South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1992 >>
[1992] ZASCA 43
| Noteup
| LawCite
Ernsting v Santambank Bpk. (297/90) [1992] ZASCA 43 (27 March 1992)
Download original files |
Saak no 297/90 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
S F ERNSTING APPELLANT
en
SANTAMBANK BEPERK RESPONDENT
CORAM: :HOEXTER, HEFER ARR et
NICHOLAS Wn AR. AANGEHOOR: 23
MAART 1992. GELEWER: 27 MAART 1992.
UITSPRAAK
/HEFER AR
2
HEFER AR:
Art 16 van die Wet op Kredietooreenkomste 75
van 1980 ("die Wet") het betrekking op die beëindiging
of ontbinding
van 'n "kredietooreenkoms wat 'n
afbetalingsverkooptransaksie is". Dit lui
soos volg:
"16. Waardering van goedere.- (1) Indien 'n kredietooreenkoms wat 'n afbetalingsver= kooptransaksie is, beëindig of ontbind word en die betrokke goedere aan die kredietgewer teruggegee word, is die waarde van daardie goedere vir die doeleindes van hierdie Wet die waarde soos op die datum waarop daardie goedere aldus aan hom teruggegee word, wat deur 'n bevoegde en onbevooroordeelde persoon wat deur die kredietgewer aangewys word, daarop geplaas word: Met dien verstande dat:
(a) indien daardie goedere daarna teen 'n
hoër bedrag as die waarde wat aldus daarop
geplaas is, verkoop of verhuur word, daardie
hoër bedrag as die waarde van daardie goedere
vir die doeleindes van hierdie Wet geag word;
(b)....
(2) Die bepalings van subartikel (1) doen nie afbreuk aan die bevoegdheid van 'n hof nie om die waarde van goedere te bepaal indien die betrokke kredietgewer in gebreke bly om dit ooreenkomstig daardie bepalings te laat doen."
By wyse van 'n ooreenkoms soos in art 16 bedoel,
het die appellant ("die verweerder") 'n motor van die
3. respondent ("die eiser") gekoop. Enkele maande na die
aangaan daarvan en nadat die verweerder 'n gedeelte van
die koopprys
afbetaal het, is die ooreenkoms beëindig en
die motor aan die eiser
teruggegee. Ene Van der Merwe
wat deur die eiser vir daardie doel aangewys
is, het die
voertuig vir 'n bedrag van R4 500 gewaardeer. Later
het die
eiser dit vir R5 000 verkoop, die verweerder met
daardie bedrag gekrediteer
en die balans van die koopsom
in die landdroshof van hom gevorder. Die eis is van
die hand gewys omdat
Van der Merwe, volgens die landdros
se bevinding, nie 'n "bevoegde persoon"
was soos bedoel
in art 16(1) nie. In ' n appèl deur die eiser het
die
Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling bevind dat Van
der Merwe
inderdaad 'n bevoegde persoon was en die
landdros se bevel vervang met vonnis ten gunste van die
eiser maar verlof
aan die verweerder verleen om na
hierdie hof te appelleer.
Twee vrae is tans ter sprake. Die eerste is of
4. Van der Merwe 'n bevoegde persoon is soos bedoel in art
16(1). Indien die antwoord negatief is, is die tweede
vraag wat hierdie
hof te doen staan in die lig van die
bepalings van art 16(2) aangesien die
landdros nie self
die waarde van die motor bepaal het nie.
Wat die eerste vraag betref het appellant se
advokaat sterk
gestéun op Van der Merwe se toegewing by
die verhoor dat hy homself
nie as 'n deskundige beskou
wat die waardasie van motorvoertuie betref nie
omdat,
soos hy dit uitgedruk het,
"ek het nie genoegsame ondervinding opgedoen om te kan oordeel wat daardie voertuie werd is nie. Ek is nie op hoogte van sake nie."
Hierdie toegewing is egter geensins deurslaggewend nie. Die Wet vereis nie dat die waardeerder 'n deskundige moet wees nie maar slegs dat hy bevoeg moet wees wat natuurlik veronderstel dat hy oor die nodige kennis en bekwaamheid moet beskik om die waarde van die betrokke
5. artikel te bepaal. Die vraag is dus nie of Van der
Merwe ' n deskundige is nie maar of hy oor sodanige
kennis en bekwaamheid
beskik. Sy getuienis dat hy ten
tyde van die onderhawige waardasie reeds tien jaar
ondervinding van die
waaardasie van goedere in die
algemeen gehad het en dat hy gedurende daardie
tyd
gemiddeld ongeveer dertig motorvoertuie per maand namens
verskeie
finansiële instellings waardeer het, is nie
weerspreek nie en ook nie
onder kruisverhoor betwis nie.
Dieselfde geld vir sy getuienis dat dit sy gebruik was
om sy waardasies
van motorvoertuie te kontroleer deur
navrae oor die waarde daarvan by die
agente vir die
besondere soort motor en by ander handelaars. Uit die
aard
van die saak moes hy noodwendig op hierdie wyse
ondervinding opgedoen het van
die waardasie van
tweedehandse motors en redelik kennis opgedoen het van
die pryse wat dit
in die ope mark behaal. Geen wonder
dus dat sy waardasie in die onderhawige
geval volkome
realisties was nie: dit blyk uit die getuienis dat die
6. eiser die betrokke motor by wyse van geslote tender
verkoop het en dat die laagste tender R4 000 en die
hoogste R5 000
was.
As aanduiding van Van der Merwe se onbevoegdheid het appellant se
advokaat verder gesteun op sy gebruik waarna reeds verwys is om
navraag te doen
by agente en ander handelaars. Dit, so lui die betoog, kan enige leek doen wat
hoegenaamd geen kennis dra van die
waarde van tweedehandse voertuie nie en dit
dui daarop dat Van der Merwe nie bevoeg is nie. Ek stem nie saam nie. Word Van
der Merwe
se getuienis as geheel beskou, is dit duidelik dat sy navrae bloot 'n
kontrolemiddel was wat hy versigtigheidshalwe aangewend het
omdat hy nie
persoonlik by die motorhandel betrokke is nie. Dit dui eerder op
aanbevelingswaardige versigtigheid as op onbevoegdheid.
In die lig van die
voorafgaande kan ek nie fout vind met die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling
se bevinding dat Van der Merwe
'n bevoegde persoon is nie.
7. Ek moet egter byvoeg dat daar in elk geval voldoende
getuienis was om die landdros in staat te stel om die
waarde van die voertuig self te bepaal. Ons is
meegedeel dat die partye hom nie versoek het om dit te
doen nie maar niks het in sy weg gestaan om sy
bevoegdheid onder art 16(2) mero motu uit te oefen nie.
Die appél word van die hand gewys met koste.
J J F HEFER AR.
HOEXTER AR )
STEM SAAM. NICHOLAS Wn AR)