South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1992 >>
[1992] ZASCA 9
| Noteup
| LawCite
Sentraalwes (Koop) Bpk v Meester van die Hooggeregshof en Andere (241/90) [1992] ZASCA 9; 1992 (3) SA 86 (AD); [1992] 2 All SA 39 (A) (5 March 1992)
Download original files |
Saaknommer: 241/90
SENTRAALWES (Koöp) BPK Appellant
en
DIE MEESTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF Eerste Respondent
LESLIE NEIL SACKST2IN N O Tweede Respondent
GEORGE FREDERICK WESSELS N O Derde Respondent
JOUBERT, AR .
1
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
In die saak tussen:
SENTRAALWES (Koöp) BPK Appellant
en
DIE MEESTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF Eerste
Respondent
LESLIE NEIL SACKSTEIN N O Tweede Respondent
GEORGE
FREDERICK WESSELS N O Derde Respondent
Coram: JOUBERT, E M GROSSKOPF, VIVIER, F H GROSSKOPF,
ARR et VAN
COLLER Wnd AR. Verhoor: 7 November 1991 Gelewer: 5 Maart 1992
/2
2
UITSPRAAK
JOUBERT, AR :
Hierdie is 'n
appèl teen die afwysing deur OLIVIER R (met wie SMUTS R P saamgestem het)
van die appellant se aansoek teen die
respondente in die Oranje-Vrystaatse
Provinsiale Afdeling. Met verlof van die Hof a quo kom die appellant tans
in hoër beroep na hierdie Hof.
Op 29 Junie 1987 het ene J.B Ferreira as
verbandgewer h spesiale notariële verband oor sy bepaalde roerende sake,
soos in Bylae
A daartoe beskryf, laat verly ter versekering van h skuld ten
bedrae van R320 000-00 deur hom aan die appellant ("Sentraalwes") as
verbandhouer verskuldig. Die verbandakte wat op 14 Julie 1987 by die
Akteskantoor te Bloemfontein vir registrasie ingedien is, is
op 21 Julie 1987
geregistreer.
Die boedel van J.B. Ferreira is op 10
/3
3
September 1987 gesekwestreer. Die beswaarde roerende bates was
nie aan Sentraalwes gelewer toe die spesiale notariele verband aangegaan
is nie
en was steeds in sy besit tot by die sekwestrasie van sy boedel.
Sentraalwes
het op grond van die spesiale notariële verband 'n eis van R229 398-27 as
'n preferente vordering teen die insolvente
boedel ingedien. Die tweede en derde
respondente het as mede-trustees van die insolvente boedel die vordering van
Sentraalwes in
hul tweede en finale likwidasie-en distribusierekening as 'n
konkurrente vordering aangetoon. Hulle standpunt was dat die spesiale
notariële verband deur die bepalings van art 88 van die Insolvensiewet 24
van 1936 getref word sodat dit op geen preferensie
geregtig is nie. Hierteen het
Sentraalwes op 23 November 1988 beswaar gemaak maar dit is deur die tweede en
derde respondente verwerp.
Die eerste respondent het op 8 Februarie 1989 die
beswaar
/4
4.
van Sentraalwes verwerp.
Sentraalwes het in terme
van art 111(2)(a) van die Insolvensiewet 24 van 1936 die eerste respondent se
beslissing op hersiening in
die Hof a quo geneem by wyse van 'n aansoek,
gedateer 3 Maart 1989. OLIVIER R (met wie SMUTS R P saamgestem het) het die
aansoek met koste van
die hand gewys.
In die Hof a quo is onderskei
tussen 'n gedeelte van die eis (R18 239-22) wat binne 2 maande voor die
indiening van die spesiale notariële verband
vir registrasie aangegaan is
en die balans van die eis wat meer as 2 maande voor sodanige indiening aangegaan
is. Adv Brand het namens Sentraalwes in hierdie Hof vir doeleindes van
die appél aanvaar dat die hele verbandskuld meer as 2 maande voor
sodanige indiening aangegaan is. Dit was gemene saak dat die boedel van die
verbandgewer binne 6 maande nadat die verband vir
/5
5
registrasie ingedien is, gesekwestreer is.
Voor hierdie Hof is die eerste geskilpunt of art 88 van die Insolvensiewet 24
van 1936 toepaslik is op 'n spesiale notariële
verband van bepaalde
roerende sake wat nie aan Sentraalwes as verbandhouer gelewer is nie maar in die
besit van die verbandgewer
gebly het totdat sy boedel gesekwestreer is.
Art
88 van die Insolvensiewet 24 van 1936 lui soos volg:
"'n Ander verband as 'n kustingsbrief (onverskillig of dit spesiaal dan wel algemeen is), gepasseer tot versekering van die betaling van 'n voorheen onversekerde skuld wat aangegaan is meer as twee maande voor die indiening van die verband by die betrokke registrateur van aktes om geregistreer te word of tot versekering van die betaling van skuld wat aangegaan is as 'n novasie of tot vervanging
/6
6
van so 'n eersbedoelde skuld, verleen geen preferensie nie as die boedel van die verbandskuldenaar gesekwestreer word binne 'n tydperk van ses maande na daardie indiening: Met dien verstande dat 'n verband beskou word nie soas voormeld ingedien te geword het nie, as dit weer aan die registrasie onttrek is."
Die oogmerk van die wetgewer met art 88
is duidelik, nl. om die skuldeisers van 'n insolvent te beskerm
teen die
registrasie van "hurried bonds" wat daarop gerig
is om aan h skuldeiser saaklike sekerheid deur middel van
'n verband te
verleen waar die registrasie daarvan plaasvind
op 'n stadium toe die
insolvensie van die verbandgewer as 't
ware voorhande is. Vergelyk Nathan,
South African Insolvency
Law, 4e uitgawe, 1936, p 307. Hierdie
oogmerk word
bereik deur te verorden dat 'n algemene of spesiale verband
(anders as 'n kustingsbrief) geen preferensie by die
sekwestrasie
van die verbandgewer se boedel verleen nie indien daar aan
/7
7
twee vereistes voldoen word, te wete (1) waar dit dien tot versekering van h onversekerde skuld wat aangegaan is meer as 2 maande voor die indiening van die betrokke verband vir registrasie daarvan by 'n akteskantoor en (2) waar die boedel van die verbandgewer binne 6 maande na sodanige indiening gesekwestreer word. Die opskrif van art 88 is "Sekere verbande is ongeldig" maar dit is tegnies nie in ooreenstemming met die inhoud van art 88 nie. Sien ook Joint Liquidators of Glen Anil Development Corporation Ltd (In Liquidation) v Hill Samuel (S A) Ltd, 1982(1) SA 103 (A) op p 11 1H. Die verbande wat deur art 88 getref word se preferensie word ontneem maar die vorderinge van die verbandskulde waarop hul betrekking het, kan by 'n concursus creditorum t.o.v. die vrye oorskot met ander konkurrente vorderinge meedoen.
Toe art 88 op 1 Julie 1936 in werking getree het, het De Wet op Registratiekantoren 13 van 1918
/8
8
reeds sedert 1 Januarie 1919 voorsiening gemaak vir die
registrasie van 'n spesiale verband (mortgage bond) oor bepaalde
onroerende
sake asook "general and special" notariële verbande. Die algemene
notariële verband het al die roerende sake
van 'n verbandgewer verbind
terwyl die spesiale notariële verband slegs bepaalde roerende sake verbind
het. Die Registrasie
van Aktes Wet 47 van 1937 wat sedert 1 September 1937 geld,
het dieselde indeling van verbande met dieselfde omskrywings behou.
'n
Spesiale verband oor bepaalde onroerende sake verleen volgens die Insolvensiewet
24 van 1936 'n versekerde vordering oor die beswaarde
sake se opbrengs sowel as
'n preferensie volgens die omskrywing van "sekuriteit" in art 2 gelees met art
95(1).
'n Algemene notariële verband verleen volgens art 102 van die Insolvensiewet 24 van 1936 wat die vrye oorskot
/9
9
betref wel 'n preferensie bo konkurrente skuldeisers se
vorderings. Raadpleeg die beslissing van hierdie Hof in Cooper N O en Andere
v Die Meester van die Hooggeregshof O V S en 'n Ander,
ongerapporteer.
Insolvensiewet 24 van 1936 verleen nie 'n preferensie aan 'n
spesiale notariële verband nie. Laasgenoemde verleen volgens hierdie
Hof se
beslissing in die Cooper-saak (supra) ook nie 'n gemeenregtelike
preferensie oor die besware sake t.o.v. die vrye oorskot nie.
Waar 'n
spesiale notariele verband geen preferensie verleen nie, sou dit sinneloos en
absurd wees om dit binne die kader van art 88
te betrek. Dit sou in stryd wees
met die vermoede dat die wetgewer nie 'n absurde gevolg beoog nie. (Steyn,
Die Uitleg van Wette, 5e uitgawe
/10
10
1981, p 118). Myns insiens is art 88 derhalwe nie toepaslik op
die onderhawige spesiale notariële verband nie. Dit is egter nie
die einde
van die aangeleentheid nie want daar is 'n tweede geskilpunt.
Die tweede
geskilpunt is of die onderhawige notariële verband 'n preferensie bo
konkurrente skuldeisers se vorderings t.o.v.
die vrye oorskot verleen. Volgens
die beslissing van hierdie Hof in die Cooper-saak (supra) moet
hierdie geskilpunt ontkennend beantwoord word. Die tweede en derde respondente
het derhalwe tereg in hul tweede en finale likwidasie-
en distribusierekening
die vordering van Sentraalwes as 'n konkurrente vordering aangetoon - al was hul
beroep op art 88 as grond
daarvoor foutief.
/11
11
Die resultaat is dat die appèl van die hand gewys word met koste wat die koste van twee advokate insluit.
C P JOUBERT AR.
E M GROSSKOPF AR
VIVIER AR stem saam. F H GROSSKOPF AR VAN COLLER Wn
AR