South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1992 >>
[1992] ZASCA 226
| Noteup
| LawCite
S v Muller (338/91) [1992] ZASCA 226 (27 November 1992)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
LINWELL (WILLIE) MULLER Appellant
EN
DIE STAAT
Respondent
Coram: BOTHA, EKSTEEN, ARR et HARMS, Wn AR
Verhoor: 16
November 1992
Gelewer: 27 November 1992
UITSPRAAK EKSTEEN, AR :
Hierdie appél is slegs teen vonnis ge-rig.
Gedurende Junie 1990 het mnr Andrew Joseph, sy vrou en hulle kinders 'n dubbelverdieping maison-ette in Atlantis bewoon. Die egpaar het vyf kinders gehad. Die twee oudste seuns was reeds uit die huis uit. Hulle het in Kimberley gewerk. Die ander drie - Julita, die 14-jarlge Lee-Ann, en die 8-jarige Virgal - het nog by hul ouers ingewoon. Die aand van 18 Junie 1990 het die gesin gaan slaap. Julita was dié aand uit gewees met haar verloofde. In die middel van die nag - na twaalf-uur - is mnr
...../2
2
Joseph gewek deur 'n geklop aan die voordeur. Hy het vermoed dat dit Julita kon wees wat terugkom. Hy het gevolglik opgestaan en die deur gaan oopmaak. Net toe hy die deur wou oopmaak stoot die appellant en 'n maat van hom die deur oop en kom die woning binne. Die appellant het 'n sakdoek om sy mond ge-bind gehad, en 'n lang vastelem mes in sy hand. Hy het die mes teen mnr Joseph se maag gehou en geld geëis. Ondanks sy gepoogde vermomming het mnr Joseph appellant dadelik herken en hom op sy naam genoem.
Die twee indringers het mnr Joseph, met die mespunt in sy rug, die trap opgedwing tot in hul slaapkamer waar mev Joseph nog gelê het.
.... /3
3
Daar het hulle weer geld geëis en gedreig om die egpaar met die mes te steek as hulle nie hulle geld uithaal nie. Na 'n aanvanklike geredekawel het mev Joseph haar beursie uitgehaal en die inhoud - sowat R34 - op die bed uitgegooi. Appellant het die geld geneem. Met al appellant en sy maat se dreigemente en mev Joseph se gesmeek dat hulle nie vir hulle moet seermaak nie, het Lee-Ann en Virgal ook wakker geword en na hul ouers se kamer gekom om te kyk wat aangaan. Appellant het toe vir al vier van hulle beveel om al hul klere uit te trek. Mnr Joseph en die kinders het teësinnig uitgetrek, en toe mev Joseph traag was om toe te gee het appellant aan haar nagklere begin rem en haar met die mes
.... /4
4
gedreig totdat sy naderhand ook al haar klere uit-getrek het. Hierop het appellant mev Joseph op die bed neergestoot, haar bene oopgeforseer en haar, ten aanskoue van haar gesin, verkrag. Toe sy haar nog wou teësit het hy haar met sy vuis in haar gesig ge-slaan. Haar man is ook geslaan en appellant het sy maat aangesê om vir mnr Joseph te skiet as hy enige poging sou aanwend om sy vrou te hulp te kom.
Terwyl appellant vir mev Joseph verkrag het, het sy maat Lee-Ann ook op die bed neergedruk en bo-op haar gaan lê. Mev Joseph het hulle gesmeek om haar dogter uit te los omdat sy nog so klein was. Appellant het toe sy maat beveel om haar te los, wat hy ook gedoen het.
....... /5
5
Nadat appellant mev Joseph verkrag het, het sy maat haar ook verkrag. Daarna het appellant vir Lee-Ann beetgekry en probeer om met haar gemeen-skap te hou - eers deur haar teen die muur vas te druk en daarna op die bed. Alhoewel hy haar ge-deeltelik gepenetreer het, kon hy nie daarin slaag om volle gemeenskap het haar te hê nie. Sy was 'n maagd en haar maagdevlies, hoewel gekneus, was nie deur die gemeenskap gebreek nie.
Die Joseph-gesin is beveel om almal op die bed te klim en hulle met 'n deken toe te maak. Die twee booswigte is na die kamer langsaan waar hulle al die laaie van die kaste uitgetrek het op soek na iets om buit te maak. Hulle het van
.... /6
6
Julita se trousseau, bed-dekens, 'n haardroër, en klerasie in twee plastiese sakke gedruk en saam met hulle weggeneem. Voordat hulle geloop het, het appellant eers kom kyk of die Joseph-gesin nog almal kaal was, en hy het gedreig om hulle dood te maak as hulle dit sou waag om die polisie te ontbied.
Nadat hulle uit die huis uit is het die gesin egter wel die polisie ontbied. Mev Joseph en Lee-Ann is na Malmesbury hospitaal geneem waar hulle on-dersoek en behandel is. Benewens die kneuswonde wat mnr en mev Joseph as gevolg van die vuishoue op-gedoen het, het geeneen van die gesin werklike fi-siese leed gely nie. Geestelik, egter, het hulle wel gely. So ontsteld was hulle dat hulle verseg het
...../7
7
om ooit weer na daardie huis terug te keer. Hulle het dadelik na 'n ander plek verhuis. Toe die ver-hoor sowat agt maande na die voorval plaasgevind het, het mnr Joseph nog sommige aande sleg geslaap as sy gedagtes weer na die gebeure terugdwaal. Mev Joseph getuig ook dat dit wat sy moes deurmaak nog steeds deur haar gedagtes maal. Lee-Ann het aan-vanklik slegter gedoen in haar skoolwerk maar het metteryd weer bygekom en skynbaar ten tyde van die verhoor alle tekens getoon, belde in haar skoolwerk en haar menseverhoudings, dat sy haar traumatiese ondervinding te bowe gekom het. Mev Joseph meen egter dat Virgal veel meer geestelike verwonding daarvan oorgehou het.
.... /8
8
Op die aanvaarding van hierdie feite is appellant skuldig bevind aan -
(1) huisbraak met die opset om roof te pleeg; (2) roof met verswarende omstandighede; (3) verkragting van mev Joseph; en
(4) verkragting van Lee-Ann.
Sy kornuit se identiteit kon nie op die getuienis bo redelike twyfel vasgestel word nie. Hy is ge-volglik onskuldig bevind op meeste van die aanklag-tes. Daar is slegs 'n skuldigbevinding van dief-stal teen hom ingebring op die aanklag van roof. Die omstandighede van hierdie skuldigbevinding is nie vir die doeleindes van hierdie appël ter sake nie, en ek handel dus nie daarmee nie.
....... /9
9
Die appellant het 'n lang lys vorige oor-tredings erken. Gedurende 1983 is hy by drie ge-leenthede lyfstraf opgelê - eerstens weens huis-braak met die opset om te steel en diefstal, twee-dens weens roof, en derdens weens die diefstal van 'n motorvoertuig. In 1986 is hy op twee aanklagtes van roof skuldig bevind en drie maande gevangenis-straf op elke aanklag opgelê. In 1987 is hy 3 /2 jaar gevangenisstraf opgelê weens 'n poging tot ver-kragting. In 1989 is hy skuldig bevind aan op-setlike saakbeskadiging en gevonnis tot 'n boete van R150 of 75 dae gevangenisstraf en 'n verdere 120 dae gevangenisstraf wat voorwaardelik opgeskort was.
.... / 10
10
Tydens die vertoë by vonnisoplegging is dit van die balie aan die verhoorregter oorgedra dat appellant gedurende Augustus 1990 - dws na die pleging van die misdade in die onderhawige saak - tot 18 maande gevangenisstraf weens dief-stal gevonnis is, en tot 'n verdere vier jaar weens roof. Op 8 Februarie 1991 is hy voorts tot 5 jaar gevangenisstraf gevonnis weens huisbraak. By laasgenoemde geleentheid is die vonnisse hom in Augustus 1990 opgelê in oënskou geneem en dit is beveel dat een jaar van die vyf jaar vonnis saam uitgedien sou word met die vonnisse in Augustus op-gelê. Saam genome sou hy dus 'n effektiewe vonnis van 9 /2 jaar moes uitdien.
.... / 11
11
In die lig van sy vorige veroordelings en van die vonnisse wat hy nog besig was om uit te dien het die geleerde verhoorregter hom soos volg gevonnis:
1. Die eerste twee skuldigbevindings - dws huisbraak met die opset om roof te pleeg, en roof - is saam geneem vir doeleindes van vonnis, en 'n vonnis van sewe jaar ge-vangenisstraf is opgelê.
2. Op die derde aanklag - die verkragting op mev Joseph - 23 jaar gevangenisstraf.
3. Op die vierde aanklag - die verkragting op Lee-Ann - 15 jaar gevangenisstraf. Dit is voorts beveel dat die vonnisse op
die eerste, tweede en vierde aanklagtes saam sal
..../ 12
12
loop met die vonnis van 23 jaar op die derde
aanklag.
Die geleerde regter het verder geoordeel dat die on-
derhawige
reeks misdade saam beskou met die misdade
waarvoor hy reeds gevangenisstraf
uitdien 'n gesa-
mentlike vonnis van om en by 30 jaar regverdig.
Hy het
gevolglik beveel dat drie jaar van die vonnis
op die derde aanklag - dws die
23 jaar - sou saam-
loop met die vyf jaar wat op 8 Februarie 1991 opge-
lê is. Die eindresultaat was dus dat die appel-
lant 29 ½ jaar gevangenisstraf sou moes uitdien.
Verlof is aangevra om teen die vonnis te
appelleer op grond daarvan dat -
"die uiteindelike kumulatiewe somtotaal van die gevangenisstraf steurend onvanpas is."
..../ 13
13
Die verhoorregter het dan ook verlof aan die ap-
pellant verleen om in hoër beroep te gaan -
"in respect of the matter of sentence only, and insofar as sentence is concerned the leave is granted as regards the cumulative effect of the prison sentence. The pre-sent sentence is taken in conjunction with the two other sentences to which I have referred."
Voor ons is daar, in die eerste plek,
aan die hand van 'n reeks gewysdes, aangevoer dat
'n hof in die algemeen, nie geredelik vonnisse
van 25 jaar of meer gevangenisstraf sal oplê nie,
en dat so 'n vonnis slegs in uitsonderlike ge-
valle opgelê sal word. In die tweede plek is
betoog dat in die besondere omstandighede van
hierdie saak die opgelegde vonnisse buitensporig
.... / 14
14
swaar was.
Wat die algemene benadering betref is
daar in R. v. Mzwakala 1957 (4) SA 273 (A) op p
278 D-F deur Schreiner Wn HR opgemerk -
"There is no doubt that a sentence of twenty-five years'imprisonment is exceptionally long, according to our practice."
en -
" .... I see no reason to doubt that a per-iod substantially less than twenty-five years is normally sufficient to meet the deterrent, preventive, reformative and retributive ends of justice ...."
Die hoogwatermerk van hierdie benadering is in
S. v. Tuhadeleni and Others 1969 (1) SA 153 (A)
deur Rumpff AR op p 189 H as volg gestel:
" ... the maximum sentence imposed in the
....../ 15
15
Republic being, in practice, not more than 25 years, and that only in very exceptional cases."
Met verwysing na bogemelde opmerking sê Ogilvie
Thompson AR in S. v. Whitehead 1970 (4) SA 424
(A) op 438 H -
"Without necessarily concurring in the ex-istence of a maximum as thus suggested, I certainly share the view that 25 years will only be appropriate in very exceptional
circumstances."
Vgl ook S. v. Khumalo and Others [1984] ZASCA 30; 1984 (3) SA 327 (A) op 331 A - B, en S. v. Skenjana 1985 (3) SA 51 (A) op 55 G - I.
In S. v. Sibiya 1973 (2) SA 51 (A) op 57 G - H het Rumpff AR verwys na sy dictum in S. v. Tuha-deleni and Others hierbo aangehaal en na
....... / 15
16
Ogilvie Thompson AR se kommentaar daarop in S.
v. Whitehead (supra) en dit soos volg verduidelik:
"Hierdie opvatting moet m.i. vertolk word as 'n breë beskouing van wat plaasvind in die grootste meerderheid van gevalle waar 'n lang tydperk van gevangenisstraf opgelê word. Ek dink nie dat dit die bedoeling van hierdie Hof was om te konkludeer dat vonnisse van meer as 25 jaar gevangenis-straf nooit opgelê is of opgelê word nie, of dat dit die bedoeling was om te beslis dat vonnisse van meer as 25 jaar nooit behoort opgelê te word nie."
Die geleerde regter het voortgegaan deur te ver-
wys na 'n steekproef wat deur die Kommissaris van
Gevangeniswese op versoek van die Prokureur-
Generaal van die Oranje-Vrystaat gedoen is en
wat daarop gedui het, oa, dat daar in die Repu-
bliek in 1964 'n vonnis van 32 jaar opgelê is;
....../ 17
17
in 1965 twee van 25 jaar; in 1966 twee van 25 jaar; en in 1967 een van 25 jaar en een van 30 jaar. Gedurende die tydperk Oktober 1970 tot November 1971 is daar in Transvaal twee vonnisse van 25 jaar, een van 26 jaar, en een van 30 jaar opgelê. Uit daardie statistieke wil dit dus voorkom dat tot op daardie tydstip gevangenis-straf van 25 jaar of meer slegs by uitsondering opgelê is. In S. v. Morris en 'n Ander 1989 (2) SA 643 (A) op 645 het Van Heerden AR - waarskyn-lik in die lig van bogemelde toedrag van sake -die algemene benadering van ons howe soos volg geformuleer; nl dat -
" ... gevangenisstraf van meer as 25 jaar
....../ 18
18
slegs in enkele, buitengewone gevalle te regverdig is ... " (My kursivering.)
Hierdie klemverskuiwing is deur Smalberger AR
in
S. v. Mtungwa en 'n Ander 1990 (2) SASV 1 op p 3
g-h nagevolg,
en dan vervolg die geleerde regter:
"Dit beteken egter nie dat hierdie Hof sonder meer kan inmeng met 'n vonnis van meer as 25 jaar nie. Een of meer van die aanvaar-de gronde wat inmenging op appèl regverdig, moet nogtans bestaan."
Op 27 Julie 1990 het Wet 107 van 1990
van krag geword. Hierdie Wet het die Strafpro-
seswet 51 van 1977 gewysig deur die verpligte op-
legging van die doodvonnis af te skaf en 'n dis-
kresie aan die verhoorregter te verleen om die
doodvonnis slegs in "gepaste" gevalle op te lê.
....../ 19
19
(S. v. Masina and Others 1990 (4) SA 709 (A) op 712 H - j.) Aan hierdie Hof is daar op appël ook 'n onbelemmerde diskresie verleen om oor 'n opgelegde doodvonnis te besin en, indien dit van mening sou wees dat dit nie in die omstandighede "die gepas-te vonnis" is nie, dit deur 'n ander vonnis te ver-vang. Hierdie bepalinge is vertolk as sou dit 'n aanduiding wees dat die wetgewer beoog het dat die doodstraf voortaan "net in gevalle van uitson-derlike erns" opgelê sou word. (S. v. Senonohi [1990] ZASCA 93; 1990 (4) SA 727 (A) op 734 H.) Daarna is dood-vonnisse deur hierdie Hof meermale deur gevange-nisstraf van tot 25 jaar vervang, en, waar meer-dere oortredings ter sprake was, vonnisse wat
...... / 20
20
gesamentlik selfs meer as 25 jaar beloop het, bepaal -vgl bv S. v. Tloome 1992 (2) SASV 30 (A) waar ge-samentlike vonnisse van 26 jaar opgelê is, en S. v. Sithebe 1992 (1) SASV 347 (A) waar gesament-like effektiewe vonnisse van 30 jaar opgelê is.
Dit volg dus mi dat daar nie sprake kan wees van 'n maksimum vonnis nie. Daar moet ook gewaak word teen 'n begrip dat 'n vonnis van 25 jaar slegs in "uiterste gevalle" of "besondere ernstige gevalle" opgelê sal word. So 'n begrip sou die diskresie wat 'n verhoorregter het om 'n redelike en billike vonnis op te lê op 'n onaan-vaarbare manier aan bande kan lê (S. v. Tshomi en 'n Ander 1983 (3) SA 662 (A) op 666 E - H).
..../ 21
21
Om te sê dat so 'n vonnis slegs in "buitengewone" of "uitsonderlike" gevalle opgelê sal word, bete-ken dus niks meer as dat sulke lang tydperke van gevangenisstraf nie algemeen in ons howe voorkom nie maar slegs waar die oortredinge van so 'n aard is dat dit vereis word dat so 'n von-nis in die belang van geregtigheid opgelê moet word.
Dit is, na my mening, in die huidige samehang, misplaas om te praat van 'n "nuwe bedeling" by vonnis-oplegging wat na die inwerkingtreding van Wet 107 van 1990 van toepassing sou geword het. Die natuurlike gevolg van hierdie wetgewing is dat waar die dood-vonnis nou diskresionêr is, en slegs opgelê word
.... / 22
22
waar dit die enlgste gepaste vonnis is, en waar lewenslange gevangenisstraf nie 'n gepaste vonnis is nie, gevalle waar lang tydperke van gevange-nisstraf geverg word, meer dikwels sal voorkom as wat voorheen die geval was. Die doodvonnis sal dan meer dikwels vervang word deur 'n von-nis van, byvoorbeeld, 20 of 25 jaar gevangenis-straf. Vonnisoplegging bly egter in die diskre-sie van die verhoorregter en slegs oorwegings van billikheid en geregtigheid sal enige beperk-ing op daardie diskresie plaas.
Waar daar meer as een oortreding ge-pleeg is, sal daar uiteraard gewaak moet word teen die onwenslikheid dat die kumulatiewe uitwerking
...../ 23
23
van al die vonnisse onredelik swaar op die oor-treder inwerk. Hierdie gevolg kan vermy word deur sekere vonnisse óf geheel en al, óf gedeel-telik te laat saamloop. So ook waar dit onder die verhoorregter se aandag gebring word dat die beskuldigde reeds besig is om 'n vonnis uit te dien wat 'n ander hof hom opgelê het, sal dit in oorweging geneem moet word om toe te sien dat die totale tydperk van gevangenissetting billik en regverdig sal wees en nie onredelik swaar of neerdrukkend op die beskuldigde sal inwerk nie. Verligting kan dan ook gebring word deur die saamloop van vonnisse - óf gedeeltelik óf in die geheel - te beveel. Hier ook kan geen arbitrêre
....../ 24
24
perk gestel word nie en kan vonnisse wat gesament-lik meer as
25 jaar beloop in gepaste gevalle nie vermy word nie.
Ek kom nou by die
tweede grond van be-swaar, nl dat in die omstandighede van die onder-hawige saak
die opgelegde vonnisse buitensporig
swaar is. By oorweging van die geykte
beginsel dat vonnisoplegging by uitstek in die diskresie van die verhoorregter
berus, en dat
'n hof van appèl nie geredelik daarmee sal inmeng nie, skyn
daar geen rede te wees om in te meng met die von-nis van sewe
jaar
gevangenisstraf ten opsigte van die huisbraak met die opset om te roof en die
roof nie. Die vonnis van 15 jaar gevangenisstraf
......./ 25
25
vir die verkragting op Lee-Ann kan eweneens nie mee ingemeng word nie. Die vonnis van 23 jaar vir die roof op mev Joseph kom my egter as on-redelik swaar voor. Ek het reeds daarop gewys dat sy geen fisiese beserings opgedoen het nie, en dat alhoewel die psigiese trauma aansienlik moes gewees het sy tog besig was om dit in 'n mate te bowe te kom. Ek wil geensins afding aan die erns van hierdie oortreding, en die vernedering vir die hele gesin wat daarmee gepaard gegaan het nie, maar as 'n mens dit vergelyk met die verkragting van Lee-Ann in soortgelyke omstan-dighede is ek nie daarvan oortuig dat die een veel erger as die ander een was nie. Na my
.... / 26
26
mening sou 'n vonnis van 15 jaar gevangenisstraf ook vir hierdie oortreding voldoende wees. Die verhoorregter het al drie hierdie vonnisse laat saamloop, en daar is geen wesenlike rede om van hierdie benadering van hom te verskil nie. Dit beteken dan dat die appellant 'n effektiewe vonnis van 15 jaar gevangenisstraf moet uitdien vir die misdade waaraan hy nou skuldig bevind is.
Daar bly dan die 9 ½ jaar wat hy tans be-sig is om uit te dien oor. Die verhoorregter het be-veel dat drie jaar hiervan saam uitgedien moet word met die vonnisse hom by die verhoor opgelê. Weereens skyn daar geen goeie rede te wees om hiervan te verskil nie. Dit bring dus mee dat
.... / 27
27
die totale tydperk van gevangenisstraf wat die appellant sal moet uitdien op 21½ jaar te staan kom. Hierdie tydperk verskil in so 'n mate van die bevel van die verhoorregter dat dit inmeng-ing deur hierdie Hof regverdig.
Bygevolg word dit beveel:
1. Die vonnis van sewe jaar gevangenisstraf op aanklagtes 1 en 2 saamgenome, asook die vonnis van 15 jaar gevangenisstraf op aanklag 4 word bekragtig.
2. Die vonnis van 23 jaar gevangenisstraf op aanklag 3 word ter syde gestel en vervang met een van 15 jaar gevangenis-straf.
.... / 28
28
3. Al die bg vonnisse sal saamloop sodat die effektiewe vonnis 15 jaar gevange-nisstraf is.
4. Drie jaar van die 9 ½ jaar wat die appellant tans besig is om uit te dien weens ander misdrywe, sal saamloop met die voormelde 15 jaar.
J.P.G. EKSTEEN, AR
BOTHA, AR )
stem saam HARMS, WN AR )