South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1992 >>
[1992] ZASCA 214
| Noteup
| LawCite
S v Mello (555/91) [1992] ZASCA 214 (27 November 1992)
Download original files |
SAAKNOMMER: 555/91 J VD M
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
ANDRIES MELLO Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: E M GROSSKOPF, KUMLEBEN, ARR et
VAN COLLER, WnAR
VERHOORDATUM: 17 NOVEMBER 1992
LEWERINGSDATUM: 27 NOVEMBER 1992
UITSPRAAK
VAN COLLER, WnAR:
Appellant is op 9 Maart 1990 in die Transvaalse Provinsiale Afdeling skuldig bevind aan moord (aanklag
2
1), roof met verswarende omstandighede (aanklag 2) en oortreding van artikel
2 van Wet 75 van 1969 (onwettige besit van 'n vuurwapen,
aanklag 3).
Die
verhoorhof het bevind dat daar geen versagtende omstandighede by die pleging van
die moord aanwesig was nie en die doodstraf is
ten opsigte van aanklag 1
opgelê. Ten opsigte van aanklag 2 is 12 jaar gevangenisstraf opgelê
en ten opsigte van aanklag
3, 18 maande gevangenisstraf. Mynhardt R het egter
beveel dat laasgenoemde vonnis samelopend uitgedien moet word met die vonnis op
aanklag 2. Verlof is aan appellant verleen om na hierdie Hof te appelleer teen
die skuldigbevindings en vonnisse op aanklagtes 1
en 2.
Die aanklagte spruit uit die gebeure van Saterdagaand 3 Junie 1989 toe die 68-jarige mnr Pieter Phillipus van Tonder ("die oorledene") op sy kleinhoewe Bon Accord in die Wonderboom distrik om die lewe gebring en beroof is. Dit is gemeensaak dat appellant die dood
3
van die oorledene, wat alleen op die kleinhoewe gewoon het, veroorsaak het. Dit is ook gemeensaak dat appellant die liggaam en goedere van die oorledene, onder andere, 'n radio-bandspeler, 'n fiets en 'n haelgeweer met die oorledene se bakkie van die kleinhoewe verwyder het. Hy het die oorledene se liggaam 'n hele aantal kilometers vanaf die kleinhoewe in die veld afgelaai en met gras bedek. Die liggaam van die oorledene, met 'n sweetpakbaadjie styf om die nek gebind, is op 11 Junie 1989 gevind.
Die Staat se saak teen appellant het tot 'n groot mate berus op 'n bekentenis wat deur appellant afgelê is voor mev Otto, 'n landdros van Pretoria. Appellant se weergawe van die gebeure soos vervat in die bekentenis verskil in sekere wesentlike opsigte met die getuienis wat deur hom in die verhoor afgelê is. In die verklaring sê appellant dat hy die betrokke Saterdagaand twee biere vir R5,00 by die oorledene
4
gekoop het. Nadat hy die bier gedrink het, is hy terug
na
die oorledene se huis en hy het hom meegedeel dat
daar mense is wat besig was
om sy hoenders te steel. Op
daardie stadium het hy alreeds daaraan gedink om
die
oorledene van sy geld en drank te beroof. Die
oorledene het met 'n
kierie en 'n geweer uit die huis
gekom. Appellant het aan hom gesê dat
die hoenderdiewe
in die omgewing van die bediendekamer is. By
die
bediendekamer het die oorledene weer gevra waar die
mense is.
Appellant het nie geantwoord nie, maar
agterom die kamer geloop. Die
oorledene het omgedraaí
en teruggeloop na sy huis. Appellant het
die
oorledene, aldus die verklaring, van vooraf vasgegryp,
Die kierie het
geval, daar is om besit van die geweer
gestoei en die oorledene het 'n skoot
afgevuur,
Appellant het die oorledene met gebalde vuiste in die
gesig
geslaan. Hulle het op die grond geval en
appellant het die oorledene aan sy
keel gegryp en hom
5
vir 'n paar minute gewurg totdat hy (die oorledene) nie
meer
krag gehad het nie. Appellant het ' n matras in
die bediendekamer gekry en
dit op die oorledene se gesig
geplaas. Appellant sê verder in die
verklaring dat hy
nie geld in die huis kon kry nie en dat hy bier en '
n
bandspeler geneem het. Hy het die sleutel van die
bakkie in die
oorledene se sak gekry en die oorledene op
die bakkie gelaai. Daarna het hy
ook die drank,
bandopnemer 'n mes, die vuurwapen en die kierie op
die
bakkie gelaai en gery. Hy het met die Rust de Winter-
pad gery en
nadat hy oor 'n brug gegaan het, het hy van
die pad afgetrek. Hy het die
liggaam van die oorledene
in 'n kamp ingesleep. Daar het hy gras uitgetrek
en
dit op die liggaam geplaas. Daarna het hy na 'n plaas
gery waar sy ma
en broers gewerk het. Dit wat die
verklaring betref.
Volgens die getuienis van dr Saayman, die geneesheer wat die nadoodse ondersoek gedoen het, was
6
daar skaafwonde aan die regterhelfte van die oorledene se gesig. Daar was ook aanduidings gewees dat daar herhaalde stompgeweld op die gesig en kop van die oorledene toegepas is. Hierdie beserings sou egter nie op sigself noodlottig gewees het nie. Aan die hals-gebied van die oorledene was 'n sweetpakbaadjie styf vasgedraai en gedeeltelik geknoop. As gevolg van nadoodse veranderinge wat reeds ingetree het, kon die oorsaak van dood nie met sekerheid bepaal word nie. Die geneesheer het die mening gehuldig dat die oorledene aan sy einde gekom het as gevolg van verwurging of van versmoring of van albei.
Die getuienis wat appellant in die verhoor afgelê het, is kortliks soos volg. Hy het die betrokke Saterdag heelwat drank, wat hy op verskillende plekke gekoop het, gedrink. Hy het ook by die oorledene twee bottels bier vir R5,00 gekoop en daarna het hy weer by 'n ander plek gedrink. Appellant het getuig dat hy op
7
pad na sy slaapplek weer na die oorledene se huis is om drank te koop. Hy het gesien mense peuter by die hoenderhokke. Hy het by die oorledene se huis geklop en hom daarvan vertel. Hy en die oorledene het na die hoenderhokke gestap maar geen mense gesien nie. Die oorledene het kwaad geword, hom beskuldig dat hy dronk is en hom ook beledig. Appellant het getuig dat hy hartseer gevoel het. Hy het die oorledene vasgegryp en 'n skoot gehoor. Hulle het baklei en mekaar met die vuiste geslaan en geskop. Die geweer wat die oorledene by hom gehad het, het op die grond geval. Hy het met sy hand 'n klemgreep op die oorledene se keel gekry en hom gewurg. Daarna het die oorledene se krag afgeneem en hy het gesien dat die oorledene nie meer leef nie. In die oorledene se broeksak het hy die bakkie se sleutels gekry. Die radio was reeds in die bakkie en hy het die oorledene op die bak gelaai. Appellant het getuig dat hy onder die indruk was dat die sweetpakbaadjie om die
8
oorledene se nek gehang het. Hy het twee kaste van die bier wat hy in die huis gesien het geneem, asook sorghum-bier en 'n fiets. Hy het met die bakkie na sy ouers se huis gery en die liggaam van die oorledene langs die pad afgelaai en met gras toegemaak.
Oor wat presies gedurende die aand van 3 Junie 1989 op die oorledene se kleinhoewe gebeur het, het ons slegs appellant se weergawe. Die verhoorhof het bevind dat appellant se getuienis aangaande die gebeure as vals verwerp moes word. In die lig van die bewerings wat appellant in die bekentenis voor die landdros gemaak het, saamgelees met die mediese getuienis, het die verhoorhof bevind dat appellant die oorledene langdurig en gewelddadig aangeval het en hom met die sweetpakbaadjie verwurg het. Dit is ook bevind dat appellant wel die nodige opset om dood te maak kon vorm. Daar is tot die slotsom geraak dat opset in die vorm van dolus directus bewys is.
9
Daar is tydens die verhoor beswaar gemaak teen die toelaatbaarheid van die bekentenis. Dit is aangevoer dat dit gemaak is as gevolg van onbehoorlike beïnvloeding deur die ondersoekbeampte, luitenant De Bruin. Nadat getuienis in 'n binneverhoor aangehoor is, het die verhoorhof bevind dat appellant se getuienis onaanvaarbaar is, dat hy nie bewys het dat hy onbehoorlik beïnvloed is nie en is die verklaring as getuienis toegelaat en ingehandig as bewysstuk F. Die Staat het ook gesteun op die oorkonde van verrigtinge wat op 14 Junie 1989 in die landdroshof plaasgevind het ingevolge die bepalings van artikel 119 van die Strafproseswet 51 van 1977. Die pleitverduideliking wat in die verrigtinge deur appellant verstrek is, stem in breë trekke ooreen met bewysstuk F en dit blyk ook hieruit dat appellant die bedoeling gehad het om die oorledene te beroof. Die oorkonde van die pleitverrigtinge in die landdroshof is ingehandig as
10
bewysstuk C.
Mnr Jansen, wat namens appellant opgetree het, het aangevoer
dat die hof a quo fouteer het deur te bevind dat bo 'n redelike twyfel
bewys is dat appellant die opset gehad het om die oorledene te vermoor. Hierdie
argument berus daarop dat bewysstukke F en bewysstuk C verkeerdelik as getuienis
toegelaat is. Indien bewysstukke F en C buite rekening
gelaat word, so is
aangevoer, is daar onvoldoende getuienis om 'n bevinding dat appellant die opset
gehad het om dood te maak, te
regverdig en is hy slegs aan strafbare manslag
skuldig. Dit sal ook beteken, aldus die argument, dat appellant wat die
roofaanklag
betref, slegs skuldig kan wees aan diefstal.
Volgens appellant se getuienis in die binneverhoor is hy deur luitenant De Bruin aangesê om aan die landdros te sê dat hy gaan geld soek het by die oorledene. De Bruin het op sy beurt onderneem om by
11
die hof vir hom om genade te pleit. Die gesprek waartydens hy so aangesê is deur De Bruin sou plaasgevind het op Maandagoggend 12 Junie 1989. De Bruin het in sy getuienis hierdie bewerings ontken. Hy het getuig dat hy appellant gedurende die aand van 11 Junie 1989 in die distrik van Potgietersrus gearresteer het. Na 'n waarskuwing volgens regtersreëls, het appellant sekere mededelings aan hom gemaak. Op Maandag 12 Junie is appellant na sy kantoor gebring deur adjudant-offisier Molapo van die SAP. Volgens Molapo wou appellant "sy hart oopmaak" en die waarheid vertel. De Bruin het getuig dat hy op daardie stadium besig was en hy kon nie na hom luister nie. Die volgende oggend het Molapo appellant weer na hom gebring en hy het toe gereël dat hy 'n verklaring voor 'n landdros aflê.
Adjudant-offisier Molapo se getuienis was in ooreenstemming met dié van De Bruin. Volgens die getuienis van landdros Otto het appellant, op vrae deur
12
haar aan hom, geantwoord dat hy deur geen persoon op enige wyse beïnvloed of aangemoedig is om 'n verklaring af te lê nie.
Die kern van mnr Jansen se kritiek op die getuienis van De Bruin en Molapo is dat dit onwaarskynlik is dat De Bruin op Maandag 12 Junie, toe appellant na sy kantoor gebring is, nie wou luister na wat hy te sê gehad het nie. Dit is aangevoer dat die twee staatsgetuies die feit van die gesprek van die verhoorhof wou weerhou het aangesien die beïnvloeding wel op daardie stadium plaasgevind het soos appellant getuig het. Volgens mnr Jansen het De Bruin op Maandag 12 Junie nog nie presies geweet wat tydens die voorval op 3 Junie plaasgevind het nie. Dit is dus onverstaanbaar en so onwaarskynlik dat dit nie waar kan wees nie dat De Bruin nie onmiddellik by appellant wou verneem wat die betrokke dag gebeur het nie.
Dit blyk uit die uitspraak van Mynhardt R dat die
7 13
kritiek wat mnr Jansen teen De Bruin se getuienis gehad het deur die verhoorhof oorweeg is. Daar is gewys op die feit dat De Bruin reeds Sondagaand 11 Junie 'n verklaring van appellant bekom het wat vir hom aanvaarbaar was. Nadat daar ook na ander aspekte verwys is, het die verhoorhof tot die gevolgtrekking gekom dat De Bruin en Molapo se weergawes nie as ongeloofwaardig en onaanvaarbaar bestempel kon word nie. Hierteenoor het die verhoorhof bevind dat appellant se weergawe onwaarskynlik en onaanvaarbaar is.
Daar is na my oordeel verskeie waarskynlikhede wat in stryd is met appellant se bewering dat hy onbehoorlik beïnvloed is. Dit is onwaarskynlik dat appellant bereid sou wees om die saak teen hom sterker te maak bloot op die belofte van De Bruin dat dié vir hom om genade sou vra. Op Sondagaand 11 Junie 1989 het De Bruin reeds 'n sterk saak teen appellant gehad en daar kon weinig rede, indien enige, vir hom gewees het om die
14
saak ietwat sterker te maak deur appellant te oorreed om by te voeg dat hy geld en drank wou gaan roof. Indien daar wel beïnvloeding was sou 'n mens ook verwag dat De Bruin so gou as moontlik en wel die Maandag nog vir appellant na die landdros sou stuur. Ek ag dit nie nodig om na verdere waarskynlikhede en kritiek teen De Bruin en Molapo se getuienis, wat in sekere opsigte wel geregverdig is, te verwys nie. Die verhoorhof het al die getuien,is en waarskynlikhede behoorlik oorweeg en geloofwaardigheidsbevindings ten gunste van die Staat en teen appellant gemaak. Die bewyslas het op appellant gerus en indien die saak in geheel beoordeel word is ek nie oortuig dat die verhoorhof fouteer het nie. Daar kan dus nie ingemeng word met die bevinding van die verhoorhof dat die verklaring wat appellant voor landdros Otto afgelê het, wel toelaatbaar is nie.
Dit was by die verhoor ook appellant se saak dat bewysstuk C nie toelaatbaar is nie aangesien wat hy by
15
die pleitverrigtinge gesê het, ook as gevolg van die beïnvloeding deur De Bruin geskied het. In die lig van die geloofwaardigheidsbevindings deur die hof a quo ten aansien van die beweerde beïnvloeding, het mnr Jansen tereg toegegee dat indien sy argument ten aansien van die toelaatbaarheid van bewysstuk F nie slaag nie, dit eweneens ook nie ten aansien van bewysstuk C kon slaag nie. Ook wat bewysstuk C betref kan daar nie bevind word dat dit ontoelaatbaar was nie.
Mnr Jansen het toegegee dat indien bevind sou word dat bewysstukke C en F wel toelaatbaar is, hy nie kan aanvoer dat appellant se skuldigbevinding op aanklagte 1 en 2 nie geregverdig is nie. In die lig van die bewerings wat deur appellant in bewystukke F en C gemaak is, en in die lig van die feit dat sy getuienis deur die hof a quo verwerp is, is hierdie toegewing tereg gemaak en kan die appèl teen die skuldigbevindings op aanklagte 1 en 2 nie slaag nie.
16
Wat die appèl teen die doodvonnis op aanklag 1 betref, moet hierdie Hof, ingevolge die nuwe benadering, oorweeg of die doodvonnis die enigste gepaste vonnis is vir die moord wat appellant gepleeg het. Daar is in die oorkonde nie veel gegewens aangaande appellant se persoonlike omstandighede nie. Hy was ten tye van die verhoor 26 jaar oud. Hy het nie vaste werk gehad nie en het slegs los werkies verrig. Appellant is in 1985 skuldig bevind aan aanranding met die opset om ernstig te beseer en gevonnis tot 'n boete van R150,00 of drie maande gevangenisstraf en 'n verdere drie maande gevangenisstraf wat voorwaardelik vir drie
jaar opgeskort is. In 1986 is appellant skuldig bevind aan diefstal van gereedskap ter waarde van R100,00 uit
' n woning en gevonnis tot vier houe met 'n rottang en
agtien maande gevangenisstraf. Die gevangenisstraf is
voorwaardelik opgeskort vir drie jaar.
Die strafverswarende faktore in hierdie saak is
17
voor die handliggend en behoef nie toeligting in besonderhede nie. Die oorledene was 'n bejaarde man wat alleen op 'n kleinhoewe gewoon het. Hy is op gewelddadige wyse aangeval en appellant se verdere optrede na die moord is ook verswarend van aard. Dit blyk uit die getuienis dat die oorledene drank op sy perseel verkoop het. Dit het appellant en andere na sy perseel gelok en in dié opsig verskil hierdie saak van gevalle waar mense wat rustig in hul huise verkeer het, aangeval is. Die perseel was tot 'n mate 'n openbare aanloopplek wat ietwat afbreuk doen aan die verswarende faktor dat die oorledene alleen op die kleinhoewe gebly het. Appellant het ook 'n vorige veroordeling vir 'n geweldsmisdaad wat verswarend is. Die vonnis wat opgelê is vir die aanranding met die opset om ernstig te beseer dui egter aan dat die aanranding nie baie ernstig kon gewees het nie.
Wat die strafversagtende faktore in hierdie saak
18
betref kan in appellant se guns in aanmerking geneem word dat daar nie vooraf-beplanning was nie. Appellant het geen wapens by hom gehad nie en die redelike moontlikheid bestaan dat die besluit om die oorledene aan te val en te beroof eers kort voor die gebeure ontstaan het. Hoewel appellant se getuienis aangaande die hoeveelheid drank wat hy gedrink het aangedik en onbetroubaar is, kan dit aanvaar word dat hy wel 'n mate van drank gebruik het kort voordat die moord gepleeg is. Die invloed daarvan, hoewel moontlik gering, kan ook nie buite rekening gelaat word nie.
Dit blyk uit die mediese getuienis dat die oorsaak van die oorledene se dood nie met sekerheid bepaal kon word nie. Ek het reeds verwys na die getuienis van dr Saayman dat die dood veroorsaak kon gewees het deur verwurging of versmoring of albei. Volgens sy getuienis impliseer verwurging 'n sterfte wat gekoppel word aan ' n vernouing om die nek. Die sweetpakbaadjie
19
was styf genoeg om die halsgebied gedraai om sirkulatoriese ontoereikendheid na die brein en dus ook sterfte te kon veroorsaak. Volgens die geneesheer is versmoring die gevolg van afsluiting van die uitwendige lugweg-openinge, met ander woorde die mond- en neus-openinge. Die stompgeweld wat op die oorledene se kop toegepas is kon bewussynsverlies veroorsaak het. Hy kon met sy gesig op die grond gelê het, of daar kon 'n voorwerp op sy gesig geplaas gewees het en hy kon op dié wyse versmoor het. Appellant se getuienis is van so 'n aard dat dit van weinig hulp is om te bepaal wat presies die dood veroorsaak het. Dit is egter moontlik dat hy 'n matras op die oorledene kon geplaas het wat tot versmoring kon bygedra het. Dit is onwaarskynlik dat hy die oorledene met sy hande verwurg het, soos hy getuig het, aangesien daar volgens die geneesheer nie opvallende sagte-weefselbeserings aan die nekstrukture van die oorledene aanwesig was nie. Appellant het
20
getuig dat hy die sweetpakbaadjie gebruik het om die oorledene te sleep en dat dit in die proses kon geknoop het. Hy kon nie verduidelik hoe dit om die oorledene se nek gekom het nie. Alles dui daarop dat dit appellant was wat die sweetpakbaadjie styf om die oorledene se nek gebind het. Waarskynlik het hy die oorledene met die sweetpakbaadjie gewurg maar die redelike moontlikheid is nie uitgeskakel dat die oorledene versmoor het nie. Indien dit die geval is, is na my oordeel slegs dolus eventualis en nie dolus directus bewys nie wat ook ' n faktor in appellant se guns is.
Alhoewel 'n baie ernstige misdaad gepleeg is, is ek van mening dat hierdie nie 'n geval van sodanige uitsonderlike erns is dat die doodvonnis die enigste gepaste straf is nie. Appellant kan waarskynlik gerehabiliteer word. Die ander oogmerke van bestraffing, te wete voorkoming, vergelding en
21
afskrikking, kan na my mening bevredig word deur 'n lang termyn van gevangenisstraf. Ek beskou 20 jaar as 'n gepaste termyn. Daar was geen betoog ten opsigte van die vonnis op aanklag 2 nie. Daar bestaan ook nie gronde wat inmenging met die vonnis op dié aanklag regverdig nie.
Die appèl teen die skuldigbevindings op aanklagte 1 en 2 en teen die vonnis op aanklag 2 word van die hand gewys. Die appèl teen die vonnis op aanklag 1 slaag en die doodvonnis word tersyde gestel. 'n Vonnis van 20 jaar gevangenisstraf word opgelê. Dit word beveel dat hierdie vonnis saamloop met die vonnis van 12 jaar gevangenisstraf opgelê ten opsigte van die tweede aanklag.
A P VAN COLLER WAARNEMENDE APPèLREGTER
E M GROSSKOPF, AR ) Stem saam KUMLEBEN, AR )