South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1992 >>
[1992] ZASCA 23
| Noteup
| LawCite
S v Nkumase (463/1991) [1992] ZASCA 23 (13 March 1992)
Download original files |
LL Saak No 463/1991
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPeLADELING
In die saak tussen:
PATRICK NDSIMENI NKUMASE Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: BOTHA, VAN HEERDEN et
MILNE ARR
VERHOORDATUM: 6 MAART 1992
LEWERINGSDATUM: 13
MAART 1992
UITSPRAAK
BOTHAAR:-
2. Hierdie appèl spruit voort uit die bepalings van
artikel 19 van die Strafregwysigingswet 107 van 1990 ("die Wet"). Die appellant
is in Oktober 1988 in die Rondgaande Hof op Grahamstown deur JENNET R en
assessore skuldig bevind aan moord (en ander oortredings
waarop dit nie nodig is
om in te gaan nie). Na aanleiding van die regsposisie soos dit destyds gegeld
het, het die verhoorhof bevind
dat daar geen versagtende omstandighede aanwesig
was nie, en gevolglik is die appellant ter dood veroordeel. Na die
inwerkingtreding
van die Wet het die paneel wat ingestel is kragtens artikel
19(1) 'n bevinding uitgebring ingevolge artikel 19(10), wat artikel 19(12)
in
werking gestel het. Gevolglik moet hierdie Hof nou, ingevolge laasgemelde
artikel, die doodvonnis wat die appellant opgelê
is in heroorweging neem,
aan die hand van die nuwe bedeling wat die Wet tot stand gebring het. Die
beginsels wat toegepas moet word
en die benadering wat gevolg moet word kragtens
die
3. wetgewing wat tans van krag is, is reeds in talle uitsprake van
hierdie Hof uiteengesit. Dit hoef nie hier herhaal te word nie;
dit is slegs
nodig om dit toe te pas op die feite van die onderhawige geval.
Die
feitebevindings van die verhoorhof waarop die appellant se skuldigbevinding aan
moord berus het, kan kortliks saamgevat word soos
volg. Die oorledene was 'n man
van 81 jaar. Hy was die eienaar van 'n winkel, en dit was sy gewoonte om
smiddaens teen ongeveer 5-uur
van sy winkel terug te keer na sy huis en dan sy
motorkar in die motorhuis te bêre. Die appellant het die oorledene geken.
Op 'n middag het die appellant stelling ingeneem by die oorledene se motorhui s
en hom ingewag. Sy oogmerk was om die oorledene te
beroof. Hy was gewapen met 'n
knipmes wat hy oopgeknip gehou het terwyl hy gewag het. Die oorledene het toe
opgedaag, sy kar in die
motorhuis geparkeer en uitgeklim. Daarna het die
appellant die oorledene twee keer met die mes aan die voorkant van
4.
die bolyf gesteek. Een van die steekwonde het die oorledene se hart
binnegedring en dit het die oorledene se dood veroorsaak; die
ander wond het
afwaarts tot in die oorledene se lewer deurgedring. Albei wonde is met 'n
taamlike mate van geweld toegedien. Dit
is moontlik dat die oorledene, voordat
die eerste wond toegedien is, aan die appellant gesê het dat hy die plek
moes verlaat,
anders sou die oorledene hom skiet, of die polisie bel, maar toe
die eerste wond toegedien is, was die oorledene besig om agteruit
weg te beweeg
van die appellant af. Dit is moontlik dat die oorledene, voordat die tweede wond
toegedien is, 'n besem in die hande
gekry het en die appellant daarmee probeer
slaan het, maar toe daardie wond toegedien is, het die appellant reeds die besem
van die
oorledene afgeneem. Nadat die oorledene op die vloer van die motorhuis
geval en daar bly lê het, het die appellant die begasiebak
van die motor
oopgebreek en 'n tas daaruit verwyder, wat onder meer 'n aansienlike hoeveelheid
geld
5.
bevat het, waarskynlik h paar duisend rand. Met die tas, die geld, en ander
besittings van die oorledene, het die appellant toe die
motorhuis verlaat en hom
uit die voete gemaak.
Die strafverswarende faktore in hierdie geval hang
eerstens saam met die aard van die oortreding. Die appellant het klaarblyklik
vooraf
beplan om die oorledene in die privaatheid van sy motorhuis te beroof, en
het hom daar ingewag, gewapen met 'n mes wat gereed was
om gebruik te word. Dit
is moontlik - en ek aanvaar dit ten gunste van die appellant - dat hy nie uit
die staanspoor beplan het om
die oorledene nou juis om die lewe te bring nie,
maar terselfdertyd is dit duidelik dat hy hom voorberei het op enige
gebeurlikheid
en dat hy gereed was om alles te doen wat nodig sou wees om die
oorledene te oorrompel. Weerstand van die oorledene was vanselfsprekend
te
verwagte, en die appellant het nie geskroom om sy mes op wreedaardige en
dodelike wyse te gebruik om die
6. oorledene buite aksie te stel nie. Die
appellant moes geweet het dat sy bejaarde slagoffer nie opgewasse sou wees teen
hom as hy
hom fisies tot oorgawe sou wou dwing nie, maar hy het nietemin nie
gehuiwer om sodanige floue teenstand as wat daar moontlik was
uit die weg te
veeg deur nodelose en genadelose geweld nie. Dit was 'n brutale en koelbloedige
moord. En dit is gepleeg enkel en
alleen vir eie geldelike gewin.
As
strafversagtende faktor is aangevoer die appellant se jeugdigheid. Hy was 23
jaar oud toe die oortreding gepleeg is. Daar bestaan
egter geen feite-basis vir
enige suggestie dat die appellant nie soos 'n volwasse mens gelewe het, of dat
hy emosioneel onryp of
vatbaar vir beïnvloeding was, of dat sy ouderdom op
enige manier kon bygedra het tot die oortreding wat hy gepleeg het nie.
Sy
ouderdom kan dus nie as 'n strafversagtende faktor gereken word nie. Voorts is
aangevoer dat die appellant 'n lae intelligensie
het, en daarvoor is gesteun op
'n opmerking van die verhoor-
7. regter in sy uitspraak oor versagtende
omstandighede, toe hy aan die appellant gesê het: "you are not
particularly intelligent".
Dit beteken egter nie dat die appellant 'n
onder-gemiddelde intelligensie het nie. 'n Nalees van die appellant se getuienis
in die
oorkonde toon aan dat daar met die appellant se intelligensie niks skort
wat as strafversagting sou kan dien nie. Maar dan was die
appellant se optrede
ten minste naïef, so is aangevoer. Ek kan daarmee nie saamstem nie. Die
gegewens dui inteendeel op 'n optrede
wat gekenmerk is deur kille berekendheid.
Ten slotte is daar gesteun op die bevinding van die verhoorhof dat die appellant
die moord
met dolus eventualis gepleeg het. Dit kan die appellant egter
nie baat nie. Die twee steekwonde wat die appellant die oorledene
agtereenvolgens toegedien
het, was met krag toegedien op dodelike plekke en het
die oorledene se liggaam diep binnegedring, en die appellant het die bejaarde
slagoffer hulpeloos in 'n plas bloed op die vloer van die motorhuis laat
lê toe
8.
hy hom uit die voete gemaak het. Die vooruitsig dat die oorledene sou kan
sterf vanweë sy beserings was baie sterk (in die veronderstelling
dat, wat
die appellant betref, dit nie 'n sekerheid was nie), en in hierdie omstandighede
is die bevinding van dolus eventualis nie 'n strafversagtende faktor
nie.
Die appellant het ses vorige veroordelings. Tussen 1979 en 1986 is hy
drie keer skuldig bevind aan diefstal, een keer aan aanranding
met die opset om
ernstig te beseer, en twee keer aan huisbraak. Vir sy eerste oortreding is hy
lyfstraf met 'n ligte rottang opgelê,
en daarna is hy gevonnis tot
tydperke van gevangenisstraf soos volg: 6 maande, 4 maande, 8 maande, 8 maande
en 12 maande. Die onderhawige
misdaad is gepleeg kort nadat die appellant
vrygelaat is uit die gevangenis na sy laaste vorige veroordeling, en ná
sy inhegtenisneming
is hy skuldig bevind aan poging tot ontvlugting. Die
appellant se rekord is nog 'n
9.
strafverswarende faktor.
Die gevolgtreking is dat daar in die huidige
geval erge strafverswarende faktore aanwesig is en geen
strafversagtende faktore nie. Om te bepaal of die
doodstraf die enigste
gepaste vonnis is, moet daar
uiteindelik gelet word op die algemene oogmerke
van
straftoemeting. Die vooruitsig op rehabilitasie van
die appellant is
skraal, vanweë sy rekord, maar omdat
hy nog nie tevore tot 'n
ononderbroke lang tydperk van
gevangenisstraf gevonnis is nie, kan so 'n
moontlikheid
nie uitgeskakel word nie. Terselfdertyd kan dit egter
nie in
die omstandighede van hierdie geval opweeg teen
die elemente van vergelding
en afskrikking nie. Selfs
'n redelike vooruitsig op rehabilitasie, soos
NIENABER
AR dit gestel het in S v Majosi and Others 1991 (2)
SASV
532 (A) op 541e:
"must yield to considerations of retribution and deterrence when the horror of the crime, the callousness of the criminal, and the freguency of its recurrence generally, are such that the perceptions, sensibilities and
10.
interests of the community demand nothing less than the extreme penalty."
Die huidige is so 'n geval.
Die appèl word van die hand gewys en die
doodvonnis word bekragtig.
A.S. BOTHA AR
VAN HEERDEN AR
STEM SAAM MILNE AR