South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1992 >>
[1992] ZASCA 227
| Noteup
| LawCite
S v Block (422/91) [1992] ZASCA 227 (27 November 1992)
Download original files |
SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy |
CG SAAKNOMMER: 422/91
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPéLAFDELING)
In die saak van:
TERENCE MICHAEL BLOCK Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: NESTADT, VAN DEN HEEVER ARR et VAN COLLER WAR
AANGEHOOR: 24 NOVEMBER 1992
GELEWER: 27 NOVEMBER 1992
UITSPRAAK
VAN DEN HEEVER AR
2
Appellant is in die Oos-Londen Streekhof skuldig bevind aan verkragting en gevonnis tot 6 jaar gevangenisstraf, waarvan die helfte op gepaste voorwaardes opgeskort is vir 5 jaar. Sy appèl na die Oos-Kaapse Afdeling van die Hooggeregshof is van die hand gewys, maar verlof aan hom verleen om hom op hierdie hof te beroep.
Die klagstaat het beweer dat hy op 21 Desember 1989 "vir H.G. . . . aangerand het, en teen haar wil met haar vleeslike gemeenskap gehad het".
Hoewel hy toe hy onskuldig pleit, deur sy regsverteenwoordiger, mnr Van Heerden, sy goeie reg uitgeoefen het om geen erkennings te maak nie, is dit gemene saak dat hy met klaagster gemeenskap gehad het. Mat in gedrang was, en ook hier is, is of dit bewys is dat dit teen haar wil gebeur het.
Klaagster, toe 16 jaar oud, het gekuier op Shawnville, King William's Town in Desember 1989. Sy was by haar tante tuis. Haar niggie, mev P.J.,
3 . werk in die week daar vanuit haar moeder se woning maar
gaan naweke huis toe na haar man en skoonfamilie op Stutterheim. Op 21 Desember sou klaagster daarheen saamry om te kyk waar P., wat daar goed wou aflaai, bly. Die persoon, sekere George, met wie P. vir hulle vervoer wou reël, was nie by sy werk by Lewis Stores nie. Dáár het klaagster reeds vroeër in P. se geselskap die eerste keer vir appellant gesien. Hy werk ook daar. Hy (en sy huwelikstaat) is deur die twee vrouens bespreek, wat reeds effe vreemd is. P. het dié dag vir George 'n boodskap gelaat by die werk. Dit was egter appellant wat in sy plek by P. se woonplek opgedaag het om 19h30 of 20h00. Klaagster het hom toe ontmoet en weer later toe hy 'n groep mense daar kom oplaai het na Stutterheim: klaagster wat voor by hom gesit het, P., haar broerskind, sekere Lorraine, en dié se dogtertjie, plus nog bagasie en kruideniersware. Die plan was om dieselfde nag nog terug te kom.
4 Klaagster vertel hoe dit gekom het dat, nadat
almal en alles op Stutterheim afgelaai is, hulle twee alleen in appellant se kar daar weg is. Hy het alleen in die voorhuis gesit terwyl die huismense elders doenig was. Hy het haar na hom toe geroep, en uit die huis beweeg. Sy het hom gevolg. Hy het gesê "dat ons af winkel toe gaan". Sy het wat blykbaar 'n aanbod was om hom te vergesel, aanvaar - sy sê, omdat sy honger was; maar erken onder kruisverhoor dat sy dit nie aan hom vertel het'nie. Dit is duidelik dat dit al nag was.
Hulle het heel gemoedelik gesels, maar volgens klaagster onder meer oor 'n vreemde onderwerp: sy het hom gevra of hy getroud is, en hy het dit ontken.
Hy het op 'n donker plek gaan stilhou, waar hy haar eers gevra het om hom te soen, wat sy geweier het. Toe het hy haar skouer gemasseer met sy hand, wat sy weggedruk het. Later het hy haar klere uitgetrek en gedurende 'n lang en rowwe interaksie met haar, tweekeer sy geslagsdeel in hare gekry. Dit het binne in die kar
5 gebeur, hoewel sy op 'n stadium ook buite die kar was terwyl 'n ander voertuig aangekom het. Ek kom later terug na vollediger besonderhede van haar weergawe van wat tussen hulle daar plaasgevind het.
Appellant se vertelling daaroor was anders. Hy was dadelik aangetrokke tot klaagster toe hy haar ontmoet, en die gevoel was wederkerig want die vryery by Stutterheim het warm en suksesvol verloop. Daarná het hy teenoor haar gebieg dat hy ' n getroude man is. Eers toe tel hy by haar teespoed op, en wou sy nie saam met hom terugry na die Jaftas se huis nie; wat vir hom op 'n verleentheid kon uitloop omdat hulle al lank weg was van die Jaftas se woning.
Waaroor daar weer 'n mate van eenstemmigheid is, is dat toe hulle daar terugkom by die ander, laasgenoemde al ongeduldig was en wou weet waarom die twee so lank weggebly het. Klaagster het hulle vertel dat hulle 'n tydjie in die dorp vertoef het. Volgens haar, het nòg P. nóg Lorraine enige onraad
6
gemerk.
Die volgende dag was daar volgens haar blou
kolle aan haar arm en bene, en het klaagster vir die eerste keer beweer dat sy "ge-rape" was: teenoor 'n 16-jarige verlangse bloedverwant, C.M., by dié se vakansiewerk; teenoor P., wat haar afgeraai
het om appellant aan te kla want "dit gaan 'n groot ding
word"; en teenoor ene Nigel wat
"wil . . . geweet (het) wie dit is. Toe sê ek dit is Terrence. Toe kom ... toe weet hy nou nie van wie ek nou praat nie en toe het hy gesê ek moet hom gaan wys. Toe was hy besig en toe het ek ... maar 'n mens kon hom gesien het, hy was daar agter. Toe het ek vir hom gewys wie dit is".
Nigel het haar toe na die polisiestasie geneem maar waarom sy juis vir hom uitgesoek het as vertroueling, weet ons nie, want ons weet niks meer van Nigel se identiteit nie as sy voornaam.
Die distriksgeneesheer op King William's Town,
dr Westensee, het klaagster ondersoek om ongeveer 15hl5 op 22 Desember 1989. Sy verslag op die gebruiklike
7
vorm, het aangedui dat daar kneusings was aan haar arms en regter binne-dy, dat haar nek gevoelig was, en ook haar geslagsdele. Daar was ligte interne bloeding afgeskei, wat hy aangemerk het as "getuie van verkragting". Hoewel die vorm meld dat die maagdevlies "NIE intak" was, het hy in die hof verduidelik dat sy geen maagdevlies gehad het nie. Hy het af gestap van sy verslag en toegegee dat die bloederigheid in die vagina veroorsaak kon gewees het ook deur omgang met toestemming; dat hy geweldstoepassing aflei van die kneusplekke aan haar arms en been; en uiteindelik, nie alleen dat party mense makliker kneus as ander nie,
maar dat die kneusings wat hy gevind het nie noodwendig op gebrek aan toestemming dui nie:
"As daar toestemming gegee word, sal die persoon, sal dit dan afhang van hoe seksueel aktief hulle besig ... die seksuele proses sal natuurlik afhang van die besering, hoe, soos hulle sê in Engels, hoe 'passionate' die hele seksuele omgang plaasvind, sal natuurlik al die beserings kan bepaal. U weet van een persoon tot 'n ander persoon, die een persoon kan iemand beseer met seksuele omgang en die ander persoon sal miskien nie."
8
Die Oos-Kaapse Afdeling het die appél afgewys
in 'n uitspraak op Engels waarin 'n foutiewe vertaling van dr Westensee se getuienis moontlik 'n aandeel gehad het. Waar die arts se verslag noem dat die groot en klein skaamlippe en voorhof teer was, is dit weergegee as sou dr Westensee daar 'n skeur gevind het – "injuries in the form of a tear". Die uitspraak is hoofsaaklik daarop gegrond dat, ondanks die feit dat haar
"failure to complain does indeed immediately raise a guestion-mark against the evidence of the complainant ...(t)he magistrate saw and heard the witnesses who testified before him and steeped in the atmosphere of the trial as he was, he was in my view in a better position than we are to assess the possibilities ..."
Die landdros het egter in verskeie opsigte misgetas in sy benadering tot die getuienis.
Die mistastings is ten opsigte van die inhoud van dr Westensee se getuienis; die landdros se bevinding dat klaagster die toets van kruisondervraging "met vlieënde vaandels geslaag het" en dat haar
9 getuienis geen wesenlike weersprekings of inherente onwaarskynlikhede bevat nie sodat dit "nie om enige gegronde rede verwerp behoort te word nie" (wat prima facie nie die korrekte toets is om in 'n strafsaak toe te pas nie); en ten opsigte van die redes wat die landdros aanvoer waarom hy appellant se getuienis verwerp. Vanweë daardie mistastings, waaroor meer hieronder, staan dit hierdie hof vry om op die oorkonde te oordeel of appellant se skuld buite twyfel bewys is.
Die landdros bevind dat dr Westensee gesê het dat sy kliniese waarnemings nie inpas by gemeenskap met toestemming nie en dat hy gebly het "by sy mening dat gemeenskap sonder toestemming plaasgevind het". Dr Westensee het geen so 'n besliste mening geuiter nie.
Die getuienis van die eerste persoon teenoor wie klaagster sou gekia het, C., het aanvanklik nie eers geslagsomgang genoem nie, en nooit dat klaagster beweer het dat sy "ge-rape" is nie. Toe klaagster die
10
blou merke aan haar arms wys en C. haar daarna uitvra, vertel klaagster dat appellant haar na 'n afgeleë plek geneem het
"en toe het hy haar gemolesteer nou.
Wat se indruk ... u sê molesteer, wat bedoel u
daarby? Hy het haar aangerand het sy vir
my gesê.
HOF: Nou het H. op enige wyse vir jou gesê
hoe sy gemolesteer of aangerand was? Sy
het gesê hy het, hy het haar eerste so gegryp en sy het probeer loskom en naderhand het hy haar so gehad dat sy nie meer haarself kon beheer nie. Maar het sy op enige stadium gepraat daarvan
dat hy met haar geslagsomgang gehad het?
Ja."
Ek meen dat dit onnodig is om te veel detail
van klaagster se verhaal, veral van wat daar gebeur het in die donker waar hulie geparkeer het, te weergee. In kort kom dit daarop neer dat sy appellant se toenadering verwerp het. Hy het die rugleuning van haar sitplek laat sak en haar gegryp. Hoewei sy geskop en geskree het, het hy haar styfspannende fietsry-kniebroek en haar onderbroekie in die kar uitgetrek. Sy het daarin
11
geslaag om by die kar uit te kom, en wou aantrek, maar hy het dit verbied en haar na "so 'n heuweltjie" geneem, waar hy haar op die grond neergegooi het toe 'n kar aangekom het. Toe het hy haar weer in die kar gegooi en beveel om te lê. Moeg gespartel het sy tog geskree en gehuil toe hy sy penis indruk in haar skaamdeel, en aanhoudend vir haar sê sy moet haar bene wyer oopmaak, en dit oopdruk. Sy het weer losgekom en agter in die kar gaan sit, aan die bestuurderskant (en na haar horlosie gekyk en gesien dit word laat); maar op sy aandrang weer voor ingeklim waar hy weer sy geslagsdeel in hare gedruk het. Toe hy van haar afklim het hy haar gehelp soek vir haar amperbroekie wat buite op die grond was, en haar kans gegee om haar hare, waarvan die strik vroeër uitgeval het, reg te kry: hy was baie bekommerd oor haar hare, het sy vertel.
Sy en P. vertel, dat op pad terug na King William's Town, nadat hy die ander by die Jafta woning opgelaai het, het appellant by die Commercial
12
Hotel aangedoen het en gaan drink terwyl die vrouens in die kar agtergebly het, totdat P. vir Lorraine ingestuur het om hom te gaan roep.
Klaagster het die volgende oggend bloed gesien toe sy haar gaan was, "en ek het die klere vir die vrou gegee wat die wasgoed was, toe het sy dit gewas".
Die landdros maak twee punte van kritiek teen klaagster se getuienis te maklik af. Hy vind 'n bevredigende antwoord op die vraag, waarom klaagster stilgebly het tot die volgende dag, in haar getuienis dat
"sy bang (was) om in die teenwoordigheid van die beskuldigde te praat en wou ook nie in die teenwoordigheid van Lorraine praat nie omdat Lorraine dan maklik sou praat en sy gevrees het dat sy ook die beskuldigde sou skel".
(Die hof van tweede instansie het die vraag geopper maar onbeantwoord gelaat behalwe deur te verwys na die "atmosphere of the trial", soos hierintevore aangehaal.)
Al sou die rede wat klaagster aangegee het 'n
13
aanvaarbare gewees het, kan dit nie opgaan nie: voor die Commercial Hotel het Lorraine hulle verlaat om te gaan kyk waar appellant dan is. Dat appellant inderdaad bereid was om by die hotel aan te doen en die vrouens alleen te laat, versterk die afleiding wat klaagster se
verhaal van sy optrede nadat hulle omgang gehad het, reeds noop. Dáár het hy haar aangemoedig om haar hare reg te maak en het hy haar gehelp om haar onderklere te vind. Dit is duidelik dat hy aanvaar het dat klaagster nie alleen nie gaan klik oor wat tussen hulle gebeur het
nie, maar van plan sou wees om voor te gee dat juis niks gebeur het nie. En dit is juis wat sy gedoen het. Die landdros sê ook:
"Verder kan die klaagster se navrae oor beskuldigde se huwelikstaat ook bevraagteken word, maar ek is van mening dat geen nadelige afleiding hieruit gemaak behoort te word nie."
Hy sê nie wáárom nie. Sy het appellant uit die huis uit gevolg toe hy haar roep nog voordat hy vertel het wat sy planne was. Haar storie dat sy ingestem het om saam te
14 ry na "die winkels" omdat sy honger was (wat sy nie vir hom gesê het nie) is dubbeld vreemd. Hulle het pas 'n vrag kruideniersware afgelaai, en kos moes daar in die huis gewees het. Bowendien het sy nie enige van die huismense vertel waarheen sy gaan nie. Waarom dan die man wat in die nag inkopies wil doen, vra wat sy huwelikstaat is, tensy sy in hom belangstel - ook nie intellektueel nie, want vir bloot gesels is huwelikstaat irrelevant.
Ander aspekte van haar getuienis wat bevraagteken moet word, is waarom sy nie veel erger beserings opgedoen het nie indien appellant haar werklik neerqegooi het op die heuweltjie en in die kar geqooi het daarna, soos sy vertel. Probleme het hy gehad sonder weerstand van haar, want dit is gemene saak dat die bestuurder se deur van sy kar nie kon oop nie, en hy oor haar geklim het om agter die stuurwiel te kom - wat moontlik 'n kneusplek of twee aan haar kon verduidelik. Dan ook stel dit hoë eise aan die verbeeldingskrag om te
15 probeer indink hoe 'n man 'n fietsry-kniebroek wat soos 'n tweede vel pas, van 'n meisie kon uittrek met onder-amperbroekie ook, waar hulle saam op die voorste sitplek van sy kar was, sonder dat sy hom help. Die landdros beskryf haar terloops as "'n redelik sterk geboude jong dame" en volgens haar het sy geskree en "geskop en te kere gegaan in die kar in".
Die landdros kyk ook verby dat sy nie alleen geen klag by P. gelug het nie, maar aan haar niggie toé sy by haar uitkom volgens dié 'n dubbeldoor leuen vertel het: in antwoord op navraag, waarom sy en appellant so lank weg was, het sy nie alleen gesê dat hulle 'n tydjie in die dorp vertoef het, maar dat niks gebeur het nie.
Die landdros het bevind dat P. ook ' n goeie getuie was. P. se getuienis, dat H. "snaaks" gelyk het toe sy en appellant terugkom by die huis op Stutterheim het egter aangewas tot "dit het gelyk asof sy gehuil het", ondanks klaagster se
16 getuienis, reeds genoem, dat die twee getroude vrouens geen onraad gemerk het nie. P. het haarself weerspreek oor klaagster se optrede gedurende die rit terug na King William's Town. Die aanklaer se vrae het sonder twyfel die tydvak geïdentifiseer waaroor hy haar uitgevra het, as in die loop van dáárdie terugrit. P. het gesê klaagster "het stil gesit en het gelag. As ons miskien grappe maak, dan het sy net gelag en so, sy het nie sommer gepraat nie". Onder kruisverhoof het sy ontken dat klaagster gelag het, en die botsing probeer verduidelik met "ek het gedink u praat van toe ons op pad (na Stutterheim) is, nie terug nie". P. het ook erken dat sy klaagster afgeraai het daarvan om 'n klag by die polisie aan te gee -vreemde raad indien sy van mening was dat haar niggie werklik die vorige nag verkrag is, en 'n aanduiding dat klaagster dalk eiewys en nie onskuldig en naïef is nie dat sy dit veronagsaam het.
Appellant se storie was dat die hofmakery
17 wedersyds was, soos vroeër genoem. Al wat hoef bygevoeg te word by wat reeds gesê is van sy weergawe, is dat sy aan hom sou gevat het, hy aan haar borste gevat het en aan haar boud, "toe het sy haar tights begin uittrek". Daarna het hulle omgang gehad, tweekeer. Hy het heelwat besonderhede gegee, waarskynlik oordrewe, van hoe hy gesukkel het met haar na die vryery, nadat hy gebieg het dat hy ' n getroude man is; en haar hardhandig in die kar moes kry. Dit is so dat appellant nie 'n baie bevredigende getuie was nie, en traag was om te erken dat hy van die staanspoor omgang met klaagster in gedagte gehad het. Die kruisverhoor waaraan hy onderwerp is en die landdros se kritiek, neem egter die sprong wat nie in logika regverdigbaar is nie, dat dit beteken dat hy vasbeslote was om met of sonder haar toestemming daardie voorneme tot volvoering te bring. Die landdros neem appellant kwalik (moreel korrek, in regte irrelevant) dat hy by klaagster die indruk gelaat het dat hy ongetroud is, "en 'n mens vra jouself die
18
vraag af, waarom", en ook "'n mens vra jou dadelik af waarom neem hy haar hier na die donker plek toe, hy is 'n getroude man en hier 'n jong dogter wat agt jaar of wat jonger as jy is". Die voor die hand liggende antwoord daarop wat appellant lomp probeer het om te gee, is "Hope springs eternal . . . " . So ook is die kritiek op hom,
"dit is opmerklik dat hy nêrens in sy getuienis sê dat hy uitdruklik vir die klaagster gevra het om met haar gemeenskap te hou nie en dat hy ook nooit sê dat sy uitdruklik toestemming verleen het nie"
onbillik. 'n Jong paar wat in die donker gaan parkeer
is nie bedag op kontraksluiting nie.
Om op se som, klaagster was 'n enkel getuie
wie se getuienis nie gestaaf is nie waar stawing beslis te verwagte was. Daar was heelwat gebreke in die Staat se saak wat die landdros nie raakgesien het nie. Antwoorde op geregverdigde vrae het uitgebly. Hoewel appellant 'n onbevredigende getuie beskou kan word, is die toets steeds dié gestel in R v DIFFORD 1937 AD 370:
19 is sy storie hoewel onbevredigend in sommige opsigte, redelik moontlik waar? Na my mening soos blyk uit wat reeds gesê is, behoort daar by die landdros twyfel te gewees het of klaagster teensinnig was tot omgang en dit te kenne gegee het. Die voordeel van daardie twyfel moes die appellant toegekom het.
Die appél slaag. Die skuldigbevinding en vonnis word tersyde gestel.
L VAN DEN HEEVER AR
NESTADT AR)
STEM SAAM
VAN COLLER WAR)