South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1992 >>
[1992] ZASCA 78
| Noteup
| LawCite
S v Muenda (510/1991) [1992] ZASCA 78 (22 May 1992)
Download original files |
LL Saak No 510/1991
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
Insake die appèl van:
EDSON MUENDA Appellant
teen
DIE STAAT Respondent
CORAM: VAN HEERDEN, VIVIER et F H
GROSSKOPF ARR
VERHOORDATUM: 18 MEI 1992
LEWERINGSDATUM: 22 MEI 1992
UITSPRAAK VAN HEERDEN AR:
2 Op 26 September 1988 was wyle Frederick
Joubert en sy vrou op pad na hulle plaas, Paardefon-tein, in die distrik van
Wonderboom.
Op hul beurt het die appellant en sy broer, Walter, in die
teen-oorgestelde rigting langs die pad gestap. Die oor-ledene het stilgehou
en
na 'n gesprek met die stappers is ooreengekom dat die appellant vir hom sou werk
teen R125 per maand. 'n Reëling is ook met
Walter getref maar dit is nie
tans ter sake nie. Met die stappers agter op die oorledene se bakkie is hulle
toe vort na Paardefontein.
Nadat die appellant vanaf Dinsdag, 27 September, tot Vrydag, 30 September,
vir die oorle-dene gewerk het, het hulle op voorstel van
die oor-ledene
ooreengekom dat die apopellant R85 per maand betaal sou word maar dat die
oorledene hom ook van melk, vleis en meel
sou voorsien. Drie dae later is die
oorledene vermoor. Hy is naamlik vroegoggend van
3 3 Oktober aangerand terwyl
hy 'n koei gemelk het. In die loop van die aanranding is hy vyf houe met ' n
swaar hamer toegedien wat
sy skedelbeen en brein
beskadig het. Elk van die
houe was noodlottig.
Hierna het die appellant en Walter in die opstal vir mev
Joubert aangerand, haar vasgebind, en stelselmatig 'n veeltal items geroof.
Uiteindelik het hulle hul buit op die oorledene se bakkie gelaai en daarmee
weggery.
Voortspruitende uit hierdie voorvalle is die appellant en Walter in die
Transvaalse Provin-siale Afdeling skuldig bevind aan onder
andere moord en roof.
Wat die moordklag betref, is bevind dat daar in die geval van die appellant, 'n
dertigjarige man, geen versagtende
omstandighede was nie. Gevolg-lik is hy ter
dood veroordeel. Sy appèl teen dié vonnis dien tans voor ons
ingevolge
die bepalings van art 19(12) (a) van die Strafregwysigingswet 107
van
4 1990.
By die verhoor het die appellant en Walter die blaam rakende
die moord oor en weer op mekaar gelê. Die verhoorhof het egter
bevind dat
hulle van meet af saamgewerk het. Vir huidige doeleindes hoef slegs vermeld te
word dat volgens bedoelde bevinding, wat
tereg nie op appêl aangeveg is
nie, beide Walter en die appellant vooraf besluit het om die oorledene
onskadelik te stel; dat
hewige fisiese geweld onver-wags op hom toegepas moes
word; dat 'n hamer vir dié doel gebruik sou word; en dat roofsug die
beweegrede vir die aanval was.
Die appellant se advokaat het betoog dat 'n. aantal versagtende faktore
aanwesig was. Slegs drie daarvan verdien vermelding. Die eerste
is dat die
appellant nie 'n vorige veroordeling vir 'n gewelds-misdaad het nie. Dit is
inderdaad so dat die appel-lant op slegs een
vorige geleentheid aan 'n
misdryf
5 skuldig bevind is, nl wederregtelike besit van 'n
vuurwapen en
ammunisie, en hierdie faktor dien dus oorweeg te word. Die tweede is dat die
appellant se skuldvorm dolus eventualis was. Dit is nie heeltemal
duidelik of die verhoorhof bevind het dat slegs sodanige opset bewys is nie,
maar die getuienis laat by
my geen redelike twyfel nie dat vooraf beplan was om
die oorledene te dood. In elk geval, al was direkte opset nie aanwesig nie,
was
die moontlikheid, of liewer waarskynlikheid, van die intrede van dood na 'n
aanval met 'n hamer in die kontemplasie van die daders
so groot dat ontbreking
van direkte opset nie versagtend kan inwerk nie. Die derde faktor waarop die
advokaat
gesteun het, is die berou wat die appellant getoon het deur 'n bekentenis te
maak en uitwysings aan die polisie te doen. Al wat hieroor
gesê hoef te
word, is dat die appellant klaarblyklik 'n verduideliking
6 moes gee toe hy
met 'n deel van die buit in sy besit betrap is, en dat in sy verklaring, en weer
eens in sy getuienis, die appellant
valslik getrag het om hom so ver moontlik
van blaam vir die moord te onthef.
Namens die appellant is tereg toegegee dat 'n aantal verswarende omstandighede aanwesig was. Hulle was:
1) Die moord was nie op die ingewing van die oomblik gepleeg nie; inteendeel was daar berekende vooraf beplanning. 2) Die enigste motief vir die roof was om die oorledene uit die weg te ruim sodat die beplande roof suksesvol deurgevoer kon word. 3) Die slagoffer was 'n sestigerjarige man wat nie weerstand teen 'n geweldadige aanval van twee veel jonger booswigte sou kon bied nie. 4) Die aanval was gemik teen 'n persoon wat saam met sy vrou op 'n redelik afgeleë kleinhoewe
7 gewoon het.
5) Die aanval het bestaan uit die toebrenging van vyf houe met 'n hamer wat elk in sigself dodelik was. 6) Nadat hierdie houe toegedien is, en die oorledene tot die wete van die appellant en Walter dood of sterwend was, het hulle voortgegaan om mev Joubert aan te rand en te terroriseer, en om die opstal van waardevolle items te stroop.
By opweging van hierdie faktore teen die enkele versagtende faktor spreek die oogmerke van afskrikking en vergelding so luid dat die doodstraf die enigste gepaste vonnis is.
Die appél word afgewys.
H J O VAN HEERDEN AR VIVIER AR
STEM SAAM F H GROSSKOPF
AR