South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1992 >>
[1992] ZASCA 224
| Noteup
| LawCite
S v Nolan (416/91) [1992] ZASCA 224 (27 November 1992)
Download original files |
Saaknommer 416/91
/al
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(APPéLAFDELING)
In die saak van:
KARIN
MORGAN NOLAN APPELLANT
en
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM: KUMLEBEN JA, NICHOLAS ET KRIEGLER AJJA
DATUM VAN
VERHOOR: 24 NOVEMBER 1992
DATUM VAN UITSPRAAK: 27 NOVEMBER 1992
UITSPRAAK
KRIEGLER Wnd. AR/...
2 KRIEGLER Wnd. AR:
Die wese van hierdie appél teen vonnis is dat
'n jong moeder van drie klein kindertjies vier jaar effektiewe tronkstaf
opgelê
is weens geldverduistering en tjekbedrog. Die appellante het in die
streekhof te Pietersburg daaraan skuldig gepleit dat sy oor 'n
tydperk van sewe
maande by 31 geleenthede altesaam nagenoeg R31 000,00 van haar werkgewer, 'n
handelsbank, gesteel het en oor twee
en 'n half maande bedrieglik 15 waardelose
tjeks ten bedrae van altesaam ongeveer R2 000,00 aan 'n kettingwinkel gelewer
het. Ná
skuldigbevinding getuig appellante ter strafversagting. In kort
kom dit op die volgende neer. Appellante, ten tyde 28 jaar oud, was
'n
administratiewe klerk in die spaarbeleggingsafdeling van die bank. Haar eggenoot
was 'n werknemer van die Suid-Afrikaanse Gevangenisdiens
en 'n deeltydse
kunsskilder. Hulle
3 het drie kinders, te wete 'n verstandelik vertraagde
dogter van nege, 'n seuntjie van vyf en 'n dogtertjie van 22 maande. Ongeveer
nege maande ná appellante by die bank in diens tree, onttrek sy 'n bedrag
van R2 000,00 uit 'n kliënt se rekening en
betaal dit in op haar eggenoot
s'n. Oor die daaropvolgende sewe maande onttrek sy by 30 verdere geleenthede
bedrae wat wissel van
so min as R25,59 tot soveel as R4 000,00. Haar werkwyse
was eenvoudig: Kleinere bedrae maandrente op kliënte se rekenings het
sy na
haar bankrekening oorgedra en by nege geleenthede het sy tjeks vir grotere
bedrae teen die rekening van 'n groot belegger getrek,
dit deur 'n gemagtigde
meerdere laat onderteken en in haar eggenoot se bankrekening gedeponeer.
Alhoewel die gebeure dui op swak
daaglikse kontrole, was die appellante se
metode so kru dat haar wandade vroeër eerder as later aan die lig sou moes
kom. Haar
eggenoot het egter 'n
4
kunsuitstalling beplan en sy het aanvanklik gehoop om daaruit die besteelde rekenings aan te vul. Die verwagting was egter misplaas - die uitstalling misluk en die egpaar is ééns in 'n finansiële verknorsing. Hul geldsake was trouens oor etlike jare benard. Handelskrediteure en die houers van onteerde tjeks het die geregsbode 'n gereelde besoeker aan die Nolan-huis gemaak. Die appellante het dan ook ná die mislukte kunsuitstalling voortgegaan met die dieftige onttrekkings uit kliënte se beleggingsrekenings. Sy het op daardie stadium ook begin met die uitgifte van die waardelose tjeks wat die 15 bedrogaanklagte gefundeer het. Ten tyde van die verhoor, sowat drie maande ná die misdade aan die lig gekom het, was appellante werkloos en haar eggenoot was ook intussen sy betrekking kwyt. Bygevolg was enige toepaslike boetestraf en enige opskortingsvoorwaarde gekoppel aan 'n
5
vergoedingsbevel buite die kwessie.
Die streeklanddros, gekonfronteer met die
dilemma van appellante se deerniswekkende
persoonlike omstandighede maar tegelyk die erns van
die misdade en die vereistes van afskrikking en
vergelding, het hom geroepe gevoel om regstreekse
gevangenisstraf op te lê. In hierdie hof, soos ook
in die hof a quo, is namens appellante aangevoer
dat sodanige besluit gekenmerk is deur etlike
mistastings. Ten eerste is 'n sin in die
vonnismotivering uitgelig ter ondersteuning van 'n
betoog dat die erns van die misdryf en die belange
van die gemeenskap ten onregte oorbeklemtoon is.
Die betrokke sin lui so:
"Beskuldigde, die hof kan haas nie woorde vind om die erns te beskryf nie."
Losgemaak van sy verband, skep die sin wel die
indruk van onewewigtige beklemtoning van 'n
bepaalde element. Kontekstueel gesien, is dit
6
egter duidelik dat die streeklanddros, sy ietwat hiperboliese woordkeuse ten spyt, tog nie werklik die geykte trits onewewigtig beoordeel het nie. Die reeks diefstalle, individueel beoordeel en te meer in samehang met mekaar, was berekende vertrouensmisbruik. Dit het oor 'n tydperk van sewe maande voortgeduur, selfs ná die mislukte kunsuitstalling toe daar geen hoop op terugbetaling was nie. Dit blyk ook dat die laaste ses verduisterings (waarby altesaam ongeveer R3 300,00 betrokke was) gepleeg is ná twee van appellante se kollegas by die bank vir dergelike misdade betrap is. In dieselfde tydvak word die tjekbedrieginge gepleeg.
Sodanige optrede skep die indruk dat appellante nie alleen berekend opgetree
het nie maar ook ongeërg. Haar getuienis dat sy
destyds in groot spanning
verkeer het, is gevolglik bra onoortuigend. Selfs ná haar vergrype op die
lappe
7 gekom het, was daar geen poging om haar werkgewer of die supermark te
vergoed nie. Toe sy drie maande later by die verhoor deur
haar prokureur gevra
word of dit vir haar moontlik is om die geld terug te betaal was haar
antwoord:
"Nee dit is definitief nie moontlik nie." Op die keper beskou was dit dus 'n reeks ernstige misdade wat die benadeeldes sonder enige vooruitsig op verhaal gelaat het.
Daar moet vervolgens na die misdadiger gekyk word. Sy was ten tyde nog maar 28 jaar oud en, wat belangrik is, 'n eerste oortreder. Sy het egter nagenoeg tien jaar ondervinding in diens van finansiële instellings gehad en moes noodwendig ten volle bewus gewees het van die implikasies van haar verduisterings. Haar getuienis word ook gekenmerk deur 'n treffende onwilligheid om te openbaar waarvoor die gesteelde geld aangewend is. Alhoewel sy dus 'n jong eerste oortreder was, was sy
8
geensins ongekunsteld nie. Daar moet ook van haar gebrek aan openhartigheid oor die aanwending van die geld afgelei word dat werklike nood nie die dryfveer was nie. Die indruk is trouens dat sy en haar eggenoot eenvoudig bo hul inkomste gelewe het. Dit is dan ook opvallend dat daar geen poging by die verhoor aangewend is om hul inkomste en uitgawes te verantwoord nie. Die afleiding dat die misdade uit kleinlike gemak- en hebsug gepleeg is, word versterk deur die appellante se getuienis oor die berou wat sy sou voel. By ontleding blyk dit selfbejammering te wees vir die skande wat sy op haar familie gebring het. Ware skuldbesef en berou vir die skade wat sy die klaers toegebring het, is nie in haar getuienis te bespeur nie. Die element van persoonlike afskrikking/hervorming verdien dus beklemtoning.
Daar is egter namens appellante aangevoer dat appellante se persoonlike omstandighede nie na
9
behore deur die verhoorlanddros in ag geneem is nie. Die betoog laat die klem val op die belange van appellante se kinders, veral die verstandelik vertraagde dogter, en die submissie word gemaak dat 'n proefbeampte se verslag aangevra moes gewees het. Die kritiek is nie gefundeer nie. Blykens die uitspraak was die verhoorlanddros inderdaad bedag op die gesinsgevolge van gevangesetting van die moeder. Appellante het egter pertinent getuig dat haar eggenoot volkome bekwaam is om die kinders te versorg en bowendien getuig dat beide stelle grootouers daartoe in staat is. In die lig van sodanige getuienis was die verslag van 'n proefbeampte oorbodig.
Die kritiek op die verhoorlanddros se benadering fokus eintlik op sy siening
van die gemeenskapsbelang. Ten eerste is aangevoer dat
die oogmerk van algemene
afskrikking uitermate benadruk is. Daarby aansluitend word aangevoer dat
die
10 verhoorhof misgetas het deur gevangenisstraf as die enigste geskikte
vonnis te beskou. Gemeenskapsdiens, periodieke gevangenisstraf
of 'n boete is,
luidens die betoog, oor die hoof gesien. Daarmee kan nie saamgestem word nie.
Die gemeenskapsbelang by die eerlikheid
van bankamptenare is
voor-die-hand-liggend. So ook dat die strafregstelsel ondubbelsinnig aan die
breë gemeenskap moet toon
dat geldverduistering nie gedoog word nie.
Diegene wat binnekennis tot eie voordeel wil aanwend, moet besef dat die kool
nie die
sous werd is nie. Die appellante se f inansiële posisie het 'n
toepaslike boete, of selfs genoegdoening as opskortingsvoorwaarde,
onmoontlik
gemaak. Geldverduistering is ook nie 'n misdaad wat besonder toepaslik deur
gemeenskapsdiens of naweekstraf besoek kan
word nie. Boetedoening vir berekende
oneerlikheid oor 'n tydperk van sewe maande vir persoonlike gewin verg meer.
Bowendien
11
kom dit bra onprakties voor om 'n huisvrou en moeder deur gemeenskapsdiens of periodieke gevangenisstraf van haar gesin te verwyder juis dan wanneer hulle haar aandag nodig het, naamlik saans en oor naweke.
Daar is ook namens appellante aangevoer dat die vonnis, veral dié op die bedrogklagtes, buitensporig swaar is. Vier jaar gevangenisstraf vir 'n persoon in die appellante se posisie is ongetwyfeld 'n gevoelige straf. Besmoontlik sou hierdie hof ligter vonnisse opgelê het of 'n groter gedeelte daarvan opgeskort het. Dit is egter nie die maatstaf nie. Die diskresie ten aansien van vonnis setel in die verhoorhof en inmenging is alleen geregverdig waar sodanige diskresie
onregterlik of onbehoorlik uitgeoefen is. (S y
Rabie 1975 4 SA 855 (A) op 857D; S v Pillay 1977 4 SA 531 (A) op 535E - F; S v Holder 1979 2 SA 70 (A).) Uit die voorgaande bespreking behoort dit
12
duidelik te wees dat daar hier geen sodanig gronde vir inmenging bestaan nie.
Die appèl word van die hand gewys.
J.C. KRIEGLER
WAALRNEMENDE APPèLREGTER
KUMLEBEN ]
] STEM SAAM
NICHOLAS ]