanmerking te neem
15
nie. Die afskrikkingsdoeleinde van straf is ter-saaklik en is nie
oorbeklemtoon nie.
Mnr Brandt het verder aangevoer dat die versoeking waaraan
appellant onderhewig gestel is nie na behore deur die streeklanddros in
aanmerking geneem is nie. Appellant het ten tye van die pleging van die misdaad
'n goeie inkomste verdien en in al die omstandighede
van hierdie saak is daar
van 'n versoeking met strafversagtende werking weinig sprake.
Mnr Brandt het ook verwys na die streeklanddros se opmerking dat hy appellant beslis baie ligter straf as wat hy sou gedoen het indien dit nie was vir die feit dat hy skuldig gepleit het nie. Alhoewel hierdie opmerkings ook gemaak is met verwysing daarna dat aanvaar word dat appellant berou het, kan dit aanleiding gee tot 'n verkeerde aanname. Dit kan die indruk wek dat 'n pleit van onskuldig tot 'n swaarder straf kan lei, en daarteen moet gewaak word. Sien Suid-
16
Afrikaanse Strafproses, vierde uitgawe deur V G Hiemstra op bladsy 594. Hoewel 'n mens met 'n mate van huiwering wonder wat die straf sou gewees het indien appellant onskuldig gepleit het, is appellant egter nie deur hierdie ongelukkig opmerkings benadeel nie.
Na my mening is dit nie aangetoon dat die streeklanddros in enige wesenlike opsig 'n mistasting begaan het nie.
Ten slotte is dit nodig om te oorweeg of die opgelegde vonnis skokkend swaar is. Soos reeds genoem, het die waarde van die goedere R250 000,00 beloop. Dit blyk uit die skedule tot die klagstaat waarin die goedere in dertig onder-afdelings uiteengesit is, dat hier 'n groot getal juweliersgoedere ter sprake was. Daar was, om slegs na twee onder-afdelings te verwys, 32 diamantringe en 71 diamanthangertjies. Die goedere is deur appellant verkoop vir R90 000,00. Die landdros het in appellant se guns aanvaar dat hy nie geweet het
17
wat die werklike waarde van die goed was nie. Die polisie het die goedere teruggekry maar dit het nie gebeur as gevolg van appellant se toedoen nie. Appellant het hom in die verlede verskeie kere aan diefstal skuldig gemaak en alhoewel die opgelegde vonnis 'n swaar vonnis is, kan dit nie bestempel word as 'n vonnis wat deur geen redelike hof opgelê sou gewees het nie. Daar kan dus nie met die vonnis ingemeng word nie.
Die appèl teen die afwysing van die aansoek om kondonasie van die laat wysiging van die kennisgewing van appèl asook die appèl teen die vonnis word van die hand gewys.
A P VAN COLLER MAARNEMENDE APPèLREGTER
NESTADT, AR)
STEM SAAM GOLDSTONE, AR)