South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1992 >>
[1992] ZASCA 57
| Noteup
| LawCite
S v Mtungwa (488/91) [1992] ZASCA 57 (30 March 1992)
Download original files |
Saak no 488/91
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPéLAFDELING)
In die saak tussen:
SIBUSISU MZAMALI MTUNGWA Appellant
en
DIE STAAT Respondent
CORAM: E M GROSSKOPF, F H
GROSSKOPF,GOLDSTONE, ARR
VERHOOR: 16 MAART 1992
GELEWER: 30 Maart 1992
2
UITSPRAAK E M GROSSKOPF, AR
Die appellant, wat ten tyde van die
verhoor 31 jaar oud was, is saam met ene Sibeko in die Witwatersrandse Plaaslike
Afdeling aangekla
van 'n hele reeks misdade. Na 'n verhoor voor VERMOOTEN WR en
assessore is hy skuldig bevind aan roof met verswarende omstandighede
gepleeg op
22 November 1987 (aanklag 2); roof met verswarende omstandighede gepleeg op 25
November 1987 (aanklag 3); moord op ene
Da Vargem op 28 November 1987 (aanklag
4); moord op ene Da Luz, ook op 28 November 1987 (aanklag 5); en poging tot roof
met verswarende
omstandighede, die presiese datum waarvan nie bepaal is nie
(aanklag 6). Ten opsigte van die twee moordklagtes (aanklagte 4 en 5)
is geen
versagtende omstandighede bevind nie, en die appellant is op elk ter dood
veroordeel. Op aanklagte 2,3 en 6 is hy gevonnis
tot tydperke van onderskeidelik
15,15 en 10 jaar gevangenisstraf, maar die hof het gelas dat die 10 jaar
gevangenisstraf opgelê
met
3
betrekking tot aanklag 6 saamloop met die 15 jaar op aanklag 3. Gevolglik was
die effektiewe gevangenisstraf 30 jaar.
Die appellant se mede-beskuldigde,
Sibeko, is ook op 'n aantal aanklagte, insluitende die twee moordklagtes,
skuldig bevind en gevonnis.
In sy geval het die hof egter versagtende
omstandighede m.b.t. die moorde bevind, en hy is nie ter dood veroordeel
nie.
Met die nodige verlof het die appellant teen die bevinding dat daar geen
versagtende omstandighede was nie, en teen die vonnisse op
al die klagtes, in
hoër beroep gekom. Ook Sibeko het geappelleer. Albei se appèlle is
egter van die hand gewys. Die uitspraak
is gerapporteer. Sien S v. Mtungwa en
'n Ander 1990(2) SASV 1 (A).
Kragtens artikel 19 van Wet 107 van 1990
("die wysigingswet") is die appellant se vonnisse op die moordaanklag oorweeg
deur die paneel
wat vir daardie doel aangestel is. Die paneel het ingevolge
artikel 19(10) bevind dat die verhoorhof waarskynlik die dóodvonnisse
sou
opgelê
4
het indien artikel 277 van die Strafproseswet, no. 51 van
1977, soos deur die wysigingswet vervang, ten tyde van
vonnisoplegging in
werking was. Die gepastheid van die twee
doodvonnisse dien dus nou voor ons
ingevolge artikel 19 (12)
van die wysigingswet. Vir die doel van hierdie
appèl moet
ons artikel 277 van die Strafproseswet, soos vervang deur
die
wysigingswet, toepas.
Die gebeure wat aanleiding gegee het tot die twee
moordklagtes is as volg beskryf deur SMALBERGER
AR in die
vorige appél (op bl. 2j tot 3b van die
gerapporteerde
uitspraak) en ek kan nie beter doen as om dit hier te
herhaal
nie. Die huidige appellant was destyds die eerste
appellant.
"Die appellante en twee van hulle trawante het om ongeveer 20:30 op 28 November 1987 na die winkel Lucky Take Away Foods in Lea Glen, Florida, gegaan. Die appellante en minstens een van hulle trawante was met vuurwapens gewapen. Binne in die winkel was mnre Luis, Da Vargem en Da Luz. (Laasgenoemde twee persone is die oorledenes in aanklagtes 4 en 5 onderskeidelik.) Al drie was werksaam in die winkel, en was besig om sekere take aldaar te verrig. Op 'n tydstip toe daar geen klante in die winkel was nie het die appellante en hulle trawante
5
toegeslaan. Vuurwapens is op Luis, Da Vargem en Da Luz gerig, klaarblyklik met die bedoeling om hulle te beroof. Toe Luis poog om sy eie vuurwapen in die hande te kry is 'n skoot afgevuur en is hy deur een van die aanvallers (blykbaar nie een van die appellante nie) op die kop geslaan. Luis het egter daarin geslaag om 'n vuurwapen te bekom en het op sy aanvallers daarmee geskiet. Verskeie skote is deur die gewapende aanvallers gevuur voordat hulle op die vlug geslaan het. Hulle het beide Da Vargem en Da Luz dood in die winkel agtergelaat. Albei het noodlottige koeëlwonde opgedoen."
Die
verhoorhof het bevind dat die appellant die twee skote afgevuur het wat die
oorledenes gedood het. Gedurende die vorige appèl
is hierdie bevinding
aangeveg, maar die hof op appèl het dit gehandhaaf (supra, bl.
3d). Dit is nie weer voor ons geopper nie.
Die beginsels wat toegepas moet
word by 'n beoordeling van die vraag of die doodvonnis "die gepaste vonnis"
ingevolge die nuwe artikel
277 van die Strafproseswet is, is in heelwat
beslissings van hierdie hof bespreek, en dit is nie nodig om hulle weer te
herhaal nie.
Die eerste stap by die beoordeling van hierdie vraag is om te
bepaal
6
watter strafverswarende of -versagtende faktore aanwesig is.
Ek begin by
strafverswarende faktore. Die appellant en sy trawante het met gelaaide
vuurwapens na hierdie kafee gegaan met die opset
om te roof. Dit was dus 'n
beplande en berekende misdaad, en hulle was klaarblyklik voorberei om enige
weerstand met geweld te bedwing.
Toe daar weerstand gekom het, het die appellant
inderdaad geskiet. In die proses het hy twee mense gedood. Die aard van die
misdaad
is dus 'n verswarende faktor.
'n Verdere ernstige verswarende faktor
is die appellant se geskiedenis en rekord. In 1979 is hy gevonnis weens poging
tot roof waarby
'n vuurwapen betrokke was, asook weens die onwettige besit van
'n vuurwapen en ammunisie. Hy het opgeskorte gevangenisstraf ontvang.
In 1981 is
hy weer gevonnis vir poging tot roof met 'n vuurwapen asook vir die onwettige
besit van 'n vuurwapen en ammunisie. Gevangenisstraf
van vyf en 'n half jaar in
totaal is opgelê. Op 10 November 1987 is hy op parool vrygelaat. Op 22
7
November 1987 het hy die eerste van die reeks rooftogte gepleeg waarvoor hy
in die onderhawige saak aangekla en skuldig bevind is.
Hy was dus net 12 dae uit
die tronk voordat hy weer 'n gewapende roof gepleeg het. In elk van die drie
aanklagte van roof of poging
tot roof waarop die appellant in die onderhawige
saak skuldig bevind is, was hy of een van sy trawante met 'n vuurwapen
gewapen.
Dit bring my dan by die strafversagtende faktore. Mnr. Smit, wat
namens die appellant opgetree het, het daarop gewys dat die hof a quo
bevind het dat die moorde gepleeg is met dolus eventualis, hoewel die hof
bygevoeg het dat daar "minstens 'n hoë graad van voorsienbaarheid" was en
dat die appellant "se optrede gegrens
[het] aan dolus directus".
Weliswaar moet 'n mens aanvaar dat toe die appellant op sy rooftog vertrek het,
hy nie die opset gehad het om te skiet tensy dit
nodig geword het nie, en dat,
toe dit inderdaad nodig geword het, hy geskiet het om die weerstand te
beëindig sonder om juis
te traak of hy die persone verwond of
8
dood. Dit sou dus korrek wees om sy opset as
dolus
eventualis te beskryf, maar na my mening is die
afwesigheid
van dolus directus onder hierdie omstandighede nie
'n
wesentlike versagtende omstandigheid nie.
Dan het Mnr. Smit daarop gewys dat die verhoorhof
tot 'n groot mate gesteun het op 'n
verklaring wat die
appellant voor 'n vrederegter gemaak het oor hoe die
skietery
plaasgevind het. Die relevante passasie in die verklaring
lui soos volg:
"Die een op wie ek die vuurwapen gerig het, het na die een wat deur Vusi aangehou was gehardloop. Ek het hom agtervolg en weer teruggebring na die plek waar hulle gestaan het. Die een wat ek teruggebring het, het my gestoot en ek het geval. Die ander Potugees het my hier (verklaarder beduie na sy regterlies) geslaan. Ek weet nie met wat nie. Vandaar af het ek begin skiet. Daai tyd daar was toe twee Portugese op my. Ek het eers die klein Portugees geskiet. Hy het geval. Toe skiet ek die dik Portugees. Nadat ek hom geskiet het, het hy na agter geloop. Ek weet nie wat van hom geword het nie. Ek het na die deur van die winkel gegaan om uit te gaan. Ek weet nie wat van die ander mense geword het nie. Toe ek by die deur wou uitgaan toe skiet die dik Portugees weer op my, ek skiet toe weer terug. Ek het na buite gehardloop. Die dik Portugees het ook na buite gehardloop."
9
Uit die getuienis kan afgelei word dat Da Luz die klein Portugees was en Da
Vargem die groot Portugees, Mnr. Smit het betoog dat die
appellant in 'n
desperate situasie was toe hy in die lies geslaan was en twee Portugese by hom
was, en dat sy optrede gevolglik in
'n minder ernstige lig bejeën moet
word. Die verklaring is egter alles behalwe duidelik oor wat presies gebeur het.
Wat die
aard van die hou was wat die appellant sê hy op sy lies ontvang
het, is nooit verduidelik nie, asook nie wat hy bedoel toe
hy gesê het
twee Portugese is "op my" nie. Blykbaar het hy dit nie letterlik bedoel nie,
want hy sê dat toe hy een van
hulle skiet, het hy geval. Dit dui daarop
dat die persoon wat geskiet was op sy voete moes gewees het.
Die enigste
ooggetuie, Mnr. Luis, kan ook nie veel bydra tot helderheid nie. Die appellant
se getuienis by die verhoor het afgewyk
van sy verklaring en is deur die
verhoorhof verwerp. Al wat 'n mens met sekerheid kan sê is dat die
gewapende rowers die kafee
probeer beroof het, dat
10
daar weerstand was, en dat die appellant twee mense doodgeskiet het. Die
aanvaarde getuienis toon ook dat die twee oorledenes ongewapen
was. Wat ook al
die besonderhede was, kom dit my voor dat waar 'n rower gewapend is ten einde
weerstand te bowe te kom, en weerstand
plaasvind, die bestaan van die weerstand
skaars 'n versagtende faktor kan wees. Ten meeste kan 'n mens argumenteer dat
die optrede
van die rower nog laakbaarder sou gewees het as daar geen weerstand
was nie. Daar is dus die afwesigheid van 'n moontlike verswarende
faktor, maar
dit kom nie neer op 'n faktor wat positief versagtend inwerk nie.
Die vraag
is nou of, met inagneming van die strafversagtende en -verswarende faktore, die
doodvonnis die enigste gepaste vonnis is.
Mnr. Smit het heelwat gesteun op die
beslissing van S v. Mabizela and Another 1991(2) SASV 129 (A), maar die
feite in daardie saak het myns insiens wesentlik verskil van die onderhawige. In
daardie geval was
daar ook vier rowers. Die eerste appellant het egter
11
gedurende die roof buite in die motor gebly. Hy het geweet dat twee van sy
medepligtiges gewapen was, maar het nie geweet dat hul
wapens gelaai was nie.
Die tweede appellant, daarenteen, wat wel 'n doodskoot geskiet het, was 26 jaar
oud en het 'n skoon rekord
en vaste werk gehad.
In die onderhawige geval is
die omstandighede heel anders. Die appellant het 'n geskiedenis van gewapende
roof, hy was in die besit
van 'n gelaaide vuurwapen, en hy het self die
doodskote gevuur. Weens sy vorige veroordelings, en veral die feit dat hy skaars
uit
die tronk was voordat hy sy misdadige lewe hervat het, blyk dit nie dat
gevangenisstraf enige rehabiliterende uitwerking op hom sou
hê nie. Daarby
is gewapende roof van hierdie soort 'n verfoeilike misdaad wat al hoe meer
voorkom. Onskuldige handelaars wat
lang ure werk om die publiek te bedien, word
beroof en vermoor. Hierdie is dus 'n geval waar afskrikking en vergelding 'n
oorwegende
rol moet speel. Na my mening is dit 'n geval van besondere erns en
verdien dit die swaarste straf wat regtens
12
beskikbaar is.
Die appél word afgewys en die doodvonnisse word
bekragtig.
E M GROSSKOPF, AR
F H GROSSKOPF, AR GOLDSTONE, AR Stem saam