South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1992 >>
[1992] ZASCA 8
| Noteup
| LawCite
S v Maans (485/91) [1992] ZASCA 8 (5 March 1992)
Download original files |
Saak no 485/91 KPA
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING
In die saak
tussen
ANDRE DANIEL JOHN MAANS APPELLANT
en
DIE
STAAT RESPONDENT
CORAM : HEFER, F H GROSSKOPF et VAN DEN HEEVER ARR. AANGEHOOR: 25 FEBRUARIE 1992. GELEWER : 5 MAART 1992.
UITSPRAAK
/HEFER AR...
2. HEFER AR:
Andre Daniel John Maans (na wie
voortaan as die appellant verwys sal word) is gedurende Februarie 1989 daaraan
skuldig bevind dat
hy 'n vrou (na wie as die oor-ledene verwys word) op 12
Desember 1989 beroof, verkrag en vermoor het. Wat die moordklag betref, is
bevind dat daar nie versagtende omstandighede was nie en op hierdie aanklag is
hy gevolglik ter dood veroordeel. 'n Appel teen die
skuldigbevinding is
gedurende Mei 1990 deur hierdie hof van die hand gewys. Sedertdien het die
Strafregwysigingswet 107 van 1990
in werking getree. Die paneel ingestel
ooreenkomstig art 19(1) van die Wet het bevind dat die doodvonnis waarskynlik
opgelê
sou ge-wees het indien art 4 ten tyde van vonnisoplegging in
werking was. Ooreenkomstig art 19(12) is dit nou die taak van hierdie
hof om die
vonnis in heroorweging te neem. In kort beteken dit dat hierdie hof, met
inag-neming van al die strafversagtende en -
verswarende
3. faktore en die
beginsels neergelê in beslissings soos S v Senonohi 1990(4) SA 727
(A) op 733 B-E en 734 E-G en S v Nkwanyana and Others 1990(4) SA 735 (A)
op 743 B - 745 G, moet oorweeg of hy self die doodvonnis - as die enigste
gepaste een in die besondere geval -
sou opgelê het.
Die oorledene wat
53 jaar oud was, het op 'n plaas net buite die dorp McGregor gewoon. Die oggend
van 12 Desember 1987 is sy te voet
dorptoe met 'n bedrag van R10 in haar
handsak. Langs die pad het sy die ap-pellant teëgekom. Hy het haar
vasgegryp en die Rl0
uit die sak geneem. Daarop het hy haar teen die grond
ge-gooi en verkrag. Terwyl hy besig was, het die oorledene hom gesmeek om haar
te los omdat sy hom en sy ouers goed ken. In stede van gehoor te gee, het
appellant haar met 'n baksteen bewusteloos geslaan. Vervolgens
het hy blare en
takke op haar gestapel en diesel - wat hy by 'n nabygeleë waterpomp gaan
haal het - daaroor gesprinkel.
4. Op daardie stadium het hy opgemerk dat sy
nog 'n horlosie aan haar arm gehad het. Nadat hy dit ook geneem het, het hy die
diesel
aan die brand gesteek. Die oorledene het op haar maag gelê maar,
omdat die vuur nie haar ge-sig bereik het nie, het hy haar
op haar rug gedraai
en nog meer bossies nader gestoot. Die gevolg was dat toe haar lyk later gevind
is, haar lyf en ledemate groten-deels
verkool en haar gesig onherkenbaar
verbrand was. Ek is oortuig daarvan dat die doodvonnis die enigste gepaste
vonnis vir die appellant
se gruweldaad is. As verswarende faktor hoef die
gevoellose wreed-heid van sy optrede en die afsku wat dit wek nouliks
be-klemtoon
te word. Ek is gedagtig daaraan dat aparte vonnisse opgelê is
(10 jaar en 3 jaar gevangenisstraf onderskeidelik) weens die
verkragting en die
roof en dat 'n gepaste vonnis vir die moord op sigself beoor-deel moet word. Dat
appellant die oorledene beroof
en verkrag het voordat hy haar doodgemaak het,
kan
5.
egter nie uit die oog verloor word nie omdat dit die motief bied vir
die moord: volgens appellant se eie bekentenis aan 'n medegevangene
terwyl hy
verhoorafwag-tend was, was sy antwoord toe die oorledene hom daarop gewys het
dat sy hom en sy ouers goed ken: "Dit is
goed dat jy my ken, dit is die laaste
wat jy nou vir my sal ken." Wat hy daarmee bedoel het blyk uit sy optrede
daarna. Dit is volkome
duidelik dat sy moes sterf en haar lyk onherkenbaar
vermink moes word in 'n poging om verantwoordelikheid vir die roof en
verkragting
vry te spring. Dat appellant boonop nie net die direkte bedoeling
nie, maar inderdaad die wil gehad het om sy slagoffer op hierdie
afgryslike
manier te dood, spreek vanself. En wat sy optrede nog meer laakbaar maak is die
feit dat die oorledene bevriend was met
sy ouers, hom ook goed geken het en hom
daardie oggend nog vrien-delik gegroet het voordat hy haar gegryp het.
As strafversagtende faktore het mnr Davis
6.
namens die appellant in hierdie hof aangevoer, eerstens, dat appellant
nie aanvanklik die bedoeling gehad het om die oorledene te
dood nie en,tweedens,
dat sy lae intelli-gensievlak moontlik sy vermoë tot selfbeheer
beïnvloed het. Mat die eerste faktor
betref is ek nie oortuig dat die
bedoeling om te moor nie aanvanklik bestaan het nie. Appellant het immers geweet
dat die oorledene
hom geken het en dat hy haar nie goedsmoeds sou kon beroof en
verkrag sonder om in die moeilikheid te kom nie. Dit is dus geensins
onwaarskynlik dat hy vooraf geweet het dat hy iets sou moes doen ten einde haar
mond te snoer nie. Maar, selfs al sou aanvaar word
dat die bedoeling om te moor
eers gevorm is terwyl hy besig was om haar te verkrag, meen ek nie dat dit as
strafversag-ting aangemerk
kan word nie. Feit bly dat hy, eerder as om gehoor te
gee aan die oorledene se pleidooi om haar te los, besluit het om haar om die
lewe te bring. Tyd vir besinning was daar genoeg(want hy moes die diesel
7.
by die pomp gaan uittap)en die kille berekendheid van sy optrede en sy
vermetelheid om nog die oorledene se polshorlosie te verwyder
toe hy op die punt
gestaan het om haar aan die brand te steek,moet noodwendig as ern-stig
verswarend beskou word.
Die tweede faktor waarop mnr Davis gesteun het, het
ook niks om die lyf nie. Dit is waar dat ap-pellant op skool slegs so ver as sub
A gevorder het maar die manier waarop hy getuienis afgelê het skep
geensins die indruk van 'n onintelligente persoon nie. En,selfs
al sou hy nie
besonder intelligent wees nie is daar geen aanduiding dat hy 'n persoon is wat,
weens daardie rede, nie in staat is
tot selfbeheersing nie. Inteendeel, van sy
familielede het by die verhoor getuig en in die getuienis van geeneen van hulle
is daar
'n sweem van 'n suggestie dat dit die geval is nie. Een van hulle het
wel te kenne gegee dat die appellant onbeheerbaar is wan-neer
hy onder die
invloed van drank is maar hy was die oggend van die moord volkome nugter.
8.
Mnr Davis het verder aangevoer dat die doodvonnis
nie die enigste gepaste
vonnis is nie selfs al sou daargeen strafversagtende faktore wees nie. Volgens
hom sal 'n lang termyn gevangenisstraf
ewe gepas wees. Ek stem nie saam
nie. Die appellant was ten tyde van die moord 25 jaar oud. Op daardie stadium
het hy reeds agt vorige veroor-delings gehad insluitende
twee weens roof, een
weens ge-wone aanranding en twee weens aanranding met die opset om ernstig te
beseer. Daar is minstens twee
redes waarom sy misdadige verlede sterk teen hom
tel. Eerstens dui dit daarop dat hy 'n geweldenaar is en, tweedens, dat hy hom
hoegenaamd
nie steur aan die gereg en geen ontsag vir die gevangenis het nie.
Gedurende Februarie 1980 is hy na 'n verbeteringskool verwys as
gevolg van sy
skuldigbevinding aan roof. Hy is gedurende Februarie 1982 vrygelaat maar
gedurende April van dieselfde jaar is hy tot
altesame 21 maande gevangenisstraf
gevonnis weens twee afsonderlike aanrandings met die opset om ernstig te beseer.
Na sy
9.
ontslag uit die gevangenis het hy vir 'n kort tydjie 'n reguit
pad geloop maar gedurende Maart 1985 is hy tot 4½
jaar gevangenisstraf
veroordeel weens huisbraak met die opset om te steel en diefstal nadat hy
negosieware ter waarde van meer as
R4 000 uit 'n winkel gesteel het. Op 9
November 1987 is hy vrygelaat en slegs 'n maand daarna het hy die oorledene in
die onderhawige
saak vermoor. Hierby kan volledigheidshalwe gevoeg word dat hy
na sy arrestasie op die huidige aanklagte op borgtog vrygelaat is
en dat hy sy
vryheid onmiddellik gevier het deur dronk te word. Blykbaar het hy hom nie veel
aan die aanklagtes teen hom gesteur
nie: reeds terwyl hy sy vryheid gevier
het,het hy sy broers laggenderwys vertel hoe hy die oorle-dene verkrag het en
tydens die verhoor
moes hy herhaalde-lik gemaan word tot erns. Om hom nou weens
die moord weer na die gevangenis te stuur sal geen doel dien nie. Klaarblyklik
beskou hy gevangenisstraf nie as 'n
werklike straf nie en boonop is die vooruitsigte op sy
10. rehabilitasie
alles behalwe rooskleurig.
Om op te som: gesien die aanwesigheid van
ern-stige verswarende en afwesigheid van versagtende fak-tore, die karakter van
die appellant,
die ongunstige voor-uitsigte op rehabilitasie deur
gevangenisstraf en die feit dat dit 'n geval is waarin die gemeenskapsbelang en
die vergeldingselement klaarblyklik 'n rol speel, is daar geen gepaste straf
anders dan die doodvonnis nie.
Die appél word van die hand gewys en die
doodvonnis ooreenkomstig art 19(12)(b)(i)
van Wet 107 van 1990 bekragtig.
J J F HEFER AR. F H
GROSSKOPF AR )
STEM SAAM L VAN DEN HEEVER AR)