South Africa: Supreme Court of Appeal

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Supreme Court of Appeal >>
1994 >>
[1994] ZASCA 11
| Noteup
| LawCite
S v Mofokeng (130/93) [1994] ZASCA 11 (15 March 1994)
Download original files |
CG SAAKNOMMER: 130/93
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING)
In die saak van:
AARON JOHANNES
MOFOKENG Appellant
en
DIE
STAAT Respondent
CORAM: HEFER, VAN DEN HEEVER et HOWIE ARR AANGEHOOR: 28 FEBRUARIE 1993
GELEWER: 15 MAART 1993
UITSPRAAK VAN DEN HEEVER AR
2 Appellant kom in
hoër. beroep ingevolge a 316 A (1) van die Strafproseswet Nr 51 van 1977
teen slegs die doodvonnis aan hom
opgelê deur Malherbe R in die Rondgaande
hof op Vrede nadat die appellant skuldig bevind is aan moord. Op 'n
gepaardgaande
aanklag van roof met verswarende omstandighede is hy gevonnis tot
12 jaar gevangenisstraf.
Appellant het by die verhoor daaraan
skuldig gepleit dat hy op Vrydag 18 September 1992 mev A S Kruger in haar huis
op Harrismith
helder oordag vermoor het. Die wyse waarop sy haar dood gevind het
en dat dit juis sy was, het Harrismith diep geskok. Sy was 'n
weduwee van om en
by 65, nog gesond en aktief, wat alleen gewoon het nadat haar kinders almal uit
die huis is. Hoewel sy nie meer
buitenshuis gewerk het nie na haar aftrede as
boekhoudster by die firma waar sy vroeër in diens was, was sy betrokke by
die
Vroue Landbou-Unie, by vele ander liggame, en by verskeie
sportsoorte.
3 Appellant het verskillende weergawes gegee van hoe hy
toegang tot haar huis verkry het. Hy het 'n bekentenis voor die landdros van
Bethlehem kort na sy arrestasie afgelê. 'n Pleitverduideliking is ingedien
toe hy by sy verhoor skuldig gepleit het. Hy het
nie getuig op die meriete van
die aanklagte teen hom nie, maar het wel getuienis afgelê 'nadat hy
skuldig bevind is en etlike
vorige veroordelings erken het. Die hooftrekke van
sy verhaal het dieselfde gebly, maar die besonderhede kom nie in alle opsigte
ooreen nie. Sy mondelinge getuienis soos deur kruisverhoor getoets, is die mees
verdoemende weergawe, en waarskynlik ook die naaste
aan die waarheid. Sy vorige
veroordelings regverdig aanvaarding van hierdie, die mees volledige, weergawe,
dat hy by oorledene kamma
om werk aangeklop het wat sy hom nie kon bied nie. Hy
het haar perseel verlaat maar onder 'n boom daar naby in die skadu gewag totdat
sy weg is in haar Corolla motor. Hy het toegang tot die huis gekry by 'n
agterdeur wat nie gesluit was
4 nie, maar die huis nie vir items
soos radio's of TV stelle deursoek nie. Ondervinding het hom geleer om nie
waardevolle artikels
te neem nie want hy word gearresteer nog voor hy hulie kan
verkoop. Hy het gedink dat oorledene geld by haar het en haar derhalwe
ingewag
om te kry wat hy sê hy "nodig gehad" het. Die ondervinding waarvan hy
praat word weerspieël in sy SAP 69. Daarvolgens
het hy naamlik as 17-jarige
vir die eerste keer met die gereg gebots. Hy was voor die huidige verhoor
altesame vyfmaal voor die hof
in die loop waarvan hy skuldig bevind is op nie
minder as agttien aanklagte nie van óf diefstal, óf huisbraak met
die
opset om te steel en diefstal.
Waar ek sy verlede as stawing
noem vir die erkenning deur middel van kruisverhoor van hom verkry aangaande sy
motiewe en optrede voor
die moord, kan ek netsowel nou reeds sy agtergrond en
karakter verder inkleur. Hy was geen kind toe hy geroof en gemoor het nie,
aangesien hy in 1965 gebore is. Hy het 'n
5 vrymeisie maar geen
afhanklikes nie. Hy het maar standerd 2 op skool gehaal. Vir sy vergrype van die
verlede is hy as jeugdige aan
lyfstraf onderwerp, hy is daarna beboet, en het
gevorder tot gevangenisstraf. In 1988 is 'n totaal van 65 maande gevangenisstraf
aan hom opgelê, waarvan hy slegs 'n raps meer as die helfte ondergaan het
voordat hy vrygelaat is op parool. Knap drie maande
na sy vrylating is hy weer
skuldig bevind aan diefstal en was gelukkig om slegs beboet te word en nie weer
in die gevangenis opgeneem
te word weens paroolbreuk nie. Alles dui daarop dat
hy 'n parasiet is wat op die samelewing teer, want in sy hele loopbaan het hy
slegs vlr twee maande gewerk teen 'n vaste loon. Dit was in 1992. Daarna het hy
maar "los werkies" gedoen. Wanneer hy nie in die
gevangenis was nie, het hy
gebly in Qwa-Qwa by sy vader, 'n pensionaris wat op sy maandelikse inkomste van
R200 nog sewe ander monde
gehad het om te vul.
Om terug te kom na die gebeure by oorledene se
6 woning op die betrokke dag. Appellant het oorledene gesien toe sy
terugkom na haar huis. Hy het haar agter die sitkamerdeur ingewag.
Hy sê
dat sy 'n hamer in haar hand gehad het waarmee sy hom 'n skrams hou teen die
slaap geslaan het toe sy op hom afkom. Geen
beserings is egter aan hom gesien
nie deur óf die polisie toe hy gearresteer is óf die
distriksgeneesheer toe hy ondersoek
is nadat hy sy bekentenis afgelê het
waarin hy reeds hierdie bewering gemaak het. Hy het die hamer by haar afgeneem.
Die volle
verhaal van hoe hy haar daarna gemartel het, en in watter volgorde sy
haar beserings opgedoen het, weet ons nie. Wat vas staan, is
dat daar erge
geweld op haar toegepas is in die loop waarvan sy haar bril en oorkrabbertjies
verloor het. Laasgenoemde en 'n gebreekte
string krale is in en naby die ingang
van die stort gevind. Daar was 'n plas bloed in die stort en bloed aan die
gangmure, aan die
muur by die deurkosyn van die kamer waarin sy dood is en aan
die muur van daardie kamer ook. Waar sy op die bed in haar
7
spaarkamer uiteindelik verwurg is, was haar kop en hare deurweek van die bloed,
so ook die beddegoed en matras. Die geneesheer wat
die nadoodse ondersoek gedoen
het, het afgelei dat ' n diep skeurwond in haar tong waarskynlik veroorsaak is
deur tande se byt terwyl
haar kop gestamp of geslaan is. Sy het verskeie kneus-
en skaafwonde aan haar liggaam gehad. Beskuldigde het haar gedwing langs die
gang om 'n hoek na die slaapkamer omdat waar hulle eers was, hulle dalk gesien
sou word deur mense wat daar verbygaan. Hy het haar
twee houe met die hamer op
die kop geslaan, beide waarvan skedelbreuk veroorsaak het. Die bebloede hamer is
op die vloer in die gang
naby die ingang tot die spaarkamer gevind. Hy het 'n
slagtersmes in dle kombuis gaan haal en haar verskeie kere daarmee gesny.
Hierdie
wapen het hy op 'n tafeltjie in die slaapkamer gelaat. Hy het haar met
beide sy hande vir 'n lang ruk verwurg terwyl hy haar op die
bed vasgedruk het,
so erg dat die hioïedbeen gebreek was. Om seker te maak dat sy
dood
8
is, het hy nog verder 'n lyfband wat hy in 'n oop buitekamer gesien het,
vir 'n ruk styf om haar nek getrek. Die lyfband is ook in
die kamer gevind. Die
oorsaak van haar dood was dan ook verwurging. Waarom hy haar soveel beserings
toegedien het word nêrens
deur hom verduidelik nie. Mens kan slegs
spekuleer dat dit óf uit pure barbaarse wreedheid was, óf dat hy
inligting
uit haar wou dwing oor waar geld te vinde sou wees. Indien haar
beserings opgedoen is in die loop van 'n worsteling was dit 'n baie
eensydige
een. Hy self het soos reeds genoem geen beserings hoegenaamd getoon
nie.
Appellant het ontsteld geraak in die hof terwyl hy oor die
gebeure in die huis ondervra is en gewys is op die weersprekings tussen
sy
verskeie weergawes wat betref besonderhede. Hy het beweer dat hy berou het oor
wat hy gedoen het en skaam is om voor die gehoor
in die hof daaroor te praat. Sy
optrede op die betrokke dag en daarna was egter heel berekend en koelbloedig.
Nadat hy seker gemaak
het dat sy dood is.
9 is hy weer kombuis toe.
Daar het hy uit haar beursie geld geneem. Volgens hom was dit maar R25. Uit die
buffet het hy vir hom twee
bottels drank uitgesoek om saam te neem. Toe trek hy
die gordyne netjies toe, sluit die deure van die huis en neem daardie sleutels
en die sleutels van oorledene se Corolla saam met hom. Hy het die motorhuis
oopgesluit en dit oop gelaat toe hy weg is met oorledene
se Corolla. Hy wou die
indruk skep, met die toe huis en leë motorhuis, dat die oorledene weg is op
besoek. Die Corolla, sê
hy, het hy geneem "om maar sommer daarmee lekker
te gaan rondry". Hy is daarmee terug na Qwa-Qwa.
Die wysheid wat hy
met sy vorige misdade aangeleer het, is weer bevestig. Dit was die kar wat gelei
het tot sy arrestasie. Hy het
naamlik die Maandag, nadat hy die hele naweek
rondgerits het met die Corolla, maats opgelaai en teruggekom na Harrismith.
Gevra waarom,
het hy gesê (soos reeds genoem) uit berou en om te kom
vasstel of oorledene werklik dood is, wat
10 onsin is omdat hy juis
die Vrydag seker gemaak het dat sy sterf nadat hy daarop besluit het, soos hy
beweer, toe hy "sien dat sy
moeg is". Waarskynlik was die plan om weer te steel.
Hy het die sleutels van die oorledene se huis saamgeneem op hierdie ekspedisie
en het nou vervoer en handlangers gehad. In die omgewing naby oorledene se huis
is 'n skilpad wat iemand aangehou het, wel opgelaai.
By oorledene se huis is
appellant deur een van sy passasiers gewaarsku dat iemand die kar dophou en het
hy besluit om pad te gee.
Hy is egter 'n end daarvandaan gewaar deur die polisie
wat die kar herken het as oorledene s'n, en vermoed het dat dit gesteel is.
Toe
die polisie die kar probeer voorkeer om die insittendes te ondervra het
appellant weggery. In 'n wilde jaagtog is skote op die
kar gevuur. Dit het die
pad byster geraak en gaan staan. Appellant se broerskind wat agter in die kar
was, is noodlottig getref.
Die ander vier insittendes het gevlug. Toe die
polisie by oorledene wil gaan verneem of sy weet dat
11 haar kar
gesteel is, kon hulle nie toegang tot haar huis kry nie, totdat haar bos
sleutels in die Corolla gevind is en op die grufonds
in die huis afgekom is.
Appellant is daarna gearresteer waar hy in die omgewing van die Corolla gestap
het. Daar was bloedspatsels
aan een van sy skoene en die Corolla se sleutels in
sy broeksak.
Daar is geen versagtende faktore te vinde in appellant
se guns nie, behalwe miskien dat hy nog nie in die verlede skuldig bevind is
aan
'n geweldsmisdaad nie. Sy eerste tree op daardie misdaadpad was egter heelhartig
en entoesiasties geneem. En sy vorige veroordelings
toon dat hy nie deur enige
strafvorm tot dusver gekeer is of gerehabiliteer is nie, sodat daar geen rede is
om optimisties te wees
dat hy nie weer sal moor nie. Dit is juis die gevaar by
huisbrekers dat hulle op heterdaad betrap word en dan moor. Die gebrek aan
getuienis dat die moord - in teenstelling met die roof - vooraf beplan is, is 'n
neutrale eerder as 'n versagtende faktor waar appellant
erken het dat hy
bewus
12
was toe hy besluit het om- appellant in te wag sodat sy
vir
hom "geld kon gee", dat hy haar sou moes oorrompel.
Dit geld ook wat
betref die feit dat daar nie met geweld
toegang tot die huis gekry is nie: dit was nie
nodig
nie.
Die verhoorhof het geen bevinding ingebring
wat ons bind, dat appellant opregte en intense berou en
spyt het oor dit wat hy gedoen het nie, soos appellant
se advokaat voor ons betoog het. Sy pleit van skuldig
in beide die landdroshof en met sy verhoor, was
waarskynlik
te wyte daaraan dat die getuienis teen hom
oorweldigend was. Afgesien daarvan dat die sleutels van
oorledene se huis in die Corolla en die Corolla se
sleutels in sy broeksak gevind is, was sy vingerafdrukke
op 'n bottel waar hy vir hom drank uitgesoek het uit
die
buffet. Die verhoorhof het gesê:
"Ons aanvaar dat wat beskuldigde eintlik in die getuiebank wou oordra, is
dat sy gewete hom gedurende die betrokke naweek gepla het
en dat hy skaam is vir
wab hy gedoen het. Sy liggaamshouding in die getuiebank en sy sigbare
ontsteltenis het hierdie gesindheid
13 sterker na vore gebring as sy
woorde." Hierdie opmerking moet gesien vord teen die agtergrond dat die
appellant nie verwag het
om te moet getuig nie. Hy was onder die indruk dat hy
sou kon staatmaak op wat sy advokaat namens hom vertel het (d.w.s. in die
pleitverduideliking,
waar die gruwelike besonderhede van hoe hy die oorledene
verniel het nie uiteengesit is nie) en self vertel het dat hy skaam was
om voor
die onverwagte gehoor in die hof te vertel van daardie dade. Waaroor hy wel
hartseer was, was dat sy broerskind dood is;
maar van intense of enige berou oor
die moord is daar min indien enige tekens, waar appellant steeds nie met die
volle waarheid vorendag
gekom het nie. Hy het alle kennis van die kneusings aan
oorledene se liggaam ontken, en het geen verduideliking aangebied van waarom
hy
haar snywonde toegedien het nie of waarom dit nodig was om haar te martel en
verwurg nie. Voordat volle erkenning van gepleegde
dade en besef van die
sondigheid daarvan kom, kan daar nie juis
14 sprake van ware berou
daaroor en hoop op hervorming wees nie. In elk geval is dit al dikwels deur
hierdie Hof gesê dat in
gevalle soos die onderhawige, die belange van die
gemeenskap swaarder weeg as die van die oortreder. Dat weerlose bejaardes
oorrompel,
beroof en vermoor word in wat die veiligheid van hul eie wonings
behoort te wees, word 'n plaag wat gestuit moet word. Die vooruitsig
dat
appellant ooit hervorm sou kon word tot wat hy nog nooit was nie, 'n nuttige
burger wat die samelewing dien in plaas van om daarop
te teer, is minder as
skraal. Die barbaarsheid van die aanval op oorledene, die gru-dood wat sy wat
wel haar gemeenskap gedien het
gesterf het, en die feit dat daardie dood met
dolus directus teweeggebring is, noop in die omstandighede van hierdie geval die
gevolgtrekking
dat hierdie een van die uiterste gevalle is waar die enigste
gepaste vonnis, die doodstraf is.
15 Die appèl word van die hand gewys.
L VAN DEN HEEVER AR
STEM SAAM:
HEFER AR) HOWIE AR)